
Welkom (terug) by Dik Wors!
Waar daar ‘n wors is, is daar ‘n weg…
Na ’n lang vakansie sedert Desember laas jaar is Dik Wors weer op die kole, met meer as 70 000 mense op sosiale media wat nou elke week saam lag, en oor die 6 000 nuusbrief lesers.
Dit sê vir jou iets van Afrikaans!
Hierdie ding begin lyk nou van tollietjie wors na ‘n reuse braaipak. 😎
Maar soos met enige goeie braai: as die mense nie opdaag nie, bly die geselligheid koud.
Maak asb. hierdie epos oop elke week oop sodra Dik Wors jou inbox warm maak!
Stuur hom aan vir jou pelle, sodat hulle saam kan lag.
En as daar ’n advertensietjie binne is van ons nuwe borge, gee hom asb ’n kliek!
Dis daai OOPMAAK en KLIEK wat die wors laat draai en die kole warm hou, anders eindig ons dalk weer op met ‘n lang vakansie.
Vrydag is ons terug met die eerste volwaardige uitgawe.
Ontspan lekker hierdie Klein Saterdag, want jy het mos ‘n 👇

Dies ‘n… Diesel moerse probleem…🙁
Waneer inflasie tik rook, sit jy met amper R30 per liter.
As jy al in ‘n ordentlike fight was in jou lewe, sou jy een ding vinnig leer:
Slat eerste, en slat klaar!
Ons Suid Afrikaners is oor die algemeen nie die tipe wat k@k vat van kabouters nie…
Maar, as iemand vir 50 jaar lank skoor soek, is dit seker ons almal se skuld dat ons hulle toelaat? Wêreldwyd.
En as die Oranje-Man (nie van Orania, van Amerika) die dag besluit:
“Boetie, nou is dit ek en jy…”
Kan mens seker net hoop dis ‘n vinnige een en nie ‘n 12-rondte boksgeveg wat eindig in ‘n oorbytery nie.
Want sien… By die huis kan ons nog bly… Die bakkie kan staan…
Gryp die remote en werk remote.

Maar waneer die Spur vir jou nou net ‘n 100g steakie bedien vir dieselfde prys…
As jy vra vir ‘n kaassousie en die eerste ding wat die waiter sê is:
“Sekerlik, Meneer. Kontant? Of kan ons hom vir jou finansier.”
Dan weet jy die koei is deur die kerk!
Hou jou blokkie kaas by die Spar dop…
Ek hoop net ons skakel nie oor van gramme, na “per fyn ons” nie.
Wel, terwyl ons kan…
Stock op, maak groot vuur, skink ‘n lange en braai ‘n dikke.
Ons Afrikaners, AfriKaapses, Afrikaanses, en Affie-Pad-Affes…
Ons is yster en ons kan enige iets survive! 🦾

Kort, vinnige pompies…
Die enigste ding wat nog vinniger as die diesel pomp werk is my hartklop wanneer ek die rekening sien.
Ek het gedink doe gym is duur… toe begin ek diesel pomp.
Hulle sê jy moet jou bande pomp… ek sê jy moet jou salaris pomp.
Ek pomp nou net genoeg om by die volgende pomp uit te kom.
My pa kan toor…
Toe sy juffrou vir Jannie vra watter werk sy pa doen, sê hy dat sy pa ’n towenaar is, want hy saag mense middeldeur. Toe sy verbaas vra of hy al gesien het hoe sy pa dit doen, antwoord hy:
"Nee juffrou, maar in ons dorp het ek drie halfboeties en vier halfsussies."
Dié bra ken van…
Toe my Engelse oupa hierdie ondermaanse verlaat het, het hy vyf eksvroue en ’n weduwee agtergelaat. Hierdie ses dames beraadslaag toe en besluit om die volgende op sy grafsteen aan te bring:
"Here lies John. He never judged a bra by its colour, he used his hands to discover."
Wat jy dalk gemis het laas jaar 👇
7 November 2025
👉 LEES BRIEF 10 Van hoender braai, tot aai, aai daai AI.
14 November 2025
👉 LOER NA BRIEF 11 Rooi kaarte, rooi gesigte, spaghetti en kêffie koffie.
19 November 2025
👉 LAG BY BRIEF 12 Dis Klein Saterdag! Maak vuur soos Superman!
28 November 2025
👉 KYK IN BRIEF 13 Ons kinders en Wallis weetie waar die bal is!
Dis dit, en daai is daai… vir ons vinnige “comeback tour”.
Ons sien uit daarna om hierdie publikasie saam met julle te laat groei en om alle Afrikaanses weer te laat lag, om humor te gebruik om mense bymekaar te bring, en om uiteindelik ook ’n verskil te maak daar waar dit saak maak.
Van gemeenskapswerk tot projekte vir Afrikaanse kinders - Dit is waarheen ons oppad is.
Soos altyd begin alles met mense wat saamstaan en saam lag.
So deel gerus die wors met jou vriende, stuur hom aan, en bring nog ’n paar mense om die vuur. Almal kry die gratis grap boekie met die welkom brief.
Hoe meer ons is, hoe lekkerder lag ons.
Tot Vrydag 👉 Hou die gees gelig, die kole warm, en die stories aan die gang.
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors
