
Welkom by Dik Wors!
Die regering het hierdie week vir ons ’n eenvoudige oplossing vir Suid-Afrika se probleme gegee. As jy nie van die land hou nie... Vat jou goed en loop.
Nou maar toe…
Belasting betaal mos homself en mielies groei in die bad van ‘n HOP huis.
Eers kla hulle ons moet loop… Dan kla hulle oor Amerikaanse refugees…
Hier kan ‘n ou nie wen nie… Nie eens teen ‘n 11 man Aussie span nie.
Tensy jy die game speel soos Eddie 👇


Free email without sacrificing your privacy
Gmail is free, but you pay with your data. Proton Mail is different.
We don’t scan your messages. We don’t sell your behavior. We don’t follow you across the internet.
Proton Mail gives you full-featured, private email without surveillance or creepy profiling. It’s email that respects your time, your attention, and your boundaries.
Email doesn’t have to cost your privacy.
Kort jy kleingeld? 🍻
Vrou na 'n ligte rusie met manlief: "Ai my man, waarom kan julle mans nie praat met ons vroue en sê wat dit is wat jou pla nie?"
Man, steeds moerig: "Mens praat nie met 'n muskiet oor malaria nie."
"Wat is jou sterkpunte?" wil die bestuurder tydens 'n onderhoud by die aansoeker weet en laasgenoemde sê:
"Ek is 'n optimis en 'n positiewe denker."
Bestuurder: "Kan jy 'n voorbeeld gee?"
Aansoeker: "Ja, wanneer begin ek?"
Erika plant ‘n pantoffel in die sitvertrek met haar hande in haar sye.
"Liewe magtig, Mike! Suip jy alweer? As ek jou sien, sit jy met 'n glas brandewyn in die hand."
Mike: "Dit help vir verkoue, my skat."
Erika: "Dan sit en lieg jy ook nog. Jy het mos nie verkoue nie."
Dis toe dat Mike sê: "Dan kan jy mos sien dit werk!"
"Ek kan sien jy is 'n 'local', want jy het nie voortande nie," sê 'n seuntjie met draadjies in sy mond vir sy nuwe maatjie op Blouberg se strand.
Maatjie: "En ek kan sien jy's 'n Vaalie, want djou hele bek is agter tralies."

Experts say to ditch your old cutting boards, here’s why
Your old plastic and wood cutting boards could be making you sick from microplastics, toxic mold, and hidden bacteria. Here’s the hottest-selling upgrade.
Lucky Seven 🐴
Om een of ander rede eet ek nie een aand nie. Die volgende oggend grom my maag, asof hy kwaad is. Skuins na tien stap ek na die koffiewinkel om die hoek.
'n Boemelaar vra my vir 'n geldjie en ek besluit net daar om hom saam te nooi vir 'n lekker brekfis in plaas van om hom geld te gee.
Terwyl ons eet, vertel hy my toe van al sy terugslae in die lewe. Ek kon nie help om te lag oor die volgende een nie.
Hy vertel:
"Die oggend van 7 Julie 1977 lui my wekker. Soos gewoonlik sluimer ek nog 'n rukkie en toe ek weer sien, lees daai digitale gesiggie 7h07. Ek staan dadelik op en sit die radio aan. Daar sing Anneli van Rooyen ewe vrolik van Sewe Sakke Sout.
Dis toe dat die aanhoudende ge-sewe met my kop begin smokkel. Later by die bushalte hou bus nr. 77 stil en net daar draai ek om.
Ek kry my motor en ry bank toe. Daar vra ek hoeveel geld in my rekening is en toe ek hoor dit is R7 777, is ek finaal oortuig. Ek onttrek alles en gaan verwed dit net so op 'n resiesperd met die naam Lucky Seven…" 👇


Buks se getuie 🚕
Buks is 'n hardwerkende verkoopsman en moet dikwels reis. Dis egter tydens sulke sakereise dat sy mooi vrou, Anel, hom verneuk. Hy kry snuf in die neus, maar kan haar net nie betrap nie.
Toe hy onverwags laat van so 'n reis terugkeer, bel hy nie soos gewoonlik vir Anel om hom op die lughawe te kom haal nie, maar bestel ‘n taksie en betaal die bestuurder 'n ekstra R200 om saam met hom in te gaan as getuie.
Die twee van hulle gaan saggies in en in die slaapkamer betrap hulle 'n kaalbas Anel saam met 'n vreemde man in die bed.
Woedend slaan Buks die kaal man half katswink met sy pistool, voor hy dit teen sy kop druk en dreig om hom net daar vrek te skiet. Dit is toe dat Anel begin pleit:
"Asseblief, moenie skiet nie! Ek het vir jou gelieg. Ek het nie geld geërf nie. Hy het betaal vir ons nuwe Hilux bakkie en die motorboot en die visstokke.
Ook jou seisoenkaartjies op Loftus en daai groot flatscreen kom uit sy sak, plus nog baie ander luukse goed in ons huis… Die nuwe bar wat ek laat bou het… Die koedoeleer rusbanke…"
Buks draai na die taksiedrywer en sug:
"Nou wat sou jy gedoen het as jy ek was...?"👇


The Mega Romance Reading & Listening Bundle
50 Romance eBooks + 50 Full Audiobooks — One Complete Digital Collection
Discover a large collection of romance stories in both ebook and audiobook formats.
With 50 romance novels and their corresponding full audiobooks, you can choose how you enjoy each story — read at your own pace or listen wherever your day takes you.
Whether you’re relaxing at home, traveling, commuting, or simply looking for your next romance story, this digital bundle gives you hours of reading and listening in one convenient collection.
What You Get
Your purchase includes:
50 Romance eBooks
50 Full Audiobooks
eBook formats: PDF and ePub
Audiobook format: MP3
Instant digital delivery after purchase
Lifetime access to the delivered files
Free email without sacrificing your privacy
Gmail tracks you. Proton doesn’t. Get private email that puts your data — and your privacy — first.
ONS MOOI TAAL ✒️

Sing Barnard, sing 🙉
Een jaar koop oom Ryk Hendrik Lategan en sy seun, Ricus, hul buurplaas en is genoodsaak om 'n voorman daar aan te stel. Dit is toe 'n Barnard kêrel vanuit die Boland.
Toe my pa eendag daar omry om kennis te maak, kon selfs ek sien dat hy 'n skaam en teruggetrokke persoon is. Hy was lig van gelaat en juis daarom kon jy sien hoe maklik hy bloos. Daarby het hy 'n paar bakore gehad, wat die blosery nog meer beklemtoon het, terwyl die wyse waarop hy sy kop laat sak het, 'n verdere bewys van 'n gebrek aan selfvertroue was.
Daar was 'n hele span kleingoed en mens kon aan die vrou se voorkoms sien dat nog 'n klein Barnardjie op pad is.
Soos die duiwel dit wou hê, kry die man se ryding 'n pap wiel, terwyl hulle die eerste Sondag in hul nuwe gemeente op pad kerk toe is. Toe hulle dan by die kerk aankom, was daar nog net plek in 'n paar van die voorste rye. Om so met 'n swanger vrou en 'n string kleingoed voor die nuwe gemeente te paradeer, moes iets verskrikliks vir die man wees en sy gloeiende ore het dit gewys. Hulle het net gaan sit, toe maak dominee en die swartspan hul verskyning.
Oom Hendrik was hoofouderling en hy het dominee Gericke waarskynlik ingelig oor die nuwe intrekkers, want pas na die aankondigings, heet die predikant toe die Barnard gesin hartlik welkom.
Toe hy dan ook vra dat hulle moet opstaan, sodat die gemeente darem kan sien hoe hulle lyk, kon mens die marteling waardeur daardie man moes gaan, amper aanvoel. Dit was net 'n vinnige opstaan en kopknik, toe sit hy weer, terwyl daai ore aanhou gloei.
Voor ek verder vertel, moet ek net noem dat die musiekonderwyseres by die Laerskool ook 'n Barnard was. Haar naam was Elke en sy kon sing soos 'n nagtegaal. Toe die preek verby is, kondig dominee aan:
"Broers en susters, voordat die offergawe opgeneem word, sal Elke Barnard vir ons 'n sangsolo lewer." 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Braai hulle nou!
Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Moenie dat die mense vandag queue staan by jou braai nie! 🔥💪
Help ons taal en Projek Dik Wors voortleef deur stories te vertel by die braai.
Nooi almal uit en deel die gratis boek op WhatsApp 👇

Onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors





