In partnership with

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aangestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Dik Wors Gratis Boek
Dik Wors Gratis Boek
111 Lekker Afrikaanse Grappe en Stuitige Vertellings reguit na jou inbox. Gryp 'n Dik Wors, want lekker lag kos niks!
$0.00 usd

Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇

Welkom by Dik Wors!

Wat 'n naweek was dit nie vir sport nie.

Die Bokke het Saterdag vir Wallis verwoes met 43 teen 0, hul elfde agtereenvolgende toetsoorwinning. 🏉

Spanje kroon hulself as wêreldkampioene vir die tweede keer, met 'n uitputtende 1 nul oorwinning oor Argentinië na verlengde speeltyd. ⚽

Twee nasies wat weet hoe om te wen…

Hoekom is almal dan so verbaas en vol bek omdat ons voorvaders ‘n skuit of ses oor die water gejaag het om ander plekke te gaan verken en dalk daar ‘n fight of twee op te tel?

Dankie, Jan.

Ek smaak dit hier!

Ons weet dis nie jou skuld nie…

Dis Klein Saterdag!

Kom ons gooi ‘n lekker lang ene en braai ‘n dik wors! 👇

AI Is Moving Fast. Here's How to Keep Up.

AI is moving faster than any other technology. New models. New tools. New claims. New noise.

Most people feel like they're behind. But the people that don't, aren't smarter. They're just better informed.

The Future Today is a daily briefing for people who want clarity. In one concise email each day, you'll get the most important AI and tech developments, learn why they matter, and what they signal about what's coming next.

Written for operators, builders, leaders, and anyone who wants to sound sharp when AI comes up in the meeting.

One email. Five Minutes. Stay ahead of 99% of the world.

Die melkweg van geheime 🍼

'n Dame bring haar baba na die dokter vir sy eerste check up.

Die dokter doen 'n deeglike ondersoek, luister na die knapie se hartklop, asemhaling en toets selfs sy reflekse, maar toe hy die baba weeg, frons hy en sê:

"Die mannetjie is gesond, maar hy is beslis onder gewig. Word hy met 'n bottel gevoer of geborsvoed?"

Dame: "Borsvoed."

Dokter: "Uhm, ek sien... ontklee asseblief gou vir my bolangs…"

Hy ondersoek die melkfabriek deeglik. Hy druk hulle, vryf hulle, masseer hulle, maar daar kom niks uit nie...

Die dokter sê:

"Net soos ek vermoed het, Mevrou. Jy het nie melk nie. Jy sal beslis moet begin om 'n bottel te gebruik."

Terwyl sy haar klere met 'n glimlag aantrek sê die dame… 👇

“Hy hang! Dis ‘n goeie ene!” 🏉 🚌

Edwin, Annies en Kayla vat die MyCiti Bus na Kaapstad stadion om ‘n WP rugby game te gaan kyk.

Die bus is propvol en Kayla sit op haar kêrel Edwin se skoot.

By die volgende stop klim nog 'n Kaapse lady op die bus. Sy is nou vir jou ge-make up soos ‘n ou venster met nuwe putty.

Dis bloedrooi lippe en drie verskillende kleure oog maskara met 'n dik onderlaag soos die icing op ‘n verjaardagkoek, wat kraak as sy haar gesig trek.

Sy sal moet Q20 in haar oë spuit want hulle kan skaars oop onder die gewig van die moerse, vals wimpers.

Omdat daar nie sitplek is nie, moet sy ongelukkig staan. Sy hou vas aan een van die handvatsels wat van die bus se dak af hang, maar die skoene se hakke is so hoog, dat dit kort kort lyk of sy haar balans gaan verloor.

Dus toe dat Edwin vir sy vriend fluister:

"My bra-tjie, as djy wil score vandag, moet djy aanbied dat sy op djou skoot kom sit. Sy lyk vir my so half lusserig uitgevat…"

Annies kyk eers die lady op en af en fluister toe vir Edwin👇

Learn how to code faster with AI in 5 mins a day

You're spending 40 hours a week writing code that AI could do in 10.

While you're grinding through pull requests, 200k+ engineers at OpenAI, Google & Meta are using AI to ship faster.

How?

The Code newsletter teaches them exactly which AI tools to use and how to use them.

Here's what you get:

  • AI coding techniques used by top engineers at top companies in just 5 mins a day

  • Tools and workflows that cut your coding time in half

  • Tech insights that keep you 6 months ahead

Sign up and get access to the Ultimate Claude code guide to ship 5X faster.

GRATIS vir al ons Dik Wors lesers 👇

Sukkel jy om jou sosiale media plasings reg te kry sonder om heeldag op jou foon te sit? Is jy gatvol vir duur agentskappe?

Hierdie GRATIS stelsel laat jou dit alles vooruit beplan sodat jy net een keer werk en die res vanself gebeur. Al jou sosiale media kanale kan hierdeur hardloop.

Kom kuier, skoonma! 😏

Die aantreklike Dawie en sy vrou, Carla was baie gelukkig getroud, behalwe vir die een, groot drol in die drinkwater…

Dawie se ma en Carla het mekaar verpes.

Dit het Dawie baie gepla en hy't geweet hy sou iewers sy voet moet neersit.

Toe gryp die noodlot in. Dawie maak 'n motorongeluk, duik deur die voorruit, en doen erge gesigbeserings op.

Die dokters belowe die familie dat hulle hierdie aantreklike man se gesig ten volle sal herstel, sodra daar 'n geskikte skenker vir die beoogde veloorplanting gevind word.

Natuurlik bied Carla aan om getoets te word en daar kwalifiseer sy wraggies as skenker!

Die oorplanting op Dawie se gesig en wange, met vel wat dokters van Carla se agterstewe oes, is 'n massiewe sukses en sy dankbaarheid ken geen perke nie.

Ongeag die trauma en drama, verpes Dawie se ma en Carla steeds mekaar en vrede is nie in sig nie.

Na weke se ondraaglike katterigheid deel hy vir Carla mee dat hy besluit het dat sy ma nie weer by hulle huis mag kom kuier nie, omdat sy Carla soveel kere beledig en verkleineer.

Dis toe dat Carla glimlag en sê:

"Skat, sy is jou ma. Belowe my dat jy dit nie sal doen nie. Sy kan soveel kom kuier as wat sy wil…” 👇

Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius

Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.

Saint Skerp 🍺

Dit gebeur maar min dat die Engelse vir die Iere op die rugbyveld klop, maar toe dit op 'n dag op Twickenham in Londen gebeur, loop al wat 'n pub is oor, soos wat die pommies feesvier.

So kom drie van Engelse Rugby se weergawe van sokker-hooligans baie luidrugtig by 'n pub in.

By 'n hoektafel sit 'n rooikop-kêrel, geklee in 'n Ierse rugbytrui, en teug aan sy Guinness. Dadelik is hy die teiken van die drie nuwe aankomers.

Een loop na sy tafel en sê:

"Jy weet seker dat Saint Patrick 'n regte sissie was..."

"Nee, glad nie, maar dankie dat jy dit met my gedeel het" sê die Ier.

Baie afgehaal, keer die skoorsoeker terug na sy pelle:

"Het julle gehoor... ek beledig Saint Patrick en hy doen niks..."

"Jy weet nie hoe nie man", sê een van sy maats. "Kom ek wys jou" en hy loop na die Ier se tafel:

"Saint Paddy was ‘n trannie… Het jy iets daaroor te sê..."

"Nee, ek het niks te sê nie, maar ek waardeer dat jy dit vir my vertel het."

Baie afgehaal keer die ou terug na sy twee maters:

"Nee, fokkit man! Lyk my mens moet hom teen die kop klap om hom wakker te kry."

Dis toe dat die derde een sê:

"Nee wat, manne. Julle het die touch verloor. Kom ek wys julle…" Hy beweeg oor na die Ier se tafel.

Teen hierdie tyd is almal in die pub bewus van wat aan die gang is.

Dit word tjoepstil toe die derde ou ewe windgat by die tafel kom staan en kliphard sê:

"Saint Patrick was 'n Engelsman!"

Die Ier neem 'n laaste sluk en sit sy leë glas voor hom neer. 👇

ONS MOOI TAAL ✒️

Uit Graaff Reinet
Deur Randall Wicomb

In die hange van Spieëlberg en Ouberg se rant
Steek die hoogmiddagson ‘n kanniedood aan die brand
Angorrabokkuddes kom ook soos melk oor die rand
En die jongmense jol by Van Ryneveld se plaasdam
En daar is gwarrie-bos, en wildepruim
Noem-noem en granaat
Tussen soetdoring en karee
Kry ‘n koedoebul sy maat.

Donkies skop en dorings steek 🫏

Maar bakkies tref harder! ‘n Ware verhaal… 👇

Rooi Willem boer in die Boesmanland, sowat vyftig myl vanaf die naaste dorp. Ons praat nou 1970’ se tyd.

Op 'n dag is hy besig om waterkrippe na te gaan, toe sy voorraad onderdele vir die ball valves opraak. Dus moet hy dringend by die koöperasie op die dorp uitkom.

Hy hou vinnig by die opstal stil, om te hoor of sy vrou iets van die dorp af nodig het en toe is dit oopketel met die grondpad langs.

Op so grondpad maak motoriste heel dikwels staat op die stofwolke van ander voertuie om hulle te waarsku dat een in aantog is, maar hou meestal nie in gedagte dat donkiekarre nie stof opskop nie, vanweë die aard van hul aandrywing.

Juis toe Willem besig is om sy pyp op te steek, is daar 'n effense hoogtetjie in die pad, met ou Gert Baadjies en sy donkiekar in aantog. Die twee ontmoet mekaar op die kruin van die hoogtetjie.

Dis net stof en houtspaanders wat waai. Die F-100 bakkie skuif nog 'n paar treë vêrder, voor dit tot stilstand kom.

Toe die stof gaan lê, sit Willem hom in trurat na waar die botsing was, terwyl sy ruitveërs sukkel om die donkies se bloed en mis van die windskerm te kry.

Op die toneel klim Willem uit. Dis net houtspaanders, pensmis en donkiebloed waar jy kyk.

Een van die donkies lewe nog en dus haal Willem die sy geweer agter die bakkie se sitplek uit. Met 'n koeël deur die kop, verlos hy die arme dier van sy lyding en gee sommer die ander se karkas ook een, net om seker te wees.

Daarna begin hy soek na die kar se drywer. So vyf treë anderkant die grensdraad, gewaar hy ou Gert, waar hy onderstebo in 'n doringbos hang.

Hy gaan nader en kniel by ou Gert:

"En jy, oudste. Is jy oraait?" wil hy baie besorg weet. 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.

Geniet die lewe… hand om die lyf…

Shoulder to shoulder, soos die Iere sing…

Tot vrydag, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading