
Welkom by Dik Wors!
Klein Saterdag is hier, en wat 'n Groot Saterdag was dit nie laas week nie.
Die Bokke het die All Blacks met 5 punte in Soweto geklop en daarmee 'n vloek van ‘n dekade lank gebreek. Dit was ons derde poging teen die All Blacks daar, en die eerste een wat gewen is.
Hierdie Saterdag skuif sake na Baltimore in die VSA vir die vierde en laaste toets, die eerste keer ooit dat hierdie oorlog op neutrale grond gevoer, en beslis sal word.
‘n Interessantheid is dat die trofee uit twee helftes bestaan wat deur magnete bymekaar gehou word. Wen jy die reeks, kry jy albei helftes. Speel die manne gelykop, hou elke land een helfte.
Jy kan maar my sussie soen…
Ek wil nie…
Kom ons kuier en gaan vir goud! 👇


2 minutes. Your URL. A customer profile worth using.

Most founders can describe their product. They can't describe their customer. Not in a way that actually changes how they sell.
HubSpot for Startups built a free tool to fix that. Paste in your URL, answer a few quick questions, and it generates a structured profile of your best-fit customer. Firmographics, buying triggers, the works.
Takes 2 minutes. No spreadsheet required.
Sit die bal in Lentebal 👗
Drie netjiese bottelblond vriendinne sit en gesels na middagete by hul plaaslike koffiewinkel in Sandton.
Almal se mans werk by dieselfde groot beleggingsfirma en kort voor lank draai die gesprek oor watter rokke hulle gaan aantrek vir die komende lentebal.
Dié drie trofee poppe is lief om mekaar te probeer up stage by sulke geleenthede.
‘n Ongesproke kompetisie, natuurlik... want nooit end kry nie.
Ann sê dat sy 'n swart Versace rok gaan dra, omdat haar man sulke mooi, dik swart hare soos Zorro se perd het.
Onmiddellik kap Jane terug dat sy 'n baie duur, grys Dolce & Gabbanna nommertjie gaan aantrek, omdat haar man ‘n silver fox is.
“Bene wys gaan weer ‘n arm en ‘n been kos,” spot Ann. “Ek hoop die mark het ‘n goeie week gehad…”
Amy snork liggies… 👇

In ‘n kis of ‘n doos? ⚰️
Karel en Attie is besig om lekker getrek te raak met Happy Hour en Attie sê:
"Tjom, ek moes toe mos gister my pa na die begrafnis neem van die hartchirurg wat sy hartomleiding gedoen het.
Jislaaik, jy moes dit sien. Hulle het oral prente en ornamente van harte gehad…
En ook sulke aardige blomrangskikkings met rooi rose wat soos harte lyk!
Ek was rerig beïndruk met hierdie… hoe sal ek nou sê… tematiese huldeblyk."
Karel vat 'n lang sluk van sy dop en sê:
"Atman, as jy hou van anatomie en sulke kak, moet jy seker maak dat jy nie môremiddag die begrafnis in Rondebosch misloop nie…”
“Hoekom? Wie’s nou dood..?”👇


Tired of news that feels like noise?
Every day, 4.5 million readers turn to 1440 for their factual news fix. We sift through 100+ sources to bring you a complete summary of politics, global events, business, and culture — all in a brief 5-minute email. No spin. No slant. Just clarity.
Aaptwak, Akkedismelk, en Krokodiltrane 🐊
Aap steel 'n handsak uit die motor van 'n Duitse toeris in die wildtuin.
Daarin vind hy onder andere 'n paar vet zolle dagga en gaan sit hoog in 'n boom en rook.
Dit is mos aaptwak…
Akkedis kom op ‘n takkie verby en toe hy die aaptwak ruik, vra hy vir Aap of hy ook ‘n paar trekke kan score.
Heeldag sit die twee tjomme daar hoog bo in die boom en rook… uh… boom…. en raak baie hoog.
Hulle is later dik gerook en Akkedis se tong skiet heeltyd uit…
“Try jy goggas vang, of wat? Jy’t ‘n beter kans hier agter by my stert,” lag Aap sy gat af.
“Ou broer, nou’s ek dors,” sê Akkedis. “My tong voel soos dié boom se bas lyk…”
Hy gly by die takke af en vat pad om te gaan water drink by die rivier.
Net wat hy nou lekker water vat, steek Krokodil sy neus onder die water uit om te sien wat klots so.
Die twee van hulle is mos nou soos Dawid en Goliat wat by ‘n bar sit….
Akkedis vertel vir Krokkodil waar hy en Aap heeldag gesit en rook het, voordat hy uitpass en met sy stert nog halfpad in die water bly lê.
Net daar besluit Krokodil hy is ook lus om 'n paar skywe te trek, want die bokkies is min en mamma Krokodil is moeilik…
Hy’s uit die rivier en hy waggel oor na Aap se boom.
Aap trek sy rooigerookte ogies op skrefies…👇


Tackle your credit card debt by paying 0% interest until nearly 2028

If you have outstanding credit card debt, getting a new 0% intro APR credit card could help ease the pressure while you pay down your balances. Our credit card experts identified top credit cards that are perfect for anyone looking to pay down debt and not add to it! Click through to see what all the hype is about.
Ons pragtige taal 📝

Ek sou kon doen met ‘n…💸
Toe Rian een middag na werk voor sy huis stilhou, wil hy eers die gesin se tweede kar in die garage trek, maar toe val dit hom by…
Hy is juis met Ansa se Polotjie werk toe vandag. Gisteraand was hy doenig in die garage met polish en dinge om die teerspatsels van sy splinternuwe Hilux se mudflaps te verwyder. Die fokken munisipaliteit gooi mos ‘n nuwe, nat, swart, snot streep en sê vir almal: “Kom ry maar oor dit…” Die keer wat hulle wel paaie reg maak.
Hy was amper klaar met die reddingsoperasie, maar moes alles net so gelos het toe hulle onverwagte kuiergaste kry.
Dus los hy die Polo eers daar in die driveway want die bielie van ‘n bakkie staan die hele garage vol.
In is Rian by die voordeur. Sy pragtige vroutjie, Ansa, soengroet hom en maak sy das los:
"Ag, shame, my man. Jy's seker moeg? Kom sit, dan kry ek vir jou 'n yskoue bier. Ek het ‘n skaapboud in die oond vanaand."
Rian gaan sit lekker op sy gunsteling rusbank en Ansa bring vir hom sy bier. Sy kom staan voor hom, druk haar hand voor by haar bra in en hou dit na hom uit, terwyl sy vra:
"Het jy al 'n opgefrommelde R100 noot gesien? Hier, vang," voor sy met 'n geheimsinnige laggie in die kombuis verdwyn om na die boud te gaan kyk.
"Lyk of ons lus vir speel," dink Rian en skop sy skoene uit.
Terwyl Ansa in die kombuis doenig is, roep sy:
"Nog 'n bier my skat? Die boud is amper klaar!" Sy bring nog ‘n bier toe hy ja sê. Hierdie keer haal sy iets voor by haar kort, sexy denimbroekie uit en vra:
"Het jy al gesien hoe lyk 'n opgefrommelde R200 noot?" en wip die balletjie papier uit na hom.
Dan buk Ansa oor hom en soen hom in sy nek, terwyl sy fluister:
"Ek gaan gou bad voor ete..." en Rian sê:
"Gaan bad jou sexy gat. Is daar iets wat ek solank in die kombuis vir jou moet doen?"
"Nee dankie, my lief," sê Ansa oor haar skouer.
Net voor sy egter gat swaai in die gang verdwyn, draai sy speels om…
"Het jy al 'n opgefrommelde miljoen gesien?"
Rian glimlag: “In wat se bra bêre jy dit nogal…?” 👇

Kry nog Dik Wors voor dit droë wors word…
Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir Klein Saterdag.
Manne, hou jou bakkie sleutels by jou en hoop jy raak heeltemal bles…
Dik Wors word nie geborg deur Toyota nie, maar ons luister graag… 😏
Deel Dik Wors op WhatsApp 👇

Mooi loop tot Vrydag, en onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors



