Sponsored by

As jy hierdie op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit gratis by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan en 👇

Welkom by Dik Wors!

Diere partykeer snaakser as mense…

Maar dan kyk jy weer na mense, veral in dié land…

Dan besef jy die beker is enige een sin om te vat.

Met minder hare en meer opinies…

Dis Klein Saterdag en tyd om die vuur weer groot te maak, jou gunsteling lange te gooi en die honde so bietjie los maak…

As jou hond nie op sy bek geval was nie…

Wat sou hy sê?

Pasop net vir ‘n babbelas soos dié ou sin…👇

How 2M+ Professionals Stay Ahead on AI

AI is moving fast and most people are falling behind. 

The Rundown AI keeps you ahead of the curve. 

It's a free AI newsletter that keeps you up-to-date on the latest AI news, and teaches you how to apply it in just 5 minutes a day.

Plus, complete the quiz after signing up and they’ll recommend the best AI tools, guides, and courses — tailored to your needs.

Soekie Jakkie… Vattie Kakkie 👇

Twee kêrels klop, lekker geknetter, aan die klooster se deur.

'n Non met 'n lantern trek 'n klein skuiwergat bo in die swaar houtdeur oop en vra of sy kan help, waarop een ou vra:

"Sjhê vir my, woon hier twee sjhulke kort nonnetjiesh?"

en hy beduie so kniehoogte.

Die non antwoord met 'n laggie:

"Nee meneer, ons het beslis nie dwergies hier nie."

Dis toe dat die ander ou vir sy maat sê:

"Ek het jou mos gesjhê, daai wasjh twee pikkewyne wat onsjh laasjhnag by die hawehotel bygekom het."

Viktor jou werks tjommie. Slegs ‘n kliek laat die Dik Wors draai.👇

It's Monday. Every department already has context. Nobody prepped anything.

Your CFO opens Slack. There's a weekly Stripe revenue recap in #finance with a churned-accounts flag and a net-new breakdown. She didn't ask for it.

Your head of product opens Slack. There's a GitHub summary in private channel: PRs merged, PRs stale, Linear tickets that moved. He didn't ask for it.

Your marketing lead opens Slack. There's a Google Ads performance comparison in private channel, with a note: "Meta CPA crept up 18% this week. Might be worth pausing the broad match campaign." She didn't ask for it either.

All-hands at 10am. Everyone already knows the numbers. The meeting is about decisions, not catch-up.

That's what happens when one colleague works across every tool your company uses. Not one department's assistant. The whole company's coworker.

Viktor lives in Slack. Top 5 on Product Hunt, 130 comments. SOC 2 certified. Your data never trains models.

"Not only have we caught up on several months of work, we are automating manual tasks and expanding our operations to things previously not possible at scale." - Jesse Guarino, Director, Torque King 4x4

Diere maniere… 🐢🐌

Skilpad lê bebloed in die straat.

'n Vangwa stop by hom en twee konstabels klim uit.

Skillie kom kreunend orent en op 'n konstabel se vraag oor wat gebeur het, antwoord hy:

"Dit was twee slakke, wat my so geslaan en van my beursie beroof het."

Dadelik haal die konstabel sy sakboekie uit en sê:

"Dit sal help met die ondersoek, as jy ons presies kan vertel wat gebeur het, moet niks weglaat nie, vertel alles."

Daar is 'n kort stilte en toe antwoord Skillie:

"Ek kan omtrent niks onthou nie… dit het alles so vinnig gebeur!"

Dis warm in die Kalaharie.

Leeu lê in die koelte van 'n kameeldoring en probeer slaap.

Dit is egter moeilik met Apie, wat reeds daar van bo af op hom gepiepie het en nou besig is om hom te treiter met die saadpeule van die boom.

Sodra sy oë toeval, tref 'n peul hom teen die kop.

Leeu is later lekker moerig en hy beloof Apie dat hy gaan bars as hy hom in die hande kry.

Apie lag net en laat waai sommer met 'n handvol peule.

Soos die toeval dit wil hê, gebeur dinge gouer as wat verwag is.

Apie sit op 'n dun, droë tak en toe hy te vêr strek om nog 'n peul by te kom, breek dit.

Hy val reg voor Leeu, wat hom onmiddellik met sy groot poot vasdruk en sê:

"Klein blikskottel, ek het jou gewaarsku.

Jy dink mos jy is meneer slimkop en is onaantasbaar as jy aan daai krulstert in die bome rondswaai, ek het nuus vir jou, pappa.

Jy het twee keuses, of ek byt jou kop af, of ek byt jou stert af, kies en maak gou, voor ek self besluit."

Na 'n kort stilte, sê Apie toe:

"Ek weet dat ek sal bly lewe, as jy my stert afbyt.

Daarvoor sien ek egter nie kans nie, want…” 👇

Bobbejaan sit in 'n boom en krap aan sy naels met 'n pendoring.

Kameelperd kom peusel aan die boom se blare en sê:

"Môre Bobbie, vir wat sit jy so stil hier in die boom?"

Bobbejaan antwoord:

"Ek maak solank my naels skoon, want ek het 'n plan met een van die wyfies in ou Leeu se span.

Ek wag net dat die vetgat weer gaan lê en slaap, nadat hy daai buffel halfpad opgevreet het."

Die res van die oggend kom daar baie diere verby en vir almal vertel Bobbejaan dieselfde storie.

'n Rukkie later kom Leeu aangestap en plof in die koelte onder die boom neer.

Hy gewaar Bobbejaan en, soos al die ander diere, wil hy ook weet:

"Jis Bobbejaan, vir wat sit jy so stil?

Hierdie tyd van die dag, soek julle mos uintjies en skerpioene."

en Bobbejaan antwoord:

"Goeie môre koning Leeu, nee wat, ek sit maar rustig en naels skoonmaak.

Verder praat ek 'n klomp stront met die diere wat hier verbykom."

Daai selfde bobbejaan sit een oggend weer in die boom, toe Hiëna hinkend en pinkend aankom en in die koelte neerplof.

Op Bobbejaan se vraag, vertel hy toe hoedat Leeu hom karnuffel het, omdat hy net 'n stukkie van sy brekfis, 'n rooibok, se agterpoot wou gaps en die hele boud toe saamkom.

Dis toe dat Bobbejaan sê:

"Blerrie boelie, dis hoog tyd dat hy 'n les geleer word.

Ek sê jou wat.

Hy gaan nou nou klaar vreet.

Dan kom lê en slaap hy heeldag hier in die koelte.

Gaan rus jy onder daai gwarriebos.

Sodra hy slaap, gee ek jou die teken.

Dan storm jy en byt sewe soorte dinges uit hom uit.

Intussen spring ek hier van bo af op sy rug en gryp hom aan sy ore, terwyl ek dieselfde doen.

Glo my, as ons twee saamwerk, het hierdie kietsie nie 'n kat se kans nie."

So gesê, so gedoen, en toe Bobbejaan die teken gee, storm Hiëna.

Jy sien net stof en hare waai.

Vanuit die stofwolk kom 'n kakefoniese geraas, 'n gegrom en brul, gemeng met 'n gelag en tjank.

Skielik trek daar 'n stofstreep vanuit die stofwolk, reguit die oop veld in.

Toe die stof gaan lê, is net Leeu onder die boom.

Hiëna is skoonveld.

Die volgende dag sit Bobbejaan, oudergewoonte, in die boom, toe 'n verflenterde Hiëna daar aankom en sê:

"Ja jou lafaard, ons twee sou kwansuis vir Leeu 'n les leer, en toe die paw paw die fan strike, is jy nêrens,"

waarop Bobbie antwoord:

"Ai man, dit was net stof, ek kon niks sien en toe jy so lekker lag, dog ek jy wen die geveg."

Wat kyk jy?

As Afrikans net kon dans en jou hond net kon praat… 🐶

'n Man sien 'n advertensie van 'n pratende hond wat te koop is.

Hy bel en maak 'n afspraak.

Stiptelik op tyd klop hy die volgende aan en die eienaar neem hom na 'n kamer om die hond te ontmoet.

Na die man sy eerste paar vrae gevra het, stel die hond toe in sy diep bariton stem voor:

"Ek dink ek moet 'n baie kort opsomming van my lewe vir jou gee en dan kan jy daarna jou vrae aan my stel."

Die verbaasde man stem in en die hond begin:

"Ek het my loopbaan begin as 'n polisiehond.

Hiertydens het ek verskeie medaljes en toekennings vir dapperheid, onder andere die Honorus Crux Goud, ontvang.

My groot liefde was egter skryf en ek het toe voltyds joernalistiek gaan swot.

Die studentelewe het my nogal geval en ek het na behaling van my graad in joernalistiek voortgegaan en ook honneurs en 'n meestersgraad verwerf.

Daarna het ek, as korrespondent vir vele gesiene publikasies, onder andere die hoogaangeskrewe Times tydskrif, letterlik die wêreld deurkruis.

Daar is nie 'n oorlog of rewolusie wat ek nie persoonlik beleef het nie.

Ongelukkig is ek toe ernstig gewond, terwyl ek 'n opvolg van my storie oor gebeure in die Gaza strook gedoen het.

Na 'n maand in die hospitaal in Israel, het my groot vriend, Bruce Springsteen, my genooi om op sy plaas in Californië te kom aansterk.

Dit is juis daar waar ek my outobiografie voltooi het, net betyds om Bruce se uitnodiging om saam met hom en sy orkes op 'n toer te gaan, te aanvaar.

So het dit dan gebeur dat ek 'n paar keer saam met hom as gas op die verhoog verskyn het."

Net toe klop die eienaar aan die deur:

"Jammer om te onderbreek, maar ek het 'n dringende afspraak."

Op pad uit sê hy vir die man:

"Ek het reeds 'n aanbod van R500 vir die hond, as jy hom wil hê, moet jy dit kan klop,"

waarop die man dadelik antwoord:

"Ek sal dit verdubbel, R1 000 in kontant nou dadelik en ek vat die hond saam."

Die eienaar stem in en die geld verwissel van hande.

Net toe hy mik om die hond in die kamer te gaan haal, vra die man:

"Wat ek graag sal wil weet, wat is die rede waarom jy so 'n geleerde hond, wat boonop nog kan praat, verkoop?"

en kry die antwoord:

"Daai hond lieg soos 'n tandetrekker, jy kan nie 'n woord glo wat hy sê nie, sy nuutste liegstorie oor hoe hy en Bruce Springsteen saam opgetree het was vir my net die laaste strooi."

Die definisie van k@k praat…

PRDs by voice. Bug reports by voice. Ship faster.

Dictate acceptance criteria and reproductions inside Cursor or Warp. Wispr Flow auto-tags file names, preserves syntax, and gives you paste-ready text in seconds. 4x faster than typing.

Het jy laas week Klein Saterdag gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!

As jy dit nie snaaks gevind het nie…

Miskien is jy net nog nie heeltemal losgelaat nie.

Maak ‘n groot vuur en gooi ‘n lange.

Haal uit die Dik Wors…

Laat daai dier in jou bietjie asem skep… 😉

Sie jou weer Vrydag om die naweek in te lag

Tot dan, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading