In partnership with

As jy hierdie op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit gratis by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan en 👇

Welkom by Dik Wors!

As die week al reeds soos ’n munisipale tender voel…

Vol van beloftes sonder delivery…

Moenie warrie nie, ek het vars lag uit die land waar -

Potholes hulle eie GPS coordinates het! 😎

Politici harder werk op Facebook as in die parlement!

En waar jy elke dag ‘n steek kan kry…

Al is dit met ‘n mes, of net om heeltyd in die steek gelaat te word…👇

The era of manual marketing ends this May!

Manual marketing had a good run.

But the teams winning right now aren't briefing, approving, and repeating. They're directing AI agents that execute the whole strategy for them.

The Agentic Marketing Summit (May 4–8) is a free, five-day event that shows you exactly how it works in practice. Not theory. Not a PDF checklist. Step-by-step insight to help you become an expert in AI marketing agents.

Hosted by 3x Inc 5000 founder Manick Bhan alongside the sharpest minds in the marketing world today.

The era of doing it yourself is over!

Kobus, jou karnallie… 👇

Kobus stap deur ’n pet shop en sien ’n papegaai sonder bene op ’n stokkie sit.

Hy dink hardop:

"Ek wonder wat het met hierdie papegaai gebeur?"

Die papegaai antwoord:

"Ek is so gebore, ek is ’n gebreklike papegaai!"

Kobus skrik:

"Jy kan praat? Jy verstaan my?"

"Natuurlik," sê die voël. "Ek is baie intelligent."

Kobus vra:

"Maar hoe bly jy op die stokkie sit sonder pote?"

Die papegaai sê:

"Dis ’n bietjie embarrassing… ek rol my tottie om die stokkie."

Kobus koop hom net daar vir R20 en vat hom huis toe.

’n Paar dae later sê die papegaai:

"Pssst… dit gaan oor die posman en jou vrou."

"Wat nou?" vra Kobus.

"Toe die posman vanogged hier was, het jou vrou hom gesoen, en toe lig hy haar haar swart nagrokkie op en…”

"Wat de donner!" sê Kobus. "En toe!?"

"Nee, ek weet nie," sê die papegaai.

"Toe skop ek ’n horing en moer van my stok af!" 🦜😁

Viktor jou werks tjommie. Slegs ‘n kliek laat die Dik Wors draai.👇

Your next great hire lives in Slack.

Viktor is an AI coworker that connects to your tools and ships real work. Ask Viktor to pull a report, build a client dashboard, or source 200 leads matching your ICP. Most teams hand over half their ops within a week.

Ek verpes dit wanneer die vegans sê:

"Nee, o, nee! Ek eet glad nie vleis nie. Ek gee om oor wat ek in my lyf sit."

Susan, ek het al jou ex gesien...

Jy gee duidelik nie om oor wat jy in jou lyf sit nie…

Die Pastoor druk vir Meraai drie maal onder die water en na die derde keer sê hy:

"Jy’s nou gedoop en van vandag af is jy ’n nuwe skepsel.

Geen alkohol meer oor jou lippe nie! So van vandag af is jy Maria!"

Later toe “Maria” by die huis kom, is reguit yskas toe.

Sy haal ’n bottel wyn uit en tap die wasbak vol water. Sy druk die bottel so vinnig drie keer onder die water en sê trots:

"Djy… is nou Oros!"

Ons blonde staatmakers!

Na ’n gim sessie staan twee blondines en stort.

Die een vra:

“Kan ek jou sjampoe leen?”

Haar maat sê:

“Maar jy het dan jou eie in jou hand!”

Sy antwoord:

“Ek weet… maar hier staan ‘vir droë hare’… en myne is al klaar nat.”

Twee blondines kyk hoe werkers “roll-on lawn” by die bure aflaai.

Die een sê:

“Dis nou slim… ons moet volgende keer ons gras ook wegstuur om gesny te word.”

“Wie wil ’n goeie blondine-grap hoor?” vra ’n ou in ’n dameskroeg.

’n Ses voet blondine staan op, gryp hom en sê:

“Ek het ’n swart belt in karate… en my drie blonde vriendinne daar is my oefenmaats.

Beledig jy vandag mense op grond van hul haarkleur, dan voeter ons sewe soorte k@k uit jou, so besluit maar mooi of jy nog jou grappie wil vertel!

Die ou kyk haar en sê:

“Nie as ek dit vier keer moet verduidelik nie.”

By ’n buikspreker se show vertel hy blondine-grappe.

Na ’n paar staan ’n blondine op en sê:

“Dis so swak om mense te oordeel oor hul haarkleur!”

Sy stap uit.

Die buikspreker probeer verskoning maak.

Sy draai om en sê:

“Sharrap, jy! Ek praat met daai klein outjie op jou skoot!”

’n Blondine kom hartseer by die werk aan.

“My ma is laasnag dood,” sê sy.

Haar kollegas troos haar. Later kom hulle terug en sy huil nog erger.

“Hoeso nou?” vra hulle.

Sy sê:

“My suster het gebel… sy is ook nou ’n weeskind… haar ma is ook laasnag dood.”

’n Blondine kom soek ‘n pakkie motballetjies by die apteek.

Die volgende dag is sy terug vir nog vier pakkies.

Die apteker kyk haar snaaks en vra:

“Is die motplaag dan so erg?”

Sy sê:

“Ek sukkel nog om hulle raak te gooi!”

Die bestuurder van n besigheid gee vir sy blonde sekretaresse ‘n staat, met die opdrag:

"Faks asseblief dringend vir ons bank se bestuurder. Dis baie vertroulik, so maak dubbel seker dis na die regte nommer.”

‘n Uur later is hy weer by haar en wil weet of sy die faks gestuur het, waarop sy antwoord:

"Ja, Meneer. Hier is alles bymekaar in u IN-mandjie."


Bestuurder: "Die bankbestuurder sê hy het nog niks gekry nie. Het jy nie dalk die bladsy onderstebo in die faksmasjien gesit nie?”

Sekretaresse: "Ai, Meneer, hoe ken u my. Ek is al 5 jaar lank jou sekretaresse. U het tog uitdruklik gesê dat dit vertroulik is. Toe het ek eers die staat in ‘n koevert toegeplak, voor ek dit gefaks het…"

Bly eerder by die bar…

’n Middeljarige man sit bedruk by die bar…

Die barman vra:

“Hoekom lyk jy so af?”

Hy sê:

“Ek het een aand laat en bietjie aangeklam by die huis gekom.

My vrou was woedend en het gesê sy sal sumier vir ’n maand lank nie met my praat nie.”

Die barman lag:

“Dis mos nie ’n probleem nie!”

Die man vat ’n sluk van sy dop:

“Ja… maar vandag is die laaste dag van daai maand.” 😅

10x the context. Half the time.

Speak your prompts into ChatGPT or Claude and get detailed, paste-ready input that actually gives you useful output. Wispr Flow captures what you'd cut when typing. Free on Mac, Windows, and iPhone.

Het jy laas week Klein Saterdag gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!

As jy dit nie snaaks gevind het nie…

Moenie warrie nie.

Vrydag kry jy nog ’n kans om verkeerd te wees.

Maak ‘n groot vuur en gooi ‘n lange.

Alles sal sin maak… 😉

Sie jou weer Vrydag om die naweek in te lag

Tot dan, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading