
📢 Ons R1 000 kontant lucky draw is nog steeds oop om deel te neem! 👇
Welkom by Dik Wors!
Suid-Afrika is darem maar ’n unike plek.
Jy kan jou beursie, jou kar, jou werk en jou moed verloor...
Maar probeer gou jou SARS eFling password verloor….
SARS waarsku nou mense oor scammers wat hulle as SARS amptenare voordoen en jou persoonlike inligting probeer kry.
Deesdae weet jy nie altyd of jy met ’n scammer, ’n staatsdepartement of met iemand van die selfoonplek praat nie.
Almal soek jou ID nommer. Almal sê hulle kan jou help.
En almal eindig op een of ander stadium met: “The system.. It’s not working...”
Dan sit jy vir ‘n uur op die lyn en brand airtime en kook moer net om te bewys jy is jy...
Net om uit te vind mag net ‘n certified ID stuur.
Jy moet eers bewys jy is jy, voordat hulle kan bewys jy is jy…
“Ek is ek en jy’s my gek om my potte en panne uit te lek!” loop ‘n baie ou gesegde.
Loop jy poliesstasie toe en certify my ID as jy dit so soek. Binnelandse sake het hom gegee soos hy hier is. Jy vat hom so, en klaar.
Try dit, en hoor wat sê hulle… Nege uit tien keer raak die bekke stil.
Ek hoop net as iemand wel my identiteit steel, betaal hy sommer my blasting ook!
Voor ek begin met die ewige vloek van Proof of address…
Dis Klein Saterdag! Gooi kole, gooi koues, en kom on braai ‘n dik wors! 🍻🔥

As jy Dik Wors geniet, help gou uit asb 👇

Help us make better ads
Did you recently see an ad for Ooni in a newsletter? We’re running a short brand lift survey to understand what’s actually breaking through (and what’s not).
It takes about 20 seconds, the questions are super easy, and your feedback directly helps us improve how we show up in the newsletters you read and love.
If you’ve got a few moments, we’d really appreciate your insight.
Midweek se kort van draad! 🍻
Ek verstaan nie waarom mense goed sê wat seermaak nie, soos: "Wil jy gaan draf?" "Soek jy slaai?"...
"Jy moes 8 uur hier gewees het," sê die kwaai baas en Gatiep vra:
"Hoekom, wat het toe gebeur?"
Afrika se diereryk is die enigste wesens op hierdie kontinent, wat nie hul domste lid tot hul leier verkies nie.
"Hoe het jy die kos gevind?" vra matrone na ete vir 'n seun in die koshuis en hy sê:
"Maklik, tannie, ek het die skyfie tamatie opgelig en siedaar."
Skilpad lê ernstig beseer in die straat en vertel vir die polisie dat twee slakke hom beroof het.
Sersant: "Vertel alles wat jy onthou, dit mag dalk help met die ondersoek."
Skillie: "Ag, dit het alles so vinnig gebeur."
Baas aan werknemer, wat kla dat hy sleg voel:
"As ek siek is gaan ek huis toe en maak liefde met my vrou. Daarna voel ek beter."
'n Uur later bel die werker:
"Meneer was reg, ek voel baie beter en is nou-nou terug. Terloops, u het 'n baie mooi huis."
Dik Wors gebruik ook Proton Mail 👇

Free email without sacrificing your privacy
Gmail tracks you. Proton doesn’t. Get private email that puts your data — and your privacy — first.
Hoe de hel kry jy jou vel so ou pêl? 💉
'n 47 jarige van Kaapstad kry 'n facelift en is sommer baie in haar noppies met die resultaat. Dit laat haar veel jonger lyk en die eerste paar weke kan sy nie verhelp om mense se aandag op haar jonger looks te vestig nie.
By die apteek vra sy die apteker of hy kan sê hoe oud sy is. Hy raai sy is 35 en is baie verbaas toe sy sê dat sy 47 is. Toe sy by McDonald's ingaan, vra sy die kassiere dieselfde vraag. Weer is die antwoord veel jonger en die kassiere kan dit skaars glo, toe sy sê dat sy 47 jaar oud is.
Terwyl sy 'n rukkie later by die bushalte vir die MyCiti wag, kom daar 'n ou omie aan en staan agter haar. Die bus is laat en die twee begin gesels. Weer kan sy nie verhelp om vir die oom te vra wat hy dink hoe oud sy is nie en hy sê:
"Nooi, ek het 'n sigprobleem, maar as jy my toelaat om aan jou te voel, sal ek jou ouderdom presies vir jou kan sê."
Aanvanklik weifel sy, maar dan neem die ydelheid oor en omdat daar niemand anders naby is nie, sê sy:
"Nou goed, oom kan maar voel..."
Hy doen dit, eers met een hand en maak dan kwansuis met sy ander hand seker, voor hy sê:
"Jy is presies 47 jaar oud."
"Hoe de hel kry jy dit reg?" 👇


Joey issie flou ‘ie 👓
Die Smith familie, oupa Joe en sy twee seuns, Peter en David, het op Old Oak Range met beeste geboer en die twee seuns se wonings was ook op die plaas. Peter, die oudste seun en sy vrou, het drie kinders gehad, twee dogters en 'n seuntjie.
Klein Joey is na sy oupa vernoem en was letterlik almal in hierdie familie se gunsteling, 'n bekkige klein mannetjie met 'n grenslose belangstelling in alles om hom.
Die jonger broer, David en sy vrou, Cindy, was egter kinderloos. Toe klein Joey reeds vier jaar oud is, word David-hulle se eersteling gebore, 'n pragtige seuntjie, maar sy oorskulpies het nie ontwikkel nie. Die hele familie was in vervoering oor die nuwe aankomeling, maar reeds op die foto's, wat David vanaf die hospitaal stuur, kon jy sien dat die ouers baie gevoelig is omdat baba Smith nie oortjies het nie.
Toe die kleinding dan ook huis toe kom, wag elke siel op Old Oak daar om hom te verwelkom. Joey se ma sweer hom die dood voor die oë, as hy iets oor die kleintjie se ore sou sê.
Nadat almal ge-oe en ge-aa het, vra Cindy vir Joey:
"En wat sê jy Joey, is jy bly jy het nou 'n nefie om mee te speel?" en Joey antwoord:
"Ja tannie Cindy, maar ek's baie blyer dat hy goeie ogies het…"
Cindy: "Waarom sê jy so?" 👇



Smarter CRM. Less Busywork.
Disconnected data and tools make it harder to understand your customers. HubSpot's Agentic Customer Platform brings your data, teams, and tech stack together with AI built in to help your business work faster and create more personalized customer experiences.
Why HubSpot and what's new
Use AI powered tools to take action faster
Unify your data, teams, and tech stack in one place
Create one shared view of customer data
Connect teams around the same customer context
Bring your business tools into one place
Connect more of your business in one place and give every team a smarter way to work. Get set up quickly and start checking off your hardest tasks.
ONS MOOI TAAL ✒️

Met Tant Jenny sal jy nie wen nie… ⚖️
40 jaar gelede, 1986 👇
Tant Jenny is 'n oujongnooi, wat al jare op die dorp woon. As afgetrede onderwyseres, ken sy meeste inwoners al van hul kinderdae af.
Sy word gedagvaar om as ‘n getuie in ‘n plaaslike moordsaak te getuig wat die hele kontrei in rep en roer het. Die aanklaer roep haar na die getuiebank en vra:
"Dame, kan u vir die hof sê of u die beskuldigde ken. Was hy dalk ‘n student by u skool voor aftrede?"
Tant Jenny: "Ek ken hom van g’n kant nie. Maar ek ken vir jou, Willie Wessels! Ek is net te skaam om dit te sê. Jy was van skooldae af 'n agterbakse en selfsugtige klein windgat... en jy is nog steeds.
Jy is 'n rokjagter, wat nie omgee hoeveel huwelike jy opbreek nie en daarby skuld jy almal in hierdie dorp 'n moerse klomp geld."
Die aanklaer bloos bloedrooi en sê:
"Dit sal voorlopig al wees, u kan maar sit."
Die prokureur vir die verdediging sien ‘n gaping om sy kant van die geveg in ‘n beter lig te stel. Hy vlieg op en sê:
"U edele, is dit reg as ek die getuie gou 'n vraag vra?" en die regter stem in.
Prokureur: "Dame, sal u vir die hof vertel of u my ken?"
Tant Jenny: "Jy behoort jou te skaam, klein Pieter Visagie. Ook jy was op skool al 'n agterbakse luigat. Jou oupa en jou pa was gesiene prokureurs, maar met jou gesuip en gedobbelry, het jy daai eens trotse firma deur jou gat getrek.
Dan wonder baie mense in die dorp oor die 'rokies wat trek' omtrent sekere trustgelde en waarom jou arme vrou alewig vol blou kolle is."
Almal in die hof probeer proesend om nie hardop te lag nie.
Dis toe dat die regter ingryp en die twee regsmanne na sy bank toe roep.
Toe hulle voor hom staan, leun hy nader aan hulle en fluister dreigend:
"Luister nou vir my baie mooi…
Ek weet nie waarheen julle twee se sirkus oppad is met hierdie getuie nie… 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Braai hulle nou!
Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Lekker ontspan…
Certify een van dié 🖕
Bel ‘n pel, hier of daar en deel die Dik Wors boek op WhatsApp 👇

Sê vir hulle dat…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors







