Sponsored by

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aangestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Dik Wors Gratis Boek
Dik Wors Gratis Boek
111 Lekker Afrikaanse Grappe en Stuitige Vertellings reguit na jou inbox. Gryp 'n Dik Wors, want lekker lag kos niks!
$0.00 usd

Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇

Welkom by Dik Wors!

Klein Saterdag is hier en die Bokke se grootste toets van die jaar wag vir hulle Saterdag by Ellis Park. Ons sal moet begin opwarm, sommer vandag al!

Die All Blacks het laas naweek die Bulle met 50 - 19 by Loftus vermorsel. Die swart gevaar het agt drieë gedruk en dit duidelik gemaak dat hulle appels te skil het en koeie te slag het in Suid Afrika.

Steek ‘n groot vuur aan en skink ‘n yskoue.

Bel ‘n pel wat ken van, en maak dit lekker! 👇

Short on cash? Get up to $750, no credit check.

Is payday still a few days away, but the bills aren't waiting? We've all been there. That's why there's Klover — a cash advance of up to $750* from your upcoming paycheck, with no credit check and no late fees. Ever.

Cash in 3 Easy Steps

  • Sign up — Creating your Klover account takes just minutes.

  • Link your bank — Securely connect the account where your paycheck lands.

  • Get your cash — Access up to $750* within minutes for a small fee, or wait 3 days and get it for free.

No credit check. No late fees. No catch — just a little breathing room until payday.

*Not all users will qualify. Advances range from $25–$750; average advance is $170. Express transfer fees may apply.

Mike se 📦

Kallie het vir Mike belowe dat hy met sy bakkie sal kom help om sy meubels aan te ry, toe Mike moet verhuis. Hy draai egter vas en bel Mike:

"Tjomma, ek gaan eers oor 'n uur daar by jou wees. Dra solank al die bokse en kleiner losgoed tot op die sypaadjie."

Mike doen dit en terwyl hy daarmee besig is, kom 'n skollie verby en gryp 'n boks.

Mike sit hom agterna met ‘n snot skoot en vang hom aan die kraag. Dit was nog in die goeie tye toe die howe en die polisie hul jobs ordentlike gedoen het.

Binne 'n week verskyn die skollie in die hof.

Mike is die klaer en die staat se getuie. Hy staan in die getuiebank en die skollie in die beskuldigdebank, terwyl die boks, wat dien as bewysstuk, daar naby op 'n tafel staan.

Die Magistraat roep orde en vra aan Mike:

"Meneer, herken jy die doos?" 👇

Amy hou mooi kop🕴️

Die blonde Amy is 'n begrafnisondernemer en op 'n dag arriveer daar 'n lyk van 'n man, wat geklee is in 'n baie duur en deftige swart snyerspak.

Toe sy weduwee later opdaag om al die papierwerk af te handel, vra Amy:

"Moet ons hom in die pak wat hy aanhet, begrawe?"

"Nee," sê die weduwee, "my man het altyd so goed in blou gelyk. Trek vir hom asseblief 'n blou pak aan. Hier is 'n blank tjek, maak nie saak wat dit kos nie."

Twee dae later toe die familie die lyk vir oulaas kom besigtig, is die weduwee werklik beïndruk met die pak klere waarin haar oorlede man geklee is.

Toe Amy die tjek vir haar terug gee, wil sy opslag weet hoe dit moontlik is en Amy antwoord:

"Dieselfde dag, net nadat u hier weg is, bring 'n familie 'n man met 'n blou pak hier aan. Ek sien dadelik dat hy en u oorlede man presies dieselfde gebou is.

Toe ek die weduwee vra of sy sal omgee as ons haar man in 'n swart snyerspak begrawe, sonder enige ekstra koste, het sy baie ingenome daarvoor toestemming gegee."

Weduwee: "En toe ruil jy die twee se pakke?" 👇

Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius

Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.

Sjeik, shake en Genielina kom uit 🍵

Sjeik Ahmed is stinkryk en kan alles koop, wat sy hart begeer. Op 'n dag, terwyl hy en sy lyfwagte sy kleinseun na 'n parkie neem, word 'n luukse gazebo opgeslaan, sodat Ahmed gemaklik en met vyfster diens, kan toekyk hoe sy kleinseun speel.

'n Paar treë vanaf Ahmed is daar 'n leë bankie, waarop 'n ou Jood kom sit. Op 'n stadium haal die Jood 'n pakkie sigarette uit en toe hy sy aansteker klik om dit aan te steek, verskyn daar 'n Genie in die vlam.

Sy plaas 'n tafeltjie voor Abel, die ou Jood en bedek dit met 'n duursame tafeldoek, voordat 'n egte silwer en porslein teestel daarop plaas en toe vir Abel 'n koppie tee skink. Al die besoekers, insluitend Ahmed en sy lyfwagte, staan oopmond en kyk.

Toe Abel klaar sy tee gedrink het, stuur Ahmed 'n lyfwag om hom na die gazebo te bring en wil weet of die aansteker te koop is.

"Ja, maar die minimum prys is een miljoen dollar," antwoord Abel.

Daarna volg die gebruiklike gekibbel, maar Abel hou voet by stuk, een miljoen of basta. Uiteindelik stem Ahmed in en gee sy persoonlike assistent opdrag om die tjek uit te skryf. Toe Ahmed dit geteken het en vir hom gee, sê Abel:

"Nie so haastig nie, hierdie aansteker is reg. Hoe seker is ek dat die tjek reg is?"

Dadelik kry Ahmed se assistent en twee lyfwagte opdrag:

"Neem hom na die bank en sodra hy tevrede is, maak seker dat hy die aansteker vir jou gee. Bring dit dan dadelik hierheen."

'n Kwartuur later het Abel sy geld en die assistent is terug in die parkie. Toe hy die aansteker in sy hande het, klik Ahmed dit dadelik, en daar staan die Genie voor hom. Met 'n grynslag sê hy:

"Ek wil dadelik daai miljoen dollar tjek kanselleer en die geld terug in my rekening hê, en daarna wil ek..." maar die Genie val hom in die rede: 👇

Learn how to code faster with AI in 5 mins a day

You're spending 40 hours a week writing code that AI could do in 10.

While you're grinding through pull requests, 200k+ engineers at OpenAI, Google & Meta are using AI to ship faster.

How?

The Code newsletter teaches them exactly which AI tools to use and how to use them.

Here's what you get:

  • AI coding techniques used by top engineers at top companies in just 5 mins a day

  • Tools and workflows that cut your coding time in half

  • Tech insights that keep you 6 months ahead

Sign up and get access to the Ultimate Claude code guide to ship 5X faster.

ONS MOOI TAAL ✒️
Annoniem

Toe ons skielik moet skuiling soek
teen AK-vuur se reën,
kon ek die kille woede
om jou mond se hoeke sien.
Toe jy sterwend, as groet
jou hand na my reik,
het ek God se vrede in jou oë gesien.

Joe se klokke en se “jocke”🩳

Sedert sy jong dae op universiteit sukkel Joe met erge hoofpyne en dokters kan nie vasstel wat die oorsaak is nie. Op ouderdom veertig raak die hoofpyne erger en hy vlieg na die VSA om 'n spesialis daar te gaan spreek.

Na 'n deeglike ondersoek en verskeie toetse, deel die spesialis hom mee:

"Ek het die oorsaak van jou probleem gekry. Dis nogal vreemd… Jou knaters sit abnormaal hoog en druk teen jou ruggraat… Dit veroorsaak die hoofpyne.

Kastrasie is die enigste oplossing, aangesien ons die oorsprong van die pyn moet aanspreek. Daar is geen alternatief nie en jy moet kies, met pyn of sonder pyn.

Gaan dink daaroor en bel my as jy wil hê dat ek die operasie moet doen, onthou net, pynpille help nie, maar gaan beslis voorkant toe ander probleme veroorsaak."

Teen daardie tyd is Joe al so moeg van die ewige pyn, dat hy net daar antwoord:

"Dis reg so dok. As jy seker is die hoofpyn sal weg wees, haal hulle uit."

Toe Joe 'n week later in Kaapstad van die vliegtuig afstap, het hy al vergeet van 'n ding soos "hoofpyn". Hy het reeds op die vlug terug al begin beplan oor hoe die nuwe, pynvrye Joe die lewe gaan aanpak.

Vir sy komende wêreld bootreis, gaan hy sommer dadelik 'n paar nuwe uitrustings aanskaf. Hy moet onder andere 'n aandpak kry om die kapteinsbal op die skip te kan bywoon en hiervoor gaan sien hy 'n ou Joodse kleremaker, wat al meer as vyftig jaar 'n bekende mansuitrusters in die stad bedryf.

Met persoonlike aandag en diens, het Izak oor die jare 'n uitstekende reputasie onder sy kliënte opgebou en Joe is baie beïndruk toe hy elke kledingstuk se grootte absoluut korrek het.

Joe komplimenteer hom hieroor en Izak antwoord trots:

"Jy moet darem onthou dat ek al ‘n leeftyd in hierdie bedryf is. Ek kan nie onthou dat ek ooit iemand se 'size' verkeerd geskat het nie."

Toe hulle deur Joe se lysie gewerk het, verneem Izak of daar nog iets is en dit val Joe by:

"Onderbroeke, ek het onderbroeke vergeet. Ek soek minstens ses, 'size' 34, asseblief," en Izak sê:

"Nee mister Joe, dit moet 'size' 36 wees."

Joe: "Hierdie keer verskil ek van jou, ek dra al my lewe lank 'n 'size' 34 onderbroek."

Toe sê Izak:

"Mister Joe, luister mooi wat oom Izak vandag vir jou sê, pasop vir 'n 'size' 34 onderbroek.👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Dis nog nie droë wors nie…👇

Dis dit, en daai is daai vir Klein Saterdag.

Moenie jou onderbroeke tumble dry nie…

Dalk krimp dit en dan kry jy koppyn en hoofpyn…

As jy wel hoofpyn kry, probeer dalk dosers… ek meen boksers, u edele, eerders as Jocky’s…

Mooi loop tot Vrydag, en hoe sê ons by Dik Wors?

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors