
Welkom by Dik Wors!
Gayton McKenzie het hierdie week vir ons gewys wat hulle bedoel met sport eerste.
Die Ouditeur-generaal was in die Parlement besig om te vertel van bedrog en R839 miljoen se onreëlmatige uitgawes in sy departement, en die Minister moes verantwoording doen.
Maar Gayton was nie daar nie. Hy was by die aankondiging van die 2027 Krieket Wêreldbeker se wedstrydprogram.
Sport eerste!
Siya is terug by Stormers vanaand, en die Bokke is op verlof tot 7 November wanneer die Europese toer begin.
Dis Vrydag! Maak ‘n lekker vuur, baklei oor die remote, gooi ‘n ysblokkie in iemand se broek en braai ‘n dik wors. 🔥👇


Here’s Why Experts Say to Ditch Your Old Cutting Boards

Before you prep another meal, here’s what you need to know:
Plastic boards shed microplastic particles into your food with every cut.
Wooden boards trap moisture and food residue, the perfect breeding ground for hidden bacteria and toxic mold that transfers to your food.
Kort lont 💣
Kopdokter: "Gaan huis toe en skryf 'n brief aan almal vir wie jy kwaad is.
Daarna verbrand jy hulle. Kom vertel dan volgende week vir my hoe jy nou voel."
Pasiënt 'n week later, toe die sielkundige wil weet of hy nou anders voel:
"Ek moet sê ek voel baie beter. Ek het die lyke se as sommer in die agterplaas gestrooi. Maar wat maak ek met al daai briewe?"
Vrou aan haar man:
"Geniet jy hierdie elke naweek se gevisvangery van jou?"
Man: "Ai mamma, ek wens ek kon aan jou verduidelik hoe lekker dit is."
Vrou: "Ek sal jou glo. Daar het nou net 'n vis gebel. Sy is swanger."
In die kroeg vertel die javel aan sy maat:
"Ek het twee halfbroers" en toe sy maat vra:
"Verskillende pa’s?" antwoord hy:
"Nee, haai-aanval."
"Net hier," sê 'n gids in 'n wildtuin, "is 'n jongman tydens sy wittebrood deur 'n krokodil gevang, nadat hy hier wou swem."
Vroulike toeris: "Foeitog, ek hoop nie hy het baie gely nie."
Gids: "Ek glo nie, hy was blykbaar nog net 3 dae getroud."


Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius
Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.
Slat hom lights out… 👩🔧
"Bokka, ek het baie goeie nuus. Ek's meer as twee maande laat en het die dokter gebel. Ek gaan oormôre vir toetse, maar hy sê die kans is baie goed dat ons eerste baba op pad is. Intussen moet ek my rustig gedra... o, ek is so opgewonde... maar terwyl ons nie doodseker is nie, moet jy vir niemand sê nie, hoor," babbel Jakes se jong vroutjie, Lynn, opgewonde toe hy een aand na werk tuiskom.
Oorstelp druk Jakes haar teen hom vas en sê:
"Van nou af maak jy soos die dokter sê. Kom sit rustig hier voor die TV en vanaand doen jy niks. Ek bestel sommer pizzas vir aandete."
Die ding wat jy moet weet van Jakes is dat hy glad nie die skerpste potlood in die pakkie is nie. Die volgende oggend nadat Jakes al werk toe is, lui die voordeurklokkie en toe Lynn die deur oopmaak, staan daar 'n man wat homself voorstel as David van die plaaslike munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling.
Dan gaan hy voort: "Mevrou, u is meer as twee maande laat," en toe 'n geskokte Lynn vra hoe hy dit weet, sê hy: "Dis alles in u lêer."
"Ek sal eers vanaand met my man moet praat," sê Lynn bewerig en moet eers gaan sit nadat die man weg is.
Daardie aand vertel sy vir Jakes van die besoek en hy is woedend. Toe die munisipaliteit se deure dan ook die volgende oggend oopmaak, is hy daar en vra om David te sien. Iemand neem hom tot by David se lessenaar en 'n bemoerde Jakes trek dadelik los:
"David, hoe is dit in julle lêer dat my vrou meer as twee maande laat is? Waar de donner kry jy jou inligting?"
David: "Bedaar meneer. U moet net die rekening betaal."
Jakes: "Betaal se gat!"
David: "Wel meneer, dan is afsny die enigste opsie."
"Wat bedoel jy? Wat van my vrou?" 👇

Soene of skoene 👞
Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog was daar groot nood in meeste lande. Baie geallieerde soldate het in Europa agtergebly om te help herbou, terwyl ander lande gehelp het waar hulle kon. Die VSA het darem nog fabrieke gehad wat dringende dinge kon vervaardig en wanneer daar 'n skip met so 'n vrag iewers heen vertrek en daar was spasie, is alles wat kon help, voor die voet daarop gelaai.
So gebeur dit toe dat 'n skip vol graan spasie op sy dek het vir 'n klomp skoene wat sommer los, en nie in pare nie, in kratte gegooi word. Toe daardie skip in Amsterdam kom, word die skoene eenkant afgelaai. Nou moet mens in gedagte hou dat baie min mense nog skoene gehad het en as hy sou hê, was dit flenters.
Die woord word versprei en die volgende oggend staan die Kasies tou om skoene te bekom.
Die skoene lê oral in groot hope op die kaai en uit elke hoop se ry mense, kry hulle vier op 'n slag slegs een minuut om twee skoene te soek wat pas. Meeste mense soek dus net 'n skoen vir elke voet, kleur en vorm maak nie saak nie. Teen die middag is daar slegs klein hopies oor.
'n Bejaarde man kry sy beurt en toe hy 'n skoen uit die bondel haal, is sy veters vas aan sy maat s'n. Wat 'n geluk! 'n Splinternuwe paar blink skoene... en dit na jare met skoene van karton en lap.
Daardie aand by die huis, oftewel dit wat van hul huis oorgebly het, kan die omie net nie tot rus kom nie. Die tante lê al op die matras waarop hulle slaap en raak moerig omdat hul enigste kersstompie onnodig uitbrand. Later staan die omie kaal, maar het nog nie die skoene uitgetrek nie en sê kort kort:
"Ag vrou, kyk dan tog net na my skoene."
Toe dit nie help nie, probeer hy weer:
"Ag vrou, kyk tog net, selfs jou vriendjie kyk daarna…" 👇



Tired of news that feels like noise?
Every day, 4.5 million readers turn to 1440 for their factual news fix. We sift through 100+ sources to bring you a complete summary of politics, global events, business, and culture — all in a brief 5-minute email. No spin. No slant. Just clarity.
ONS MOOI TAAL ✒️

Why Is It So Hard to Let Go of Stress, Overthinking, and the Things That Hurt Us?
Learn simple mental detox techniques that help you release emotional baggage, quiet your mind, and finally create the inner peace you’ve been searching for.

Die ding van “one liners”
1. Moenie iemand wat ’n mooi snor het, daaroor komplimenteer nie, want sy mag daarna nie meer met jou wil vriende wees nie.
2. Om ’n vrou na haar ouderdom te vra, is soos om ’n tydbom se drade in die donker te knip.
3. Moenie ’n vrou kwaad maak nie, want dan onthou sy goeters wat nooit gebeur het nie.
4. Moet nooit met jou vrou ooreenkom dat julle nie kwaad vir mekaar sal gaan slaap nie. Voorkant toe mag jy vele slapelose nagte hê.
5. ’n Trouring is die duurste boeie wat daar is, kies dus jou selmaat versigtig.
6. Moenie geld leen aan iemand wat dit benodig vir plastiese chirurgie nie.
7. As jy geld by ’n bank leen, is dit jou skuld.
8. Wyn word beter met tyd, maar die mens word nie beter met wyn nie.
9. Om ’n vrou se hart te wen, moet ’n man oop kaarte speel: goue kaarte, platinum kaarte, ensovoorts.
10. Navorsing toon dat Robbeneiland die eiland is wat die meeste miljoeners opgelewer het.
11. Suid-Afrika is die enigste land waar diewe as “Honourable member” aangespreek word.
12. Los brannas en coke, dit maak dat jy jou vrou mis slaan.
13. Wanneer ’n hanswors in ’n kasteel intrek, word hy nie ’n koning nie. Die kasteel word ’n sirkus.
14. Getroude mans lewe langer as wewenaars.
15. Rolbal is die sport met die hoogste sterftesyfer ter wêreld.

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Braai hulle nou!
Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Elke pot het sy deksel…
Elke poephol het sy portret...
Geniet jou naweek en al die lekker Afrikaanse dinge saam met mense wat saak maak.
Bel ‘n pel, hier of daar en deel die Dik Wors boek op WhatsApp 👇

Sê vir jou pelle dat 👇
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors


