
As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!
Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇
Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇
Welkom by Dik Wors!
Dis weer sulke tyd!
Die Bokke is terug en skop Saterdag 3pm af teen die Barbarians.
Nou het ons weer ordentlike verskonings vir Dik Worse braai en lang doppe skink.
Gryp daai rooster, maak vol die ysbak, bel ‘n pel, klap ‘n vegan en maak soos die kaptein sê… 👇

Why Gilded Age New York Private Clubs Are Trending
Manhattan’s private-club scene has experienced vertiginous growth. Mario Carbone launched a Hudson Yards joint, ZZ’s Club, in 2023; chef Jean-Georges Vongerichten descended upon the Meatpacking District to open a point-one-percent-filled catacomb, Chez Margaux; and Sunset Tower proprietor Jeff Klein descended upon the city last year to open one of his San Vicente clubs in the former Jane Hotel. As the new guard of hospitality impresarios dot the Big Apple with high-priced venues and piles of zucchini chips, blueblooded New York institutions such as the Union Club, the University Club, the Knickerbocker Club, and the Racquet & Tennis Club haven’t ceded their ground. A growing number of the city’s twenty- and thirty-something men are flocking to the old-world clubs, joining the older guard in the locker rooms.
Read the article for free on Air Mail, a lively digital read for the world citizen written by some of the world's finest journalists.

Bok, bok staan kort👇
Dokter Danie kom die weer spreekkamer binne kort nadat hy die blondine ondersoek het.
"Wel, ek dink dat “baie geluk” is in orde. Jy is swanger. Dis 'n tweeling!"
Net daar begin blondie snot en trane huil.
"Nou waarom so hartseer? Ek dog dan dit is goeie nuus."
"Dit is goeie nuus, Dokter. Ek huil omdat ek nie weet wie die tweede baba se pa is nie!"
"Ish ha’ pikkewyne in die se dorp?" hoor die manne by die klien, Karoo dorpie se polisiestasie, en almal kyk op.
“My magtig, Gammat! Dis 11 uur in die oggend. Ons is 400 kilometer van die see af en hier is nie een blêddie dieretuin nie. So, nee, daar is nie pikkewyne in dié drop nie."
“Sershhant… dan op wat se rug het ek gery tot hie’?”
“Dis net hier vandag waar die k@k ent kry,” sê die Kaptein terwyl hy opstaan.
“Waar gaan Kaptein nou?” vra ‘n jong konstabel.
“Vir die Susters laat weet dat niemand loop weer in dié drop in tradisionele gewaad verby die brug, die bar, die bottelstoor, of naweke na vyf verby die rugbyklub nie!”
Dominee Attie word verkies as president van die gholfklub.
Die lede besluit om hom 'n poets te bak en laat druk Varkwagter op sy ledekaartjie.
Die manne kuier na die tyd lekker jolig by die 19de gat.
Tydens sy toespraak by die inhuldiging hou Attie sy kaartjie uit en sluit af:
"Gesondheid, manne. Ek het al die tyd gedink ek is 'n herder van skape, maar nou sien ek ons lede ken hulself beter as ek…"
Toe Karel by sy laaitie wil weet hoe hy aan die flatscreen in sy kamer kom, sê klein Kallie:
"Ek het dit gekoop met my hiking-geld, pa."
Karel: "Hiking-geld? Wat de hel is dit nogal?"
Kallie: "Elke week wanneer pa gholf speel en oom John hier by ma kom kuier, gee hy vir my R100 en sê:
“Here you go, Boetie. Take a hike!”
Gatiep sit lekker en gis op ‘n kis by die dop shop in Parow en bedel sente by die kliënte wat daar in en uit rol heel Saterdag oggend.
Twee Valies wat besig is om hulle GP bakkie vol dop te laai is redelik benoud.
Die een gewaar vir Gatiep en stap vinnig nader met ‘n R100 uigestrek -
"Ons is laat! Wat is die vinnigste manier om nou by Nuweland uit te kom.?"
"Ry djy… of loop djy?" vra Gatiep terwyl hy met blink ogies die R100 gryp.
"Natuurlik ry ons, man!"
Gatiep kyk sy vars nuwe “papsak” so teen die lug en dink diep…👇

Noodlanding ✈️
'n Privaat vliegtuig ontwikkel enjinprobleme oor die Stille Oseaan.
Die kaptein doen egter 'n suksesvolle noodlanding op die water en swem alaml oor na 'n afgeleë eilandjie.
Nadat al die passasiers veilig op moeder aarde is, hou hulle 'n indaba.
Die kaptein deel hulle mee:
"Ons sal beslis oorleef, maar die kans dat ons gevind gaan word is redelik skraal. Volgens my kaart is hierdie eiland baie vêr van die normale vlugroetes af."
Toe onderbreek 'n fris man met nat vellies, wat besig is om sy knopieshemp uit te droog, met ‘n “Ha” en deur 'n pakkie banknote omhoog hou…
"Kaptein! Moenie warrie nie. Hulle sal ons vind.
Ek het vergeet om hierdie geld vir my vrou te gee.
Dis vir ons rekening by Goldstein & Leibowitz Prokereurs… 👇


The best HR advice comes from those in the trenches. That’s what this is: real-world HR insights delivered in a newsletter from Hebba Youssef, a Chief People Officer who’s been there. Practical, real strategies with a dash of humor. Because HR shouldn’t be thankless—and you shouldn’t be alone in it.
ONS MOOI TAAL ✒️
Uit Waterblommetjies deur Anton Goosen.
Daardie wind waai weer by my voordeur in
En hy maak my hart mos aan die sing
Dis lekker om die Kaap weer dag te sê.
VanHunks het al sy pyp gestop
Tafelberg se hoed is op
En die bergies begin al huis se kant toe staan
Groenpunt-toring knip sy oog
Die Suid-Oos maak so ‘n wye boog
En De Waalpad help jou as jy huistoe gaan.
Die “Lesbian” 🍺🍷
‘n Deftige stadsnooi kom sit langs Oom Gert in die Royal Hotel.
Sy bestel ‘n wyntjie en kyk vir Oom Gert op en af.
"Wat is dit met Meneer se snaakse uitrusting? Wat doen Meneer?"
Oom Gert: "Ek's my lewe lank 'n plaasboer. En jy, juffrou?"
"Ek's 'n psigiater. Ek konsulteer by die plaaslike hospitaal hierdie week."
“Sie… gie… haater?” frons Oom Gert.
“Kop dokter,” glimlag sy.
“Is daar ‘n Meneer Dokter?” wil Oom Gert weet.
“Nee, ek is ‘n lesbian,” sê sy trots met haar wyn
"Nou wat vir 'n ding is 'n lesbian?" vra oom Gert, en sy sê:
"Ek dink gedurig aan vroumense. Vandat ek soggens my oë oopmaak tot ek vanaand gaan slaap. En snags droom ek selfs van hulle."
‘n Spiekerish jong stadskêrel kom sit aan die ander kant van oom Gert en bestel ‘n duur whisky.
“Ook ‘n kop dokter op toer?” vra Oom Gert.
"Net so. Is oom 'n plaasboer?"
Oom Gert loer diep binne in sy dop…
"Tot so vyf minute gelede het ek ook so gedink…👇




Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius
Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇
Dis dit, en daai is daai vir hierdie week!
Geniet die Bokke en span uit saam met mense wat saakmaak.
Tot volgende week, en onthou…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors







