In partnership with

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, en jou suurgat skoonma! 👇

Welkom by Dik Wors!

Afrikaners, Afrikaanses, Afri-Kaapses - Dis Vrydag!

Almal wees plesierig! 💪

Lekker rugby hierdie naweek met die Stormers wat Leinster aanpak in die URC semi-finaal om 6:30 pm! 🌩️

Suid-Afrika double-dip want die Bulle strom die Glasgow Warriors in hul semifinaal voor die Stormers om 3.30 pm. 🐂

Gepraat van die Skotte…

Ons hoop die Bulle gaan spot met hulle hierde Saterdag, maar by Dik Wors vat ons nie kanse nie. Ons begin nou al lag!

Die Glasgow skollies is baie lief vir baklei!

Ek weet… ek was al in een van hulle bar fights jare gelede.

Daai deel van die wereld is letterlik die engiste plek waar mense die woord glass as ‘n werkwoord gebruik!

Die naam Glasgow het niks daarmee uit te waai nie… dis net toevallig.

Kom ons laat waai! Gooi ‘n langer, steek ‘n groot vuur aan en 👇

Het jou week so gevoel?👇

Gelukkig is dit Vrydag! 🔥🍻

Dis nie net oorlog op die rugbyveld nie!👇

Defense Spending Is Surging. Here's Where It's Going.

Global defense budgets are expanding, but the allocation has changed. A growing share of spending is going toward AI-enabled systems, satellite networks, and advanced aerospace, not the platforms that dominated the last generation of procurement. We identified five companies at the center of this reallocation in a single research brief. Inside, you'll find the investment case for each, the contracts driving revenue, and the risks worth understanding before you commit capital. If you want exposure to defense sector growth beyond the traditional mega-caps, this report is a practical starting point. Free, concise, and built for investors who want to move ahead of the crowd.

Put-Put kort-kort ⛳👇

Jan staan in die skeihof en die Landdros vra:

"So, wanneer het jy toe agtergekom dat jou vrou jou verneuk?"

"Toe ek een aand in die bed vir haar 'n grap vertel en iemand onder die bed saamsaam lag."

Toe 'n verslaggewer by 'n blonde aktrise wil weet waarom sy haar twee honde Seiko en Rolex noem, antwoord sy:

"Hello... dis omdat hulle my 'watchdogs' is." 😎

Meraai: "Gammat, waar kry jy daai watch?"

Gammat: "Nei, ek het hom mos inne race gewen."

Meraai: "Hoeveel mense het in die race gehol?"

Gammat: "Kyk hier, daai was mos nou ekke, die owner en drie polisiemanne." 😂

Hasie kry vir Varkie waar hy vreeslik hartseer sit en huil.

Toe hy wil weet wat dan fout is, sê Varkie:

"Dis omdat ek moeg is daarvoor dat mense altyd lelik van my praat.

'Jy is so vuil soos 'n vark,' of 'jy is varkerig' as iemand nie maniere het nie, of 'jy eet soos 'n regte vark.'

Niemand verstaan hoe seer dit maak nie," en die trane stroom oor sy wangetjies.

Hasie buk by hom en gee hom 'n stywe drukkie.

Terwyl hy oor sy koppie vryf, kyk hy diep in Varkie se betraande ogies en sê:

"Sulke blerrie varke!" 🐰

In die ry by die supermark se betaalpunt, sê Ouma Fiona vir die dogtertjie by haar:

"Diploma, ons het melk vergeet. Sal Ouma se kind gou hardloop en vir ons 'n liter kry? Maak net seker dat dit 'full cream' is, hoor."

Toe Diploma wegdraf, sê die vrou agter haar:

"Dis 'n vreemde naam vir 'n dogtertjie. Wat het tannie-hulle laat besluit om haar Diploma te noem?"

Ouma Fiona: "Ek het sewe jaar gelede my dogter na die onderwyskollege gestuur, en dit is wat sy na haar eerste jaar huis toe gebring het."

Jock gaan sy priester, Vader Mahony, sien en sê met trane in sy oë:

"Vader, jy moet my help, asseblief. My vrou dreig om my gif in te gee. Dit is al so erg dat ek die laaste twee dae te bang was om by die huis te eet of te drink."

Vader Mahony haal 'n pond uit sy beursie en gee dit vir Jock: "Gaan geniet 'n bier en 'n Hamburger Special by O'Mally's en kom sien my weer oor 'n uur. Intussen sal ek oorgaan en by jou vrou hoor wat presies haar storie is."

So gesê, so gedaan, en 'n uur later sit Jock voor Vader Mahony: "Het Vader toe met haar gepraat? Wat dink Vader? Wat moet ek doen?"

"Ek het met haar gepraat. Dis ‘n baie… interessante dame met jy getoud is…

My raad is: Vat die gif, ou seun…

Terwyl 'n welbedeelde aktrise op die strand tussen die branders baljaar, tref 'n groot golf haar en sy verloor die bostuk van haar bikini.

Dus vertoef sy 'n lang ruk in die water, totdat die meeste mense al begin huistoe gaan.

Toe skraap sy al haar moed bymekaar en draf, terwyl sy met haar hande probeer bedek wat bedek moet wees, na haar handdoek op die strand.

'n Jong mannetjie lê nog op die sand en speel…

"As Tannie dalk een van daai klein hondjies wil weggee, sal ek graag die enetjie 👇

The Odds are Finally in Your Favor

Novig is giving you better odds and lower fees by trading directly with other users. Skip the sportsbook markup. Sign up now and get $50 in Novig Coins for your first deposit of $5 using America's Sports Exchange


🏥 Die Skotse Bloed

Sjeik Abdul moet dringend 'n hartoperasie kry, maar hy het 'n uiters skaars bloedgroep.

Nêrens kry sy dokters bloed vir sy oortappings nie. Op eie koste plaas die skatryk maar baie siek Abdul toe 'n pleidooi-advertensie wêreldwyd in elke groot koerant.

Iewers in Edinburgh, Skotland, lees Angus McDowell die advertensie, en omdat hy aan dieselfde bloedgroep behoort, bied hy aan om te help.

Nadat al die toetse gedoen en die papierwerk afgehandel is, lewer Angus die verlangde kwota bloed, wat dadelik met Abdul se privaatstraler na Switserland gevlieg word, waar hy die operasie suksesvol laat doen.

Uit dankbaarheid betaal Abdul een miljoen dollar in Angus se bankrekening en laat 'n splinternuwe Mercedes Maybach S-klas by sy huis aflewer.

Die twee behou kontak, en een keer per jaar stuur Abdul sy straler om Angus in Edinburgh te haal vir 'n lekker kuier in Abu Dhabi.

Tydens een so 'n kuier, kry Sjeik Abdul 'n terugslag en moet weer 'n operasie kry. Sy bloedskenker is mos daar. Tjoef-tjaf, en alles is afgehandel. Abdul is weer perd-fris.

In sy luukse hotelkamer ontvang Angus hierdie keer slegs 'n kaartjie om dankie te sê en 'n groot boks sjokolade. Toe Angus daardie middag vir Abdul in die medikliniek gaan besoek, kom dié "dankie sê" ter sprake.

Op Angus se vraag, verduidelik Abdul:

"Jy moet verstaan, my vriend. Na hierdie tweede oortapping vloei daar nou baie meer Skotse bloed in my are." 🏴󠁧󠁢󠁳󠁣󠁴󠁿😂

Dis hoekom Skotte nie “voice activated” hysbakke moet ry nie 👇

En dis hoe hulle toets vir dronkbestuur 👇

🪦 Lang planne en bokse

Tydens die begrafnis van die grootbaas van 'n maatskappy, kry personeel wat graag wil, die geleentheid om voor in die kerk by sy kis afskeid te neem.

Oral in die kerk is kollegas in donker pakke, 'n paar wat opregte trane probeer terughou, en party wat net daar is omdat dit verwag word.

In 'n strak swart rokkie wat duidelik nie vir 'n begrafnis ontwerp is nie, is die hopeloos te jonk weduwee. Meer as een man in die kerk het al per ongeluk sy program laat val sodat hy kon omdraai en kyk.

Pieter, een van die takbestuurders, het die afgelope halfuur in drie rye agter haar gesit en homself probeer herinner dat hy hier is om afskeid te neem van sy baas…

Slegs 'n paar van die personeel maak gebruik van die geleentheid om by die kis te gaan staan. Die baas was nie baie gewild nie.

Na 'n uitgerekte stilte, staan Pieter op. Hy loop stadig na voor, kniel langs die kis.

"Ja, ou Jack, uiteindelik breek die dag toe aan..."

Dit word tjoepstil in die kerk.

"...dat ek en jy saam is, maar dis snaaks hoe die lewe werk… 👇

Exclusive Briefing: SpaceX IPO 2026

Most retail investors will hear about this after it's too late. Discover the verified signals Wall Street is watching and the access paths most people don't know exist.

$1 600 / maand werd! 👇

Afgelewer met spoedpos! 📨

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!

Geniet die rugby en al die lekker dinge van Afrikaans wees hierdie naweek.

Gee gerus hierdie gratis Dik Wors boek vir ‘n pêl deur dit op WhatsApp te deel en nooi hulle uit om aan te sluit by ons lekker-lag gemeenskap. 👇

Tot volgende keer, onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading