
Welkom by Dik Wors!
Johannesburg se kabeldiewe het nou so professioneel geraak dat hulle deur die rioolstelsel kruip om by die stad se elektrisiteitskabels uit te kom.
City Power sweis mangate toe, maar diรฉ manne maak steeds โn plan.
Ongelooflik! Die res van die land k@k om deur die week te kom, maar hierdie ouens bou ondergronds aan โn loopbaan so tussen die k@k deurโฆ
โn Spesiale rioolrower taakmag is ontplooi en het die volgende kommentaar vir Dik Wors nuus gehadโฆ๐

Fallโs best destinations are waiting
Mountain air, city lights or somewhere new? There's still time to make your fall plans take flight with Alaska Airlines. With hundreds of destinations, you can celebrate autumn to the fullest. See the fall foliage in Boston, sip cider in Seattle, or swap your flannel for a swimsuit and head to Hawaiโi.ย
With nonstop routes to over 100 cities across North America and beyond, getting to your fall destination is easier than ever. Whether you're chasing changing leaves or year-round sunshine, Alaskaโs growing network means more ways to reach where autumn is calling.ย
Fares at great prices, so it's easier than ever to say โyesโ to a getaway before the season's gone.
Subject to availability. Terms and conditions apply.
Hier kort ietsโฆโก
Na bewering het Shoprite in Brakpan op hul melkkartonne โn โOpen at Homeโ plakker bo-oor die bestaande โOpen Hereโ plakker moes plak.
Twee seuntjies gesels tydens pouse en een sรช:
โMy ma het my hierdie week al vyf keer โn pak slae gegee.โ
Sy maatjie antwoord:
โMyne het my slegs twee keer pak gegee. Die res beskou ek as aanrandingโฆโ
โWaarom is jy so vroeg by die huis?โ wil Janneman se ma by hom weet en hy sรช:
โJuffrou het my uit die klas gejaag.โ
โWaarom?โ vra sy ma.
Janneman: โSyโt gevra waarmee begin brood en toe sรช ek, โKorsieโ.โ
Klein Wesseltjie se ma betrap hom waar hy koekies uit die houer steel. Sy dog toe dis โn goeie idee om hom weer aan die Tien Gebooie te herinner en vra:
โAan watter gebod laat hierdie jou dink?โ
Wessel: โJy mag nie doodslaan nieโฆโ
Terwyl Mike se vrou vir โn week by haar ma kuier, hou hy lekker partytjie by die huis saam met sy pelle. Hy plak โn foto van vroulief bo-op sy โdartboardโ en almal wat haar raak gooi, kry โn โshotโ van sy duur Johnnie Walker Black Label.
Almal gooi raak, behalwe Mike.
Op โn stadium bel sy vrou om te hoor hoe dit met hom gaan en hy sรช ewe eerlikโฆ๐

Unify Your Teams and Tech Stack With HubSpot
Connect your customer data, teams, and tools without the hassle of complex integrations or lengthy setups. One easy platform gives marketing, sales, and service teams a unified customer view and the tools to turn it into growth.
Why HubSpot and what's new
โข Generate leads and automate marketing with Marketing Hub
โข Build your pipeline and close more deals with Sales Hub
โข Scale customer support and drive retention with Service Hub
โข Keep customer data clean, connected, and actionable with one, unified platform
Join 306,000+ in over 135 countries using HubSpot to grow their businesses.
See what a more connected approach to growth can do for you and your team. Get setup quickly and start checking off your hardest tasks.
Die ruiter in rat ๐ด
My ou skoolmaat, Stoney, stuur gister hierdie WhatsApp vir my:
โJis tjomma, ek lรช in die hospitaal. Ek het gaan perdry. Dis iets wat ek donkiejare laas gedoen het en gedink het dit is soos fietsry, mens klim maar net weer op en ry.
Dit was โn moerse fout. Ek het op daai perd geklim en baie stadig begin. Toe is dit โn bietjie vinniger en later nog vinniger.
Voor ek my kon kry, hol daai perd volspoed en hoe ek ook al probeer, ek kry hom net nie gestop nie. Dis toe dat ek my balans verloor en afdonner en my skouer uit sy potjie val.
Toe haak my bleddie voet ook nog vas en daai perd hou net aan hardloop. Hoe ek ook al skreeu en gil, ek kry hom net nie tot stilstand nie. Gelukkig het die Toys R Us se bestuurder tot my redding gekom.
Ps. Kom kuier by Parow se Netcare en bring asseblief brannas saam.โ ๐



Tired of news that feels like noise?
Every day, 4.5 million readers turn to 1440 for their factual news fix. We sift through 100+ sources to bring you a complete summary of politics, global events, business, and culture โ all in a brief 5-minute email. No spin. No slant. Just clarity.
ONS MOOI TAAL โ๏ธ
๐ Luister op YouTube

Ode aan Janneman โ๏ธ
Elke skrywer van grapboeke het daardie รฉรฉn gunsteling karakter aan wie hy wil hulde bring. Myne is โn knapie genaamd Janneman.
Hy is die laaitie wat Afrikaanse humor bevorder met kinderlike onskuld, wanneer hy vir tannie buurvrou gaan vra of hy nie maar haar skรชr kan leen nie, want sy ma wil nie dat hy met haar skรชr draad knip nie.
Dan is hy โn regte akteur en bekend daarvoor dat hy niksvermoedende onderwyseresse lekker kan โmanipuleerโ, soos die keer toe โn nuwe juffrou vir langer as โn week baie simpatiek met hom was, omdat hy gesรช het โpappa is in die tronk en mamma is innie hospitaalโ. Dit blyk toe later dat sy pa โn tronkbewaarder is en sy ma โn verpleegster.
Janneman is ook lief vir humor, soos blyk uit die keer dat hul hond, aldus hom, oral kort boodskappies in sy โsponsdoringsโ op die grasperk gelaat het, nadat daai hond hul Scrabble blokkies geรซet het.
Dan kan hy ook planne beraam om uit die moeilikheid te bly, soos die volgende sal illustreer:
Een oggend voor die klas begin wil die juffrou weet waarom hy so bekaf lyk en hy fluister:
โKan ek vir juffrou iets vra?โ
Juffrou: โNatuurlik ou seun, dis mos waarom ek hier is.โ
Janneman: โMag โn mens gestraf word vir iets wat jy nie gedoen het nie?โ
Juffrou: โNee Janneman, nooit ooit nie.โ
Janneman: โAi, dankie tog. Nou voel ek baie beter, Juffrouโฆโ ๐

Skoppende Skot ๐ฆ
Faan was nie eintlik die skerpste potlood in die pakkie nie, maar hy was eerlik en pligsgetrou. Toe dit duidelik word dat hy nie matriek sal maak nie, reรซl โn boer wat met Faan se suster getroud is, vir hom โn werk as rakpakker by die landboukoรถperasie.
Daar het Faan al die boere in die distrik leer ken en toe hy โn haelgeweer van sy oupa erf en by sy suster-hulle op die plaas toon dat hy โn uitstekende skut is, reรซl haar man dat hy by die plaaslike kleiduifskietklub kan aansluit. Nie lank nie en Faan is die klub se kampioen.
Nou is dit so dat die boere jaarliks groot skade gely het. Kolganse en tarentale het hul landerye verniel. Daarom was almal net te bly dat Faan toe โn passie vir wildevoรซljag ontwikkel en hy het vrye toegang gehad om op elke plaas te jag, behalwe op die plasie van die Skot, Dugall McKay.
Op โn dag vra Faan se suster dat hy vir haar โn fisant of patrys moet bring, want sy het โn nuwe pasteiresep wat sy graag wil uittoets.
Faan skiet toe โn fisant, maar iets gebeur en toe hy teen skemer half mank tuiskom, wil sy familie weet wat hom oorgekom het en Faan vertel:
โToe ek hierdie fisant in die lug skiet, loop neuk hy op ou McKay se grond neer, sodat ek deur die heining moet klim om hom te kry. En ek doen so, maar skielik kom hy agter โn bos uit en sรช dat dit sy fisant is, want dis sy grond.
Toe raak dit โn groot gestryery, tot ek vir hom sรช dat ek die fisant spesiaal vir ousus geskiet het en as hy my wil keer, skiet ek hom. Dis toe dat hy sรช ons moet die twis oplos, soos hulle dit doerie jare in Skotland gedoen het.
Ek vra hoe dit gedoen word en hy verduidelik dat ons wydsbeen voor mekaar moet staan en beurte maak om jou opponent in die knaters te skop. Amper soos โn Russiese klapkompetisie, maar vir โregteโ manne. Die verloorder is die ou wat eerste โhensopโ.
Ek dog toe, nou maar goed bliksem, kom ons kyk of jy โn man met staal pere is. Hy sรช toe dat die reรซls ook so werk dat die โtuisveldspelerโ eerste moet skop, en ek sรช dis reg. Toe skop hy.
Om te probeer verduidelik is nie moontlik nie... ek sien net ligte voor my flits en ek โpassโ uit van die pyn. Toe ek weer tot my sinne kom, sit McKay op โn miershoop en stop sy pyp, terwyl hy sรช:
โEk het mooi gedink oor die saak. Met jou wat na net een skop so lank bly lรช, gaan dit heeldag vat om diรฉ saak op te losโฆโโ ๐

Enige Dik Worse gemis?

Dik Wors se Nuusbrief Argief is die storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! ๐

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Vere, vere ons voel vere!
Maar pasop vir jou pereโฆ
Help ons taal en Projek Dik Wors voortleef deur stories te vertel by die braai.
Nooi almal uit en deel die gratis boek op WhatsApp ๐

Onthou altydโฆ
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors








