
Welkom by Dik Wors!
Die hele land wag vandag op een uitspraak. Het ons die braairekord?
Soos in Woensdag se nuusbrief genoem 👇
Gister met Braaidag het naby 3k van ons mense op Loftus om die vure gestaan in 'n poging om Japan se Guinness Wêreldrekord vir die meeste mense wat gelyktydig braai, terug te raap na waar hy hoort.
Na verlede jaar se k@k het ons "braaipolisie" aan diens gehad om te keer dat enige van dié tang mafia van sy braai af wegdwaal.
Die Guinness beoordelaar het die land op 'n mespunt gelos en gesê die finale woord kom dalk eers vandag, selfs later…
Dan op Sondag om 11:30 vat die Bokke die Wallabies in Perth aan, met die Mandela Plate op die spel. Na die Greatest Rivalry se goeie werk is ons mense min gespin oor die Aussies.
Die Bokke sal hulle klop en ek het ‘n hele paar honderd “Rassies” op die game gesit.
Kom ons braai, al weer!
🔥 🍻👇



Help us make better ads
Did you recently see an ad for Ooni in a newsletter? We’re running a short brand lift survey to understand what’s actually breaking through (and what’s not).
It takes about 20 seconds, the questions are super easy, and your feedback directly helps us improve how we show up in the newsletters you read and love.
If you’ve got a few moments, we’d really appreciate your insight.
Cocktail worsies 🍻
"Pa, hoe oud moet 'n man wees om te doen wat hy wil?"
"Nee my seun, daar het nog nie 'n man só oud geword nie."
Jan aan sy vrou: "Engel, ek het 'n probleem."
Vrou: "Stop net daar. Ons is getroud. Deur dik en dun staan ons saam. Sê eerder ons het 'n probleem en dan los ons dit saam op. Wat is op jou hart, my skat?"
Jan: "Sjoe, nou is dit makliker. Op een of ander manier het ons jou suster swanger gemaak…"
Mike en Kallie kampeer langs die viswaters en die eerste aand om die kampvuur "vreet" die muskiete hulle byna op.
"Dit sal dalk help as ons die vuur doodmaak," sê Kallie en nadat hulle dit gedoen het, sien Mike 'n swerm vuurvliegies se liggies in die bosse langs hul tent en sê:
"Lyk my nóú is hierdie muskiete ernstig. Elkeen het wragtig vir hom 'n torch loop haal."
"Ek's met 'n wonderlike man getroud. Hy drink nie, hy rook nie en jy sal hom nooit hoor vloek nie.
Daarby hou hy niks van hengel nie en weet niks van motorkarre nie. Hy verpes sokker en rugby en kyk eerder sepies saam met my," sê 'n vrou aan 'n ou skoolvriendin, wat sy na jare weer raakloop.
Die vriendin antwoord:
"Ai, jammer om te hoor. Hoe lank is hy al bedlêend?"


Free email without sacrificing your privacy
Gmail tracks you. Proton doesn’t. Get private email that puts your data — and your privacy — first.
Venter Varkies 🐷
Die Venter broers, Sarel en Faan, het op 'n plaas buite ons dorpie geboer. Hulle was ongetroud en die rede daarvoor kon 'n mens verstaan. Hulle was verskriklik lelik van aansien. En ek meen lelik soos ‘n Venter trailer wat gerol het. Die vroumense is mos 'n baie kieskeurige spesie…
Sarel het so ‘n pienk vlek om sy linkeroog gehad… Lyk soos ‘n bobbejaan se hol. En ‘n gevreet so skerp soos ‘n kwart pond kaas. Boeta Faan, waar kom jy vandaan? Want net jou ma kan jou liefhê. Hare soos geroesde staalwol, maar gelukkig nie ‘n vlek om die oog nie. Ook maar goed, want Faan is so skeel, as hy huil loop die trane by sy rug af.
Altwee broers loop soos cowboys wat se gatte deur gery is. Nie omdat hulle van perd ken nie, maar omdat altwee ‘n paar hangballas met knock knees het. Eina…
Daarby was die twee broers ook lief om dorp toe te ry en in die hotel se kroeg te kuier. Wanneer hulle dan lekker gewyn daar uitkom, het hulle die snaakste goeters aangevang.
So steel die twee een aand 'n vark. Hulle trek vir hom 'n baadjie aan en sit 'n pet op sy kop. Toe laai hulle hom in die bakkie en laat hom tussen hulle regop sit.
Op pad terug plaas toe is daar 'n padblokkade en hulle word gestop. Die sersant skyn met sy flits op hulle en toe hy hulle herken, sê hy:
"Naand Faan, naand Sarel. Wie is julle passasier?"
Sarel pomp die vark met die elmboog in sy ribbes en hy maak "Ogh", waarop die sersant sê:
“Ons ou pêl van Duitsland,” las Faan.
"Welkom en bly te kenne, meneer. Julle kan maar ry."
Toe hulle wegry, loop hy na waar die ander polisiemanne staan en sê laggend:
"Manne, ek het al ‘n klompie lelike bliksems in my lewe gesien, maar drie soos dié in een bakkie… Nog nooit.
Daai Ogh Duitser kêrel kan nog verby kom… "👇

Rome se drome ⛳
Naby een van die woonhuise op 'n gholflandgoed misreken Jacques hom met 'n skuinste en gooi sy gholfkarretjie om. 'n Aantreklike vrou in 'n kort denimbroekie, wat voor die huis in die tuin doenig is, hardloop nader en help hom, waar hy 'n ent van die karretjie af lê.
Jacques stel haar gerus en sê dat hy net "winduit" is van die val, maar sy neem hom ferm aan die arm en sê:
"Hier is my huis. Kom in en spoel die gras en modder af, terwyl ek vir jou 'n knertsie gooi vir die skok."
Jacques: "Ek dink nie my vrou sal daarvan hou as ek alleen saam met 'n vreemde vrou by haar huis ingaan nie."
"Aag, sy weet mos nie daarvan nie. 'What happens in Rome, stays in Rome'," sê sy met 'n knipoog en lei hom na die voordeur.
Binne laat sy hom op die rusbank sit en gooi 'n dubbeltjie met ys vir elkeen. Daarna bring sy 'n skottel koel water en handdoeke, voor sy begin om die modder van sy arms en gesig te spons.
Toe sy glas leeg is, neem sy dit sonder 'n woord en maak dit vol.
Dan kom sit sy op sy skoot en fluister in sy oor:
"Kom ek gaan wys jou waar is Rome..." en Jacques weet instinktief dat daar nie 'n uitkomkans gaan wees nie. Hy wend nogtans 'n poging aan:
"My vrou gaan nie hiervan h..." maar dan soen sy hom stil.
Toe hy weer tot sy sinne kom, oorval 'n skuldgevoel hom. Hy vlieg op en soek na sy klere wat oral rondlê, terwyl hy sê:
"Ek's jammer, maar nou moet ek by my vrou uitkom," en die dame stel voor:
"Waarom bel jy nie jou vrou nie? Waar is sy?" 👇


Privacy-first email. Built for real protection.
End-to-end encrypted, ad-free, and open-source. Proton Mail protects your inbox with zero data tracking.
ONS MOOI TAAL ✒️

Haas vir jou tjek, haasbek… 🦷
In die dae toe bankdienste nog stadig was, het boere dikwels na stede gery om die tjek vir hul oes te gaan kry. Dit was baie vinniger as die posdiens.
Barend het in die Karoo met Merinos geboer. Toe hy een jaar die agent in Port Elizabeth vir die derde keer bel, kry hy goeie nuus. Sy woltjek is gereed en die bedrag vir die wol, wat van uitstaande gehalte was, is twee keer meer as wat hy verwag het.
Sy vrou, Bets, het die kinders na die skoolvakansie terug na die buurdorp geneem, waar hulle in die week by oupa en ouma bly om skool te kan bywoon. Bets kom eers die volgende dag terug. Dus bel Barend haar daar om te sê dat hy dadelik ry om die tjek te kry en die volgende middag terug op die plaas sal wees.
Nou moet ek noem dat die slinger van die Blackstone diesel enjin op die boorgat se pomp jare terug drie van Barend se voortande morsaf geslaan het. Hy was baie selfbewus oor hierdie passion gap en stop eers by sy tandarts op Beaufort-Wes om die plaatjie met kunstande, wat al lankal gereed is, op te tel.
Nadat Barend sy tjek in PE gekry het, koop hy vir Bets en die kinders elk 'n geskenkie en ook 'n paar goedjies vir die plaas. Toe vat hy die pad terug huis toe.
Laatmiddag hou hy by die waenhuis stil sodat die werkers die items vir die plaas kan aflaai en stap sommer die entjie oor huis toe.
Bets is besig in die kombuis. Hy loop saggies tot agter haar en sit sy arms om haar lyf, terwyl hy met sy nuwe tande aan haar nek en ore knibbel… 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Braai hulle nou!
Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇


Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Maak ‘n knak en ‘n duik.
Vra die buurman Wat kyk jy? eerder as om gou te maak…
Geniet die rugby, en al die lekker Afrikaanse dinge saam met mense wat saak maak.
Bel ‘n pel, hier of daar en deel die Dik Wors boek op WhatsApp 👇

Sê vir jou pelle dat 👇
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors






