In partnership with

Welkom by Dik Wors!

As die week al reeds te lank voel, hier is β€˜n paar kortes vir koffie tyd wat klap soos β€˜n Wilde Weste rollie of die Six-Gun Spice as pappa fluks gevat het en die tjoppe mis gooiβ€¦πŸ‘‡

Die manne het opgehou om ABSA bank meisies uit te neem.

Today, Tomorrow, Together.

Hulle neem nou Standard Bank meisies uit.

Simpler, Better, Faster.

Maar die beste meisies om te date…

is FNB meisies.

Hulle vra net heeltyd:

β€œHow can we help you?” 🀣

Die seuntjie staar stip na sy Ouma…

β€œOuma… is jy van karton gemaak?”

Ouma lag.

β€œHaai néé, my kind… hoekom vra jy so?”

Seuntjie:

β€œWant Pappa sΓͺ altyd Ouma is ’n regte ou doos!”

Ek het al baie monde gevoer
wat al sleg van my gepraat het.

Ek het al mense se trane afgevee
wat myne veroorsaak het.

Ek het al mense gehelp
wat my ondergang wou sien.

Ek was al daar vir mense
wat nog nooit daar was vir my nie.

Net omdat mense my seer maak,
beteken nie ek moet hulle seer maak nie.

Ek probeer elke dag
dankbaar wees vir ietsies en dinge…

Vandag is ek net dankbaar dat plooie nie pyn nie.

Hoe adverteer ’n geskeide man homself in die β€œhoekie vir eensames”?

Tweedehandse naaimasjien.

Lanklaas gebruik.

Naald in puik toestand.

Vol olie.

Mis nie ’n steek nie.

Jy kan nou bepaal hoe groot ’n dorp se potholes is…

deur te kyk na die nommerplaat.

GP – Groot Pothole

MP – Moerse Pothole

FS – F*kken Sloot

Een minuut is jy jonk en cool…

en miskien ’n bietjie gevaarlik.

Die volgende oomblik

lees jy reviews op Takealot oor voΓ«lsaad.

Jy wil mos ’n onderwyser date.

Nou moet jy na elke fight hoor:

β€œEk sal jou ’n les leer.” πŸ€¦β€β™‚οΈπŸ™ˆπŸ€£πŸ€£

As jy hierdie op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit gratis by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan en πŸ‘‡

Loer asb. na ons borge. Slegs β€˜n kliek en β€˜n loer hou ons nuusbrief aan die gang πŸ‘‡

Arnold Schwarzenegger has a newsletter.

Yeah. That Arnold Schwarzenegger.

So do Codie Sanchez, Scott Galloway, Colin & Samir, Shaan Puri, and Jay Shetty. And none of them are doing it for fun. They're doing it because a list you own compounds in ways that social media never will.

beehiiv is where they built it. You can start yours for 30% off your first 3 months with code PLATFORM30. Start building today.

George & Mosselbaai area πŸ‘‡πŸ”₯

Vir ons lesers in die George & Mosselbaai area aan die Suid-Kaap -

Ons vriende by Vuur & Vlam Braai Winkel het vandag vir julle β€˜n gratis afslag voucher vir leker, droΓ« Namibiese Kameeldoring hout.

As jy daar onder by die see bly, gryp so voucher en toets hulle hout hierdie Klein Saterdag!

Vuur & Vlam lewer by jou huis af. πŸš›

George & Mosselbaai - Jy kan mos nie verkeerd gaan met Kameeldoring nie πŸ‘‡

Ace Ventura het nie eers β€˜n dop gevat om so te lyk nie…

Honde, kroΓ«e en ballerina’s…

As jy nou lekker wil lag, gaan drink ’n bier en luister na die ander manne in die kroeg se stories.

So sit twee manne een middag langs my, en die een sΓͺ dat hy ’n hond wil aanskaf en hy het besluit dat dit ’n Labrador sal wees.

Dis toe dat sy maat sΓͺ: β€œAsseblief, ou tjom – moenie ’n Labrador kry nie – daai honde maak mens blind.”

Op ’n ander dag sit en luister ek weer hoe twee manne baie opgewonde sit en beplan oor die dansorkes wat hulle op die been wil bring.

Die een ou sΓͺ: β€œEk stel voor ons noem die orkes β€˜Lost Dog’,” waarop sy maat wil weet waarom dan so ’n volksvreemde naam, en hy antwoord: β€œDan het ons reeds ’n β€˜poster’ op elke boom en lamppaal in die dorp.”

Dan was daar die keer toe ’n meisie, wat nie onder haar arms geskeer het nie, by die kroeg instap.

Sy wuif met haar hand hoog in die lug na die kroegman en sΓͺ: β€œHoor daar, watter β€˜gentleman’ wil vir my ’n dop koop?”

Daar is ’n kort stilte en toe sΓͺ een van die regulars vir die kroegman: β€œGooi maar vir die ballerina ’n dop op my rekening.”

Dis toe dat sy by hom wil weet waarom hy haar ’n ballerina noem, en hy antwoord: β€œEnige vrou wat haar been so hoog kan optel, moet ’n ballerina wees.” 🫒

Die lewe is skaak, so kom ons help mekaar…

Met projek Dik Wors bou ons iets groter as net lag… ons bou ’n gemeenskap wat teruggee.

Deur Dik Wors wil ons jong Afrikaanse talente ondersteun en regte geleenthede skep waar dit saak maak.

Want as ons dit nie doen nie, wie gaan na ons kinders kyk?

Dewald Coetsee is ’n 2026 SA O/18 Skaakkampioen met ’n kans om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig in hakskoen-land.

Die uitdaging is eenvoudig β€” die talent is daar, maar die fondse nie.

Jy moet maar vir Romans bel, want ItaliΓ« is nie die plek vir pizza soos die Rand / Euro nou lyk nie…

As jy wil help om hierdie top seun se droom verder te vat, kan jy direk bydra op sy Back A Buddy blad.

Elke bydrae, groot of klein, maak ’n verskil, so gooi ietsie in die konfytfles πŸ‘‡πŸ™

Hoekom die tydskrif en koerant sy gat, en ander s’n sien…

Jy moet winkel toe om dit te koop.

As dit β€˜n pot k@k is kan jy nie jou geld terug vra nie.

Dik Wors beveel aan πŸ‘‡

Arnold’s Pump Club

Arnold’s Pump Club

The daily email that makes it easier to live a healthier, happier life without all the confusion and stress.

Money Matters

Money Matters

Get the financial insights that matter to South Africans, delivered straight to your inbox. Because your money matters!

The Open Letter

The Open Letter

The Edge in South Africa’s Growth Economy

Current Headlines

Current Headlines

Serving you today's hottest breaking news!

Celebrity Insider Report

Celebrity Insider Report

Celebrity Insider Report

NataniΓ«l sal jou geselskap hou in die kombuis terwyl jy skil of slaai maak πŸ‘‡

Dis dit, en daai is daai vir Klein Saterdag!

Deel Dik Wors met jou vriende, want die lewe is soms bietjie skaak en almal kort lag in die dag. β™ŸοΈ

Dewald maak staat op jou, want as ons β€˜n miljoen Afrikaanses hier bymekaar is, stuur ons vinnig ons kinders net waar hulle moet gaan.

Gaan koop β€˜n pakkie Nik-Naks, of maak β€˜n droom waar word… πŸ˜‰

Sie jou weer Vrydag om die naweek in te lag.

Tot dan, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading