In partnership with

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aangestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Dik Wors Gratis Boek
Dik Wors Gratis Boek
111 Lekker Afrikaanse Grappe en Stuitige Vertellings reguit na jou inbox. Gryp 'n Dik Wors, want lekker lag kos niks!
$0.00 usd

Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇

Welkom by Dik Wors!

Suid-Afrika se atlete is besig om Glasgow op sy kop te draai by die Statebondspele.

Die swemmer Pieter Coetzé het Sondagaand sy tweede goue medalje verower, en dit in 'n Statebondspele rekordtyd.

Die Protea netbalspan het intussen 96 doele teen Tonga aangeteken, die meeste doele wat 'n Suid-Afrikaanse span nog ooit by hierdie toernooi aangeteken het.

Met meer as honderd Suid-Afrikaanse atlete in Skotland, is die medaljetelling reeds in dubbelsyfers en groei elke dag.

Dis amper of die hele land vanjaar besluit het om net te wen, of dit nou in die swembad is, op die netbalbaan, op die rugbyveld met 3 x Wêreldkampioen Bok spanne, of soos in vandag se grappe, op die gholfbaan of by die pastoor se preekstoel.

Kom ons kuier! 👇

Het iemand gepraat van Woensdag braai?

The Ultimate Claude Code Guide to ship like Anthropic engineers

AI will write 90% of code by the end of 2026, and only 10% of developers will stay relevant.

The engineers in that 10% aren't smarter. They just know how to use AI.

We put together the exact playbook Anthropic engineers use to make sure you're in the top 10%.

Sign up for The Code and get access to:

  • The Ultimate Claude Code Guide 2026 — 50+ tips and tricks to code 5x faster

  • The Code newsletter — learn the latest AI tools, tips, and skills to code faster with AI in 5 minutes a day

Kort kanskenades 🍕

Dominee sê: "Laat ons bid vir die siekes."

‘n Ou oom sit sy hand op sy gulp.

Die tannie gluur hom aan en sê: "Hy bid vir die siekes, nie vir die opstanding van die dooies nie."

Sekretaresse sien haar baas se gulp is oop.

Sy sê: "Meneer, jou garagedeur is oop."

Hy: "Sien jy my Ferrari?"

Sy: "Nee, ek sien 'n klein scooter met twee pap wiele."

‘n Man wil sy van verander en die dame by Binnelandse Sake vra:

"Hoekom, wat's fout met u van?"

Man: "My van is Nis."

Dame: "Wat's fout daarmee?"

Man: "Skakel my kantoor en vra vir Mnr. Nis."

Die dame skakel en vra vir Mnr. Nis.

Ontvangsdame aan ander kant: "Is dit Mnr. A. Nis of Mnr. P. Nis?"

Verpleegster grawe in haar handsak vir 'n pen om 'n tjek uit te skryf.

Sy haal 'n anale koorspen uit. (Seker by Mnr. A. Nis geleen…)

"Verdomp," sug sy, "een of ander poephol het alweer my pen."

Klein Liesbet word 5 en verjaar.

Ouma vra wat wil sy hê vir haar verjaarsdag.

"Die pil, Ouma."

Ouma kry amper 'n hartaanval en vra geskok: "Hoekom?"

Liesbet: "Ek het nou 10 poppe, genoeg is genoeg!"

Gatiep loop met 'n spul sinkplate onder sy arm die straat af.

Sy pel vra: "Wat is daai?"

Gatiep: "Ek is vanoggend geskei en ek het die huis gekry."

Die blondine bestel 'n groot pepperoni pizza om weg te neem.

Sy staan en kyk hoe die kok dit stap vir stap maak en toe dit gaar is, vra hy:

"Moet ek dit in ses of twaalf skywe sny?" 👇

Koos se ou roos🔮

Koos lees 'n advertensie in die koerant deur 'n Bossies dokter, wat beweer dat hy enige kwaal kan genees en ook toorderasies en konsternasies kan laat verdwyn.

Ou Koos vat toe ‘n kans en gaan sien die ou…

Voor hy sy R500 konsultasie fooi betaal, wil hy weet of die aardige dokter 'n vloek, wat twintig jaar gelede oor hom uitgespreek is, kan laat verdwyn.

"Ja, dis moontlik, maar dan moet ek die presiese woorde van daardie vloek weet."

Koos antwoord die kwak sonder om te huiwer 👇

Put Your Predictions to Work

Trade on real-world events you already follow, from elections and inflation to sports, tech, and more. Choose “Yes” or “No” based on what you think will happen and see how your prediction plays out.

Pick your market and start trading what’s next.

Bonus credit varies from $15 to $500. Terms apply.

Stukkie se stokke ⛳

Paul en Elsa het vroeg afgetree en woon op 'n gholflandgoed, waar die twee van hulle elke dag minstens nege putjies speel.

Eendag op pad huis toe na so 'n potjie gholf, wil Elsa uit die bloute weet:

"Pappa, as ek die dag nie meer daar is nie, sal jy met 'n ander vrou trou?"

Paul: "Ai my skat, wat laat jou so vraag vra, ek het nog nooit eens aan so iets gedink nie."

Elsa: "Kom ons sê jy trou weer, sal julle twee dan in ons bed slaap?"

Paul: "As ek weer sou trou, sal dit seker my plig wees om vir daardie vrou te sorg en slaapplek te gee, maar vir wat sal jy of ek ons nou oor so iets bekommer, ons weet mos nie wat die toekoms inhou nie."

Na 'n kort stilte, gaan Elsa egter voort:

"Sal jy toelaat dat sy met my gholfstokke speel?" 👇

The Future Today: Get the AI & tech news that actually matters. With one email, and only five minutes, you can stay ahead of 99% of the world. The Future Today is read by teams at Anthropic, Microsoft, OpenAI, NVIDIA, and Salesforce. Join Free Today →

ONS MOOI TAAL ✒️

Uit Plaashek
Deur Uys Krige

Na al die jare maak ek weer
‘n plaashek oop.
Waar het my paaie tog nie geloop
Om my hier by n hek te bring
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?
......
Ek lig die knop...
Ek maak die hek oop in my hart.

Oom Barnie se enjin 🔧

Op ons dorpie was die bejaarde oom Barnie, met die rooi hare, ook bekend as Barnie Bok, omdat hy, soos in die spreekwoordelike ou bok, nogal lief was vir groen blaartjies.

Op ouderdom 76 trou hy met die 19 jarige Hes. Sy was die dogter van ou Dronk Floors en as mens die skindertonge moes glo, nie 'n baie kieskeurige dame nie.

Net voor oom Barnie se 77ste verjaardag kry die dorp se skinderbekke weer iets om oor te praat, want Hes skenk geboorte aan 'n pragtige dogtertjie, met dieselfde rooi krulle as pappa Barnie. Toe die middeljarige vroedvrou die nuwe aankomeling vir hom gee, sê sy:

"Hier Barnie, as die kleintjie nie soos jy gelyk het nie en omdat jy al so oud is, sou mens wraggies maar skepties wees of dit jou kind is," en oom Barnie sê:

"Jy het seker al gehoor van dieselenjins, wat beter loop as hulle ouer word, nou, hierdie ou enjin loop nou op sy beste."

Minder as 'n jaar later gee dieselfde vroedvrou vir Barnie 'n klein rooikop seuntjie om vas te hou en sê: "Wragtig Barnie, jy verstom my," en weer antwoord Barnie:

"Ja nee, die enjin loop nog."

Die volgende drie jaar lewer die ooievaar nog elke jaar 'n rooikop baba daar by die Barnard gesin af en elke keer vertel oom Barnie vir die vroedvrou:

"Die enjin loop nog."

Na die genoemde vyf orrelpypies, wil dit toe lyk of die enjin begin "miss fire", want toe is Hes eers weer swanger, toe die jongste al vier jaar oud word.

Tydens die geboorte is dit dieselfde vroedvrou en toe sy die kleinding vir 'n trotse Barnie gee om vas te hou, sê hy oudergewoonte:

"Die enjin loop nog!" 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir Klein Saterdag.

Ons lag weer Vrydag saam.

Viva South Africa!

Wawiel Afrikaans!

Tot vrydag, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading