
Welkom by Dik Wors!
Net voor die tweede toets tussen die Bokke en die All Blacks by DHL Stadion verlede Saterdag, het twee Airlink vliegtuie in 👉 formasie oor die stadion gevlieg.
Twee Embraer straalvliegtuie, een van hulle in 'n spesiale groen baadjie vir die toer, is teen sowat 150 knope vlak oor die dak dwarsdeur ‘n knal van vuurwerke.
Flightradar24 se data wys dat die voorste vliegtuig is minder as 20m bo die stadion se dak verby. Ander verslae praat van nader aan 15m. Op sekere hoeke in die video's lyk dit asof die stert die dak gaan skraap…
Dit was sommer ‘n kwaai storie om te aanskou, het wêreld nuus gehaal, en orals is die tonge aan die klap.
Hulle moet net onthou dat saterdag is dit FNB Stadion se beurt en in ons land streef ons altyd om dinge te verbeter!
Maak ‘n ekstra groot vuur op Klein Saterdag en braai ‘n ekstra dik wors! 😉

Talk to your AI tools the way you'd talk to a colleague.
You don't send a colleague a three-word brief. You explain the context, the constraints, what you've already tried. But typing all that into ChatGPT takes forever — so you don't.
Wispr Flow lets you speak your prompts instead. Talk through your thinking naturally and get clean, paste-ready text. No filler words. No cleanup. Just detailed prompts that actually get you useful answers on the first try.
Millions of users worldwide. Works system-wide on Mac, Windows, and iPhone.
Bal sport… ⚖️
Om nie 'n onnodige klomp geld aan prokureurs te betaal nie, doen Megan by die hof aansoek om van haar man te skei. Toe hulle dan ook voor die magistraat verskyn, vra sy vir haar:
"Mevrou Williams, ek sien hier jy wil van jou man Jeffrey Williams skei vanweë versoenbaarheid. Verstaan ek dit reg, Meneer Williams? Jeffrey...?
“Jock, u edele. Almal noem my sommer Jock,” antwoord hy.
“Volgens my, skei mense vanweë onversoenbaarheid," sê die magistraat en Megan vul die gaping in.
"U het reg gelees, u edele, dit is weens versoenbaarheid."
"Verduidelik asseblief," vra die magistraat en Megan sê:
"U edele, dit werk nou so… Ek hou daarvan om in die tuin te werk, Jock hou van tuinwerk. Ek lees graag, veral gedigte. Jock lees ook graag gedigte.
Ek hou van fliek, veral romantiese komedies en Jock is ook mal daaroor. Ek geniet dit om na die musiek van Enya te luister. Jock is lief vir haar musiek.
Ek gaan graag na kunsuitstallings en so ook hy.
Ons kyk ook elke naweek saam die rugby.
Die magistraat se mond hang oop.
“Dit klink vir my soos ‘n match made in heaven…
Ek wens ek het so man gehad! Wat is dan die probleem?” 👇

Die geheim is toegesluit 🔓
Oom Klasie was maar lief vir sy dop en het vele kere laatnag by die huis gekom. Dan was die hel gewoonlik los, want sy vrou was nie verniet bekend as ou Sarie Geelslang nie.
Sy het hom dikwels met enige slaanding voorhande bygekom.
Terwyl hy weer een aand laat in die kroeg kuier, breek 'n skelm by sy huis in en besteel hulle rot en kaal, terwyl ou Sarie vas aan die slaap op die rusbank voor die televisie lê.
Gelukkig word die dief baie gou gevang, maar terwyl hy in die polisieselle aangehou word, voor hy in die hof moet verskyn, is Klasie elke dag by die aanklagkantoor.
Daar dring hy aan om die skelm te sien, maar die konstabels wat aan diens is, weier elke keer sy versoek.
Toe Klasie vir die vyfde keer weer by die aanklagkantoor opdaag, is die bevelvoerder juis daar. Hy hoor oom Klasie se versoek en sê:
"Oom sal die man sien wanneer hy Maandag in die hof verskyn."
Oom Klasie: "Kan ek hom nie net iets vra nie, asseblief kolonel?"
"Nou wat is dit wat oom vir hom wil vra?" 👇


Free email without sacrificing your privacy
Gmail tracks you. Proton doesn’t. Get private email that puts your data — and your privacy — first.
Eier vryer 🥚🥚🥚🥚
Pleks dat Bert sy mond hou. Na 10 jaar van getroude lewe, weet hy immers hoe nuuskierig Marie kan wees... maar nee, toe hy die brandkluis laat installeer, neem hy haar tot by dit en sê:
"Luister nou mooi, my vrou, hierdie kluis mag jy nooit oopmaak nie. Die sleutel hou ek altyd by my."
So gebeur dit toe dat Marie se nuuskierigheid oor die volgende twintig jaar amper 'n obsessie word, sy moet net eenvoudig uitvind wat Bert in die kluis bêre.
Daarby raak Bert na meer as 30 jaar van getroude lewe, ook al meer agterlosig en op 'n dag vergeet hy die sleutel in die kluis. Marie sien die sleutel daarin en vat haar kans.
Sy sluit die kluis oop en kry daarin 50 pakkies banknote met R1 000 in elke pakkie, asook 4 hoendereiers.
Die res van die dag knaag die nuuskierigheid aan haar soos 'n wurm. Vir 30 jaar het sy gewonder. Nou weet sy, maar wonder net meer. Toe Bert daardie middag tuiskom, word hy ingeroep kantoor toe en gemaak sit.
"Bokka, ek's jammer, maar jy het die sleutel daarin vergeet en toe sluit ek die kluis oop. Verduidelik asseblief vir my wat is so geheimsinnig aan 4 eiers en R50 000 in kontant... anders raak ek van my kop af."
Bert sug diep en sê: "Nou goed, as jy daarop aandring...
Ek het elke keer as ek jou verneuk het, 'n eier in die kluis gesit.
Ek wou jou al vertel..." maar sy val hom in die rede:
"Ai my ou man, met so 'n handsome hunk soos jy is dit seker te verstane... en daar is slegs 4 eiers in die kluis... oor 'n tydperk van meer as 30 jaar…
Ek kan jou seker maar vergewe…
En die R50 000, waarvoor is dit?" 👇


The Future of AI in Marketing. Your Shortcut to Smarter, Faster Marketing.

This guide distills 10 AI strategies from industry leaders that are transforming marketing.
Learn how HubSpot's engineering team achieved 15-20% productivity gains with AI
Learn how AI-driven emails achieved 94% higher conversion rates
Discover 7 ways to enhance your marketing strategy with AI.
Ons pragtige taal 📝

Verbode vrugte 🍊
Oom Albert was 'n boer en hoofouderling in die klein dorpie se kerkie. Hy het onder andere met persimmons geboer. As jy nie 'n persimmon ken nie, moenie aan hom hap as hy nog groen is nie.
Absoluut alles trek op 'n hoop en omdat dit so frank is, kan jy vir 'n ruk lank nie reg praat nie. Laat hom egter ryp word, tot oranje geel en dit is 'n heerlike en uiters gesogte vrug.
Juis vanweë hierdie groen vrug se kwaliteite, het mense begin om dit vir allerhande boererate aan te wend, rate wat ook kon boemerang...
Toe ons kerk 'n nuwe orreliste kry, was meeste van die vroue nie baie gelukkig nie, want hierdie aantreklike dame was buitengewoon welbedeeld en sou die wyle Dolly Parton na 'n amateur laat lyk.
Wanneer sy die orrel bespeel, was dit dus 'n skouspel waarvan geen man sy oë kon weghou nie. Hierdie gewippery en geskuddery het die gemeente se vroue die horries ingejaag, omdat selfs dominee en die kerkraad se oë heel dikwels gedwaal het.
Dit was dan ook nie lank voor die susters bymekaar gekom het om 'n plan van aksie te bespreek nie... en so word tant Martie, vrou van Albert, afgevaardig om haar te nader en reguit mee te deel, waarom die susters ongelukkig is.
So gebeur dit toe, maar tant Martie bring sommer 'n fles met fyngemaalde persimmon saam, en voor sy loop, gee sy dit vir die welbedeelde, musikale nooi en sê:
"Smeer hierdie elke dag aan. Dit sal hulle laat krimp, maar wees versigtig…
Moenie daaraan proe nie, jy sal 'n ruk lank sukkel om te praat."
Die arme orreliste is nuut op die dorp, en nie lus vir 'n bakleiery nie…
Sy stem toe maar in.
Tant Martie rapporteer dienooreenkomstig terug en die volgende Sondag is al wat 'n vrou is, in die voorste rye om te sien of die boereraat al help… 👇


Dolly Parton, 1946 tot 2026 🌹
Dolly Parton is Dinsdag, 25 Augustus 2026, op die ouderdom van 80 in Nashville oorlede. Haar familie het die nuus die volgende dag in 'n video boodskap aangekondig. Sy is 'n kort tydjie voor haar dood met kanker gediagnoseer en was in die Vanderbilt-Ingram Kankersentrum in Nashville opgeneem.
Sy is op 19 Januarie 1946 gebore en het 'n loopbaan van sewe dekades gehad. In daardie tyd het sy meer as 3 000 liedjies geskryf. Onder haar bekendste is "Jolene", "9 to 5" en "I Will Always Love You", laasgenoemde later wêreldberoemd gemaak deur Whitney Houston se weergawe. "Coat of Many Colors" bly een van die mees geliefde liedjies oor 'n arm grootword in die Amerikaanse Suide.
Haar invloed het egter ver buite die musiek gestrek. Sy het Dollywood in Tennessee opgebou tot 'n instelling, en haar Imagination Library het honderde miljoene boeke in kinders se hande geplaas. Sy is in 2022 in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem, aanvanklik teen haar sin, want sy het gemeen sy is nie 'n ware rockkunstenaar nie.
Haar man, Carl Dean, met wie sy byna sestig jaar getroud was, is in Maart 2025 op 82 oorlede. Sy het openlik gepraat oor hoe die rou haar liggaamlik uitgeput gelaat het. Verlede jaar het sy haar Las Vegas verblyf uitgestel weens gesondheidsprobleme, en in Januarie vanjaar het die goewerneur van Tennessee 19 Januarie tot Dolly Parton Dag verklaar, net betyds vir haar 80ste verjaardag.
Haar familie se amptelike doodsberig het dit so gestel:
'n Lewe wat helder genoeg geskyn het vir die hele wêreld om te sien. Haar humor, haar warmte en haar vrygewigheid het mense oral laat voel hulle is deel van haar familie.
Blomme lê steeds by haar ster op Nashville se Music City Walk of Fame.

Kry nog Dik Wors voor dit droë wors word…
Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇
Dis dit, en daai is daai vir Klein Saterdag.
Sweef hoog en moenie laat goed aan die dak hak nie…
Sag rus, Dolly.
Dankie vir dekades se vermaak!
Nag, ou grootes…
Deel Dik Wors op WhatsApp 👇

Mooi loop tot Vrydag, en onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors



