
Welkom by Dik Wors!
Ek het altyd gedink Suid-Afrikaners kla baie oor geld…
Volgens statistieke spandeer ons jolige volk meer as R500 miljard ’n jaar aan partytjies, troues, verjaarsdae en ander vieringe.
R500 duisend miljoen! Dis amper so baie soos die ANC op KFC en KAK!
As ons voel ons moet kla dat die geld te min en die lewe te duur is…
Maak ons eerder ‘n plan en hou ‘n party… 👇
Ons reël nog ‘n fees in die naam van kultuur.
En coin woorde soos Klein Saterdag.
Nou maar toe…
Kom ons doen daai ding! 🔥🔥👇

Silver Miners Have Outrun Silver Since 2020

Since March 2020, silver has returned about 402%. The silver miners returned 445%.
That gap is the leverage our research team focuses on. When silver rises, a producer's net asset value can rise much faster, and share prices tend to follow. It works in both directions, and a mine is only as good as the company running it.
The Ultimate Silver Playbook shows how the team separates the miners worth owning from the rest, and which silver stocks are on its watchlist now. It's free.
Kort kort het jy ‘n ander storie… 🍻
Wetenskaplikes het nou bewys dat Februarie die maand is waartydens vroue die minste praat. Dit is omdat dit slegs 28 dae het.
Toe die onderwyseres vir haar graad 3 klas vra om 'n sin te maak met die woord "enjin", skryf een dogtertjie:
"My mamma drink graag wyn en jin."
Buurman sê vir my dat hy hierdie maand so "broke" is, hy moes kies tussen krag en petrol. Toe koop hy maar whiskey, dit gee hom krag om te loop.
Twee tjommies sit in die kroeg en een sê vir sy maat:
"Ek gaan nie vanaand weer so kwaai drink soos laaskeer nie. Toe was ek wragtig so dronk dat 'n geparkeerde kar my raakgery het."
"Vader, ek het ons buurman se leer gesteel," bieg 'n man in die kapel se bieghokkie. Die priester kan net sy kop skud en sê:
"My seun, gaan sit R100 in die boksie en sê 3 Hail Marys. Jou sondes is vergewe."


Tired of news that feels like noise?
Every day, 4.5 million readers turn to 1440 for their factual news fix. We sift through 100+ sources to bring you a complete summary of politics, global events, business, and culture — all in a brief 5-minute email. No spin. No slant. Just clarity.
Stupid games wen stupid pryse 🐕
'n Baie ondeunde vriend van my vertel my nou die dag:
"Tjomma, daar staan ek in Spar in die ry met 'n sak Epol vir ou Leeu in my hand. Sal die vrou agter my wragtig wil weet of ek 'n hond het. Nou hoe ken jy vir my? Speel stupid games dan wen jy stupid pryse…
Ek sê toe, “Nee, nee, ek het glad nie 'n hond nie. Ek gaan weer vir die volgende maand op die Epol dieet, maar ek sal hierdie keer net baie versigtiger wees. Die vorige keer het ek in die ICU wakker geword met pype en goeters oral in my lyf.”
Ou Darra, toe het ek haar. Jy moes daai vrou se gesig sien, selfs die kassiere en die paar mense in die ry luister oopmond. Ek gaan aan oor hoe gerieflik dit is, en dat ek sommer 10kg verloor het. Maak die pap lekker dik aan, jy weet?
Ek vertel hulle dat mens sommer 'n paar korrels in jou broeksak sit as jy werk toe gaan en so twee of drie eet as jy honger voel. Onthou net om elke keer 'n groot glas water agterna te drink, sodat die korrels goed kan uitswel.
“Smaak dit nie sleg nie?” wil sy toe fronsend weet en ek sê: “Nee, jy sal verbaas wees. Dit smaak net soos vleis. Seker maar die lekkerrrr sous waarvan hulle in die advertensies praat…”
Sy sê toe sy oorweeg nou self om dit te probeer, maar wil eers weet waarom hierdie dieet my in die hospitaal laat beland het…
Darra, ek kon myself net nie help nie…" 👇



The Max & Mia Parent Success System
With Audio Narration included 🎧
Bedtime Calm & Emotional Growth Stories for Ages 4-12. Turn bedtime struggles into 10 minutes of calm, connection, and imagination.

Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius
Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.
ONS MOOI TAAL ✒️

Die verkeerde teef 🚂
Toe die Tweede Wêreldoorlog verby is, bly heelwat geallieerde soldate eers in Europa agter om op te ruim en te help met herstel en opbou.
Eendag klim 'n fris VSA marinier in 'n stampvol trein in Parys wat langs die perron staan en sis voor vertrek. Hy loop eers na die agterkant, maar kry nie 'n sitplek nie.
Toe loop hy terug na heel voor langs die deur waar dit lyk of daar 'n oop sitplek langs 'n vrou is. Daar sit egter 'n poedel op die plek langs haar. Hy is vrek moeg en vra die Franse dame of hy maar op die plek kan sit.
Onmiddellik trek sy los: "Julle Amerikaners is die arrogantste en onbeskofste spul wat daar is. Kan jy nie sien my Fifi sit hier nie?"
Sonder 'n woord buk die soldaat oor haar, tel vir Fifi op, en slinger die poedel by die deur uit tot op die perron. Toe hy gaan sit, vlieg die vrou op en skreeu:
"Het julle gesien? Is daar niemand hier wat mans genoeg is om vir 'n dame teen hierdie buffel op te kom nie...?"
Dis toe dat 'n maer, bleek Cockney Engelsman opvlieg en sê: "Ek sal!" en draai breë bors na die Amerikaner met ‘n wysvinger en ‘n stem wat ‘n predikant sal laat les opsê.
"Julle Yankees is fokken gat oor kop met alles wat julle doen!
Julle eet met 'n vurk in die regterhand!
Julle karre se stuurwiele sit aan die linkerkant!” 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis?

Dik Wors se Nuusbrief Argief is die storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Vat vas, en maak altyd ‘n plan soos net ons mense kan! 🔥💪
Help ons taal en Projek Dik Wors voortleef deur stories te vertel by die braai.
Nooi almal uit en deel die gratis boek op WhatsApp 👇

Onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors






