
Dis weer Vrydag, en tyd vir Dik Wors!
Hierdie week se nuus het gevoel soos ’n stand-up show wat handuit geruk het.
Politici belowe weer om alles “teen volgende kwartaal” reg te maak, ekonome waarsku ons oor goed wat klaar gebeur het, en êrens blameer ’n amptenaar ’n Eskom spreadsheet vir ’n moerse nasionale krisis.
Internasionaal lyk dit soos ’n groepstaak waar niemand die opdrag gelees het nie, maar almal hou steeds ’n aanbieding.
Plaaslik doen brandstofpryse weer hulle gym ding… Dit pomp en dit blaas op.
Kont en lank - Die nuus bewys dat selfvertroue deesdae belangriker as logika is.
Maar dis nou naweek en k@k met die res! 🔥😎
Tyd om weg te stap van die geraas, die lekker groot vuur aan te steek, ’n pel om die nek te gryp, ‘n maatjie vas te vat, en vas te druk…
Want as jy so avontuurlustig voel soos ’n vegan, gaan jy vanaand leer hoe lyk ’n braai sonder hoofgereg. Ten minste het jy nagereg… 😉
Gooi iets ordentlik op die kole, soos Woensdag se koue KFC, want al kan ons nie meer al dag daai prima vleis bekostig nie… hout en ys, jou gunsteling knertsie, vlamme, en lekker Afrikaanse stories het ons in oorvloed. 💪
Hou vas my bier dan vetel ek vir jou nog van hulle -

⛪ Vlugte van geloof
’n Non hik verskriklik, en Moeder Maria neem haar na die dokter.
Hy ondersoek haar vinnig en sê dat sy swanger is, waarop die non gillend en skreeuend uitstorm.
Die dokter paai ’n verwese Moeder Maria:
“Toemaar, Moeder, sy is glad nie swanger nie. Ek wou haar net groot laat skrik. Bel my as jy by die klooster kom. Haar hikkery behoort verby te wees.”
’n Paar minute later lui die dokter se foon.
“Dis Moeder Maria. Die non hik nie meer nie… Maar, Vader Julian is sopas dood. Hy het uit sy kamer op die vyfde vloer se ruit geduik!”
🍽️ Pastorie sous stories
’n Pragtige jong meisie kry werk in ’n klein dorpie.
Nêrens kry sy blyplek nie, en sy nader toe maar die kerk om te hoor of hulle dalk kan help. Die enigste manier hoe hulle kan, is dat sy ’n kamer in die pastorie moet huur.
Aangesien die dominee ook jonk en ongetroud is, onderneem Dekaan Daan om ’n ogie te hou. Hy reël dat hy en sy vrou sommer al die kos klaar sal voorberei en saambring na ’n verwelkomingsete in die pastorie.
So gesê, so gedaan - Dankie, Dekaan Daan.
En net so het ‘n die mooi jong nooi sommer dadelik lekker tuis gevoel.
Die volgende oggend bel die dominee vir Dekaan Daan om hom te bedank, maar skimp dat ’n baie, baie duur botteltjie ingevoerde Ferreira Rossouw sjokolade sous, voete gekry het na die nagereg.
Dis toe dat Dekaan Daan liggies snork en sê:
“Dominee, as jy laasnag in jou eie bed geslaap het, sou jy geweet het waar daai sous is…”
💌 Verlowingsplanne sonder brieke
Met haar verlowing is die Meraai wat stralend vir Gatiep sê:
“As ons getroud is, gaan ons vier kinders hê! Drie seuns en ’n dogtertjie.”
Toe Gatiep wil weet hoe sy so seker daarvan kan wees, sê sy:
“Ek het hulle alreeds! Hulle kom bly by ons.”
🔥 Wysheid so oud soos ou hout
Dis April-maand en die Kalahari Boesmans vra hulle nuwe stamhoof, Spaarwater Kruiper, of dit hierdie winter matig of koud gaan wees.
Omdat hy ’n moderne stamhoof is, het hy nooit die ou geheime geleer nie. Wanneer hy die lug bestudeer en snuif, kan hy nie eintlik voorspel hoe die winter gaan wees nie.
Hy besluit dus om veilig te speel en verklaar dat dit ’n koue winter gaan wees, en hulle moet begin brandhout bymekaar maak.
Na ’n paar dae stap hy na ’n telefoon hokkie op die dorp en bel die weerburo.
“Gaan die komende winter koud wees in die Kalahari?”
“Ja, dit lyk so,” kom die antwoord van die meteoroloog.
(Daai tyd het ons nog sulke manne gehad…)
Spaarwater is toe terug en sê hulle moet nóg hout bymekaar maak.
’n Week later bel hy weer.
“Lyk dit nog steeds na ’n baie koue winter?”
“Ja, dit gaan baie koud wees.”
Hy stuur hulle terug om elke stukkie hout op te tel wat hulle kan kry.
Na twee weke bel hy weer.
“Is julle heeltemal seker dit gaan baie koud wees?”
“Absoluut. Dit lyk al hoe meer na een van die koudste winters ooit.”
“Wat maak julle so seker?”
“Ons satellietfoto’s wys dat die Boesmans maak hout bymekaar laat die k@k spat! En hulle… is nooit verkeerd nie.”
Onthou jy hierdie classic! 🤣👇
As jy hierdie op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit gratis by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan en 👇
Loer asb na ons borge. Slegs ‘n kliek en ‘n kyk hou Dik Wors aan die gang. 👇
So luister, niks kan te tos wees as nagenoeg 4.7 miljoen mense dit geniet nie!
Naspers dra die lemoene aan by dié game…
Die 1440 is kwaliteit joernalistiek en leesstof.
Dik Wors beveel aan 👇
Koekeloer hom - SUBSCRIBE - lees ‘n paar digitale koerantjies op die troon…
En soos altyd kan jy UNSUBSCRIBE as jy nie smaak van wat hulle praat nie.
Spaar ‘n koerant, ‘n paar Rand, en red somer ook ‘n boom in die proses. 👇
Smart starts here.
You don't have to read everything — just the right thing. 1440's daily newsletter distills the day's biggest stories from 100+ sources into one quick, 5-minute read. It's the fastest way to stay sharp, sound informed, and actually understand what's happening in the world. Join 4.5 million readers who start their day the smart way.

Jan, Jan… jou bielie…
Op 16 April 1652 trek Jan van Riebeeck briek met die Reyger, die Teyger, en die Titanic. Hy stap aan wal by die Kaap, kyk rond en dink:
“Hier kort ’n tuin, ‘n paar versnapperings, ‘n wingerd, en miskien ’n bietjie orde. Dalk kan ek my kite hier vlieg met die Suid-Ooster wat elke dag so lekker pomp?
Man, ek is gatvol van skuite ry en katte skiet.
Ek wil leer vlieg. Maria se ou bekkie is elkgeval so gebars van die skeurbuik…
Gin mens kan met haar huis of fort hou nie…
Die tyd vir stokperdjies is nou, ou Janneman.
‘n Perd van ‘n ander kleur…
Nee, man. Staan jy net rustig da, Wolraad…”
Presies 374 jaar later, op 16 April 2026, sit ’n ander klontkop, kyk rond en probeer dink:
“Hier kort ek ’n nuwe plan, ‘n apél, en iemand anders om te blameer.”
Dis eintlik dieselfde storie, net verskillende eeue. Die een kom met sade en begin plant. Die ander kom met woorde en begin praat. Die een bou ’n fort en vlieg ‘n kite. Die ander bou ’n narratief en kan in sy moer loop vlieg.
Julius sê: Alles is jou skuld, Jan!
“Daai storie het ek al baie gehoor…”
Jan vat ‘n slukkie Kaapse wit, leun hy vorentoe en sê:
“Wat het jy vir Suid-Afrika gegee? ’n Mikrofoon sonder ‘n af knoppie… en goeie oefening vir ons mense se bloeddruk?”
Hy vat nog ’n teug en glimlag… hy mag mos, hy het druiwe gebring…
“Ek het ’n fort gebou. ‘n Land begin. Dis my storie.
Jy het ’n k@k storie begin wat nooit klaar kry nie…
Wat? Gaan vlieg, sê jy?
Hou vas my wyn dan kyk jy dié move…”

🥃 Brandewyn se Vyf Waarhede
Hoekom noem ons hom brandewyn?
Daai brandende begeerte om een te drink.
Daai brandende behoefte om dan te gaan party.
Daai brandende oë wat jy later het.
Daai brandende ore die volgende oggend as jou vrou jou uitkak.
Maar niks… niks kom by daai brandende bol die volgende oggend nie.
🚗 Slim Piet se nuwe bakkie
Piet kom aangery met ’n splinternuwe Toyota bakkie.
Koos vra: “Waar kry jy dit?”
Piet sê:
“Jy sal my nie glo nie! Sannie, die dogter van Tant Hannie, het dit vir my gegee! Ons het met dié netjiese bakkie in die bos ingery, toe trap sy briek by die rivier.
Sy trek al haar klere uit en sê vir my: Jy, jou lekker ding. Vat net wat jy wil.”
Koos se mond val wawyd oop soos ‘n vet kind by Krismis lunch en hy sê:
“Jislaaik, ou Piet!
Jy’s darem maar donners slim! Haar klere sou jou nooit gepas het nie.”
🐔 Haan met ’n lang plan
Elke oggend stap die trotse hoenderhaan die hok binne.
Saggies soen hy nege van die tien henne… mooi sonder tand of tong.
Maar by die tiende hennetjie… pluk hy ’n veer uit die gat kant.
So gaan dit dag vir dag aan.
Die dik gesoende henne is bly, maar die arme tiende enetjie lê sulke vaal, hartseer eiers.
Na twee weke het sy genoeg gehad en skree:
“Haannes!! Jy’s sommer hoenner kak!! Jy kom elke oggend hier ingestap en vry al die ander henne asof KFC gebel het en dit jou laaste kans is, maar by my kom pluk jy net ’n gatveer!? Jy het nie eens ‘n hoed nie!!
Haannes fluister saggies in haar oor:
“Vir jóú, Henrieka… wil ek graag kaalgat sien…
🍻 Waarheid van die glas
Hulle sê alkohol bring jou nêrens in die lewe…
Maar het jy al gesien waar is jy orals waneer jy gesuip is?

As jou kop kook en die ys is op… 🤯
Ons land se politiek en sy poepholle maak mens mal - Letterlik.
Sterk wees en geestesgesondheid is nou meer relevant as ooit te vore.
Ons het so baie ditte en datte wat van die kante af kom en maak dat ons elke dag net moet tande kners en sluk.
Dit werk in op ‘n ou, meestal sonder dat jy dit besef.
Dan wonder jy hoekom jy kronies moeg of gatvol voel, sonder “rede”…
‘n Mens kan dit nie altyd weg drink, weg braai, of afjak nie.
Wel, jy kan die eerste twee voluit doen… maar die ditte en datte gaan nie weg nie.
The Calm Code is ‘n 4-deel podcast-reeks wat jou sal maak so -

Dit help jou om stres te verminder en meer kalm te voel deur eenvoudige, wetenskaplik-bewyse metodes te gebruik.
Dit is ontwerp vir mense wat beter wil voel, helderder wil dink en elke dag klein stappe wil neem om hul liggaam en gemoed te verbeter.
The Calm Code is gratis.
Leer hoe om sterker te wees sodat jy Dik Wors braai en loop . 👇

Tolla sal jou vetel van👇
Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!
Van stoute nonne en pastorie kaskenades, tot Top Jan wat sê:
“Ek het dié tuin gemaak met niks. Ek sal jou wys hoe om in jou m*er te vlieg, Julius!”

Sien jou weer volgende week, my laggenoot! 😉
Geniet hierdie naweek saam met mense wat saak maak.
Kyk mooi na ons kinders, en leer hulle dat -
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors



