
Welkom by Dik Wors 2.0!
Vanity Fair’s New Show, Where Nothing Is Off the Table

On Fair Game from Vanity Fair, join Mark Guiducci for in-depth and far-reaching conversations with the most interesting characters from the worlds of Hollywood, Politics, Style, Silicon Valley, and beyond.
From acclaimed actors and political figures to tech leaders and style visionaries, Fair Game goes beyond the headlines to uncover the people, personalities, and ideas driving the cultural conversation.
Laat daar lag wees ⚡
“Wat het gebeur dat jy ook hier beland het?
Dop... dwelms... of wat?” wil ‘n boemelaar by sy tjommie weet.


Your Backyard Renovation List Is Missing Something

Planning a backyard renovation? Don't forget to look up.
A Hansø pergola gives your new patio a roof built for up to 167 mph winds and up to 65 PSF snow load.
Early Bird Offers: up to 40% off pergolas + $2500 worth of freebies
Now your list is complete.
“Nou waarom is jy ge-fire?” vra Sarie vir Kallie.
“Ek het niks gedoen nie!
My dikgat baas het peanuts gesit en eet, toe vra ek…”

“Ou man, trek asseblief die gordyn toe!
Netnou sien buurman my kaal,” sê die vrou toe sy uit die badkamer kom en haar man antwoord:
“Moenie warrie nie, ou vou…”

Tydens ‘n kerkdiens leun die ondeunde omie na sy vrou en fluister:
“Ek het nou net ‘n sagte windjie gelos.
Nou kyk almal vir my, wat moet ek doen?”

Two days of free email tactics, starting Nov 12
Two full days of email marketing tips and trends, powered by Constant Contact. Famous keynotes (Molly Ringwald, Dan Levy, Amy Porterfield!), DJs, world-record breaking, rom-com fun, and networking.
100% Free & Virtual
29,000+ Marketers Joined Last Year
November 12th & 13th
Op ‘n vliegtuig met 3 sitplekke weerskante van die gangetjie, sit twee prokureurs langs mekaar, terwyl ‘n dokter op die derde sitplek langs die paadjie kom sit.
Hy skop sy skoene uit om lekker gemaklik te wees tydens die kort vlug.
Nadat hulle opgestyg het, sê een van die prokureurs dat hy lus is vir ‘n koeldrank en sy kollega besluit hy is ook lus.
Die dokter bied aan om vir hulle aldrie te gaan haal, omdat hy teen die paadjie sit.
Terwyl hy weg is, neem die twee prokureurs sy skoene en spoeg daarin, voor hy kort daarna met ‘n blikkie Coke vir elkeen terugkeer.
Toe die aankondiging later kom dat hulle binnekort gaan land, begin die dokter om sy skoene aan te trek.
Hy besef dadelik wat gebeur het en sê hardop en kamtig verwese:
“Ag nee, manne. Varsity is mos al lankal verby.
Wanneer gaan hierdie onsinnige klipgooiery tussen ons professies dan einde kry?
Ek dink dis hoogtyd dat ons ophou om in mekaar se skoene te spoeg…”

Deel KASIFLIX met vriende op WhatsApp!
Website 👇
Deel direk op WhatsApp👇
Diep in die hart van Texas kom ‘n staatsbeampte op ‘n ranch, oftewel beesplaas, om vas te stel of werkers genoeg betaal word en ook om eienaars te beboet as hulle sou skuldig wees aan wanbetaling volgens die arbeidswet.
Hy kry die eienaar in die stal, waar hy ‘n perd se seer hoef behandel.
Op sy inspeksievraag, deel die eienaar hom mee:
“Ek het 3 cowboys in diens.
Hulle werk 5 dae per week van 8 tot 5 en kry $1 500 per week, met gratis kos en verblyf ingesluit.
Die kok bly ook verniet en sy kry $1 000 per week.
Dan het ons so ‘n lekker dom bliksem op hierdie plaas…
Ekskuus, meneer.
Dis nou my mooi manier van sê dom *&%$##@!
Jy moet die sucker sien!
Hy is elke uur van die dag aan diens en doen 90% van die werk hier rond.
Ek gee hom nooit verlof of ‘n rusdag nie.
Hy kry so ‘n paar dollar se sakgeld elke Saterdag.
Jy moet kom kyk!
Hy vat daai skille dan is hy met ‘n stink spoed in sy bakkie hier weg dorp toe, en binnekort terug met twee van daai moerse 1,75L bottels Jim Beam whisky.
Ek praat van daai groot menere met die ore aan!
Dan sien ons hom die res van die naweek glad nie.
Ek dink dit gee hom weer krag vir die week wat voorlê.”
“Dis hom!” sê die beampte.
“Dit is die man met wie ek wil praat, hierdie arme dom bliksem.
Waar kry ek hom?”

Die Dik Worsmasjien
Dik Wors se Nuusbrief Argief is die storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇
Die man, die legende! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Werk hard, maar nie so hard dat jou bottels ore aan het nie.
Dit maak jou James Klont, Agent D-00-S 🤫
As mamma raas, gooi jou ore se batterye weg. 😉
Deel ons gratis boek op WhatsApp 👇

Onthou altyd dat 👇
Lekker lag, kos niks?
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors







