In partnership with

Welkom by Dik Wors 2.0!

Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius

If you’re optimizing for growth, you need ecomm tactics that actually work. Not mushy strategies.

Go-to-Millions is the ecommerce growth newsletter from Ari Murray, packed with tactical insights, smart creative, and marketing that drives revenue.

Every issue is built for operators: clear, punchy, and grounded in what’s working, from product strategy to paid media to conversion lifts.

Subscribe for free and get your next growth unlock delivered weekly.

Laat daar lag wees ⚡

Die ou tante sê: “Ou man, as jy die dag sterf, dan sterf ek saam met jou.”

Klein Kallie se ouma straf hom nou al 2 dae lank deur die koekieblik weg te steek. Hy’t blykbaar vir sy oupa gevra…

Working Boss Baby GIF by the innernette

Privacy-first email. Built for real protection.

End-to-end encrypted, ad-free, and open-source. Proton Mail protects your inbox with zero data tracking.

“Waarom swem jy met jou klere aan?” vra ‘n brunet en haar blonde vriendin sê:

“Ek was my klere.”

Brunet: “Waarom gebruik jy nie jou wasmasjien nie?”

Wetenskaplikes het onlangs bewys dat bier ‘n klein hoeveelheid vroulike hormone bevat.

Hulle het vir 100 mans elk 12 biere gegee om binne ‘n sekere tyd te drink.

By die vrieskas waar die supermark se heel hoenders is, staan ‘n Engelse dame en bekyk en bevoel elke hoender, maar plaas almal dan weer terug.

‘n Werknemer vra of hy kan help en die dame sê:

“Ek doen al jare hier inkopies. Raak die hoenders van julle nooit groter nie?”

Shocked What The GIF

Your fall escape awaits

Mountain air, city lights or somewhere new? There's still time to make your fall plans take flight with Alaska Airlines. See the fall foliage in Boston, sip cider in Seattle, or swap your flannel for a swimsuit and head to Hawai'i.

Subject to availability. Terms and conditions apply.

KASIFLIX

KASIFLIX

Free movies delivered to your inbox!

Ek nooi een middag my oupa vir ‘n koffie in die mall.

Oorkant ons tafel kom sit ‘n meisie met ‘n haardos in alle kleure van die reënboog.

Oupa verkyk hom en op ‘n stadium sê sy baie bitsig:

“Wat staar jy so, omie, het jy nog nooit in jou lewe iets weird gesien nie?!”

Oupa gaan sit by haar en antwoord ewe onverstoord:

“Meisiekind, ek was omtrent 20 jaar terug een aand planke toe gesuip en gerook by ‘n musiekkonsert op ‘n kleinhoewe.

Daai volgende oggend word ek wakker met ‘n moerse babbelas in die middel van ‘n pouhok…”

Twee mediese studente loop in die straat en sien ‘n oom wat moeilik en wydsbeen van voor af aangeskuifel kom.

“Ek wed jou dat hy aan die Zetsky sindroom ly,” sê die een vir sy maat, wat dadelik met hom verskil:

“Nee, ek is seker dis Huntington se sindroom.

Let op hoe wyd sy bene van mekaar is.”

Hulle besluit om die oom te vra en hy antwoord:

“Ek sal julle met graagte sê, maar dan wil ek eers hoor wat julle eerste gedagte was.”

Toe die eerste noem dat hy Zetsky se sindroom vermoed, antwoord die omie:

“Jy het dit vermoed, maar jy was verkeerd.”

Die tweede vertel dat hy Huntington’s vermoed en weer sê die oom:

“Jy het dit vermoed, maar jy was verkeerd.”

“Nou wat is dit, oom?” dring hulle aan.

Toe Arno destyds as onderwyser bedank om voltyds te skilder, was baie mense, onder andere sy ouers, maar skepties.

Aanvanklik het dit broekskeur gegaan, maar dinge het drasties verander toe Jeff Goldstein, die grootbaas van Platinum Galleries, hom nooi om by hom ‘n uitstalling te hou.

Dit was ‘n massiewe sukses en in die kunswêreld was Arno Kotze, oftewel AK, soos hy sy skilderye onderteken, skielik ‘n bekende naam.

Sedertdien lewer hy al sy kunswerke aan Platinum en die lewe is ‘n lied... behalwe sy gesondheid wat deesdae glad nie lekker is nie.

Hy moet juis môre weer by dokter Blom ‘n draai maak om te hoor wat die laaste toetse se uitslag is.

Waar Arno staan en skilder, onderbreek die gelui van die telefoon sy gedagtes.

Dit is Jeff en hy sê:

“Goeie nuus, Arno.

Ek het sopas al 26 van jou skilderye, wat hier by my hang, aan een man verkoop.”

Arno wil eers nie glo wat hy hoor nie, maar Jeff gaan voort:

“Dit het bietjie oortuiging gekos, maar vir daai kommissie oortuig ek jou dat my ouma ‘n virgin is.

Hy wou eintlik net bevestiging kry of jou skilderye se waarde sal opgaan as jy die dag die emmer skop.

Toe noem ek slegs twee voorbeelde uit die geskiedenis en ‘Bob’s your uncle’.

Jou geld sal oor ‘n uur in jou rekening wees.”

Dis toe dat Arno sê:

“Jissie Jeff, wat sê ‘n mens?

Ek het hier by my twee selfportrette.

Een is vir jou persoonlik as blyk van waardering en die ander een gooi ek gratis in die koper se pakkie.

Terloops, wat is sy naam?”

Die Dik Worsmasjien

Dik Wors se Nuusbrief Argief is die storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.

Kort en kragtig met kleur soos ‘n pou se gatveer.

Deel ons gratis boek op WhatsApp 👇

Dik Wors Gratis Boek
Dik Wors Gratis Boek
111 Lekker Afrikaanse Grappe en Stuitige Vertellings reguit na jou inbox. Gryp 'n Dik Wors, want lekker lag kos niks!
$0.00 usd

Lekker naweek, en onthou altyd dat…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors