As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, en jou suurgat skoonma! 👇

Welkom by Dik Wors!

Dis verkiesingstyd, en die politici is almal skielik baie lief vir jou.

Die ANC wil munisipaliteite "regruk."

Ons almal weet dat al hoe jy ‘n ding “regruk” is om ‘n paar klappe uit te deel.

Die OVK sê 27,9 miljoen mense is geregistreer om op 4 November te stem, maar moenie worry nie, die meeste van hulle weet ook nie vir wie nie.

Intussen is Sisisi Tolashe gevra om te bedank as MP én as president van die ANC se Vroueliga. Sy het geweier… Tog te lief vir sit en slaap.

Maar genoeg van daai span.

Dis Vrydag!

Maak 'n groot vuur, gooi 'n lange, bel ‘n pel, en kom ons duik in! 💪👇

Daai Vrydag gevoel…👇

Kwaliteit wêreld nuus, gratis?👇

Panic is a financial news strategy. Clarity is ours.

Markets move. Headlines catastrophise. But somewhere inside the noise is the story that matters — the opportunity, not the fear. 

The Daily Upside was built by Wall Street insiders to find it — global business and finance, reported without the alarm.

Die kort pad lag toe 👇

Koos en Gert loop mekaar raak in die kroeg.

Na 'n oor-en-weer vraery oor familiesake, bestel hulle 'n bier en Koos sê:

"Danksy my chirurg is ek nou weer op my voete."

Gert: "Bly om dit te hoor! Was dit 'n knievervanging?"

Koos: "Uh uh. Ek moes my kar verkoop om sy rekening te betaal."

In 'n ou Huisgenoot lees ek die volgende raak:

"Liewe Dr. Phil,

Ek het 'n man wat ek nie kan vertrou nie.

Hy verneuk my so baie, ek weet nie eens watter van ons nege kinders syne is nie.

Teleurgesteld, Brakpan."

Mary Ann, 'n skatryk weduwee, besoek een van haar vriendinne.

Toe sy aanklop, maak 'n dogtertjie van omtrent vyf jaar die deur oop:

"Goeie môre, tannie. Ek is Lientjie.

My mamma is ongelukkig nie tuis nie, maar kom asseblief binne, dan maak ek vir tannie 'n lekker koppie tee."

Mary Ann: "Ag, baie dankie Lientjie, maar tannie moet vandag nog baie draaie ry.

Is dit reg as ek 'n ander keer by jou kom tee drink?"

Lientjie: "Asseblief tog, tannie. Ek wil so baie graag sien hoe tannie drink."

Mary Ann met 'n frons: "Nou waarom wil jy dan sien hoe ek drink?"

Lientjie: "Want mamma sê altyd, tannie drink soos 'n vis."

Johan gaan kry sy blonde vrou, Marlene, op die lughawe met haar terugkeer van 'n besoek aan 'n geloofsgeneser.

Sy was daar om van die rookduiwel verlos te word, maar toe hy haar soengroet, kon hy dadelik ruik dat dit nie gebeur het nie.

In die motor, op pad huis toe, vra 'n effens teleurgestelde Johan:

"Engel, hoe was jou trippie... en was hierdie sogenaamde geneser darem die fortuin werd wat ons hom vooruit moes betaal?"

Marlene: "Nee, my skat! Hy was aaklig en sal my nie weer sien nie.

Learn how to code faster with AI in 5 mins a day

You're spending 40 hours a week writing code that AI could do in 10.

While you're grinding through pull requests, 200k+ engineers at OpenAI, Google & Meta are using AI to ship faster.

How?

The Code newsletter teaches them exactly which AI tools to use and how to use them.

Here's what you get:

  • AI coding techniques used by top engineers at top companies in just 5 mins a day

  • Tools and workflows that cut your coding time in half

  • Tech insights that keep you 6 months ahead

Sign up and get access to the Ultimate Claude code guide to ship 5X faster.

Ahoy, Petrus! 🦜🏴‍☠️


Petrus is 'n skamerige kêrel en by die werk hou hy hom maar eenkant.

Op 'n dag kom die grootbaas na sy lessenaar:

"Ek verjaar Vrydag en my vrou dring aan dat ek al die personeel moet nooi.

Dis 'n fancy dress en begin sewe vir agt.

Bring twee bottels wyn saam."

Onmiddelik is Petrus in 'n flat spin.

Hy stuur 'n e-pos aan 'n kostuumwinkel, gee 'n kort beskrywing van homself, en versoek 'n kostuum wat hom so onopsigtelik as moontlik sal laat lyk.

Hy betaal die fooi elektronies oor en 'n uur later word die kostuum afgelewer.

Hy kan skaars wag om dit aan te pas en etenstyd glip hy weg na die kleedkamers.

Toe hy terugkeer, bel hy dadelik die kostuumwinkel:

"Ek het julle uitdruklik gesê dat ek 'n houtbeen het en onopsigtelik wil wees.

Dink julle dis 'n blerrie grap?!

Daai Pirate pakkie gaan mos juis alle aandag op die houtbeen vestig.

Die funksie is môreaand. Sorg dat ek voor sluitingstyd 'n ander uitrusting het, of stuur my geld saam met jul bode wanneer hy hierdie een kom haal."

'n Uur later is die bode daar met die nuwe uitrusting en omdat dit tjailatyd is, jaag Petrus huis toe om dit aan te pas.

Die volgende oggend bel hy werk toe en sê dat hy 'n paar minute laat gaan wees, omdat hy eers gou sy kostuum vir vanaand se funksie moet optel.

Terwyl hy wag dat die kostuumwinkel oopmaak, koop hy sommer die wyn by Tops oorkant die straat.

Toe daai winkel se eienaar dan ook oopsluit, is Petrus by hom:

"Ek het tog duidelik in my e-pos gesê dat ek, behalwe die been, ook nog kort en dik is, met 'n groot volmaan bles, en spesifiek versoek om onopsigtelik te lyk.

Dink jy dis 'n blerrie grap om vir my 'n monnik se kleed te wil gee?

Nee, ons het mos reeds die poephol se geld. Te hel met goeie diens."

Dit is toe dat die eienaar sê:

"Net so oomblikkie, gee my gou die pakkie."

En hy verdwyn daarmee na agter.

Na 'n rukkie is hy terug en terwyl hy vir Petrus R500 en 'n flessie goue stroop gee, sê hy:

"Jammer oor die swak diens. Hier is jou geld terug en hierdie is op die huis."

Verbaas neem Petrus die stroop en sê:

"Besef jy die funksie is vanaand. Wat de hel moet ek hiermee maak?"

Eienaar:

"Gooi die stroop oor jou kop, skroef jy daai houtbeen af, druk dit in jou gat en gaan na jou funksie as 'n toffie appel!"

Nader na Vader ⛪

Vader John is 'n geliefde en gerespekteerde priester van 'n groot gemeente in die dorp.

Na jare bevorder die kerk hom tot biskop en gevolglik moet hy verhuis na die stad.

Die gemeente reël 'n groot afskeid, waartydens die plaaslike parlementslid 'n toespraak sal lewer.

Op die dag van die funksie ruk almal op na die kapel om vir vader John te groet.

In die syvleuels staan en kreun die tafels onder die eet- en drinkgoed.

Die plaaslike simfonie-orkes en verskeie kore lewer vertoning na vertoning, maar die politikus... hy is nog nie daar nie.

Die beamptes raak al hoe meer aan die sweet.

Hulle reël ekstra nommers van die orkes.

Nog kore.

Meer heildronke, wat meer as een keer plaasvind.

Uiteindelik kry iemand 'n plan.

Hulle verduidelik die probleem aan vader John en versoek dat hy sy afskeidstoespraak solank lewer.

Dierbare mens wat hy is, stem hy dadelik in.

Vader John begin praat, terwyl hy en baie gemeentelede 'n traan wegpink:

"Liewe gemeente, ek onthou soos gister toe ek drie en twintig jaar gelede hier begin het.

Tydens my eerste biegsessie het 'n man kom bieg dat hy gereeld geld van sy baas steel, dat hy 'n drankprobleem het, en sy vrou gereeld verneuk, veral laataand by nagklubs, terwyl sy en die kinders glo dat hy laat werk.

Hy kon ook nie met mense praat sonder om te lieg nie.

Ek het dadelik gedink: In watter slangnes bevind ek myself?

Met sulke mense in hierdie gemeente was ek nie lus vir hierdie werk nie.

Ek het dit selfs oorweeg om dadelik tou op te gooi."

Die gemeente snak na hul asem... en hy gaan voort:

"Gelukkig het ek reeds dieselfde dag, en ook die dae, weke, maande en jare wat daarna gevolg het, beleef watter ongelooflike goeie en dierbare mense in hierdie gemeente is.

Sielsmense. Liefhêmense. Omgeemense.

Ek het nie genoeg woorde om julle te beskryf of te bedank.

Voor ek dus begin tjank..."

En hy pink 'n traan.

"...glo my as ek sê: hierdie is slegs totsiens en nie vaarwel nie.

Mooiloop. God se rykste seën."

Onder luide applous tree vader John terug.

En net toe stap die parlementslid binne.

Die seremoniemeester, wie se senuwees teen hierdie tyd al klaar is, neem onmiddellik sy kans waar.

Hy bedank vader John met innige opregtheid en stel dan sommer dadelik die laaste spreker aan die woord.

In sy beste toespraakstem begin die politikus:

"Geagte vriende, dames en here, wat 'n besondere voorreg om vandag hier te kan wees en afskeid te neem van sekerlik die mees opregte en eerlike mens wat ek ken.

U sal my nie glo nie... toe vader John drie en twintig jaar gelede sy loopbaan as priester by hierdie gemeente begin…

Die enigste toolboks wat jou besigheid ooit sal benodig! $1 600 / maand werd.

JOUNE, GRATIS VIR ALTYD! 🎁

Want ons ken mense… 😉

Dadelik afgelewer met spoedpos, komplimente van Digital Eden. 📨☝️

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!

Kry vir jou daai ongelooflike gratis toolboks van Digital Eden.

Dankie dat jy Dik Wors ondersteun!

Ondersteun asb. ons borge en hierdie publikasie om op die advertensies te kliek.

Hulle gooi sente in die konfytfles wat ons help om Afrikaans te bevorder deur humor.

Met jou klein aksie, kan ons vir altyd aanhou saam lag.

Gee gerus hierdie gratis Dik Wors boek vir ‘n pêl deur dit op WhatsApp te deel en nooi hulle uit om aan te sluit by ons lekker-lag gemeenskap. 👇

Afrikaners, Afrikaanses, Afri-Kaapses - Dis Vrydag!

Almal wees plesierig!

Tot volgende keer, onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading