
Welkom by Dik Wors!
Die Bulle speel môre teen die All Blacks in Pretoria, deel van die epiese "Rugby's Greatest Rivalry" toer.
Die man van die uur is egter nie een van die jong sterre nie, dis Deon Fourie, amper 40 jaar oud, wat verlede naweek 'n barshou vir die Stormers teen dieselfde All Blacks gelewer het en Dinsdag by die Springbokke in Johannesburg aangesluit het.
Soms vat dit ‘n ysterman wat met duct tape, skroewe, elastoplast, en skoebie-doebie-draad aanmekaar gehou word om ons almal te wys:
Ouderdom is net 'n nommer!
Al plak jy daai doppie met masking tape aan jou hand vas en krap jou kole met ‘n kierie of ‘n brei pen…
Dis Vrydag en die lewe wag vir niemand nie!
Bel jou pel, nooi vir almal, klap ‘n vegan, en kom ons kuier! 👇
Die nuwe Dik Wors Braaikamer - Ons landswye gratis Afrikaanse aanlyn gemeenskap👇
Gesels, deel grappe en stories, en staan saam as Afrikaanse gemeenskap.
Jou stories en grappe in die gemeenskap kamers haal dalk net die nuwe Dik Wors 2 bundel!
Almal is welkom! 👆👇

Wake Up Smarter About AI.
Most AI news is a waste of time. The Future Today is a daily 5-minute read focused on what actually matters.
You’ll get exclusive interviews with the CEOs, researchers, and builders shaping AI. Plus top stories broken down simply and practical advice you can immediately apply.
Read the newsletter trusted by teams at NVIDIA, Google, Anthropic, Meta, Dell, and Salesforce.

Antie Hessie se arsenaal 🔫
"Mevrou, het u enige vuurwapens in u voertuig?" wil 'n Kaapse konstabel tydens 'n padblokkade by Antie Hessie weet en sy sê:
"Laat ek gou eers ‘n bietjie dink oor die saak…
Ja… Daar is die haelgeweer innie boot…
En dan het ons 'n Magnum 375 innie cabby…
O, ja… die nine mil Beretta onder my sitplek en ‘Ou Grietjie’ in my handsak."
“Ou Grietjie?” frons die konstabel.
“My .38 Special,” sê Antie Hessie.
“Is dit al, Mevrou?”
Antie Hessie trek haar skouers op: “Ek het ‘n panga onder die seat en ‘n krieket bat agter daai sêlle seat…”
Konstabel: "Liewe Krismis! Waarvoor is mevrou dan so bang?" 👇

Kilos van common sense af 🚗
Karel se blonde girlie besluit om haar ryding te verkoop.
Die kar is in 'n uitstekende toestand, maar keer op keer skrik die hoë kilometers die voornemende kopers af.
Sy is later moedeloos en Karel bied aan om die vriend van 'n neef van hom se vriend, wat 'n mechanic is, te kry om die speedo vanaf 280 000 kilometer tot net oor die 50 000 kilos terug te draai, en dit nogal vir net ses Black Labels se prys.
So gesê so gedaan, en alles word sommer by Blondie se huis uitgesorteer.
Daardie volgende dag vertrek Karel op 'n sakereis en toe sy nooi hom agt dae later met dieselfde kar by die lughawe kom haal, wil hy dadelik weet of daar al enige kopers was. 👇



Tired of news that feels like noise?
Every day, 4.5 million readers turn to 1440 for their factual news fix. We sift through 100+ sources to bring you a complete summary of politics, global events, business, and culture — all in a brief 5-minute email. No spin. No slant. Just clarity.

ONS MOOI TAAL ✒️
Uit Koue Vuur
Deur Koos du Plessis
Hier gesing deur 👉 Dozi
Die kole gloei soos vroeër aande
maar die vuur is in my kop
En ‘n ysige wind skroei my hande
vas om die beker met dop
Die ryp is n vlam om my voete
maar die koue brand in my bors
En ek dink en ek drink aan die soeter
wyn teen die groter dors
Met ‘n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
En ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op
Daar's te veel met die wêreld gefoeter
daar's te veel met die mense gemors
En ek dink en ek drink aan die soeter
wyn teen die groter dors
Met n koue hart tot die môre-uur
drink ek teen die vuur in my kop
En ek voel die koue, ek voel die vuur
vreet my stuk-stuk op.
Hie’s ek weer, hie’s ek weer…🏎️
Cecile is 'n 18 jarige skooldogter en lig haar ouers in dat sy 2 maande swanger is.
Hul eerste reaksie, veral haar pa, is woedende teleurstelling. Hy besef egter baie gou dat dit niks sal verander nie en dring aan om met die "pa" te praat.
Sy maak 'n oproep en 'n halfuur later, hou 'n bloedrooi Ferrari voor hul huis stil.
'n Netjies geklede man van ongeveer 40 jaar oud klop aan die voordeur en Cecile se pa wag hom in.
Nadat die man homself voorgestel het sê hy:
"Cecile het my reeds ingelig. Ek aanvaar volle verantwoordelikheid en het met haar skoolhoof gereël, sy mag nog haar laaste twee maande van skool, klasse bywoon en ook haar matriekeksamen skryf.
Ek betaal natuurlik van nou af alle mediese uitgawes en lewenskoste vir haar en die baba.
As dit 'n dogtertjie is, ontvang sy 'n woonhuis in Sandton plus R5 miljoen kontant en word ook 'n outomatiese erfgenaam van 20% van my boedel.
As dit 'n seun is, verdubbel alle bedrae en kom daar by die woonhuis ook nog 'n vakansiehuis in Hermanus.
Sou die noodlot egter bepaal dat Cecile 'n miskraam het, verander alles natuurlik en..." 👇


Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius
Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.
Loon of “loesing”? 🗡️
In die dorpie waar ek groot geword het, was tant Mildred die pyn in almal se gat.
Sy het absoluut alles van almal geweet en haarself die taak opgelê om die dorp se inwoners op "Die Smal Weg" te hou met tydige en ontydige skroberings en teregwysings, wat heel dikwels nie eens nodig was nie.
As Mildred besluit het jy is verkeerd, dan was jy verkeerd. Meeste mense het haar verpes, maar almal was bang om onder daai skerp tong deur te loop.
Oom Frank was 'n wewenaar, wat op die plaas direk langs die dorp geboer het. Een oggend sien Mildred Frank se bakkie waar dit geparkeer is voor die dorp se enigste hotel.
Later daardie middag, toe sy hom in die koöperasie se winkel kry, loop sy hom storm en vreet hom uit sodat almal kan hoor:
"Frank Botha, jy behoort jou te skaam om so vroeg in die dag te begin drink, en dit nogal in die hotel, sodat die hele dorp kan sien hoe jy jou plaas laat lê om te vergaan.
Ek wonder of iemand na die arme diere omsien terwyl hul baas in die kroeg lê. Dit is 'n skande," en bla bla gaan sy tekere.
Die arme Frank het niks gesê nie. Hy het doodstil gestaan tot sy klaar was, toe na sy bakkie gestap en huis toe gery.
Daardie aand, toe dit al lekker donker is, ry Frank dorp toe. In die straat waar Mildred woon, parkeer hy sy bakkie reg voor haar huis. Daarna klim hy uit, sluit die bakkie, en sluip weg die nag in 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Loer voor die droë wors raak! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Tjops en dik wors…
Kaas en wyn…
Koek en tee…
Boet en Saartjie…
Bulle en All Black-ke…
Vertel ons Afrikaanse vriende oorsee hoe lekker ons lag in Suid Afrika!
Sê vir hulle dat…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors




