Welkom by Dik Wors!

Na gister se verloor…

Is ons Dik Wors of dik bek op Blou Maandag?

Kap β€˜it blou, of kap β€˜it flou! πŸ‘‡

Parks And Recreation Mondays GIF

american pie internet GIF

Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius

Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insightsβ€”from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.

Laat daar lag wees!

"Wat doen jou pappa?" wil die juffrou weet en Pietie sΓͺ:

"Hy's 'n towenaar, juffrou, hy saag mense middeldeur."

"Wat?! ... hoe doen hy dit?" vra sy en Pietie antwoord:

"Ek weet nie, juffrou, maar hier in Brakpan het ek 3 halfboeties en 4 halfsussies."

"Terwyl ek en jy laasweek hier gesit en kuier het, breek iemand by my huis in," sΓͺ 'n dronkgat vir sy tjommie en diΓ© vra:

"Het hy enigiets gekry?"

"Ja," antwoord hy:

"'n Gebreekte kakebeen, 2 voortande uit en gekraakte ribbes. Die ouvrou het gedog dis ek wat huis toe kom."

"Wat maak jy?" vra die blondine vir haar blonde maatjie, terwyl sy besig is om met haar mond in haar kar se uitlaatpyp te blaas.

"'n 'Mechanic' het vir my gesΓͺ dat ek die duike op die deure so sal kan uithaal," antwoord sy en haar vriendin sΓͺ:

"Dalk sal dit werk as ek vir jou die kar se vensters toedraai…"

Man baie lieftallig:

"Skat, hierdie pakkie het nou net gekom. Dis 'n online bestelling vir 30 van daai panties, waarvan jy so baie hou."

Vrou, nadat sy die pakkie oopgemaak het:

"Dankie, skat, maar hulle is dan almal rooi… Mense sal mos dink ek was nooit my onderklere nie."

Man, met 'n kwaai frons:

"Watter mense..?"

'n Ou oom moet vir 'n groot operasie hospitaal toe en hy pleit letterlik by die dokter:

"Groot asseblief, dok. Belowe my dat daar elke dag mooi nursies aan diens sal wees."

Dokter:

"Ai oom, vir wat wil jy op jou ouderdom dan mooi meisies om jou hΓͺ?" en die oom sΓͺ:

"Ek het 2 loskopseuns wat my omtrent nooit sal besoek nie, maar as hier mooi meisies is, sal hulle elke dag hier wees."

"Rewire Your Discipline: The 'Peak-Performance' Framework to Building a World-Class Day on Autopilot."

A step-by-step roadmap to turn your chaotic schedule into a high-level success machine. Stop 'trying' to be productive and start 'being' effective with the exact habit-stacking methods used by top-tier founders.

Digital Eden

Digital Eden

Your free guide to AI, automation & online income. πŸš€ Plus a FREE lifetime HighLevel account ($1,600/month in tools) waiting in your welcome letter. πŸŽπŸ€–

The Build Brief

The Build Brief

The free SA construction industry toolbox and newsletter! πŸ› οΈ

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Braai hulle nou!

Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! πŸ‘‡

Sterkte vir die week vorentoe!

Jy kan, want jy praat Afrikaans! πŸ’ͺ

Help om ons taal te beskerm en te laat voortleef.

Deel die gratis lag op WhatsApp πŸ‘‡

Dik Wors Gratis Boek
Dik Wors Gratis Boek
111 Lekker Afrikaanse Grappe en Stuitige Vertellings reguit na jou inbox. Gryp 'n Dik Wors, want lekker lag kos niks!
$0.00 usd

Onthou altyd dat πŸ‘‡

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors