In partnership with

As jy hierdie op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit gratis by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan en 👇

Welkom by Dik Wors!

Dis weer Vrydag en jy weet wat dit beteken!

Tyd vir ’n bietjie waarheid, baie twak, en ’n kruiwa vol 🤣🤣🤣🤣

Vandag se stories begin soos baie goeie stories begin…

Met ‘n paar ou bokke, ’n plan, en net genoeg skelmstreke om dinge interessant te maak.

Ons filosofeer diep en ondersoek brandende stellings soos:

‘n ANC se minister van Polisie wat in ’n toespraak op televisie verklaar het dat kriminele minder misdaad pleeg nadat hulle geskiet is.

Of…

Dat dit die ou bedeling se skuld is dat ons te min water het. As hulle damme kleiner gebou het, was hulle nou voller…

Scrap dit…

Dink ons het ‘n beter kans om uit te vind of Jan Pierewiet al begin loop het, of staan hy nog stil…

Maak ‘n groot vuur, gooi ‘n lange, en braai ‘n dikke! 💪👇

Accio Work: Your Business, On Autopilot

Meet Accio Work, the agentic workspace designed to run your business operations end to end. From sourcing products and negotiating with suppliers to managing your store and launching marketing campaigns, Accio Work handles the execution so you don’t have to.

Powered by verified capabilities and deep integrations with business tools, it doesn’t just generate ideas, it takes action. Backed by Alibaba.com’s global supplier network and over 1B products, it seamlessly connects strategy to execution.

Stay in control while everything runs on autopilot.

Groepswoeps van grappe!👇

Gehoor van die graanboer wie ’n voëlverskrikker gemaak het wat net soos sy skoonma lyk? Volgens hom is die voëls nou so bang, hulle het verlede jaar se oes teruggebring.

Toe Jannie sy juffrou vertel dat hul hond ’n pakslae gekry het omdat hy hul Scrabble-blokkies opgeëet het, wil sy weet of hulle seker is dat dit die hond is wat dit gedoen het.

H"Ja juffrou! Hy het oral op die grasperk sulke kort boodskappies gelos."

Kallie wil by Mike weet waarom hy so snaaks loop en Mike sê:

"Dis my rug, man. Ek was gister innie stad en kom by een van daai hoë geboue.

Op die deur by die ingang staan ‘PUSH’ – wat ek toe doen.

In die voorportaal is daar toe ’n deur waarop staan ‘LIFT’ – net daar maak ek my rug seer."

Kallie en Mike stap in die veld en kom op drie handgranate af.

Mike sê:

"Hierdie is gevaarlike goeters. Kom ons neem dit na die polisie."

"Wat gebeur as een van die goed ontplof?" wil Kallie weet.

Mike antwoord:

"Dan sê ons vir hulle ons het net twee opgetel."

Laat een aand stop ’n polisieman ’n motor wat vir hom effens verdag uit die rigting van die dorp se kroeg aangery kom.

Hy sê vir die bestuurder:

"Jy weet seker waarom ek jou stop?" en die bestuurder antwoord:

"Jip, jy dink ek is dronk... en ja, ek kom van die kroeg af."

Polisieman: "Ek sê jou wat – dis al laat en my skof eindig oor ’n halfuur.

Ek’s nie lus om nou ’n klomp vorms in te vul en te reël dat jou bloed getrek word nie.

As jy vir my die ABC van agter af terug kan opsê, laat ek jou gaan."

Die motorbestuurder laat nie op hom wag nie. Hy laat waai vanaf ZYXWV en eindig foutloos met EDCBA.

Die polisieman is duidelik baie beïndruk en sê:

"Bliksem, ek kan dit nie eens nugter regkry nie," waarop die bestuurder antwoord:

"Ek ook nie..."

’n Non staan een oggend op en voel besonder gelukkig.

Op pad na die eetsaal groet sy haar mede-nonne ewe opgewek en vrolik, maar almal sê:

"Ek sien jy het vanoggend aan die verkeerde kant van die bed opgestaan."

Geleidelik neem haar opgewektheid af en later die oggend, toe moeder Maria dit ook sê, vra die non wat sy daarmee bedoel…

"Jy het vader Julius se skoene aan."

Die pasgetroude vroutjie gee vir haar man ’n bordjie en sê:

"Dis my eerste poging om appeltert te bak. Proe en sê my wat jy daarvan dink."

Hy neem ’n happie en sê: "Uhm... lekker, maar ek proe nie die appels nie."

Sy kap terug:

"Man, daar’s ook nie hond in dog biscuits nie!"

Vir al jou digitale gereedskap en kennis!👇

3,000+ AI tools. 1000+ prompts. All from one newsletter.

Most AI resources are scattered, untested, or buried behind a paywall.

The Shift puts it all in one free newsletter, covering what’s new, and what practically works under 5 minutes a day.

A vault of 3,000+ vetted tools so you’re never guessing. A 1000+ prompt library for every use case you’ll actually hit and free AI courses that make sure nothing stays theoretical.

Plus, right now, 3 subscribers win a free 1-year Claude Pro subscription just for signing up.

My oupa het onlangs dié se tyd met die ewige verwissel, en toe moet ek nog vir ouma loop haal op die plaas dat sy by ons kom bly, want sy kan nie alleen daar bly nie.

Kyk, die ou bliksem het ’n lang sterfbed gehad. Hy het ook meer sieker gelyk as wat hy nou regtig siek was.

Daai tyd het die mense mos nog gewaak by die siek mense.

Nou staan hulle om die bed, en die ou lê…

Die tande is nou hier in die glas langs die bed, dan lê die ou so vir die dak en kyk...

Later, toe die ou vrou nou sien dat dit nie meer lank gaan wees nie, toe het sy nou al die plaasmense, almal wat nou vriende gewees het, laat begin inbeweeg in die kamer in om nou te kom groet.

Hulle het nou in alle eerbied met die hoed voor die bors en die koppe af, al mooi om die muur af in ‘n kring om die bed gestaan.

En toe hulle nou almal binnekant is, toe druk sy nou vir oupa:

“Pappa, die mense is hier. Die mense kom groet vir jou...”

Die ou se oë vat so bietjie vonk, en hy kyk so rond en bont om die kamer, en hy sê: 👇

Geloof, geleentheid, en geletterdheid.

Twee vriende, ’n Engelse priester en ’n Joodse rabbi, besluit dat hulle genoeg gehad het van die stadslewe. Heel toevallig is daar ’n dorp op die platteland waar ’n behoefte aan beide se bediening is.

Hulle besluit om daarheen te verhuis en nuwe gemeentes te stig.

Die priester ontvang ’n vet tjek as afskeidsgeskenk van sy gemeente en hy gebruik daardie geld om ’n kleiner weergawe van hulle stadskapel op die dorpie te bou.

Die rabbi se gemeente sê totsiens met koek en tee. Dus moet hy sy spaargeldjies en ’n lening by die bank gebruik om ’n piepklein geboutjie as sinagoge op te rig.

Met die priester gaan dit voor die wind en sy gemeente groei. Met die rabbi se kudde kners dit. Daar is min lede en, uit die aard van die saak, is hulle bekend daarvoor dat hulle baie diep sakke het.

Toe dinge regtig sleg gaan, besluit die rabbi om by die priester te gaan kers opsteek en hy stap sommer een Maandagoggend oor na die Engelse kerk.

Die priester heet hom hartlik welkom en sê: “Ek is werklik bly dat jy kom kuier het. Vanoggend hardloop my dinge so effens deurmekaar, maar nou gaan ons twee eers koek en tee vat.

Een van die dames in die gemeente het juis ’n heerlike sjokoladekoek hier afgegee. Ek weet mos hoe lief is jy vir ’n ou soetdingetjie saam met jou tee.

Daarna moet jy saam met my in die bieghokkie gaan sit. Vandag se biegtyd strek van tien- tot twaalfuur en dan moet iemand aan diens wees.

Daar kom bieg gewoonlik baie mense ná ’n naweek en jy ken mos die gesegde dat mens moet skep as dit pap reën.

Ook moet jy asseblief vir my ’n groot guns doen. My neef uit Skotland toer hier in ons land. Hy arriveer elfuur met die trein en ek het belowe om hom persoonlik op die stasie te kom haal.

Sal jy asseblief dan so tien minute vir my by die bieghokkie instaan? Dis baie maklik – jy sal sien – hou net dop wat ek doen.

As ek en my neef terugkeer en biegtyd is verby, behoort die res van die dag aan ons. Ek het juis lekker skaaptjops en boerewors by die slaghuis bestel.

Ook reis ou Fergus nêrens sonder sy voorraad Skotse medisyne nie. En die man is lief vir braai en lekker eet!”

“Ek bly wees as jy die dag saam met ons wil geniet.”

So gesê, so gedaan. Die twee verskuif ’n rukkie later om lede van die Engelse gemeente se sondes te gaan aanhoor. In die bieghokkie vat hulle nog koek en tee.

Op die priester se vraag oor hoe dit met hom gaan, vertel die rabbi van sy probleme, waarop sy vriend sê: “Ou maat, wat jy nou gaan beleef, is die basis van my gemeente se sukses. Hou dus mooi dop hoe ek dit doen en gaan pas dit toe. Dit mag dalk jul finansiële reddingsboei wees.”

Juis op daardie oomblik is daar ’n geritsel in die hokkie langsaan. Die priester skuif die gordyntjie tussen die hokkies oop en sê deur die rottangskeiding: “As jy berou het oor iets, kan jy dit vir my vertel, my kind.”

’n Vrou sê vanaf die anderkant: “Vader, ek kom bieg. Ek het owerspel gepleeg.”

Priester: “Hoeveel keer, my kind?”

Vrou: “Drie keer, vader.”

Waarop die priester sê: “My kind, jou sondes is vergewe. Plaas R50 in die bussie by die uitgang. Gaan dan huis toe en moenie dit weer doen nie.”

’n Rukkie later is daar weer iemand, en weer is dit ’n dame wat kom bieg omdat sy owerspel gepleeg het.

Op die priester se vraag: “Hoeveel keer?” is die antwoord heel toevallig: “Drie keer, vader.”

Weer is die priester se antwoord: “My kind, jou sondes is vergewe. Plaas R50 in die bussie by die uitgang. Gaan dan huis toe en moenie dit weer doen nie.”

’n Rukkie later kyk die priester op sy horlosie en sê: “Ek sal moet wikkel. Fergus se trein is nou-nou op die stasie. Is jy seker jy sal regkom?”

Die rabbi beduie met ’n duim na bo dat hy gereed is en skink nog ’n koppie Rooibos. ’n Wyle gebeur daar niks, en toe is daar weer ’n geritsel in die hokkie langsaan.

Op die rabbi, alias priester, se uitnodiging bieg daar weer ’n vrou dat sy owerspel gepleeg het. Die rabbi vra hoeveel keer, en sy antwoord: “Een keer, vader.”

Die ou dink ’n oomblik en sê toe:

“My kind, jou sonde is vergewe.

Plaas R50 in die bussie by die uitgang. Gaan dan huis toe en doen dit nog twee keer.

Ons het hierdie week ’n special! Drie vir R50.”

Slow down aging at the biological level.

Aramore is a completely new approach to skincare—one that helps your body produce more NAD+, the vital co-enzyme responsible for our cellular health and how we age. 

See firmer, more radiant, more resilient skin in just 28 days. Get 20% off your first order with code NEWSLETTER20.

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!

Geniet die naweek saam met jou beste mense.

Hou die vuur en die stories aan die gang, en as jy genoeg rondry en wyd kyk…

Elke dorp het ‘n R50 special… 😉

Tot volgende week, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading