
📢 Ons lucky draw is nog steeds oop om deel te neem! 👇
Welkom by Dik Wors!
Môre skryf die Bokke geskiedenis in Baltimore. Die vierde en laaste toets van Rugby se Grootste Wedywering word by M&T Bank Stadion gespeel, tuiste van die Baltimore Ravens American Football span.
Die manne het Maandagoggend om 2 uur in die VSA geland, en volgens berigte het dit meer soos OR Tambo as Baltimore geklink. 'n Klomp Suid-Afrikaners in groen en goud het hulle ingewag met vlae en…
Shosholoza en vuvuzelas. So, dis toe nie net Afrikaners wat pad gee onder die ANC nie…
Nie een All Black ondersteuner was in sig nie… 😜
Die Bokke lei die reeks met 2 teen 1 en hoef môre net nie te verloor nie. Wen hulle, kry hulle albei helftes van daardie magneettrofee.
Dis Vrydag! Kom ons maak daai groot vuur, braai ‘n lekker dik wors, en hoop ter harte, soos hierdie liedjie sê, dat ons vriende in die verte het ‘n bietjie -


We’re running a super short survey to see if our newsletter ads are being noticed. It takes about 20 seconds and there's just a few easy questions.
Your feedback helps us make smarter, better ads.
Kap ‘n paar kortes! 🍻
Blykbaar besoek Aliens die aarde slegs omdat hulle dan partytjies kan hou met 'n atmosfeer.
"My hond kan tog lees en skryf," sê die seuntjie en sy maatjie antwoord:
"Ek weet, my hond het my vertel."
Blondine wat sien hoe die tuindienste 'n "roll on lawn" by haar bure aflewer:
"Hi, ek moet onthou om my grasperk ook weg te stuur as hy weer gesny moet word."
Ma se raad aan dogter wat op troue staan:
Maak vir 'n man vis gaar en jy voer hom vir een dag. Leer hom visvang en jy's naweke ontslae van hom.
"Kan ek asseblief tannie se skêr leen?" vra klein Dawie en die buurvrou sê:
"Sekerlik, maar het jou mamma dan nie een nie?"
"Sy het tannie, maar ek mag nie daarmee draad knip nie."
"Wagter het ons Lego blokkies geëet," sê Janneman en toe sy pa vra hoe hy weet dis Wagter wat dit gedoen het, sê hy:
"Hy het oral op die grasperk sulke kort boodskappies gelos."
Muis kap 'n "lift" saam met olifant en sit ewe windgat daar hoog op die ou se kop, tussen sy ore. Toe hulle oor 'n houtbrug loop, sê hy:
"Ai, kyk nou hoe laat kreun ons die ou bruggie."
Blondine aan haar ma oor die telefoon:
"Ek wonder waarom my onnies nooit destyds vir ma gesê het dat ek geniaal is nie, ek't sopas 'n puzzle wat op die boksie sê 2 tot 3 jaar, binne 2 dae voltooi."
"Kan u vir my sê waarom u u man so erg aangerand het?" vra die landdros vir 'n vrou in die hof en sy antwoord:
"Hy het gesê, 'Bring vir my koffie, Susan.'"
Landdros: "En jy rand hom aan omdat hy koffie vra?"
Vrou: "My naam is Rita."
Dik Wors gebruik ook Proton Mail 👇

Free email without sacrificing your privacy
Gmail is free, but you pay with your data. Proton Mail is different.
We don’t scan your messages. We don’t sell your behavior. We don’t follow you across the internet.
Proton Mail gives you full-featured, private email without surveillance or creepy profiling. It’s email that respects your time, your attention, and your boundaries.
Email doesn’t have to cost your privacy.

Ons vlieg nou. Gaan vlieg! ✈️
Maryke gaan kuier by haar kinders in Australië. Langs haar in die vliegtuig sit 'n baie snobistiese dame en hulle is skaars in die lug, toe begin sy spog.
Op 'n stadium praat hulle oor kinders en die vrou sê:
"Met die geboorte van ons eerste kind, het my man vir my 'n luukse woonhuis in Constantia gekoop," en Maryke sê:
"Is dit nie dierbaar nie."
"Met die geboorte van ons tweede kind, het hy vir my 'n Mercedes sportmotor gegee," gaan sy voort en weer reageer Maryke met:
"Is dit nie dierbaar nie."
Toe die vrou vertel van die seiljag wat haar man gekoop en na haar vernoem het, reageer Maryke weer met:
"Is dit nie dierbaar nie."
Toe wil die vrou weet:
"Wat het jou man vir jou gegee toe jou eerste kind gebore is?" en Maryke antwoord:
"Hy het my charm school toe gestuur."
"Om wat daar te doen?" vra die vrou en Maryke sê:
"Ek moes gaan leer om eerder te sê:
Is dit nie dierbaar nie, in plaas van…👇


Unify Your Teams and Tech Stack With HubSpot
Connect your customer data, teams, and tools without the hassle of complex integrations or lengthy setups. One easy platform gives marketing, sales, and service teams a unified customer view and the tools to turn it into growth.
Why HubSpot and what's new
Generate leads and automate marketing with Marketing Hub
Build your pipeline and close more deals with Sales Hub
Scale customer support and drive retention with Service Hub
Keep customer data clean, connected, and actionable with one, unified platform
Join 306,000+ in over 135 countries using HubSpot to grow their businesses.
See what a more connected approach to growth can do for you and your team. Get setup quickly and start checking off your hardest tasks.
Aapstreke 🎱
'n Barman vertel my een dag hierdie een. Hy sê:
Op 'n dag kom daar 'n man by die bar ingestap met 'n apie op sy skouer. Hy bestel 'n bier en aap se kind spring op die toonbank. Toe raak daai aap besig. Eers proe hy aan 'n sigaretstompie en toe eet hy al die olywe.
Daarna takel hy die suurlemoenwiggies en toe daar niks meer te ete op die toonbank is nie, spring hy op die pooltafel. Hy druk ‘n paar van die balle in sy mond en sluk dit so waar as wragtig in! Een na die ander tot sy maag ‘n knop staan.
Toe ek vir sy baas vra of hy dit gesien het, sê hy dat dit die aap se gewoonte is om alles wat hy nog nie gesien het nie, te eet... en dat hy vir die poolballe sal betaal.
Twee weke later, sê hy, kom dieselfde man met sy apie op sy skouer, weer daar in.
Weer bestel hy 'n bier en weer spring die aap op die kroegtoonbank en begin olywe eet. Hierdie keer druk hy egter eers die olywe in sy agterent voor hy dit weer uithaal en eet.
Toe die barman vir die aap se baas vra of hy gesien het wat die aap sopas gedoen het…👇


Het jy geweet hierdie classic het ‘n 👉 Musiek Video op YouTube?
ONS MOOI TAAL ✒️

Elke storie het twee kante…📝
Toe Sarel een middag na werk by die huis kom, loer hy oudergewoonte by sy tienerseun, Stefan, se kamer in. Tot sy groot verbasing is dit netjies, niks lê rond nie en die bed is opgemaak.
Net voor hy omdraai, vang sy oog die briefie, met "Pa en Ma" voorop geskryf, op die kopkussing van sy seun se bed. Met hande wat liggies bewe, maak hy dit oop en lees:
Liewe Pa en Ma,
Ek skryf hierdie brief, want ek weet julle gaan teleurgesteld en kwaad wees. Ek het by Cindy ingetrek in haar karavaan in 'n bos. Ek weet julle sal haar nie goedkeur nie, omdat sy agt jaar ouer is as ek en baie "tattoos" het.
Alhoewel ek nie mal is oor die ringe en "studs" in haar neus, mond en ander plekke nie, is ons "soulmates" en ek wil my lewe saam met haar en ons ongebore baba deurbring.
Daarby het my droomvrou my ook geleer dat dagga nie altyd sleg is nie en ons beplan om hier in die bos 'n bestaan te maak met die kweek en verkoop daarvan. Cindy ken baie verspreiders en kommunes wat by ons sal koop.
Lief julle xx
Stefan
Ps. Lees verder agter op hierdie brief.👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Braai hulle nou!
Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Smeer van daai Buffelsfontein baardolie as jy weer na die ou plaas toe gaan…
En as jy by die bar sit en olie, moenie van die hotel se dak af duik nie…
Bel ‘n pel, hier of daar en deel die Dik Wors boek op WhatsApp 👇

Sê vir hulle dat…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors






