
Welkom by Dik Wors!
Is hopelik die eerste ding wat ‘n 250kg Nigeriese tik smokkelaar vir ou Julius in die tronk gaan sê…
Die wiel draai stadig… maar hy draai. En as hy uiteindelik by jou stop, bring hy gewoonlik presies terug wat jy self uitgedeel het 👉 met rente.
Nou staan ou Julius op die punt om die ander kant van die “revolusie” te ervaar…
Een met tralies, streng roosters… nie daai lekker braai soort nie.
Mens wonder net hoe dit gaan werk in die tronk: geen podium, geen skare om op te sweep nie… net ‘n paar manne wat nie baie beïndruk gaan wees met struggle-speeches voor ontbyt nie, en dan motorboat hulle sy board pap met sy kop.

En ironies genoeg, die enigste “outomatiese” ding daarbinne gaan waarskynlik die hek wees wat elke oggend agter hom toeslaan.
Ja… die wiel draai, en dis eintlik waar die storie nog beter raak.
Hy gaan die vonnis appelleer… maar kan nie die skuldigbevinding nie. So die hof het klaar gesê: Kry vir jou! Nou kla hy oor hoeveel.
Julius gaan nou na die ekstra groot hof toe en sê: “Vyf jaar is te veel.”
En daai hof kan moontlik terugkyk en sê: “Interessant… ons dink eintlik dit was te min.”
As die wiel van geregtigheid ‘n ordentlike Tiger Wheel & Tyre alignment paket gevat het, stap dié robbies daar uit met meer tronkstraf as waarmee hy ingestap het.
Die wiel draai nie net nie… hy het dalk ook ‘n lekker sin vir humor!

As jy hierdie op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit gratis by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan en 👇
Vandag is ons terug met die eerste volwaardige uitgawe sedert einde laasjaar.
En Dik Wors is hier om te bly!
Dis Vrydag, ou mater!
Gryp ‘n vriend, gryp ‘n vegan, maak ‘n groot vuur, en skink ‘n lang wa, want jy het mos ‘n 👇

Om te lag is die beste medisyne en daardie medisyne is daagliks beskikbaar! 🤣
Neem nou maar kinders!
Soveel kere is hul onskuld en naïwiteit skreeusnaaks:
Die dogtertjie draf skool toe, want sy's effens laat. Sy bid hardop:
"Liewe Jesus, laat ek seblief tog nie laat wees nie", maar haar voet hak vas en sy slaan neer.
Sy staan op, stof haar skoolklere af en smeer spoeg aan haar nerf af knie.
Toe begin sy weer draf, terwyl sy oor haar skouer sê:
"Liewe Jesus, moet asseblief net nie weer stoot nie, hoor."
Die ma betrap haar seuntjie, terwyl hy koekies uit die blik steel.
Sy besluit om eerder 'n lewensles te laat insink en sê:
"Kan mamma se groot seun nog die Tien Gebooie onthou?
Aan watter een van hulle laat dit jou NOU dink?"
Seuntjie: "Jy mag nie doodslaan nie."
Klein Jannie vra hul buurvrou: "Kan ek asseblief tannie se skêr leen?"
Buurvrou: "Sekerlik, Janneman. Maar het jou mamma dan nie een nie?"
Jannie: "Sy het tannie, maar ek mag nie daarmee draad knip nie."
Terwyl twee boere op die stoep sit en koffie drink, speel hul seuntjies onder 'n boom in die tuin. Klein Kosie spog:
"Ons plaas is so groot, as ons teen sonop by die huis wegry, kom ons eers skemeraand by die grensdraad" waarop sy maatjie antwoord:
"Ja, ek weet hoe dit voel. Ons het ook eens op 'n tyd so k@k bakkie gehad."
Die pa en sy dogtertjie loop in hul tuin en sien twee spinnekoppe, wat besig is om te paar.
Sy wil weet wat hulle doen en pa verduidelik.
Op haar vraag, watter soort spinnekoppe dit is, sê hy dat dit 'n Daddy Long Legs is.
Sy dink 'n rukkie en sê: "Dan is die onderste een mos 'n Mommy Long Legs."
Toe die pa egter sê dat dit ook 'n Daddy Long Legs is, trap sy die spinnekoppe dood, terwyl sy vererg sê:
"Ah nee ah! In dié tuin gebeur nie sulke goeters nie."

En dan oor die telefoon:
Vrou: "Dokter, my kind het 'n pen ingesluk! Wat moet ek doen?"
Dokter: "Gebruik 'n potlood."
Laat my dink aan 'n ander kêrel wat nie ambulans gery het nie, maar wel bus.
Voor hom sit 'n baie mooi verpleegster.
Hy dink toe, hy sal sy geluk probeer en sê:
"As hierdie bus 'n ongeluk maak en ek word beseer, sal jy my moet verpleeg," waarop sy antwoord:
"Dit sal 'n moerse besering moet wees! Ek werk in die kraamafdeling."
En Vrou bel die ambulansdiens (toe daar nog so iets was) en sê:
"Ek het my toon teen die koffietafel gestamp en dit ernstig beseer.
Stuur asseblief dringend 'n ambulans na Bothastraat no. 11," waarop die telefooniste antwoord: "Dame, jy skeer sekerlik die gek - 'n ambulans vir 'n toon wat gestamp is?"
Vrou: "Die ambulans is is vir my man! Hy wou nie ophou lag nie."


Ek stap die ander dag in die straat af dorp toe en ek sien hier is ‘n moerse EFF-betoging aan die gang, maar die polisie staam reeds voor die skool en is reg vir hulle.
Dis nie lank nie en die spannetjie storm op die polisie af en die Kaptein skree:
“Laat loop met die water!”
Die manne spuit die spannetjie papnat met daai groot waterkanonne, dat hulle eintlik gat oor kop agteroor val. Die hele storie is sopnat. Lyk soos ‘n pool party.
Nou stap hierdie EFF-betogers eers ‘n paar draaie, draai die water uit hulle rooi berette soos kombuislappe en maak hulleself weer bymekaar.
Net wal hulle nou weer lekker bymekaar is, skree Julius vir hulle wragtig weer om te storm.
Kaptein staan rustig teen die heining met sy Chesterfield: “Gooi die bomme!”
Daar laat waai die manne met die pepersproei-gewere en die traangas en hulle skiet die spannetjie deurmekaar dat hulle oë bloedrooi en geswel is. Daar hang eintlik so mis wolk bo die woondbuurt.
Die comrades steier-steier so agteruit en terug. Party neuk in ‘n boom of stropstraat paal vas. Hulle lyk nogal vir my soos hierdie zombies van Dawn of the Dead wat so sleepvoet loop. Hulle kan nie sien nie, hulle oë is geswel!
Maar wragtig skree Julius weer hulle moet storm. En daar storm hulle. Kyk, hy leer mos moeilik…
Teen dié tyd is die Kaptein lekker gatvol en hy gee die teken vir die riot squad om te laat loop, en daar kom hulle met die knuppels en die sambokke en hulle klim in met mening.
Hulle slaan hierdie klomp EFF gehuurde zombies dat die snot spat!
Dit is net houe wat val, left, right en center!
Meeste van hulle hardloop so entjie terug, maar nou, soos oudergewoonte, hulle is taai, hulle wil nie stop nie, en hulle kom weer by mekaar.
En daar gee Julius sommer weer die order vir hulle om te storm, en kyk, en nou is die Kaptein lekker gatvol.
Hy skiet daai Chesterfield toppie en hy skree: “Maak los die honde!”
Toe sy arm sak is die honde-eenheid se manne reg en hulle maak los die Alsatians!
Kyk… die honde klim in daai span EFF-betogers in asof dit Krismis lunch is!
Dit is net bloed en stront en hare en rooi berette en “Eina! Eina!”
Ek kyk die storie so en ek dog, laat eerder gaan hoor…
Ek sê vir hom: “Kaptein, jy kon mos al lankal die honde losgemaak het. Moes ‘n man nou deur al die k@k en drama gegaan het voor die tyd?”
Hy sê: “Ja seker so, Swaertjie. Maar jy verstaan nie lekker nie…
Dié honde van my… Dis baie fancy honde dié. Hulle eet nie sommer enige vleis nie.
Hulle smaak hom eers ordentlik ge-marinade, ge-spice en ge-tenderize! 🤣

Met projek Dik Wors probeer ons graag waarde toevoeg tot die lewens van ons lesers.
Gesonde liggame huisves gesonde geeste… en as jy lekker fiks is kan jy makliker keer vir jou wickets in die tronk.
As jou nuwejaarsvoornemings van braai, lawaai en… slaai… nog op ys is. 🍹
Hierdie bondel kennis is net vir jou! 🎁
The Energy Advantage is ‘n 3-deel klankreeks oor hoe om jou energie te beskerm, fokus te verbeter, en uitbranding te vermy.
Fitness Without Hustle is ‘n e-boek oor hoe om volhoubare fiksheidsgewoontes te bou vir ‘n besige lewe.
7 Fitness Myths Keeping High Performers Burned Out is ‘n kort gids om algemene fiksheidsfoute te breek.
The 3R Daily Reset System is ‘n eenvoudige raamwerk om fokus, energie en prestasie te verbeter.
Alles netjies in ‘n zip file 👇

Die probleem met ‘n tydskrif of koerant is dat…
Jy moet winkel toe om dit te koop.
As dit ‘n pot k@k is kan jy nie jou geld terug vra nie.
Jy mors bome.
Nuusbriewe is propvol vermaak en waarde.
Subscribe, en loer ‘n paar keer.
Die beste ding is: Dit kos niks, en as dit nie jou koppie tee is nie, kan jy dood eenvoudig 👉 UNSUBSCRIBE
Niks om te verloor!
Dik Wors beveel aan 👇
Jou vriend Lindy 😎
Ons almal ken ‘n Lindie of ‘n Lindy…
Maar nie soos die een nie!
Wil jy tot 10 ure per week spaar as e-pos slaaf en inbox slet?
Die meeste e-posse is herhalend en vereis nie regtig jou breinkrag nie, maar jy mors steeds tyd om dit te hanteer.
👉 Lindy AI neem jou inbox oor: dit lees, prioritiseer, skryf antwoorde in jou styl, en los net die belangrike besluite vir jou.
Wat vroeër ure gevat het, word nou minute.
Dieselfde inbox, maar baie minder werk.
Dis nie net optimalisering nie, dis die verwydering van onnodige werk.
👉 Gaan kuier GRATIS by Lindy en sien wat sy vir jou kan doen.
Wil jy tien onnodige ure per week sit en inbox stront sif?
Of eerder lekker ontspan met daai ekstra tyd en ‘n Dik Wors braai?
Spaar jouself ‘n week ‘n maand…
Wat jy dalk gemis het laas jaar 👇
7 November 2025
👉 LEES BRIEF 10 Van hoender braai, tot aai, aai daai AI.
14 November 2025
👉 LOER NA BRIEF 11 Rooi kaarte, rooi gesigte, spaghetti en kêffie koffie.
19 November 2025
👉 LAG BY BRIEF 12 Dis Klein Saterdag! Maak vuur soos Superman!
28 November 2025
👉 KYK IN BRIEF 13 Ons kinders en Wallis weetie waar die bal is!
Dis dit, en daai is daai!
Pappa wag vir Julius…
En dié Pappa gaan nou vuur aan steek. 😎
Geniet die naweek saam met mense wat saak maak.
Vertel hulle van Dik Wors.
Almal kry die gratis grap boekie met die welkom brief.
Hoe meer ons is, hoe lekkerder lag ons.
Tot volgende week, en onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors



