In partnership with

Welkom by Dik Wors!

Enoch Godongwana (Moenie warrie nie, ek moes ook Google wie dit nou weer is…) het vandag R10 miljard se brandstofverligting aangekondig.

Die petrol heffing kom af met R1,50 per liter. Dis darem iets… Iets vir 4 November.

Transnet het dié week ’n wêreldrekord opgestel met ’n trein van 696 trokke, amper 8 km lank.

Dis nogal indrukwekkend… dat ons 8 km se spoorlyn oor het.

Die beste deel is dat die trein leeg was! Transnet vervoer deesdae niks nie, maar as hulle doen, is dit op ’n wêreldrekordskaal.

Nou kort ons net ’n trein wat betyds ry. Dán praat ons van ’n wonderwerk.

Voor die midweek stres jou vang, gryp ‘n koue een, bel ‘n pel, maak ‘n lekker groot vuur en kom ons braai daai dik wors! 🍻

Smart starts here.

You don't have to read everything — just the right thing. 1440's daily newsletter distills the day's biggest stories from 100+ sources into one quick, 5-minute read. It's the fastest way to stay sharp, sound informed, and actually understand what's happening in the world. Join 4.5 million readers who start their day the smart way.

Dit kort sout…

Dit is nie waar dat getroude mans langer leef nie. Dit voel maar net so.

Toe Janneman se suster nie beestong wil eet nie, omdat dit kwansuis uit ‘n dier se bek kom, stel hy voor dat hul ma dan maar vir haar ‘n eier moet bak.

“Ek trou oor ‘n week. Ek is gatvol vir ‘n deurmekaar woonstel, vuil wasgoed en ‘n alewige koskokery,” sê ‘n jong kêrel vir sy kollega en hy antwoord:

“Ek skei om dieselfde redes.”

Twee speurders klop aan ‘n deur en ‘n man aan die anderkant wil weet wie dit is:

“Dis die polisie, maak oop, ons wil met jou praat.”

Man: “Hoeveel is julle?”

“Ons is twee.”

Man: “Praat dan met mekaar.”

“Meneer, hoe gebeur dit dat jy in hierdie reguit straat met ‘n lamppaal bots?” wil die konstabel by Pieter weet en hy antwoord:

“Uh… Ek kon nie sien waar ek ry nie.”

Konstabel: “Maar dis dan helder oordag. Hoe bedoel Meneer dan nou?”

“Daar het ‘n meisie met ‘n kort rokkie van voor gekom… en, uh… Die wind waai toe daai rokkie so bietjie op...” 👇

Pyl op die Franse lyn af…

Koos ontmoet ‘n Franse nooi en is dadelik smoorverlief. Die probleem is, hulle kan nie mekaar se taal verstaan nie.

Dus teken Koos ‘n mes en vurk langs ‘n bord kos. Toe sy instemmend knik, teken hy ‘n horlosie en langsaan ‘n motorkar. Weer snap sy dadelik en skryf 8 langs die horlosie en trek ‘n pyltjie voor die motor wat dui na haar adres, wat sy langsaan skryf.

Daardie aand stiptelik om 8 uur laai Koos haar op en hulle kuier al te lekker by ‘n intieme restaurantjie wat bekend is vir sy goeie kos en diens. Die “elektrisiteit” tussen die twee is omtrent tasbaar en toe Koos ‘n dansende paartjie teken, weet sy dat hy haar na ‘n nagklub wil neem. Sy snap ook dat sy vraagteken en gebare beteken dat sy ‘n voorstel moet maak, en sy noem die naam van ‘n baie gewilde nagklub.

Daar het hulle gekuier en gedans en gevry tot in die môreure, voordat Koos se pligsbesef hom dwing om haar huis toe te neem.

Dit was maar ‘n lekker babbelas Koos wat net betyds by die werk opdaag... en toe wil sy kollegas weet hoe sy aand met die vreemde meisie verloop het. Almal is nogal beïndruk met sy vertellery oor die getekenry van die paartjie en brand om te weet hoe die aand eindig.

“In my bakkie voor haar huis teken sy ‘n pyltjie in die ruit se wasem wat na ‘n bed toe wys…” 👇

KASIFLIX

KASIFLIX

Free movies delivered to your inbox!

Summer Vacation Hunting GIF by 20th Century Fox Home Entertainment

Find fall fares that fit

Cool air, colorful leaves or a whole new city skyline: There's still time to book your fall escape with Alaska Airlines. Watch the aspens turn golden in Denver, catch a set on Broadway in Nashville, or trade sweaters for sunshine in Palm Springs.

Subject to availability. Terms and conditions apply.

ONS MOOI TAAL ✒️

Skipskop deur David Kramer

Tee vir twee… 👻

Klein Dawie was ongeveer tien jaar oud toe sy ma ‘n kompetisie in ‘n tydskrif wen, met ‘n weeklange betaalde vakansie vir twee in die Seychelle as prys. Dus reël sy ouers dat hy vir daardie week by sy oupa en ouma gaan bly, terwyl hulle hierdie kans benut.

Dawie het self al te lekker by sy grootouers op hul kleinhoewe langs die dorp gekuier. Hy het daar egter ook baie groot geskrik toe hy die verkeerde aanname maak.

Op die derde dag by sy oupa en ouma kry hulle die nuus dat oupa se goeie vriend in die dorp, oom Helmut, oorlede is. Dawie het die oom al ‘n paar keer by sy oupa-hulle gesien, maar nie veel oor hom geweet nie.

Aangesien sy ouers nog nie terug was nie en omdat ouma volstrek weier dat hy tydens die begrafnis alleen daar op die kleinhoewe bly, moet hy saam begrafnis toe. Heeltyd hou ouma hom aan die hand, ook toe sy en oupa ‘n laaste eerbewys gaan toon waar oom Helmut in sy kis lê.

Vir klein Dawie lyk die oom of hy slaap, maar hy weet dat iemand wat dood is na die hemel of die hel gaan en nie gou weer gesien word nie, soos ou Boel en Woefels, hul twee honde wat al die emmer geskop het.

Na die begrafnis is daar verversings in die kerksaal en Dawie lê weg aan die melktert en ander lekkernye. Net toe hy opkyk na ouma om nog ‘n koeksuster te vra, sien hy oom Helmut by oupa staan!

Hy het al gehoor van spoke en geeste. Met ‘n bloedstollende gil vlieg hy om en laat spaander. Dominee probeer nog keer, maar klein Dawie gil en skreeu aanhoudend:

“Spook, spook...!” 👇

Silver Has Beaten Gold Before. It's Doing It Again.

From 1974 to 1987, silver more than doubled gold's returns. After 2008, it beat gold five-fold in three years. Since March 2020, silver is up 402% against gold's 186%. Our research team's free playbook explains why, and how the team would position.

Klipkenners en harde koppe 🪨

Lank voordat daar begin is om koper en ystererts in die Noord-Kaap te ontgin, was mynmaatskappye se prospekteerders en verteenwoordigers in daardie gebied doenig.

So, het een van die jonger boere destyds aan my vertel, daag daar een oggend ‘n kêrel op by sy oorlede pa, waar hy in die waenhuis doenig is. Die man stel hom voor as Albertus. Hy verken die area vir ‘n mynmaatskappy wat belangstel om delfregte te bekom. Mag hy maar daar rondkyk en dalk ‘n klip of twee optel om saam met hom te neem?

Die oom sê dis reg so, maar aangesien hy, wat die oom is, juis ‘n draai by die lammertrop in die verste kamp moet maak, kan Albertus sommer saam met hom ry. Geselskap en hekoopmakers is altyd welkom. So klim Albertus toe voor by die oom in die Ford bakkie in.

Daardie dag, vertel die boer, het die oom sy honger vir geselskap heeltemal verloor. Daai Albertus kêrel praat sonder ophou. Hy’s net stil wanneer hy ‘n hek moet oopmaak en dié is maar min, want daardie wêreld se kampe kan so groot soos ‘n gemiddelde Bolandplaas wees.

Selfs as hy ‘n hek oopmaak, tel hy ‘n klip op en kom gee dan vir die oom ‘n lesing oor daardie klip, die rede waarom dit juis daar gevind word, die klip se ouderdom en so bla bla bla hy voort. Die oom kry nie ‘n woord in nie. Hy sit maar en suig aan sy pyp.

Toe hulle op ‘n stadium oor die nekkie tussen twee spitskoppies ry, vra Albertus dat die oom moet stop. Hy klim uit en loop ‘n paar treë veld in, terwyl hy kort kort buk om ‘n klip van nader te bekyk. Dan kom hy terug en toe hy in die bakkie klim, sê hy:

“Hier, op hierdie plek waar ons nou staan, is ‘n baie ryk koperneerslag. Hier lê miljoene tonne kopererts net onder die oppervlak. Omtrent 15 miljoen jaar gelede was daar ‘n versteuring in die aardkors...” gaan hy voort om sy stelling te motiveer en presies te verduidelik hoe die neerslag plaasgevind het.

Steeds suig die oom aan sy pyp sonder om iets te sê.

‘n Ent voor die kamp waar hulle gaan omdraai, ry hulle aan die voet van ‘n plat koppie verby. Albertus wys na die horisontale lae van die gesteentes en sê:

“So 22 miljoen jaar gelede het die magma vanuit die aarde se kern deur ‘n breek in die aardkors uitgestoot. Dit het later sywaarts tussen verskillende lae van die aardkors ingesypel, voordat dit deur die oppervlak kon breek. So het daar ryk goudneerslae ontstaan,” en dan gee hy weer ‘n lang relaas oor goud.

By die lammertrop se kamp doen die oom sy inspeksie voor hy weer die Ford se neus in die rigting van die huis wys, terwyl Albertus, wat in die kamp ‘n paar klippe opgetel het, voortgaan om te vertel hoe oud elke klip is en hoe dit gevorm is. Die oom kry steeds nie ‘n woord in nie.

‘n Ent vanaf die opstal ry hulle verby ‘n spitskoppie en dadelik vertel Albertus hoedat daar 30 miljoen jaar gelede ‘n lawapyp onder geweldige druk vanuit die kern deur die aardkors gebreek het. Volgens die sigbare lae in die koppie kan hy met sekerheid sê dat daardie lawapyp meer diamante in het as wat daar vrugte in ‘n vrugtekoek is.

Hy is nog besig om te verduidelik, toe die oom onder ‘n doringboom op die werf stilhou en vir die eerste keer sê:

“Nou kom dat ons iets te ete loop kry.”

Hulle gaan sommer by die kombuisdeur in, waar die tante voor die stoof doenig is. Die oom stel toe die besoeker voor en sê:

“Ma, kom ontmoet vir Albertus!” 👇

Pokémon Collectables & Slabs 👇

Nuwe plaaslike verskaffer met die beste pryse vir Suid Afrikaanse versamelaars.

Het jy laas week se Dik Worse gemis?

Dik Wors se Nuusbrief Argief is die storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir Klein Saterdag.

Moenie spoke opjaag of klippe kou die res van die week nie. 😉

Help ons taal en Projek Dik Wors voortleef deur stories te vertel by die braai en ons gratis boek en nuusbrief te deel met vriende.

Vertel hulle die waarheid…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors