In partnership with

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, en jou suurgat skoonma! 👇

Welkom by Dik Wors!

Restoureerders het onlangs hard gewerk by ‘n winkelsentrum in Milaan om die afgeslyte teël knaters van 'n mosaïekbul kunswerk te herstel.

Besoekers geniet glo goeie geluk as mens met die hak drie keer op hierdie bul ballas in die rondte spin.

Ek het dit al by Danskraal gesien…

My tjom Dawie is ‘n bul van ‘n man en toe sy voete gee pad op die dansvloer agv ‘n gemorsde branna special, toe kom girl met hakskoene verby met een van daai kurkskroef tiekiedraaie…

Dawie het nie good luck gehad nie… hy het ook herstelwerk nodig gehad.

Gelukkig vir hom het die meisie met die hakke hom hospitaal toe gery, en vadag is hulle getroud, so dalk is daar iets oor knaters trap en good luck te sê…

Net nooit gedink ek sal dit in een sin sê nie…

Maar, hier by Dik Wors lê die probleem nie by die uithaal en wys nie…

Tyd om te laat waai en te tiekiedraai!

Gooi ‘n lang, yskoue wa, steek ‘n groot vuur aan!

Gryp jou hakskoentjies en maak so, want dis naweek!👇

Was dit een van daai weke?👇

Dis Vrydag! Die lewe is ‘n liter. Wie nie waag nie, wen nie!🔥🍻

Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius

You’re optimizing for growth. You need ecom tactics that actually work. Not mushy strategies.

Go-to-Millions is the ecommerce growth newsletter from Ari Murray, packed with tactical insights, smart creative, and marketing that drives revenue.

Every issue is built for operators: clear, punchy, and grounded in what’s working, from product strategy to paid media to conversion lifts.

Subscribe free and get your next growth unlock delivered weekly.

Kekkel & Kort 🐔

Koos sê vir Piet dat dis ysig buite.

Hy het sommer vroeg dal al sy wol-onderbroek aangetrek voor die koue sy tol kom eis.

Piet sê dat hy stem saam, want toe hy sy klerekas oopmaak vanoggend, het sy trui klaar sy baadjie aangehad.

’n Ou tannie bel die polisie en kla dat haar buurman kaal rondloop. Na vele oproepe daag ’n sersant en ’n konstabel op om haar klagte te ondersoek. Sy gee haar verklaring en sluit af met:

“Sodra hy vyfuur tuiskom, gaan stort hy en daarna is dit heel nag op en af voor die vensters, sonder ’n draad klere!”

Juis toe slaan die koekoek vyfuur, en die sersant vra dat sy hulle na die venster neem.

Hulle staan skaars daar toe die buurman inkom, sy klere uittrek en in die badkamer verdwyn.

Die sersant sê: “Maar tannie, mens sien dan net sy bolyf bo die vensterbank. Dis nie regtig ’n rede om hom aan te kla nie.”

Waarop sy antwoord: “Klim bietjie op daai laaikas daar onder die venster…”

Die vrou van ‘n Kaapse visserman vertel die dokter haar kind wil glad nie vis wil eet nie.

Die dokter stel voor dat sy moet liewer 'n kat kry, want hulle hou nogal van vis…

Sy sê hulle het al, maar hulle pit bull hou baie van kat…

Die dokter sê dat sy net die hond moet buite los…

Sy sê hulle kan nie altyd nie, want as pa huistoe kom gaan die hond vir die vis…

Gertjie en sy pa ry deur die landerye en gesels oor die toekoms.

Gertjie sê hy het baie gedink, en dis tyd dat hy trou.

Sy pa sê hy moet eers sê: "Ek is jammer."

Gertjie vra vir wie, en waaroor.

Sy pa hou voet by stuk, en Gertjie sê toe maar: "Ek is jammer."

Sy pa glimlag en sê nou is hy reg vir die groot stap, want as 'n man kan sê hy's jammer sonder om te weet vir wat, is hy reg om te trou.

Klein Donovan vra sy ma hoe is hy gebore.

Mamma Lilly vertel van 'n saadjie wat pappa kort na hul troue geplant het.

Sy vertel hoe sy dit gereeld water en kossies gegee het, en hoe dit 'n boom met pragtige groen blare geword het.

Sy en pappa het toe blare gepluk en…

Pappa Don val haar in die rede en sê:

“Toe het ma so gerook geraak dat sy vergeet het om haar pil te vat!”

Marietjie bel haar man, Boela, in 'n groot paniek.

"Boela, skat, ek dink ons motor het water in sy carburator!"

Boela skud sy kop by die werk. "Marietjie, wie vertel jou nou so iets? Dis onmoontlik, dit kan glad nie gebeur nie."

"Moontlik of nie, ek sê vir jou daar is water in sy carburator, en ek kry die ding nie aan die gang nie, al probeer ek nou al twintig minute!"

Boela vryf oor sy voorkop. "Goed, goed, wag net daar. Waar is die kar presies?"

Moenie vir 5 “A.I”-Subskripsies betaal nie!

Pak een moerse rollie en kry kla!

Wat sê jy, Johnny. Moet pappa gaan parlement skoon maak?

Die kostes van al jou los A.I.-tools soos ChatGPT, videos maak, prente, data en stemwerk, dam baie vinnig op en die R / $ help niks.

Magica bondel die “large language models” (Chat GPT, Claude, Gemini, Grok), video, stem, musiek, vertaling en kode-assistente, alles onder een subskripsie met een dashboard!

Spaar GROOT!

Uber Troeper 🚘

Na ‘n gholf game kuier ‘n paar pelle in die kroeg en Frits wil weet wanneer hulle weer 'n tjoppie gaan braai.

Bertus sê hulle kan gerus binnekort weer so maak, want na laas Saterdag was hy darem al te trots op homself.

Na drie biere en sewe of agt dubbels het hy nog goed genoeg gevoel om self te bestuur, maar tog liewer hierdie keer 'n Uber gebel om hom huis toe te neem.

Bertus wys trots vir Frits hoeveel "likes" hy op Facebook gekry het daarvoor.

Frits wil toe weet:

“Tjomma, by watter adres het die Uber jou afgelaai, want die braai was dan by jou huis…”

The free newsletter making HR less lonely

The best HR advice comes from those in the trenches. That’s what this is: real-world HR insights delivered in a newsletter from Hebba Youssef, a Chief People Officer who’s been there. Practical, real strategies with a dash of humor. Because HR shouldn’t be thankless—and you shouldn’t be alone in it.

Roerende preek 🪦

Tydens 'n vurige preek vra Pastoor Thomas dat lede wat bereid is om ‘n vraag te antwoord hul hande moet opsteek.

Drie mans staan op. Hy vra eerste vir David wat hy graag wil hê sy geliefdes by sy begrafnis moet sê wanneer hulle vir oulaas in sy kis kyk.

David sê hy wil hê hulle moet sê hy was 'n goeie vader, voorsiener, en eggenoot.

Mike sê hy wil hê hulle moet sê hy was 'n goeie man wat vir sy medemens omgegee het.

Toe vra die Pastoor: “En jy, Vuzi. Wat moet die mense vir oulaas van jou sê as hulle by jou kis staan?”

“Pastoor, ek is bang vir ‘n kis. Wat van:

Kyk, hy roer..."

Plaas Stories 👙

Op die plattelandse dorpie waar ek grootgeword het, was die skole afhanklik van plaaskinders in die koshuis.

Een jaar was daar tien matrieks, sewe van hulle dogters, en op ‘n warm Sondagmiddag besluit die meisies om in oom Klasie se dam te gaan skinnie dip.

Daardie einste middag vra tant Hetta vir oom Klasie om vye en perskes te gaan pluk by die dam.

Op pad daar tussen die bome deur hoor hy geplas en gelag, en sien die hopie swemklere langs die voedpaadjie.

Hy gaan staan agter een van die groot bome se blare en hoes hard.

Dit raak doodstil, en ‘n bewerige stemmetjie vra wie daar is.

Oom Klasie sê dis die eienaar, en hy pluk net gou vrugte voor hy by die dam kom.

Die stemmetjie sê hulle kom eers uit die water as hy weg is.

Oom Klasie sê dis als reg so, maar hy moet eers gou vir Kasper kom voer.

Is Kasper die donkie daar by die draad, wil die stemmetjie weet.

“Kasper is my krokodil, en hy kry net Sondae kos…”

Daai Maandagoggend gee tant Hetta ‘n Checkers sak vol bikinis, plakkies, handdoeke en oorbelle by die koshuis se matrone af…

Moenie ‘n social media posting poephol wees nie. Wees cool en kry Metricool gratis.

Al die harde werk word vir jou gedoen.👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!

Geniet die naweek, kyk waar jy swem, en koes vir jou wickets as jy kuier en dans.

Gee gerus hierdie gratis Dik Wors boek vir ‘n pêl deur dit op WhatsApp te deel en nooi hulle uit om aan te sluit by ons lekker-lag gemeenskap. 👇

Tot volgende keer, onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading