Sponsored by

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, en jou suurgat skoonma! 👇

Welkom by Dik Wors!

Die regering en die lewenskoste is deesdae soos twee bloedsuiende vampiere op ’n nagtelike jagtog.

Net wanneer jy dink jou salaris gaan die maand oorleef, sink hulle weer hul tande in jou petrol, krag, kos en belasting.

Teen maand-einde lyk jou bankrekening soos iemand wat knoffel vergeet het en alleen saam met Dracula in ’n donker stegie ingestap het.

Gelukkig is dit weer Vrydag!

Maak ‘n groot vuur, gooi ‘n lange, braai ‘n lekker dik knoffel broodjie langs jou dik wors, en ontspan met hierdie stukkie Dik Wors! 💪👇

Aandag alle Dik Wors Dik Gatte! Hierdie dik gat kan self getuig dat die regte gewoontes die beste manier is om fiets en gesond te bly. 👇

10K Steps Is a Myth–Try This Instead

When motivation is lacking, jumping into heavy routines is the fastest way to burn out. That’s why millions of people are turning to walking as the foundation of their fitness journey.

Walking lets you enjoy the outdoors, clear your head, and practice mindfulness. It’s simple, sustainable, and can support lasting weight loss if you know how much you need. The “10,000 steps a day” rule is outdated; everyone’s lifestyle is different.

With Simple, you’ll get access to habit-based coaching that’s helped users lose over 18 million pounds. Take the quiz to discover your personalized walking target.

Die fyn lyn… 👇

Die polisie kom by ’n ongelukstoneel aan en vind die yuppie bestuurder, gillend en skreeuend in die pad:

“Nee, nee, nee! My splinternuwe Ferrari is ’n wrak!”

Die Kaapse konstabeltjie kyk hom skuins en kners effens om sy tande…

“Meneer, vergeet jou kar. Ons moet jou nou dadelik by ’n hospitaal kry. Jou hele linkerarm is afgeruk.”

Die kêrel gee een kyk na sy linkerkant en begin weer histeries gil…

“Af, fokkit! My Rolex!”

‘n Transvaler in die Kaap stop langs Gammat met sy motor.

“Ek’s haastig. Wat is die vinnigste manier om by die Goodwood begraafplaas te kom?”

Gammat gooi hom so:

“My, lanie. Trap die petrol plat en maak jou oë toe! Ek issie die Goerroed info office nie.”

Twee manne deel ’n kamer by die Stikland groendakkies.

Die enigste manier om te ontsnap, is bo-oor die reuse hek.

Een van hulle kry ’n paal in die hande en daarmee ook ’n plan.

Vir dae lank oefen hy kliphard, tot hy voel hy is nou gereed om daarmee oor die hek te spring.

Daardie aand neem die twee kamermaats plegtig afskeid en die een sluip saggies uit met sy paal.

’n Rukkie later is hy terug.

Toe sy maat wil weet waarom so gou, sê hy:

“Die blerrie hek is oop…”

Die paartjie gesels terwyl hulle koffie drink en die kêrel vra vir die nooi:

“As jy moes kies tussen geld en intelligensie, wat sou jy kies?”

waarop sy dadelik antwoord:

“Geld, natuurlik!”

Die kêrel sê so effens uit die hoogte:

“Ek sou weer intelligensie kies.”

Die nooi sê:

“Dit is al bewys dat as die mens voor ’n keuse gestel word, kies hy instinktief dit waarvan hy die minste het.”

Die regering het onlangs oorweeg om hoenderbloed vir bloedoortappings te gebruik, maar het daarteen besluit, nadat baie kerklike instansies ernstig beswaar gemaak het.

Blykbaar maak dit mans hopeloos te cocky en laat vroue glo makliker lê. 😜

As jy iets anders wil probeer as die Naspers moord en doodslag ANC gegeurde ruit was materiaal… Kry vir jou waliteit daaglikse wêreld nuus gratis!👇

Tired of news that feels like noise?

Every day, 4.5 million readers turn to 1440 for their factual news fix. We sift through 100+ sources to bring you a complete summary of politics, global events, business, and culture — all in a brief 5-minute email. No spin. No slant. Just clarity.

Die skale van die tale ⚖️


’n 22-jarige regsstudent druip sy finale eksamen en gaan spreek sy professor.

“Prof, almal weet u is briljant en weet absoluut alles omtrent u vakgebied.”

Professor: “Ek sou so dink, anders was ek nie ’n professor nie.”

Student: “Kan ons ’n ooreenkoms aangaan? Ek stel aan u ’n vakgerigte vraag. As u dit korrek antwoord, aanvaar ek my punte. As u nie kan nie, wat ek egter betwyfel, omdat u so briljant is, onderneem Prof dan om vir my ’n A+ te gee.”

Die professor dink ’n oomblik, maar die student se heuningkwas het klaar sy werk gedoen en hy stem daartoe in.

Student: “Wat is wettig, maar nie logies, logies maar nie wettig, en daarby ook onlogies en onwettig?”

Die professor dink en dink, maar uiteindelik moet hy erken dat hy nie weet nie, waarna hy toe die student se punte lig, soos ooreengekom.

Die baie tevrede student is daar weg.

Die professor broei en broei vele slapelose nagte om oor dié vraag, maar nee, hy kry nie die antwoord. Raadop besluit hy om die vraag aan sy klas te stel.

Die volgende dag doen hy dit en die hele klas se hande skiet omhoog, terwyl een van sy gunstelinge, sommer begin antwoord:

"Professor, dis maklik! U is 75 jaar oud en getroud met ‘n vrou wat 30 jaar oud is. Dit is wettig maar nie logies.

U vrou het ‘n verhouding met ‘n student wat 22 jaar oud is. Dit is logies maar nie wettig nie.

U vrou se skelmpie druip sy eksamen, en u gee vir hom ‘n A+…”

Die kawale en die tale… 💉🩺

Oom Jan spartel om uit die greep van narkose te kom, na ‘n groot prostaatoperasie.

Oorkant hom le ‘n jong knaap en toe hy sien dat oom Jan se oë is oop, wil die mannetjie net gesels.

Hy hakkel iets vreeslik, maar dit pla hom glad nie, want hy’s vreeslik lief vir gesels.

Stoeiend met die narkose se nagevolge, raak oom Jan al meer moerig 👇

’n Skop in die 🏉🏉

Die bejaarde weduwee pak kaste reg en kom op ’n ou koperlamp af.

Sy besluit om dit mooi blink te vryf.

Toe sy dit doen, verskyn daar skielik ’n feetjie wat sê:

“Omdat jy my uit hierdie lamp bevry het, sal ek drie wense vir jou bewaarheid.

Wat is jou eerste wens?”

Die tannie antwoord sonder om te twyfel:

“Ek wil weer jonk en beeldskoon wees.”

Kasjoef!🌟🌟🌟

Toe sy in die spieël kyk, sien sy ’n pragtige jong meisie.

“En jou tweede wens?” wil die goeie feetjie weet, waarop die jong meisie sê:

“Ek wil skatryk wees en my nooit weer oor geld hoef te bekommer nie.”

Kasjoef!🌟🌟🌟

Daar staan ’n groot kis, gevul met goue muntstukke en kosbare juwele, voor haar.

Terwyl sy die munte en juwele met haar hande opskep en deur haar vingers laat terugval, sien sy hoe dat ou Wagter, wat haar die laaste veertien jaar getrou opgepas het, haar nuuskierig bekyk.

Toe die feetjie dan ook wil weet wat haar derde en laaste wens is, antwoord sy dadelik:

“Verander vir Wagter na ’n aantreklike jong man, wat my ewig sal bemin.”

Kasjoef!🌟🌟🌟

Daar staan ’n aantreklike jong kêrel voor haar. Hy neem haar hande in syne, kyk diep in haar oë en verklaar sy ewige liefde.

Dan neem hy haar in sy arms en, terwyl hy haar soen, fluister hy in haar oor 👇

Is jou besigheid se bemarking so styf soos Stifler se ma? Probeer die jongste 👇 🍰

Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius

Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.

Waar val… of hang daai appels? 🍏🍏

Vier skoolpelle ontmoet weer 40 jaar ná matriek by hulle gunsteling ou restaurant.

Die kuier is lekker, stories vlieg en ou herinneringe word gedeel.

Die een man is kort-kort badkamer toe omdat sy maag pla.

Terwyl hy weg is, draai die gesprek oor hul seuns.

Die eerste sê trots sy seun is ’n suksesvolle motorhandelaar. Die besigheid loop so goed hy het onlangs ’n splinternuwe Porche vir sy beste vriend gekoop.

Die tweede glimlag. Sy seun is ’n ontwikkelaar wat so goed doen dat hy vir sy beste vriend ’n moerse huis op ‘n golf estate geskenk het.

Die derde vat ’n sluk wyn en vertel dat sy seun is ’n top advokaat. Hy het pas vir ’n vriend ’n luukse seiljag gekoop.

Dis net toe wat die vierde man terugkeer vra hulle hom:

“En jou seun, wat doen hy?”

“My laaitie is ‘n stripper by ’n gay klub.”

’n Ongemaklike stilte heers vir eers, en toe gaan die pa voort:

“Eerlik waar… Ek was ook aanvanklik geskok. Maar hy doen baie goed. Hy is gelukkig… en sy vriende bederf hom nogal.”

Hy leun terug.

“Hy het onlangs ’n nuwe Porche, ’n huis, en ’n seiljag by sy drie beste pelle gekry.”

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!

Skink ‘n yskoue Flying Fish en bedank my later vir die resep.

Ondersteun asb. ons borge en hierdie publikasie om op die advertensies te kliek.

Dan kan ons vir altyd aanhou saam lag.

Gee gerus hierdie boek vir ‘n pêl deur dit op WhatsApp te deel 👇

Tot volgende week, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading