In partnership with

Welkom by Dik Wors!

Kaapstad het nou besluit om nagenoeg 60 bobbejane in Simonstad permanent in hokke te sit. Blykbaar is dit makliker om die bobbejane toe te sluit as om die mense te leer om hulle vullisblikke toe te hou.

Dis goeie nuus vir die bobbejane. Hulle kry nou ’n veilige staatsbehuising, kos en geen verkeer nie. Dis basies ’n bobbejaan aftreeoord. Net sonder die bingo.

En net soos die ANC.

Volgende kry ons seker ‘n pikkewyn cruise ship…

Laat ons liewer lag en lekker braai.

Dis Vrydag! Haal uit daai koues en daai dikkes!

🔥 🍻👇

Want to get the most out of ChatGPT?

ChatGPT is a superpower if you know how to use it correctly.

Discover how HubSpot's guide to AI can elevate both your productivity and creativity to get more things done.

Learn to automate tasks, enhance decision-making, and foster innovation with the power of AI.

Its Friday Reaction GIF

Kort-kort lag ons! 🍻

Terwyl die muisgesin aansit vir ete, storm daar 'n kat in. Die pa muis skrik sy gat af en blaf soos 'n hond. Dit laat die kat weghol en pa muis sê vir sy kinders:

"Kan julle nou sien hoe belangrik dit is om 'n tweede taal te ken?"

Ou oom aan jong nooi: "Trou met my."

Sy antwoord: "Gmf, hoe oud is jy?"

Oom: "Tagtig miljoen Britse pond."

Meisie: "Maar dis mos nog baie jonk!"

"Wat vra jy vir dié vissies?" wil 'n vrou by Gammat weet, waar hy op die kaai sit en hengel.

Gammat: "Ek vra hulle fokol, maar die mevrou kan hulle maar iets vra as die mevrou wil."

"Wat gebeur as ek môre a.g.v. seksuele uitputting nie die toets kan skryf nie?" wil 'n bekkige tienerseun weet en sy onderwyseres sê:

"Wel, ou seun, dan skryf jy maar net met jou ander hand."

Voor sy seun se troue stuur die pa 'n sms aan hom:

"My seun, vandag is die dag wat jy verewig sal koester en onthou."

Die seun sms terug: "Dankie pa, maar die troue is eers môre."

Die pa antwoord: "Ek weet."

So ry ek eendag met my fiets om 'n bottel brannas te koop. Toe ek buite Tops daarmee op die fiets klim, dink ek daaraan dat daai bottel mos sal breek as ek met die fiets sou val. Net daar gaan sit ek op die sypaadjie en drink die bottel leeg.

Wat 'n goeie besluit, op pad huis toe het ek vyf keer geval.

Bike Fail GIF by Pit Viper
Mail GIF by Minijob-Zentrale

Free email without sacrificing your privacy

Gmail tracks you. Proton doesn’t. Get private email that puts your data — and your privacy — first.

Trek briek voor jy begin notas skryf 🧺

Toe Jaco die pos as sportafrigter by 'n bekende skool in die stad kry, moet hy soontoe verhuis. Hy is nog jonk en is self ook 'n aktiewe sportman. Dus is hy gelukkig om 'n woonstel op die eerste vloer van 'n klein inkopiesentrum te bekom.

Op die grondvloer onder hom is 'n kafee wat ook kruideniersware verkoop, 'n gimnasium en 'n wassery.

Die Wasbalie kom hierdie alleenloper baie handig te pas. Maandae oggende op pad werk toe, handig hy sy wasgoed in en in die namiddag tel hy dit op. So ook op ‘n Donderdag.

Mettertyd kom Jaco egter agter dat sommige kledingstukke nie eenhonderd persent skoon is nie. Toe hy weer sy vuil klere inhandig, plaas hy 'n nota in die wasgoedsak:

"Vlekke op sommige kledingstukke. Gebruik meer waspoeier."

Daardie middag tel hy oudergewoonte sy wasgoed op. Hierdie keer besluit hy om eers inspeksie te doen, sodat hy die bestuur kan aanvat as sy klere nie skoon is nie.

Daar is vir hom ook ‘n nota… 👇

Was dit ‘n gelukkie, of was jy jou gelukkie…

Toe Alet een middag na werk tuiskom met 'n splinternuwe motor, en vir haar man, Janlu, vertel dat sy dit gekoop het, sê hy:

"Is jy van jou kop af? Jy weet ons kan nie nou 'n ekstra paaiement bekostig nie..." maar sy antwoord:

"Ek het dit kontant gekoop met my helfte van geld wat ek en my baas met die lotto gewen het."

'n Week later kom Alet tuis met 'n duur pelsjas en op Janlu se vraag, sê sy:

"Ek en my baas het weer geld op die lotto gewen, nie so baie soos die eerste keer nie, maar my helfte was genoeg om die jas te koop."

'n Paar dae later kom Alet tuis met 'n duur halssnoer en vertel weer vir Janlu dat sy en haar baas geld met die lotto gewen het.

Nie lank daarna nie, vra sy of Janlu die komende Vrydag sal kinders oppas, want sy en 'n paar vriendinne gaan uit vir 'n "girls night."

Toe Alet dan ook daardie Vrydag na werk tuiskom met 'n kis bier vir hom en pizzas vir die kinders, roep sy uit die kombuis:

"Skat, sal jy solank vir my badwater intap?"

Janlu drink eers sy bier klaar, voor hy dit doen en is nog in die badkamer toe Alet inkom. Sy sien daar is net 'n bietjie water in die bad en vra:

"Nou waarom het jy so min water ingetap?" 👇

Die offisiële Suid-Afrikaanse lotto gesig na elke trekking 👇

Mr Bean Competition GIF by Working Title

Mosselbaai + Hartenbos + George 👇

Sluit gratis aan by 🚀

Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius

Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.

Digital Eden

Digital Eden

Your free guide to AI, automation & online income. 🚀 Plus a FREE lifetime HighLevel account ($1,600/month in tools) waiting in your welcome letter. 🎁🤖

ONS MOOI TAAL ✒️

Dis ‘n plus punt… 📐

Klein Tommy begin met graad een en sukkel vreeslik met die somme. Beide sy ouers het redelik druk op gesit om te verbeter, maar niks het gehelp nie. Die plaaslike Katolieke skool adverteer op die supermark se notabord dat hulle aanvaar enige kinders vir ekstra klasse, onder andere, wiskunde vir kleintjies. Tommy se ma vat toe ‘n kans. Dit kan mos net help…

Daardie eerste dag, toe Tommy by die huis kom, sit hy nie eers, soos gewoonlik, die televisie aan nie. Hy eet vinnig en gaan dadelik kamer toe. Toe sy ma later die dag vir hom 'n koeldrank en koekies neem, kan sy byna nie glo wat sy sien nie.

Tommy se lessenaar is toe onder wiskunde handboeke en oral op die mure is papiere vol somme opgeplak. Sy gee hom 'n drukkie en loop saggies uit en gaan berei sy gunsteling hamburgers in tjips voor vir aandete.

Met aandete is dit dieselfde storie. Tommy eet vinnig klaar, voor hy verskoning maak en kamer toe gaan om te studeer.

Die volgende weke word dit 'n roetine. Tommy gaan skool toe en as hy smiddae tuiskom, is dit vinnig eet en studeer. Aan die einde van die kwartaal kom Tommy by die huis en haal sy rapport uit sy tas. Hy gee dit vir sy ma en sy maak dit met bewende hande oop.

Sy kan nie glo wat sy sien nie. Haar klein Tommy het 'n A+ vir wiskunde. Met trane in haar oë druk sy hom vas teen haar en wens hom geluk. Sy kan sien hoe trots hy is en gebruik die kans om te vra:

"Sê vir mamma, wat is dit wat jou laat besluit het om so hard aan jou wiskunde te werk... is dit die nonne... is dit hul metode van lesse gee... is hulle vriendeliker... of wat?"

Tommy: "Nee, mamma. Oral in die skool se gange en klasse is daar sulke hartseer manne wat hulle op groot plus-tekens vasgespyker het. Toe weet ek hulle is baie ernstig!" 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Braai hulle nou!

Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.

Maak soos Skipskop en hou daai kleintjie dop.

Gooi dan ‘n lekker naweek dop.

Dop jou onderbroek om, dan loop hy nog ‘n dag.

Bel ‘n pel, hier of daar en deel die Dik Wors boek op WhatsApp 👇

Dik Wors Gratis Boek
Dik Wors Gratis Boek
111 Lekker Afrikaanse Grappe en Stuitige Vertellings reguit na jou inbox. Gryp 'n Dik Wors, want lekker lag kos niks!
$0.00 usd

Sê vir jou pelle dat 👇

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors