
Welkom by Dik Wors!
Bokke het veilig in Australië aangekom vir 'n eenmalige toets teen die Wallabies, Sondag by Optus Stadion in Perth om 11:30 Suid-Afrikaanse tyd.
Dis die eerste ontmoeting tussen die twee lande vanjaar, en dit gaan oor die Mandela Plate, wat tans in Suid-Afrikaanse hande is.
Die Bokke kom vars van hul 3-1 reeksoorwinning oor die All Blacks, maar Rassie waarsku dat die Wallabies nie onderskat moet word nie.
Teen die tyd wat jy hierdie nuusbrief kry, is die kanse goed jy het vroeg pad gevat by die werk en sit reeds lekker op jou gat met ‘n lang wa! 💪
Môre is Braaidag! Suid-Afrika gaan weer iets aanpak wat eintlik al lankal ‘n uitgemake saak moes wees. Omtrent 3000 mense gaan by Loftus by 500 vure staan en almal gelyk braai, want Japan hou tans die Guinness Wêreldrekord vir die meeste mense wat gelyktydig braai.
Japan? Ons moes seker geweet het hulle gaan een of ander tyd te vêr gaan. Verlede jaar het ons hulle eintlik klaar geklop met 2412 mense. Maar ons het nie die rekord gekry nie.
Die manne het van hulle vure af weggeloop, rondgeloop, gesels en gedans. Guinness se reël is glo dat jy die hele tyd by jou vuur moet bly. Hierdie jaar try ons weer. As almal nugter bly is ek seker hulle sal stil bly staan…
Loftus of die agterplaas…
Braai sommer nou tot môre! 👇🍻🔥

As jy Dik Wors geniet, help gou uit asb 👇

Help us make better ads
Did you recently see an ad for Ooni in a newsletter? We’re running a short brand lift survey to understand what’s actually breaking through (and what’s not).
It takes about 20 seconds, the questions are super easy, and your feedback directly helps us improve how we show up in the newsletters you read and love.
If you’ve got a few moments, we’d really appreciate your insight.
Kortbroek sake 🍻
Tights is nie vir almal nie. Ek sien gister 'n vrou met 'n wit tight en 'n geel panty, wragtig, dis die naaste aan 'n gekookte eier, wat ek nog ooit gesien het.
"Wat sal gebeur as ek jou met 'n ander vrou verneuk?" wil man by sy vrou weet en sy sê:
"Niks, ons gaan net in verskillende rigtings, ek tronk toe en jy na die hospitaal."
'n Man kom na werk by die huis en gaan sit op 'n stoel in die kombuis, waar sy vrou doenig is.
"Hoe was jou dag?" wil hy weet en sy sê:
"Heel goed, maar ek het slegte nuus vir jou."
Man: "Gelukkig sit ek."
Vrou: "Ek het nou net daai stoel waarop jy sit, klaar geverf."
Gatiep verskyn in die hof, omdat hy vir Meraai gesê het, sy is 'n bitch.
Hy behartig self sy verdediging en neem haar onder kruisverhoor:
"Soos die hof nou al weet, was jy saam met 'n klomp mense op 'n balkon, toe ek van onder in die straat vir iemand daar bo sê, 'Jy's 'n bitch'. Daar was mos baie mense, hoe kan jy beweer ek het met jou gepraat?"
Meraai: "Want ek was die enigste bitch op daai balkon."

Turn AI into Your Income Engine
Ready to transform artificial intelligence from a buzzword into your personal revenue generator
HubSpot’s groundbreaking guide "200+ AI-Powered Income Ideas" is your gateway to financial innovation in the digital age.
Inside you'll discover:
A curated collection of 200+ profitable opportunities spanning content creation, e-commerce, gaming, and emerging digital markets—each vetted for real-world potential
Step-by-step implementation guides designed for beginners, making AI accessible regardless of your technical background
Cutting-edge strategies aligned with current market trends, ensuring your ventures stay ahead of the curve
Download your guide today and unlock a future where artificial intelligence powers your success. Your next income stream is waiting.
Ekstra verstand 🦷
Mike is by die tandarts vir daai “een of twee keer in ‘n leeftyd” check-up en vra wat dit sal kos om 'n verstandtand te trek.
“Dis ‘n paar duisend Rand… afhangende van hoe lank die prosedure neem en natuurlik die toerusting, verdowing, en dinge en datte wat ek en my span moet gebruik…”
Mike: "Duisende? Is jy mal, Dokkie? Enige iets bo R500 is hopeloos te duur."
Die tandarts het al hierdie game gespeel en sy weet hoe om dit stop te sit: "Ek sê jou wat. As ek my lyf mechanic hou en sonder enige verdowing die tand trek, sal ek net R100 per tand vra."
Mike krap sy kop. "Nee, dis steeds te duur."
Die tandarts frons, maar sy het ook ‘n ekstra mes vir hierdie geval. "Dis ongelukkig my beste prys. Maar, nou wat ek daaraan dink… As jy dit verniet gedoen wil hê, kan ek reël dat 'n student dit as deel van sy prakties kom trek."
"Uitstekend. Wanneer is die eerste beskikbare afspraak?"👇


Horlosies met houdings 🍹
"Lief, ons hokkiespan het Woensdag 'n girls night by die Pink Parot. Sal jy half agt by die huis kan wees om na die kinders te kyk?" vra Ansa en Erik, haar man, sê:
"Ja, my vrou, maar moet nou nie weer die dam onder die eend uitruk nie. Donderdag het ek 'n vroeë vergadering. Ek ry sewe-uur werk toe en jy moet dan self sorg dat hulle by die skool kom."
Ansa: "Ek sal la-a-ank voor twaalf terug wees, skat, ek belowe."
Toe Woensdag aanbreek, is al die kinders se huiswerk vroeg klaar en nadat Ansa vir hulle en Erik met pizzas bederf het, soengroet sy hulle en sê vir Erik:
"Bye, lief. Sien jou voor twaalf."
Tyd het egter 'n ding om te wil vlieg, wanneer dinge lekker gaan en toe daai hokkiebokkies eers oorslaan na margaritas, vlieg tyd se kind soos 'n jet.
So gebeur dit dan dat Ansa se tuiskoms en die koekoek-horlosie se drie-uur roep, gelyktydig plaasvind.
Giggelend probeer sy hom met 'n wysvinger voor haar mond stilmaak, maar toe dit nie werk nie, sê sy nog nege keer hardop, "koekoe, koekoe..."
Toe stut sy haar al giggelend met een hand teen die gang se muur tot in hul slaapkamer.
Gelukkig het Erik die wekker gestel en hy maak haar wakker, voor hy gaan stort. Teen die tyd dat hy in die kombuis kom, is sy ontbyt gereed en is Ansa doenig met die kinders se kosblikke.
Net voor Erik opstaan om vir Ansa te groet sê hy:
"Skat, ons sal 'n nuwe koekoek moet kry. Daai erfstuk van jou is nou gedaan."
"Wat laat jou so sê?" wil sy weet.
"Drie-uur vanoggend gee hy die tyd, bly 'n rukkie stil en sê toe kliphard:
Oh shit voor hy verder tel.
Nog besig met dié getellery, moer hy neer oor die koffietafel, en…” 👇



Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius
Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.
ONS MOOI TAAL ✒️

Bertus kom uit die vertes 🌧️
Toe Binkie na matriek werk kry op haar tuisdorp, dring haar weduweemoeder Susie aan dat sy minstens die eerste paar maande nog in haar ouerhuis moet aanbly.
Susie was 'n dierbare mens, maar met streng waardes en behalwe die ekonomiese voordele vir die pragtige Binkie, kon ma dan 'n ogie hou oor die baie hoopvolle vryersklonge wat kom kuier het.
Sodra dit lyk asof 'n kêrel in Binkie se goeie boeke is, het Susie voorgestel dat Binkie hom nooi om by hulle te kom eet. So sou mamma dan hopelik kon bepaal of hy genoeg pluspunte het om 'n pad met haar dogter te loop.
Binkie en Bertus begin op 'n stadium al meer uitgaan en so word hy genooi om een aand daar te kom eet.
Ondanks die feit dat hy motorfiets ry, hou ma Susie dadelik van hierdie aantreklike jongman met die goeie maniere. Die aand verloop goed, maar Susie tel vinnig op dat Bertus nie so bright soos sy motorbike se voorlig is nie. Meeste grappies vlieg los bo-oor sy kop.
Toe hulle aansit vir ete, begin dit hard en aanhoudend reën. Teen die tyd dat Susie en Binkie begin afdek, reën dit steeds en die tante sê:
"Bertus, ek dink dit reën hopeloos te hard. Jy moet maar vannaand hier slaap. Ek en Binkie pak gou vinnig die skottelgoed in die masjien. Kyk solank iets op TV, ons is nou-nou klaar."
Toe die twee 'n paar minute later in die TV-kamer kom, is Bertus skoonveld en hulle neem aan hy is na die badkamer.
Bertus bly egter langer weg, as wat mens gewoonlik in 'n badkamer neem en net toe hulle begin bekommerd raak, gaan die voordeur oop. 'n Druipnat Bertus kom binne en baie verlig sê Binkie:
"Ons was bekommerd oor jou, waar was jy dat jy so nat is?" 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Maak skerp vir Braaidag!
Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇


Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Noem jouself Jan en braai vir erfenis. 🔥💪
Geniet die tyd saam met mense wat saak maak.
Dis juis vir sulke tye dat Dik Wors hier is.
Help ons taal en Projek Dik Wors voortleef deur stories te vertel by die braai.
Nooi almal uit en deel die gratis boek op WhatsApp 👇

Onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors






