Sponsored by

Welkom by Dik Wors!

📢 Hierdie naweek het ek iets spesiaal vir al ons lesers! 👇

Vat ‘n kans!

Jy het niks om te verloor nie!

Môre (Saterdag) by FNB Stadion kry ons nog iets spesiaal wat nog nooit vantevore gebeur het nie.

Die Springbok Vroue vat die Black Ferns aan in 'n historiese voorwedstryd, en daarna volg die derde toets tussen die Bokke en die All Blacks.

Die reeks staan gelyk op 1 elk na daardie 33 - 26 oorwinning in Kaapstad, en dis die eerste keer in die geskiedenis dat die stryd om die Vryheidsbeker oor vier toetse beslis word.

Nieu-Seeland is ook vir die eerste keer in 30 jaar op 'n volle toer hier.

Weer ‘n plan vir ‘n span…

Kom ons kuier! 👇

Bad Day Monday GIF

Smarter CRM. Less Busywork.

Disconnected data and tools make it harder to understand your customers. HubSpot's Agentic Customer Platform brings your data, teams, and tech stack together with AI built in to help your business work faster and create more personalized customer experiences.

Why HubSpot and what's new

  • Use AI powered tools to take action faster

  • Unify your data, teams, and tech stack in one place

  • Create one shared view of customer data

  • Connect teams around the same customer context

  • Bring your business tools into one place

Connect more of your business in one place and give every team a smarter way to work. Get set up quickly and start checking off your hardest tasks.

So loop hy, of nie…🩴

Toe Gert in die hospitaal wakker word, sê die dokter vir hom:

"Ek het goeie en slegte nuus. Wat wil jy eerste hoor?" en Gert antwoord:

"Gee dan maar eers die slegte nuus."

Dokter: "Meneer, jy was in 'n ernstige motorongeluk en ons moes altwee jou bene afsit."

"Ag liewe hemel tog!”

Gert kyk af en daar is niks onder die kombers nie….

“Wat kan dan die goeie nuus wees?" 👇

Master Claude AI (Free Guide)

The professionals pulling ahead aren't working more. They're using Claude.

Our free guide will show you how to:

  • Configure Claude to be the perfect assistant

  • Master AI-powered content creation

  • Transform complex data into actionable strategies

  • Harness Claude’s full potential

Transform your workflow with AI and stay ahead of the curve with this comprehensive guide to using Claude at work.

Kleed om te vergeet 👗

Ouma Marietjie kuier by haar kleindogter wat graag kaal in haar huis rondloop.

Toe ouma haar daaroor aanspreek, sê sy dat dit deesdae mode is, want dit is die 'kleed van liefde'.

Terug by die huis wil ouma vir oupa verras met haar nuutste kennis van die nuwe mode.

Een aand vat sy haar kans en kom suutjies die sitkamer binne met ‘n lang plan.

"Pappa wat sê jy van my kleed van liefde?" 👇

naked gun wtf GIF

Digital Eden

Digital Eden

Your free guide to AI, automation & online income. 🚀 Plus a FREE lifetime HighLevel account ($1,600/month in tools) waiting in your welcome letter. 🎁🤖

breaking news GIF

Daily news for curious minds.

Be the smartest person in the room. 1440 navigates 100+ sources to deliver a comprehensive, unbiased news roundup — politics, business, culture, and more — in a quick, 5-minute read. Completely free, completely factual.

ONS MOOI TAAL ✒️

Hie’ kom ‘n ding wat spring 📺

Mike en Kallie het lekker gaan rugby gekyk by die hotel se bar.

Hulle drink ‘n paar doppe en dit gaan goed, en dit raak laat…

So tussendeur die highlights is daar ook hoofnuus op die bar se TV en dit vertel van 'n man wat dreig om van 'n hoë gebou af te spring, terwyl 'n skare onder in die straat saamdrom.

Kameraspanne, brandweer en polisie is oral en dit ontaard in ‘n regte sirkus.

"Ek wed jou R50 hy gaan spring," sê Kallie lekker vuurwarm.

Mike en sy blink ogies aanvaar die weddenskap.

Net toe hulle nou lekker blad skud om die deal te seal, spring die man!

“Ag, fokkit,” sê Mike en haal R50 uit sy beursie om vir Kallie met ‘n lang tand te gee.

Kallie begin lag en sê: "Nee man, hou die geld. Ek vat jou net vir ‘n gat. Hierdie was ‘n heruitsending. Ek het op die vroeë nuus gesien hy het gespring.” 👇

The Build Brief

The Build Brief

The free SA construction industry toolbox and newsletter! 🛠️

Kleinhuisie, groot k@k! 🔥

As klein seuntjie, het ons kinders gereeld by oupa en ouma op die plaas gekuier. Ek was die jongste en ouboet Gys was al op universiteit. Seker maar om te wys dat hy nou 'n grootmens is, het Gys 'n welige rooi baard gehad. Amper so groot en rooi soos daai een van destyds se 👉 “Rooi Willie” op Spies ‘n Plessis!

Ons het van die "long drop" op oupa se plaas gepraat as die kleinhuisie. Een oggend, terwyl ons kleingoed nog almal in hul nagklere om die groot kombuistafel met koffie en beskuit sit, kom ouma van buite af in en sê vir ouboet:

"Gysbert, jy moet vir ouma loop kyk, daar's iets nie lekker in die kleinhuisie nie... en moenie laat ek jou weer vra nie, gehoor."

"Ja ouma," en toe Gys dan ook klaar gekoffie en beskuit het, stap hy dadelik na die kleinhuisie.

Met die eerste oogopslag sien hy nie enige foute nie, maar hy ken sy ouma en hy begin met 'n deeglike ondersoek. Nêrens kan hy egter enige fout kry nie... dalk is daar 'n spinnekop of 'n slang aan die binnekant van die sitplek. Versigtig loer hy by die gat in, maar dis donker in daai diep put.

Dus frommel hy van die koerantpapier, wat om 'n ander rede daar lê, in 'n bondel en steek dit aan die brand. Hy gooi die brandende papier in die put af en terwyl dit die binnekant vir 'n rukkie helder verlig, druk hy sy kop by die gat in, maar gewaar niks.

Toe hy egter sy kop terugtrek, haak daai welige baard vas in die gebarste hout van die sitplek... en daar sit hy.

Benoud roep hy en gelukkig hoor ousus hom.

Later staan al wat leef en beef voor die deur en ousus bring vir ouma haar naaldwerkskêr… 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Braai hulle nou!

Dik Wors se nuwe Nuusbrief Argief is ons storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.

Smeer van daai Buffelsfontein baardolie as jy weer na die ou plaas toe gaan…

En as jy by die bar sit en olie, moenie van die hotel se dak af duik nie…

📢 Moenie jou kans mis nie! 👇

Bel ‘n pel, hier of daar en deel die Dik Wors boek op WhatsApp 👇

Dik Wors Gratis Boek
Dik Wors Gratis Boek
111 Lekker Afrikaanse Grappe en Stuitige Vertellings reguit na jou inbox. Gryp 'n Dik Wors, want lekker lag kos niks!
$0.00 usd

Sê vir hulle dat…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors