
Welkom by Dik Wors!
Die ANC het hierdie week ontdek dis nie genoeg om mense te hê wat vir jou wil stem nie. Jy moet hulle eers amptelik op die stembrief kry.
181 ANC-kandidate is van die plaaslike verkiesings se stembriewe uitgesluit omdat die party glo nie die nominasieproses reg afgehandel het nie.
181 mense! Dis amper soos om ’n troue te reël, die kos te bestel, die DJ te betaal en dan te vergeet om die bruid te nooi.
Slat my met ‘n pap snoek… As jy nie eers jou eie mense op die lys kan kry nie, hoe gaan jy die res van die land bestuur?
Laat ons eerder ‘n blaaskansie vat op Klein Saterdag.
Maak ‘n lekker vuur, bel ‘n pel, klap ‘n vegan en braai ‘n dik wors!
🍻🔥👇


|
Together with
|
The Inheritance You Leave Your Kids? Surprisingly Public |
|
|
What you leave your kids and grandkids doesn't stay private. |
|
What you had. Who received it. Filed with a court, open to anyone who looks. |
|
But there's one asset that stays off it. No bank, no brokerage, nobody to notify. |
|
And the best part? You can buy it inside your retirement account, tax-deferred and penalty-free. |
|
See what it is: |
| Read the Full Story |
Kort kort het jy ‘n ander storie… 🍻
“Janneman, het jy al jou skoolrapport gekry?” wil sy pa weet en hy antwoord:
“Ja pa, maar ek’t myne vir Henco geleen.”
“Vir wat leen jy jou rapport?”
“Want sy ma het by laasjaar se Halloween partytjie ge-brag ‘sy skrik vir niks’…”
Student: “Meneer, ek’s besig met my finalejaar sielkundeprojek. Sal u asseblief een vraag beantwoord?”
Man: “Sekerlik.”
Student: “As u vrou en u skoonma in ‘n tier se hok sou val, watter een sal u red?”
Man: “Die tier. Hulle is mos ‘n bedreigde spesie.”
Ouma Ralie gee ‘n lang, diep sug en toe oupa wil weet waarom, sê sy:
“Tegnologie is veronderstel om dinge makliker te maak, maar hier moet ek op my ou dag meer as twintig passwords onthou…” 👇

Stywe tang vir jou lang tand… 🦷
Groot Gert is ‘n reus van amper sewe voet en op die rugbyveld sukkel niemand met hierdie sterke derduiwel nie. Op ‘n dag kom hy by die dorp se tandarts en wil ‘n seer tand laat trek. Nadat die tandarts sy inspeksie gedoen het, sê hy:
“Jip, hy sal moet uit. Ek gaan hom gou vinnig doodspuit en dan wag ons ‘n rukkie tot die verdowing inskop. Daarna is dit tjoef tjaf en hy is uit.”
Dit is toe dat daai reuse man ‘n angsaanval kry. Die sweet slaan op sy voorkop uit, terwyl hy met ‘n bewerige stem, maar baie beslis, vir die tandarts sê:
“Nee dokter, ek het ‘n heilige vrees vir ‘n spuitnaald. Trek hom eerder lewendig, maar nie ‘n spuit naby my nie,” en die tandarts sê:
“In daardie geval kan ek laggas gebruik.”
“Nou hoe werk dit?” wil Gert weet.
Tandarts: “Ek sit hierdie masker op jou gesig en...” maar Gert stop hom:
“Nee, dokkie, ek ly aan enttevrees, oftewel ‘claustrophobia’, soos die Engelse sê. Ek sal nie oorleef met ‘n masker nie.”
“Pille?” wil die arts weet en toe Gert instemmend knik, haal hy twee blou pilletjies uit ‘n laai. Nadat Gert dit gesluk het, wil hy by die arts weet watter soort pynpil dit was en hy antwoord:
“Dit was nie pynpille nie, dis Viagra.”
Gert: “Nou hoe de hel help Viagra teen pyn?” 👇

Silver Has Beaten Gold Before. It's Doing It Again.
From 1974 to 1987, silver more than doubled gold's returns. After 2008, it beat gold five-fold in three years. Since March 2020, silver is up 402% against gold's 186%. Our research team's free playbook explains why, and how the team would position.
ONS MOOI TAAL ✒️

Geskool by die Sondagskool ⛪
Die fraaie, maar effens oorgewig Betsie was die enigste musiekonderwyseres by die skool op ‘n klein dorpie. Op ouderdom 49 was sy sterk op pad om ‘n oujongnooi te word, want op so ‘n klein dorpie is daar maar min hubare mans.
Toe hul enigste predikant, dominee Gerrit, se vrou in haar middeljare oorlede is aan kanker, was hierdie aantreklike man dadelik in haar visier. Terselfde tyd het tant Karlien se artritis na vele jare as die kerk se orrelis vir haar genoodsaak om op te hou speel.
Betsie was dadelik beskikbaar. So sou sy darem meer kontak met dominee Gerrit kon hê.
Nie lank daarna nie ontstaan ‘n tekort aan leerkragte by die Sondagskool en wéér is Betsie se hand eerste op, want Gerrit moet darem mos sien dat sy die leë plek in die pastorie met gemak sal vul. Sy reël selfs vir ‘n klavier en die 8 tot 10 jariges geniet werklik hul lessies op Sondae.
So gebeur dit dat dominee Gerrit vir sy jaarlikse verslag aan die gemeente een Sondag vir Betsie moet evalueer. Hy gaan sit agter in die klas en sing lustig saam met die kleintjies. Daarna begin Betsie om haar les te gee:
“Kinders, as ek al my besittings verkoop en die geld vir die kerk gee, sal ek daarvoor hemel toe gaan?”
“Neeeeeee juffrou,” kom die antwoord.
“En as ek die kerk stofsuig en die banke politoer gee, sal ek dan hemel toe gaan?”
Weer is dit ‘n besliste “Neeee,” en toe wil Betsie weet:
“Sal dit dalk help om in die hemel te kom, as ek die grasperk sny en al die onkruid in die tuin uittrek?”
Nadat die klassie weereens luidkeels “Nee” geskree het, steek Frikkie, kleinseun van oom Groot Freek, sy hand op.
“Ja Frikkie...?” vra sy en Frikkie laat waai:
“Juffrou, al daai goeters help niks!” 👇

Free email without sacrificing your privacy
Gmail tracks you. Proton doesn’t. Get private email that puts your data — and your privacy — first.
Die telegram-m-m… 💌
Toe die Wêreldoorlog verby is, moet ‘n groot groep Suid-Afrikaanse soldate in Italië eers wag vir ‘n skip om hulle huis toe te bring. Die oorlog was lank en die signorinas is tog so oulik. Saans is die kuierplekke stampvol en die “nuwe” liefdes blom behoorlik. Toe daar uiteindelik ‘n skip beskikbaar is, was die afskeid maar swaar.
Terwyl die manne in ‘n lang linie wag om met die loopplank aan boord te gaan, is daar byna net soveel signorinas wat kom afskeid neem as wat daar soldate is. Een so ‘n paartjie is ‘n fris boerklong genaamd Bart, en ‘n welbedeelde signorina, Sophia.
Toe dit Bart se beurt by die loopplank se punt is, fluister ‘n betraande Sophia in sy oor dat sy swanger is met sy kind.
Bart skrik hom buite weste. Hy is die erfgenaam van ‘n familieplaas en sy ouers is ware kerkmense. Onder geen omstandighede mag hulle hiervan weet nie. Vandag moet die uitdrukking ‘What happens in Rome…’ letterlik hier op die kaai onder die skip realiseer. Daarby bulder ou Sammajoor Spoegies ook nog aanhoudend dat hulle moet vinniger beweeg. Dus sê hy haastig:
“Ek sal vir jou en die baba sorg en gereeld geld stuur. Laat ek net eers alles by die huis gaan uitsorteer.”
Toe sy vra hoe hy gaan weet as die kind gebore is, sê hy:
“Stuur ‘n telegram... maar moenie die woorde kind, seun, dogter of selfs gebore daarin gebruik nie. In my tuisdorp is mense lief om te skinder.”
Daar is net kans vir ‘n vinnige soentjie en Bart is op die loopplank.
Terug in Suid-Afrika op hul familieplaas begin dinge langsamerhand verbeter na die oorlog en Bart werk hom oor ‘n mik, aangesien dit help om sy gedagtes af te lei van sy komende vaderskap. Dan was hy ook aangenaam verras om te sien tot watter pragtige jong meisie hul buurman se dogter tydens die oorlogjare ontwikkel het...
Maar op ‘n dag toe hy en sy ouers aansit vir middagete, gee sy ma vir hom ‘n aardige telegram wat sy pa daardie oggend by die poskantoor gekry het… 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis?

Dik Wors se Nuusbrief Argief is die storie en stront praat stoorkamer waarop jy altyd kan staatmaak vir jou volgende braai of seremonie se vermaak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir Klein Saterdag.
As jy nie lus is vir braai nie, maak spaghetti… 💪
Help ons taal en Projek Dik Wors voortleef deur stories te vertel by die braai.
Nooi almal uit en deel die gratis boek op WhatsApp 👇

Soos ek al heel jaar sê…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors






