In partnership with

As jy hierdie op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit gratis by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan en 👇

Welkom by Dik Wors!

Dis deesdae moeilik om te sê waar meer k@k en drama is.

’n Parlementêre sitting of ’n rugby derby op ’n Saterdagmiddag.

In albei gevalle word daar vreeslik geskree, en waar jy kyk is dit net ‘n klomp kinders wat koppe stamp. 😜

Orals skree dit, en niemand luister nie.

Kom ons lag saam die naweek in!

Maak ‘n groot vuur, gooi ‘n lange, en braai ‘n dikke! 💪👇

Turn AI into Your Income Engine

Ready to transform artificial intelligence from a buzzword into your personal revenue generator?

HubSpot’s groundbreaking guide "200+ AI-Powered Income Ideas" is your gateway to financial innovation in the digital age.

Inside you'll discover:

  • A curated collection of 200+ profitable opportunities spanning content creation, e-commerce, gaming, and emerging digital markets—each vetted for real-world potential

  • Step-by-step implementation guides designed for beginners, making AI accessible regardless of your technical background

  • Cutting-edge strategies aligned with current market trends, ensuring your ventures stay ahead of the curve

Download your guide today and unlock a future where artificial intelligence powers your success. Your next income stream is waiting.

Die Kort Fabriek 👇

’n Haarkapper bel die plaaslike polisiekantoor en sê:

“Een van my kliënte het hier uitgehardloop sonder om te betaal.”

“Hoe sal ons hom in die straat kan identifiseer?” wil ’n konstabel weet.

“Maklik, sy hare is kort aan die een kant en hy druk ’n bebloede doek teen sy linker oor.”

Gert sit een Saterdagoggend sy eerste twee bier se leë bottels terug in die yskas.

Sy vrou gooi dit in die asdrom, maar hy haal dit uit en plaas dit terug in die yskas.

Baie vererg konfronteer sy hom daaroor, maar hy verduidelik ongestoord:

“Die manne kom vanmiddag hier rugby kyk. Dit is vir twee van hulle wat nie drink nie.”

“Dis my vrou wat my na drank gedryf het,” sê Jan aan Piet by die bar.

Piet kyk hom so skeef aan…

“Jy’s gelukkig! Ek moes die hele pad hierheen loop.”

“Wil jy enigiets ter versagting sê voordat hierdie hof jou vonnis?” vra die magistraat.

Gatiep is nog lekker winddronk en hy gooi hom so:

“U Edele Highness, as ’n man op die grond lê sonder om vas te hou, kan hy mos nie so gesssyp wies soesss wat daai poliesman sê hy issie...”

“Pappa, waarom het orkane vroue name?” vra die seuntjie.

“As hulle hier aankom, is hulle wild en ontembaar, en wanneer hulle weggaan, vat hulle jou huis en jou kar saam.”

Kallie kom die oggend nege uur by sy werk aan en sy kwaai baas sê:

“Waar kom jy nou vandaan? Jy moes agt uur hier gewees het!”

Dis toe dat die ou Kallie antwoord:

“Hoekom? Wat het dan agt uur gebeur?”

Viktor is jou slim pêl. Laat hy dinge vir jou vang!👇

It's Monday. Every department already has context. Nobody prepped anything.

Your CFO opens Slack. There's a weekly Stripe revenue recap in #finance with a churned-accounts flag and a net-new breakdown. She didn't ask for it.

Your head of product opens Slack. There's a GitHub summary in private channel: PRs merged, PRs stale, Linear tickets that moved. He didn't ask for it.

Your marketing lead opens Slack. There's a Google Ads performance comparison in private channel, with a note: "Meta CPA crept up 18% this week. Might be worth pausing the broad match campaign." She didn't ask for it either.

All-hands at 10am. Everyone already knows the numbers. The meeting is about decisions, not catch-up.

That's what happens when one colleague works across every tool your company uses. Not one department's assistant. The whole company's coworker.

Viktor lives in Slack. Top 5 on Product Hunt, 130 comments. SOC 2 certified. Your data never trains models.

"Not only have we caught up on several months of work, we are automating manual tasks and expanding our operations to things previously not possible at scale." - Jesse Guarino, Director, Torque King 4x4

Tyd om te vlieg ✈️


Ernest en Joe doen ’n noodlanding met hul ligte vliegtuig en verdwaal doer bo in die bosveld.

Dis ‘n vuurwarm dag en op ’n stadium moet hulle deur ’n waterstroompie.

Nadat die manne hul dors geles en hul waterbottels volgemaak het, besluit hulle om hul seer voete in die koel water te baai.

Terwyl hulle so rustig sit en die lafenis geniet, gewaar die manne ’n groot maanhaarleeu wat kop omlaag met spits kykers doelgerig op hulle afstap.

Dadelik begin Ernest om sy tekkies aan te trek.

Joe fluister bewerig:

“Daar is nie ’n manier dat tekkies jou kan help om vir ’n leeu weg te hol nie.”

Ou Ernest fluister terug:

“Ek hoef nie die leeu weg te hol nie….”

Gawie werk hard 🛵

Die baas kom by sy fabriek aan en gewaar ’n jong man wat teen ’n muur staan en leun terwyl hy met sy selfoon doenig is.

Vererg storm hy op die kêrel af en sê:

“Wat de donner dink jy doen jy? Hier lê ‘n man nie leeg nie, hier werk jy!”

Hy haal sy beursie uit sy sak en druk ’n rol note in die man se hand, terwyl hy sê:

“Hier’s jou week se pay. Werwyder jou karkas van my perseel en jy sit nie weer jou voete hier nie!”

Dan storm hy by die groot skuifdeure van die fabriek in om sy dissipline verder te beklemtoon en bulder:

“Waar is daai slapgat se werkstasie?”

Toe antwoord die voorman:

“Hy het nie een nie. Dis Gawie, die ou wat die pizzas vir middagete kom aflewer het.”

Koos kyk ball… 🏉

Koos kry ’n uiters gesogte kaartjie vir ’n rugbytoets tussen die Bokke en die All Blacks.

Op die dag is die stadion stampvol – daar is nie plek vir ’n muis nie.

Hy neem sy sitplek in en wonder oor die oop stoel tussen hom en ’n ouer man aan sy regterkant.

Dit pla hom dat so ’n waardevolle sitplek leeg bly terwyl mense buite sou veg vir ’n kaartjie soos dié.

Toe skop die wedstryd af en Koos raak heeltemal meegevoer.

Met rustyd staan hy op om sy bene te rek.

Die ou man kyk oor na Koos se kant toe, vra uit oor wie en van waar hy is, en hulle begin gesels.

Koos wys toe na die leë sitplek en vra:

“Dis jammer oor die stoel… hoekom het jy nie die kaartjie vir iemand gegee nie? Familie of vriende sou dit sekerlik graag gebruik het?”

Die ou man staar vorentoe en antwoord:

“Ja, daar is baie… maar hulle is almal by die begrafnis…”

Die manne speel ball… ⛳

Op ’n bekende dorp was dit vir jare ’n instelling dat dieselfde vier sakemanne elke Woensdag saam gholf speel.

Klokslag om eenuur het die vierbal afgeslaan, hul agtien putjies gespeel en daarna ’n paar drankies in die klubhuis geniet.

Die gholfbaan het gegrens aan die pad wat vanuit die dorp na die begraafplaas loop.

Een Woensdag is hierdie vierbal besig op ’n setperk wat direk langs daardie pad geleë is.

Drie van die manne het reeds klaar geset en staan en wag vir die vierde om klaar te maak.

Die ou bekyk en bekorrel die setperk uit alle hoeke om die helling te bepaal, aangesien daar baie geld by daardie sethou betrokke is.

Juis toe beweeg daar ’n begrafnisstoet in die pad langs die setperk verby.

Die man haal sy pet af en staan botstil met ’n geboë hoof totdat die stoet verby is.

Daarna gaan hy rustig voort en rol die belangrike sethou in.

Terwyl hulle na die volgende putjie se bof loop, sê een van sy vriende:

“Dit was nou regtig ’n mooi gebaar van jou om soveel respek teenoor ’n stoet te betoon.”

Waarop die man antwoord:

“Ja, vir meer as dertig jaar was sy ’n goeie vrou vir my – ek sal haar sekerlik mis.”

Trade from the subway, golf course, or toilet

Liquid enables users to go long or short on any market from your phone or desktop 24/7.

No matter what time of day it is or where you are, you can monitor the situation with Liquid.

“My, my Mavis…”

’n Man bel een oggend vanaf sy kantoor huis toe.

Die huishulp antwoord:

“Hello, dis Mavis wat praat.”

Hy vra haar toe om asseblief vir mevrou na die foon te roep.

Dit is toe dat Mavis sê:

“Aikona, die mevrou en die meneer is nog in die kooi en die kamer se deur is toe – dan mag ek nie vir hulle pla nie. Eers as hulle uitkom kan ek daar aan die kant maak.”

’n Yskoue woede pak die man en hy sê:

“Mavis, ek sal jou R10 000 betaal as jy vir my ’n groot guns doen en presies maak soos ek sê.”

Mavis sê dis reg so – R10 000 is baie geld – wat moet sy doen?

Sy bevestig dat sy die foon in die studeerkamer geantwoord het en dat sy by die meneer se lessenaar staan.

Die man sê sy moet die brandkluis se sleutels in die boonste laai aan die regterkant van die lessenaar kry en dan sy pistool, wat in die kluis agter die portret teen die muur is, uithaal.

Toe sy dit gedoen het en weer die gehoorstuk van die telefoon optel, verduidelik hy stap vir stap hoe sy die pistool moet oorhaal en gereed kry om te skiet.

Dan sê hy:

“Mavis, nou gaan jy by die kamer in en skiet die meneer en die mevrou elkeen in die kop.

Daarna kom jy weer na die telefoon en ek sal jou sê wat om dan te doen.”

Dit raak stil aan die ander kant en dan hoor hy duidelik twee skote in die agtergrond.

’n Rukkie later tel Mavis die gehoorstuk op en bevestig dat sy die meneer en die mevrou geskiet het.

“Baie mooi, Mavis. Nou vee jy die pistool mooi skoon met jou stoflap en dan gooi jy dit in die swembad.”


“Swembad…? Die huis het nie ‘n swembad nie…” 😜

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!

Maak seker jy bel die regte nommers en nooi die mense wat saak maak.

Luister mooi na ander, en na niks op TV.

Onthou om Dik Wors met jou pelle te deel.

Ondersteun asb. ons borge en hierdie publikasie om op die advertensies te kliek.

Dan kan ons vir altyd aanhou saam lag.

Tot volgende week, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading