In partnership with

Welkom by Dik Wors!

Navi Pillay… Dis ‘n dame, en ‘n regter, het vandag op die ouderdom van 85 die Nobelprys vir Vrede gewen.

‘n Trotse Suid-Afrikaner wat internasionale erkenning kry vir haar werk met menseregte en geregtigheid.

Dis inderdaad iets om op trots te wees hierdie week.

Aan die anderkant, ons is nou so geslat met die peace prizes en world cups, die kabinet sal ‘n groter kabinet moet kry.

Of ‘n paar poepholle daar uitskop om spasie te maak…

Dis Vrydag!

Peace be upon you, my broe.

Nobel ‘n pel, maak ‘n groot vuur, en kom ons braai ‘n dik wors!🔥👇

The best in influencer marketing. And you’re invited.

Get ready for Return on Influence Festival '26. An entire day dedicated to influencer marketing with speakers running some of the best programs in the world. 

Already booked: 

  • Maya Shaff, ŌURA

  • Leah Walker, Adobe

  • Georgia Humphries, Stanley 1913

  • Tyler Vaught, Edelman

  • Josh Rangel, Ogilvy 

and many more to be announced soon…

It’s free, it’s online, and you’ll take away something you can apply to your job the very next day. Scout’s honor!

Kort jy perspektief?⚡

“Ai my lief, jy’s darem ‘n ongelooflike man,” sê die blonde nooi vir haar nuwe vriend.

“Ek ken jou nog net 3 weke maar is reeds 3 maande swanger.”

Die plan om hoenderbloed vir mense te gee, is laat vaar. Blykbaar maak dit mans te “cocky” en laat hulle kraai van plesier, terwyl vroue weer te maklik lê en dan vere voel.

“Ek moes eerder met die duiwel trou, hy sou ‘n beter man vir my wees,” sê die vrou kwaad en haar man antwoord:

“Dan het hulle jou tronk toe gestuur. Dit is onwettig om met bloedfamilie te trou.”

“Dié bedelaars kan my so bedonnerd maak,” sê ‘n dame vir haar vriendin, toe hulle verby een op die sypaadjie in Adderleystraat loop.

“Gister was Maandag. Ekke bring hom spesiaal ‘n moerse bord van Sondag se lunch. Vleis, rys en artappels…” 👇

Nvidia Is Worth Nearly 19 Times Every Silver Miner Combined

The whole silver mining industry is valued at about $0.29 trillion. Nvidia alone is worth $5.41 trillion. That's why modest inflows can send silver stocks sharply higher. Our research team's free report explains how the silver market really moves, and where the opportunity is now.

Moenie haastig op pad uit wees nie…

Twee broers, Charl en Chris, het van kindsbeen af dinge saamgedoen en toe hulle op hul oudag altwee wewenaars word, trek hulle na dieselfde ouetehuis. Daar het die twee op en wakker wewenaars sommer baie van die weduwees se vlamme weer wakker gemaak, maar ook baie tyd in mekaar se geselskap deurgebring.

Dan het die twee broers “memories” gedeel, asook sit en bespiegel oor die hiernamaals, veral of daar lewe ná die dood is, sal hulle mekaar weer sien, is daar seks en vele ander dinge. So besluit hulle toe op ‘n dag: Indien dit enigsins moontlik is, moet die een wie eerste sterf, terugkeer en vir die ander kom vertel hoe dit is.

Nie baie lank daarna nie, sterf Charl stil in sy slaap. Chris het nogal baie verlang en dikwels gewonder oor hul belofte aan mekaar, maar later begin vergeet daarvan.

Toe een nag droom hy en kan sweer dis Charl wat hom roep.

“Chris, is jy wakker? Dis Charl. Ek het nie my belofte vergeet nie, maar is so besig dat ek nou eers tyd kry. Hier begin my dag met seks. Na ontbyt is dit weer so. Dan bring ek die res van die oggend op die gholfbaan deur en het daar minstens twee keer seks.

Na middagete is dit minstens twee keer en dan weer gholfbaan toe. Daar is dit weer ‘n paar keer, voor ek huis toe gaan vir aandete. Ek moet sê, jy kan trots wees op jou ouboet wat deesdae so baie groen goeters eet. Ewenswel, na ete is dit weer seks, tot ek uitgeput aan die slaap raak en die volgende dag homself dan weer herhaal. Eet, seks, eet, seks... die heeldag lank.”

Toe sê Chris in sy slaap:

“Jissie Ouboet, dit klink rêrig lekker. Ek kan nie wag om jou daar in die hemel te sien nie!”

“Word wakker, boeta!” 👇

Pro Wrestling Win GIF by Looney Tunes

Why Your Moisturizer Stops Working 

As we age, our skin naturally loses collagen, elastin, hyaluronic acid, and barrier integrity. Powered by their age-reversing OS-01 Peptide™, OneSkin’s new OS-01 FACE RICH CREAM helps rebuild the structure that holds moisture in—delivering deep, lasting hydration and visible firmness, for resilient skin that keeps up with you.

KASIFLIX

KASIFLIX

Free movies delivered to your inbox!

ONS MOOI TAAL ✒️

911 🍺

Een Saterdagoggend, net na 10 uur, toe hy klaar gras gesny het, gaan sit ‘n natgeswete Reon met ‘n bier voor die TV en sê vir Ansa, sy vrou:

“Hier lig ek eers weer my gat na vanmiddag se rugby. Die swembad kan wag tot môre, dis in elk geval reeds te warm om vandag weer jou kop by die deur uit te steek.”

Ansa gee hom ‘n kwaai kyk en sê:

“Dan is dit seker weer net ‘n gesuipery die res van hierdie naweek. Jy moet die tekens reg lees. Hulle sê mos hoeka dis net ‘n alkoholis wat vir langer as ‘n dag aanmekaar kan drink... en dít is presies wat jy elke naweek hierdie laaste jaar al doen.

Juis daarom...” sê sy, terwyl sy ‘n opgevoude koerant op die tafeltjie langs haar vir hom aangee, “sál jy nóú dadelik hierdie nommer, wat in rooi omkring is, bel. So nie slaap jy van vandag af in die spaarkamer. Glo vir my, Van Rensburg, ek is doodernstig.”

Toe Ansa hom op sy van aanspreek, besef Reon: hierdie klein vroutjie is baie ernstig en hy lees die advertensie wat sy omkring het:

Is jy ‘n alkoholis? Ons kan help. Skakel: 488 9169.

Toe vat hy maar sy selfoon en skakel die nommer, terwyl Ansa sê:

“Sit hom op ‘speaker’, ek wil alles hoor.”

Die foon aan die anderkant lui skaars, voor hulle antwoord:

“Blue Bottle, how can I help?” en Reon sê:

“Ek skakel oor julle advertensie in vandag se koerant,” waarop die persoon reageer:

“Dit geld slegs vir ons drankwinkels in die Noordelike voorstede. Vir elke 3 bottels wat u koop, kry u een bottel gratis. Ons lewer ook af, indien u 2 of meer kiste koop.” 👇

Dit was die klavier 🎹

Annebi is ‘n fraaie en mollige musiekonderwyseres wat heimlik verlief is op Jaco, haar kollega en LO onderwyser. Op ‘n dag nooi sy hom om een aand by haar te kom eet en hy aanvaar die uitnodiging.

Toe hy dan ook daardie aand opdaag met twee bottels wyn en met ‘n knipoog sê:

“Ek was nie seker oor blomme of tjoklits nie, toe bring ek maar hierdie,”

wys sy na die ysbak op die buffet en sê:

“Uitstekende keuse, ons sal beslis nie uit voorraad raak nie.”

Toe hulle ‘n rukkie later gemaklik sit met ‘n glasie wyn, wys Jaco na haar klavier en sê:

“Amper maak ek my naam gat deur vir ons musiekjuffrou te vra of sy kan speel. Jy moet groot seblief vanaand vir my daai liedjie speel wat jy nou besig is om vir die kinders te leer. Ek weet dit het iets met reën te doen...” en Annebi antwoord:

“As jy praat van Beethoven se Storm, sal ek dit nou moet doen, want ek ken dit nie uit my kop nie en na ‘n derde glas wyn begin die note van die bladmusiek gewoonlik rondspring.”

Toe Annebi kort daarna begin speel, voel sy die ligte roering in haar maag en hoop maar daai windjie is nie haastig nie, want Jaco staan op hierdie stadium meegevoer langs die klavier. Op ‘n stadium moet sy vêr na die eenkant toe leun om die dramatiese note in die lied te speel... en dit is toe dat daai windjie met ‘n harde knal ontsnap.

As Jaco dit gehoor het, wys hy dit nie en versoek daarna nog ‘n paar liedjies. Daarna kuier en gesels hulle ‘n hond uit ‘n bos uit en eet eers veel later as beplan. Gemeet aan Jaco se vele komplimente en tweede porsie, weet Annebi sommer dat hy dit geniet.

Hy help haar afdek en daarna sit lê hulle elk op ‘n bank met ‘n likeurtjie, toe Jaco sê:

“Speel groot seblief weer vir my daai liedjie van die reën...” 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis?

Dik Wors se Nuusbrief Argief is die storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.

Bewaar die vrede by die huis, as jy kan.🔥💪

Net een ou krap in die braai. Die res skink en maak slaai.

Help ons taal en Projek Dik Wors voortleef deur stories te vertel by die braai.

Nooi almal uit en deel die gratis boek op WhatsApp 👇

Dik Wors Gratis Boek
Dik Wors Gratis Boek
111 Lekker Afrikaanse Grappe en Stuitige Vertellings reguit na jou inbox. Gryp 'n Dik Wors, want lekker lag kos niks!
$0.00 usd

Onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors