
Welkom by Dik Wors!
Saterdag om 17:10 by DHL Stadion in Kaapstad moet die Bokke terugantwoord op laas naweek se pakslae.
Die All Blacks ons met 33 -16 by Ellis Park terug aarde toe gebring.
Dit moes êrens gebeur… Niks hou vir ewig nie.
Dit het gelyk of helfte van die span die Mongolian crabs gehad het in die tweede helfte, en in die eerste helfte was daar twee kanse om pale toe te skop vir ‘n poep, reg voor die pale, wat ons nie gevat het nie…
Pieter-Steph speel môre sy honderdste toets vir die Bokke, en Ox vat sy vyftigste.
Rassie het Handré Sacha en Cobus as skakelpaar gekies, terwyl Cheslin ongelukkig weens 'n besering… of dalk weens Bolero… sal uit wees… (toe nie…)
Gelukkig is ons ‘n span met baie diepte, en daar is meer as een manier om ‘n Kiwi te slag.


100+ Claude Code hacks to ship code 10X faster
Top engineers at Anthropic and OpenAI say AI now writes 100% of their code.
If you're not using AI, you're spending 40 hours doing what they do in 4.
These 100+ Claude Code hacks fix that and help you ship 10x faster.
Sign up for The Code and get:
100+ Claude Code hacks used by top engineers — free
The Code newsletter — learn the latest AI tools, tips, and skills to code faster with AI in 5 minutes a day


Privacy-first email. Built for real protection.
End-to-end encrypted, ad-free, and open-source. Proton Mail protects your inbox with zero data tracking.
Plaas ek trou vir liefde… of ‘n plaas… 💐
Pedrie en Janus was van laerskool se dae af boesemvriende. Die twee het na skool kontak behou en seker gemaak dat hulle minstens een keer per jaar 'n week of twee saam kuier.
Beide was ongetroud en op ouderdom dertig blyk hulle sterk besig om oujongkêrels te word.
Een aand tydens so 'n kuier, terwyl die twee pelle 'n vleisie op die kole gooi, sê Pedrie:
"Tjomma, ek dink dis tyd dat ek begin vrou vat."
"Het jy al iemand in jou visier?" wil Janus weet en Pedrie sê:
"Dalk kan jy my raad gee, ek sal moet kies tussen twee. Een is 'n skatryk weduwee met twee plase.
Sy is drie jaar ouer as ek, baie selfversekerd en beeldskoon, maar iets is net... uh, kom ons sê maar, missing… Ons kliek net nie lekker nie.
Dan is daar 'n jonger girl-tjie. Sy's ook baie mooi, so 'n vars tipe mooi, wat my aan blomme herinner, en alhoewel sy uit 'n arm familie kom, jaag sy my hartklop op, elke keer as ek haar sien."
Janus vat 'n sluk bier en sê:
"My maat, jou hart het dit reeds vir jou gesê wat jy moet doen. En ek sê jou ook: Jy trou met die jonger een!”
Pedrie sug: “Ja, dis seker beter om vir liefde te trou as vir geld. Maar ek is nie vol geld nie, en sy nog minder… Wat maak ‘n man as dinge eers begin swaar trek..?”
“Maklik. Wat is die weduwee se nommer? En dan…”👇

Jou kos kan jou kos… 🏗️
Tydens etenstyd sit drie konstruksiewerkers op 'n staalbalk doer hoog bo moeder Aarde. Gert maak sy kostrommel oop en sê teleurgesteld:
"Polonietoebroodjies, ek haat polonietoebroodjies."
Piet maak sy trommeltjie oop: "Fokkit, alweer frikkadelle en fritters. Ek's lus en skiet 'n vet, f*kken kat tot onder op daai pavement!"
Mike, terwyl hy syne oopmaak: "Eeeugh… alweer koue hoender en slaai! Ek is nou al verby gatvol van dieselfde kos elke dag. Weet my vrou nie dat ‘n man kan nie heeldag met sy hande werk met slaai in die tenk nie!"
Lekker bemoerd sit die drie en eet maar baie langtand, tot Piet skielik die laaste frikkadel oor sy skouer gooi. Almal sit en kyk hoe die frikkadel na benede stort en in stukke spat, daar doer onder waar dit die grond tref.
Toe sê Gert, terwyl hy sy trommel se inhoud die afgrond instuur:
"Boys, so kan dit nie aangaan nie. As ek môre weer dieselfde kos kry… Ek sweer ek spring hier af," en die ander twee beaam elk met 'n "Ek ook."
Die volgende dag het die drie van hulle se trommels weer presies dieselfde kos in en hoogs bemoerd spring al drie na benede.
Hulle word saam begrawe en die maatskappy betaal vir die begrafnis. Toe die hoofbestuurder na die tyd met die weduwees simpatiseer, sê Mike se vrou huilend:
"As hy my net gesê het, hy hou nie van slaai nie, sou ek dit nooit vir hom ingepak het nie."
“Ek het dan gedog Piet is lief vir frikkadelle!” huil sy weduwee. 👇



Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius
Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.
ONS MOOI TAAL ✒️

‘n Vurk is vir eet, nie vir steek… 🍝
Gipetto en sy vrou, Sophia, bedryf 'n Italiaanse kafee, wat ook ligte maaltye verskaf. Hy beman die kasregister en bedien die kliënte wat daar eet, terwyl Sophia in die kombuis die kookwerk behartig.
Volgens Gipetto is dit die enigste manier hoe 'n besigheid werk, slegs die eienaar se vingers in sy kasregister.
Op 'n dag kom 'n man met 'n wit kierie daar aan en gaan sit by 'n tafel. Toe Gipetto die spyskaart voor hom neersit, sê hy:
"Ek kan nie lees nie, maar as jy vir my 'n vurk gee, wat nog nie gewas is nie, sal ek kan ruik of ek daardie dis wil bestel."
Gipetto gaan haal die vurk wat iemand tien minute gelede gebruik het en bring dit vir die man. Hy ruik daaraan en tot Gipetto se verbasing, sê hy:
"Ha, heerlik, ek sal ook spaghetti en 'meatballs' neem."
Die volgende dag is die man weer daar en weer ruik hy eers aan die vurk waarmee iemand kort tevore geëet het. Weer bestel hy presies wat die vorige kliënt gehad het.
Daarna raak die blinde man 'n gereelde besoeker en elke keer verstom hy Gipetto met sy reukvermoë. Later word dit 'n soort obsessie by Gipetto om die kêrel uit te vang, maar hy kry dit net nie reg nie. Maak nie saak wat hy bestel om te eet nie, Gipetto bring allerhande vurke vir hom om te “ruik en raai”…
Hy maak selfs aan Sophia 'n aardige voorstel, maar sy weier volstrek…
Gipetto hou egter aan om aan haar te karring en op ‘n dag strip sy haar moer ordentlik, gryp 'n skoon vurk en vryf dit onder haar blaaie deur en sommer ook aan haar onderklere!
Gipetto neem die vurk met ‘n “Lekker aspris, nê…” oor sy skouer toe hy uit die kombuis loop.
Hy gee die vurk vir die blinde man…👇

Daai Ier is nie van hier 🍺
'n Grootbek Florida Yankee oordoen sy liefde vir whiskey in 'n Londense kroeg en hoe meer getrek hy raak, hoe meer grootbek word hy.
Op 'n stadium wil hy weer aandag trek en bestel 'n rondte vir almal in die kroeg. Toe hy almal se aandag het, hou hy 'n bondel pondnote omhoog en kondig luidkeels aan:
"Ek gee hierdie 500 pond vir die kroegman om te hou en daag enige persoon in hierdie kroeg uit om 12 biere sonder ophou te down. Ek betaal ook vir die bier vir enige probeerslag. Die eerste man wat dit regkry, kry die 500 pond."
Daar trek 'n ligte murmering deur die kroeg, maar niemand aanvaar die uitdaging nie. Dan staan so 'n klein rooikop Ier by 'n hoektafeltjie op en loop by die kroeg uit, terwyl die Amerikaner smalend sê:
"Ai, vir 'n oomblik dog ek iemand is mans genoeg om die uitdaging te aanvaar."
Skaars 15 minute later is die rooikopkêrel terug. Hy loop na die Yank en vra:
"Staan jou uitdaging nog?"
"Natuurlik, laat ek gou die kroegman vra om die 12 glase vol te maak," sê die Yank, terwyl die manne om hulle begin saamdrom.
Die kroegman pak die 12 pint glase vol bier in 'n ry op die toonbank en onder luide aanmoediging, begin die rooikop drink.
Sonder om 'n glas voor sy mond weg te haal drink hy dit leeg en dop elke glas op die toonbank om, voor hy dadelik met die volgende begin.
Die toeskouers begin hande klap en harder raas. Op die telling van 12 bars daar 'n oorverdowende gejuig los.
Die kroegman oorhandig die geld aan die Ierse held en vra:
"Connor, waarheen was jy toe jy netou hier uit is?"
"Gou by Wetherspoons se pub hier onder in die straat…"
"Nou wat het jy daar loop maak?" wil die Yankee weet…👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Braai hulle nou!
Gaan lees en lag gerus meer by ons nuwe Dik Wors 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Kom ons probeer weer in die Kaap!
Lekker uitspan saam met ons span.
Bel ‘n pel, hier of daar en deel die Dik Wors boek op WhatsApp 👇

Sê vir hulle dat…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors






