
As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!
Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇
Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇
Welkom by Dik Wors!
Suid-Afrika het hierdie week bewys dat ons skop gat en kan ons self vir terselfdetyd vir 'n gat vat.
Bafana Banana het gister in Meksiko geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer in 'n Wêreldbeker uitklopronde te kwalifiseer.
Thapelo Maseko (Maseko is nou die Kaapse woord vir Meksiko…) se goal teen Suid-Korea het 'n hele nasie laat dans en Ramaphosa het op X gepost asof hy self die bal geskop het.
Vir die eerste helfte het ons manne probeer om die bal in die goalie se keelgat af te skop… dis nou as 'n professionele sportman die bal nie sommer heeltemal mis skop nie…
In ons land moet mense mos "kleurblind" wees… so as die goalie 'n groen trui op die groen gras aan het… kan ons manne hom net nie sien nie en skop hom heeltyd raak.
Nietemin, 'n game is 'n game, en 'n wen is 'n wen.
As jy tacos en tequila na 'n sirkus toe vat, is dit altyd lekker.
Bafana Banana… Julle is weer ge-upgrade na Bafana Bafana! 💪
En terwyl jy doen, steek 'n groot vuur aan en ontvries 'n dik wors!
Laat daar lag wees! 👇

What if your AI assistant had access to Ahrefs?
Agent A by Ahrefs can analyze competitors, uncover content gaps, monitor brand visibility across AI platforms, and help execute marketing tasks using Ahrefs data.
Spend less time prompting and more time shipping.
See it in action at ahrefs.com/agent-a.

As jy kort skop moet jy raak skop ⚽👇
Oom Thinus, tagtig jaar oud, drink 'n bier in die kroeg toe 'n aanvallige nooi styf teen hom kom staan en in sy oor fluister:
"Vir R300 doen ek alles wat jy sê."
Oom Thinus dink eers 'n rukkie, voor hy R300 uit sy beursie haal en sê:
"Gaan verf my huis."
'n Man kom by Binnelandse Sake en wil sy van verander.
Die klerk agter die toonbank vra wat sy van is en hy sê Nis.
"Maar dis dan so mooi van! Waarom wil u dit verander?" vra sy en hy antwoord:
"Bel my werk en vra om met meneer Nis te praat."
Die klerk bel die nommer, wat hy vir haar gee en vra vir meneer Nis, waarop die telefoniste sê:
"Sekerlik. Wil u met meneer A. Nis of met meneer P. Nis praat?"
John en sy tweelingbroer, David, gaan drink 'n vinnige biertjie in die kroeg.
Oorkant hulle sit Oom Kallie, wat baie duidelik al vèr voor in die koor is.
Hy staar na hulle, skud sy kop en vat 'n lang sluk bier.
Dan kyk hy weer, skud weer sy kop en neem weer 'n sluk.
So hou dit 'n hele ruk aan. Later staan John op en loop tot by hom:
"U sien nie verkeerd nie. Ons is 'n identiese tweeling."
Dis toe dat Oom Kallie sê:
"Wat! Al vier van julle?!"
Klein Ronnie wil by sy ma weet:
"Hoe oud is mamma?"
Ma: "Dis privaat, seun. 'n Mens vra nooit vir 'n dame hoe oud sy is of hoeveel sy weeg nie."
Ronnie: "Waarom het mamma van pappa geskei?"
Ma: "Ag, my seun, dis 'n lang storie. Eendag sal jy verstaan."
Toe Ronnie dit die volgende dag vir sy maatjie vertel, sê hy:
"Dis maklik man, kyk net op haar ID of drivers license. Alles is daarop."
Daardie aand, terwyl sy ma kos maak, gaan Ronnie agter haar rug deur haar handsak en kry haar ID in haar beursie. Gewapen met sy nuwe inligting en bewyse, tik hy sy ma op die skouer.
"Ek weet tog hoe oud mamma is."
Ma: "Nou maar goed, speurder Ronald. Hoe oud is ek?"
Ronnie: "Mamma is 34 jaar oud. En ek weet waarom jy en pappa geskei is."
Ma, half uit die veld geslaan:
"Nou maar goed, laat ek hoor..." 👇

Borsel jou hondjie 🐕🦺
Hans is ‘n jong sielkunde-student en moet sy tesis skryf.
Hy besoek 'n groot psigiatriese inrigting, waar hy toestemming kry om met die pasiënte te gesels.
Die eerste ou wat hy raakloop, sleep 'n tandeborsel aan 'n toutjie.
Hans kyk hom skeef: "Dis 'n oulike hondjie. Wat is sy naam?"
Pasiënt: "Jy's seker blind, anders sou jy mos sien dis 'n tandeborsel aan die tou se punt."
Aa, dink Hans. Hier het ek my eerste bewys dat so baie mense heeltemal onnodig in inrigtings geplaas word.
So kap Hans die pad verder in die groot gang af.
Dis toe dat die pasiënt met 'n kekkellaggie afbuk en die tandeborsel optel, terwyl hy fluister 👇


Cut Through Noise with The Flyover!

One Email with ALL the News
Ditch the Mainstream Bias
Quick, informative news that cuts through noise.
ONS MOOI TAAL ✒️
Toemaar die Donker Man deur Ingrid Jonker
Gesing hier deur 👉 Laurika Rauch
Op die groen voetpad
Van die horison vêr
Om die aarde skat,
Stap ‘n ou man wat
‘n Oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
Jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
En ‘n rug gebuk aan sy jare.
Nie perde koop nie 💍
Frikkie bring een aand na werk 'n jong kollega saam huis toe vir aandete, sonder om vooraf met sy vrou te reël.
Toe vroulief besef wat aan die gang is, ontplof sy omtrent:
"Is jy bedonnerd in jou kop?! Ek jaag heeldag op en af vir jou en die kinders!
Hulle moet nog hul huiswerk ook doen.
Die eetkamertafel is vol wasgoed, wat opgevou moet word.
Gister se skottelgoed lê nog net so in die wasbak en een van die honde het in ons badkamer ‘n kat geskiet.
Wat de hel dink jy is ek? Superman?
Daarby ken ek nie eens die man nie. Kyk hoe lyk my hare!"
Dis toe wat Frikkie sê:
"Toemaar, my skat. Ek sal vir ons take aways laat aflewer.
Hierdie is Ben Greeff.
Hy is nuut by ons firma.
Ben het my vertel dat hy dink aan trou.
Ek het net vir hom 'n demo belowe…”

Flip, Flippie… 🩻
Flippie kom een aand na werk, laggend by die kroeg in en sê:
"Manne, nou het ek my amper dood gelag.
Op pad hierheen, vat ek kortpad deur die begraafplaas.
Twee tannies keer my voor en vra of ek saam met hulle sal stap.
Hulle is laat vir 'n vergadering by die pastorie en omdat dit al skemer raak, is hulle maar skrikkerig daar tussen die grafte.
Dis toe dat ek vir hulle sê:
Ja, ek was ook maar skrikkerig toe ek nog gelewe het.
Ek sal maar môre die een se hoed en die ander se skoene, wat ek opgetel het, by die pastorie loop afgee."

Bad news is good business. We never bought in.
Every morning, financial news follows the same script. Headlines panic, coverage catastrophises, and somewhere inside the noise is the story that actually matters — the one that tells you where the opportunity sits, not just where the fear is pointing.
Most sources have stopped looking. The alarm is easier to sell.
The Daily Upside was created by Wall Street insiders for readers who crave real insight over recycled anxiety. Five minutes of global business and finance, before the noise sets the agenda — just the facts, context, and analysis your decisions need.
Join 1M readers — including managing directors and principals at some of Wall Street’s largest institutions — who trust The Daily Upside to filter through the chaos.
The upsides are always there. We’ll find them before breakfast.

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇


Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!
Geniet die naweek vol goeie vibes!
Tot volgende week, en onthou…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors





