
As jy hierdie op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit gratis by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan en 👇
Welkom by Dik Wors!
Die land lyk hierdie week soos ’n WhatsApp groep sonder admin.
Die een helfte baklei oor koalisies en kabinetsposte…
…en die ander helfte dryf al met rubberduckies deur die Garden Route.
Die reën het só hard geval rondom Mosselbaai tot Plett dat party ouens begin wonder het of Noag dalk weer besig is met ’n side hustle.
Paaie is toe, skole is gesluit, en damvlakke loop oor.
Tot Oudtshoorn versuip!
Laat mens wonder of jy moet begin sagter bid… of die Vader nie dalk net sy belt losgemaak het vir stout kinders wat aanhou karring nie… 🤔
By Victoriabaai was daar soveel seeskuim dat dit gelyk het of Omo ’n surf kompetisie geborg het.
Intussen probeer Eskom steeds bewys dat kragonderbrekings eintlik deel van die “ambience” is, en die regering hou meer perskonferensies as wat daar oop potholes in Gauteng is.
Maar nou ja… dis hoekom ons hier is.
Om vir ’n paar minute te vergeet van politiek, petrolpryse, storms, potholes en politiese poepholle…
…en net lekker te lag vir tannies, bobbejane, bulle en studente met emmers sonder bodems.
Sit terug en ontspan lekker hierdie Vrydag.
Maak ‘n groot vuur, gooi ‘n lange, en braai ‘n dikke! 💪👇

Your docs are being read by AI. Is yours ready?
Over 50% of traffic across Mintlify's customer base is now AI agents, not humans. If your docs aren't structured for agents, your product is invisible to AI. Mintlify just raised a $45M Series B to build the knowledge layer for the agent era.

Laat loop met die kortes! 👇
💍 Wraak is ‘n koue dis…
’n Vrou sê vir haar middeljarige vriendin:
“Ek hoor Bill het jou gelos vir ’n 20 jarige bokkie. Jy is seker heeltemal teen die grond?”
Die vriendin antwoord:
“Geensins. Ek het met sy bokkie se skatryk pappa getrou en nou is ek nie net Mister Billy Boy se eks nie, ek is ook sy skoonma.”
🐒 Waar kom babas vandaan?
’n Seuntjie vra vir sy pa, wat televisie kyk:
“Pappa, waar kom babas vandaan?”
Die pa verduidelik:
“Hulle was eers bobbejaantjies, maar hulle stertjies is toe in die hospitaal afgesny voordat die pappas en mammas hulle daar gaan haal het.”
Die seuntjie stap kombuis toe en vra sy ma dieselfde vraag.
Sy verduidelik hom mooi van eiertjies bevrug en bla, bla, bla...
Toe sy klaar is, sê hy:
“Pappa sê dan dat ons eers bobbejaantjies was...”
“Jou pa praat van sy familie, my kind.”
🥩 Rooivleis?
’n Werker met ’n baie irriterende persoonlikheid sê vir ’n kollega:
“Jy moenie rooivleis eet nie.”
Die kollega antwoord:
“My oupa het oor die 100 jaar oud geword.”
Die werker sê:
“Dan het hy beslis nie rooivleis geëet nie.”
Die kollega antwoord:
“Hy het elke dag gebraai… en hy het ook sy neus uit ander mense se sake gehou.”

As jou gesig lyk soos ‘n Transvaalse teerpad…👇
An aging breakthrough from Harvard & MIT scientists.
NAD+ is this year's most popular longevity ingredient. But there's a problem: most NAD+ treatments never reach your skin cells. Ours does. Aramore's proprietary topical system penetrates deeper and is specifically formulated for skin, clinically proven to reverse 12 signs of aging.
Use NEWSLETTER20 for 20% off your first order.

🐂 Herklaas, die Grootkampioen Bul
’n Oom en tannie besoek die jaarlikse landbouskou en op ’n stadium beland hulle by die beestalle.
Die beoordeling van die bulle is pas afgehandel en die kampioene moet vir ’n ereronde om die arena gelei word.
Die egpaar bewonder die pragtige diere, daar waar hul trotse eienaars by die ingang wag totdat hul name uitgeroep word.
Die voorste bul het ’n wit roset aan sy halter en toe die tannie sy eienaar daaroor vra, sê hy:
“Dit beteken dat hierdie bul minstens vyf koeie per dag kan dek.”
“Sien jy nou?” sê sy vir die oom, terwyl sy hom met die elmboog in die ribbes pomp.
“Hierdie bul kan soveel as tien koeie per dag diens,” is die antwoord van die bul met die rooi roset se eienaar nadat die tannie hom daaroor vra.
Weer pomp sy die oom met ’n “Sien jy nou?” in die ribbes.
“Waarvoor is die blou roset?” wil sy by die laaste bul in die ry se eienaar weet.
Frikkie antwoord trots:
“Hierdie is Herklaas. Hy is die grootkampioen, aangesien hy soveel as vyftien koeie per dag kan dek.”
Voordat die tannie verder kan praat, sê die oom:
“Ek neem aan dis verskillende koeie.”
Toe die eienaar bevestig:
“Natuurlik, oom. Herklaas draf vyftien van hulle vinnig deur!”
Die oom begin met ’n kekkellaggie in die rigting van die perdestalle stap terwyl hy sê:
“Sien jy nou...”
Herklaas het sook sy eie song! 🐂 👇

🪣 Die Student en die Emmer
’n Student skryf een oggend ’n toets. Dit gaan heel goed en hy besluit na die tyd om dit te vier en ’n bier te drink, wat toe uiteindelik ’n hele paar biere word.
Dis somer en dis warm. Op ’n stadium trek die student en die dag se hitte kop aan kop, maar mettertyd kry die student sy neus voor.
Toe hy teen die namiddag koshuis toe stap, neem sy kortpad hom verby ’n eendedammetjie in ’n parkie.
Hy besluit om af te koel en ietwat te herstel van die alkohol se verlammende gevolge.
’n Paar tree vanaf die dammetjie is ’n bankie. Hy trek al sy klere uit en plaas dit in ’n bondeltjie daarop. Vir die volgende halfuur plas hy al te lekker saam met die eende.
Toe hy afgekoel het, voel hy ook beter en wil sy klere kry. Daar wag egter ’n verrassing vir hom. Op die bankie sit ’n vrou en lees.
Hy besluit om maar daar in vlak water te sit en wag, dalk loop sy gou.
Tien minute later sit en lees sy nog steeds en hy besef dat hy ’n plan moet maak. As hy tog net iets kan kry om voor hom te hou... Hy voel voel met min hoop in die vlak water.
Wraggies, daar lê ’n ou geroeste emmer. Verheug haal hy dit uit die water en hou dit voor hom terwyl hy na die vrou op die bankie loop.
Soos studente maar is, veral as hulle nog effens onder die prop is, gaan staan hy voor die vrou en in plaas van sy klere kry, sê hy:
“Verskoon tog, wat lees jy?”
Die vrou kyk geamuseerd op en antwoord:
“Ek lees ’n boek wat jou leer om ander mense se gedagtes te lees.”
As ’n opkomende lid van ons land se breinkrag, sien die student dadelik die geleentheid om te redeneer en sê:
“Dis onmoontlik om so iets uit ’n boek te leer. As jy kan sê wat ek nou dink, mag jy my dalk oortuig.”
Waarop die vrou antwoord:
“Jy dink dat daardie geroeste emmer ’n bodem het…” 🤣

⭐ Die sterre voorspel…
’n Baie hooghartige dame neem haar dogter na die dokter omdat sy gereeld soggens naar word.
Na ’n deeglike ondersoek sê die dokter vir die ma:
“Mevrou, jou dogter is swanger.”
Sy antwoord:
“Is jy doodseker, dokter?”
“Doodseker, mevrou.”
“Dis onmoontlik. Sy is dan nog ’n virgin!”
Die dokter loop tot by ’n groot venster, trek die blindings weg en staar na buite.
Daar heers ’n uitgerekte stilte.
Die vrou voel dat sy iets moet sê en vra:
“Waarna kyk dokter?”
“Ek sal graag die ster wil sien. Laas keer toe ’n virgin swanger word, het daar ’n groot ster in die Ooste verskyn....”
Benchmark against 2,000+ private B2B SaaS and AI companies
Is your growth in-line with your peers in B2B SaaS & AI?
Benchmark yourself against actual billings data for Maxio’s 2000+ global customers.
Key takeaways from the report:
Average growth across 2,000 companies
Growth by revenue band
AI-led vs AI-enhanced. Who performed better?

😇 “My Engel…”
Daai aand, net ná sy gebedjie, vra klein Jannie vir sy ma:
“Mamma… vlieg al die engele hemel toe?”
“Ja natuurlik, my kind,” antwoord sy. “Hoekom vra jy?”
Jannie dink so bietjie en sê:
“Nou hoekom vlieg my baby sitter dan nie?”
Die ma frons.
“Ai man, my kind… Jenny is op college. Sy’s nie ’n engel nie.”
Jannie hou voet by stuk:
“Maar Pappa noem haar dan áltyd ‘my engel’!”
Die ma kyk hom stip aan en sê:
“Moenie warrie nie, my kind…
Môre gaan jy sien hoe vlieg ‘n engel…” 👼🚀

Nooit nie, Tannie. Was nie ek nie…

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!
Kus langs, pasop vir die reën dié week…
Moenie jou salaris in ’n halwe brood bêre nie.
Onthou om Dik Wors met jou pelle te deel.
Ondersteun asb. ons borge en hierdie publikasie om op die advertensies te kliek.
Dan kan ons vir altyd aanhou saam lag.
Tot volgende week, en onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors




