Sponsored by

As jy hierdie op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit gratis by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan.

Elke lid kry ‘n gratis Dik Wors e-boek met 111 grappe en stuitige vertellings nou dadelik met die welkom brief! 👇

Welkom by Dik Wors!

Suid-Afrika het ’n nasionale ramp verklaar ná die storms, oorstromings en chaos in die water-gemoerde provinsies.

Die goeie nuus is: Ons damme is vol en papsakke dryf.

Dis Klein Saterdag!

Gryp ‘n dop en ‘n boot, en kom ons duik in! 👇

Moenie betaal vir ‘n website nie. Kry Readdy!👇

Your Website Shouldn't Look Like It Was AI-Generated

You know the pain. Your AI builder ships something functional. Technically a website. But your customers can tell.

Readdy.ai generates designs that actually convert, with clean layouts, professional copy, real visual hierarchy, and distinct custom designs that don't look like AI.

Get a site that's as special as your business. Live in under 5 minutes.

Agency quality. DIY price.

So werk hy maar…👇

“Pa, daar is ‘n mooi meisie by skool wat ek van hou. Hoe moet ek maak om haar hart te wen?” vra die jong laaitie.

“Boetie, harte wen is soos rugby… en golf. Jy moet die veld speel wat jy op is.

Net jy is in die game. Met ‘n bietjie tyd en oefen is dit net jy wat die geheim kan vind.

Wat ek jou wel kan sê oor vroumense en wen:

Die verskil tussen ’n rusie met jou vrou en ’n lottokaartjie, is dat jy het ‘n beter kans om die lotto te wen…”

Tydens die Engelse periode vra die onnie dat Klein Piet vir haar die woord ORANGE op die swartbord moet kom skryf.

Al sy matertjies ken hom as “Piet Planne” en met goeie rede…

Hy begin ewe mooi skryf: OR, maar haak vas en draai na haar:

“Bedoel juffrou die kleur of die vrug?”

Twee manne sit by die bar en die een sê vir sy tjom:

“Ek sien vanoggend ’n kar met ’n bumper sticker wat lees:

VEEARTS – EK WERK MET DIERE EN BESTUUR SOOS EEN.

”Nou wonder ek maar net...”

“Wonder wat?” wil sy tjom weet met sy gesig gebêre in sy glas.

Daai selfde twee kêrels sit weer een Woensdag by die bar.

Gesig gebêre in sy glas mompel die een vir die ander.

“Jy moet versigtig wees as jy vanaand deur die parkie loop.

Moenie daai mooi cherry wat snags daar op die bankie slaap, huis toe neem nie.

As jy môre wakker word, is sy skoonveld met jou beursie en jou selfoon.”

“Hoe weet jy?” wil sy tjom weet.

“Sy het my die afgelope week al vier keer so gevang.”

Oom Nico werk een Saterdag in sy tuin. Net voor toemaaktyd spring hy sommer so kaalvoet in sy kar om gou ’n paar biere te gaan koop. ’n Rukkie later is hy terug.

Terwyl hy die biere in die yskas pak, sê hy vir sy vrou:

“Ek het nou lekker my moer gestrip da’ by Tops!

Kan jy glo: Ek’s kaalvoet, maar ’n antie komplimenteer my volstruisleer-skoene.”

Sy vrou bars uit van die lag en sê:

“Ag toemaar, my man, die ouderdom haal ons almal mos maar in.”

Nico vererg hom weer en kap terug:

“Lag jy maar, Debbie. Is dit waarom jy deesdae nie bra dra nie? Sodat die plooie in jou nek reguit getrek word...”

’n Egpaar wat al verby hul middeljare is, wandel hand aan hand deur die veld.

Skielik verskyn daar ’n goeie feetjie en sê vir hulle:

“Dit is so mooi om mense van jul ouderdom te sien wat hand aan hand loop.

Daarom gee ek vir elk van julle een wens wat onmiddellik waar sal word.

Wees egter versigtig en dink goed daaroor, want jou wens sal nie omkeerbaar wees nie.”

Na ’n kort stilte sê die vrou:

“Ek wens vir ’n twee jaar lange, luukse en vooruitbetaalde bootreis om die wêreld saam met my dierbare man!”

POEF! Net so verskyn die twee kaartjies vir die boot reis in haar hand.

Haar man bekyk dit en sê:

“Ek wens my vrou is 30 jaar jonger as ek.”

POEF! Skielik staan daar ‘n 90-jarige omie langs die vrou…

’n Eensame ou wynboer plaas ’n advertensie in Die Burger.

EK SOEK ‘N TROU VROU WAT HOU VAN WYN.

SKRYF AAN POSBUS 3244, ROBERTSON.

Twee dae later bel die poskantoor – hy moet asseblief sy posbus kom leegmaak – hulle het nie plek vir die bokse vol briewe nie.

Hy gaan haal die honderde briewe, en almal lees:

“Jy kan myne kry!”

As jy gou-gou wil slim raak en ure per week spaar, is hierdie net vir jou!👇

Learn AI in 5 minutes a day

You don't have to scroll every AI thread, track every new tool, or watch every demo. 

The Rundown AI breaks it all down for you — the latest AI news, tools, and tutorials in one free 5-minute email every morning. 

Trusted by 2M+ professionals at Apple, Google, and NASA.

Die volgende gediggie, geskryf in potlood op koerantpapier, het die polisie gevind in die sak van die verslete jas van n boemelaar, wie se lyk hulle in n parkie moes gaan oplaai:

Weer alleen
soos gisteraand
en die aand daarvoor en daarvoor.
Altyd voel dit,
as ek alleen verlang:
God, ek is mos nie n eekhoring nie.

So boer hy…

’n Boer gee elke jaar ’n tjek as bydrae vir die gemeente se basaar, en elke jaar hop die tjek.

Die kerkraad besluit een jaar om die predikant en hoofouderling te stuur wanneer kollektes vir die volgende basaar gedoen word.

Hulle opdrag: Kry enigiets behalwe ’n tjek.

So besluit die afgevaardigdes om maar baie taktvol te vra vir iets wat opgeveil kan word. Dalk skenk die boer ’n slagskaap of twee.

Toe die boer dan ook weer sy tjekboek uithaal, rig hulle die versoek, en tot hul vreugde en verbasing skenk hy ’n vet slagos.

Hy kom laai dit ’n dag voor die basaar persoonlik by die toegewysde perseel af.

Op die dag van die basaar is daar groot belangstelling om die os te koop en daar word ernstig gebie.

Uiteindelik word die bod toegeslaan.

Die koper is dieselfde boer wat die os geskenk het, en hy sê vir die afslaer:

“Ek skryf sommer gou vir jou ’n tjekkie.”

Dis ‘n “long” storie…

Die onderwyseres vra haar graad 3-klas om enige mediese artikel skool toe te bring en dan aan die klas te vertel wat dit is, asook waarvoor dit gebruik word.

Die volgende dag lyk daardie klaskamer soos ’n apteek met al die pleisters, verbande, bottels vol ontsmettingsmiddels, buisies salf en vele meer.

Almal verduidelik met groot geesdrif oor die wat en waarvoor van hul artikels.

Die dokter se seuntjie het selfs sy pa se stetoskoop gebring en die klas geniet hulle gate uit om na juffrou se hartklop te luister.

Uiteindelik is dit nog net Janneman wat moet vertel wat hy gebring het.

Toe die onderwyseres hom vra, sê hy:

“Myne staan buite op die stoep.”

Dus beweeg almal na die stoep langs die klaskamer.

Daar staar die juffrou en haar klas in verwondering.

Dis net kabels, pype en monitors waar jy kyk, en die juffrou sê:

“My wêreld, Janneman, kan jy ons vertel wat dit is?”

“Dis my oupa se hart-longmasjien.”

Die juffrou wil toe weet:

“Nou wat het jou oupa gesê toe jy hom vra?”

“Nie veel nie, juffrou – net ggh, gggh, ggggh.” 😁

Your next great hire lives in Slack.

Viktor is an AI coworker that connects to your tools and ships real work. Ask Viktor to pull a report, build a client dashboard, or source 200 leads matching your ICP. Most teams hand over half their ops within a week.

Besigheid eienaars, ondernemers en digitale soldate!

Vir al ons Dik Wors lesers!

Wil jy graag ‘n GRATIS software suite hê met AI en besigheid tools twv $1600 / maand?👇

Alles kom per epos. 📨👇

Het jy laas week Klein Saterdag gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!

Maak ‘n groot vuur en gooi ‘n lange.

Haal uit die Dik Wors…

En bêre die reën jas…

Lyk of die strom verby is.

Storm by die huis?

Geniet jou vrye tyd met mense wat saak maak.

Ons lag weer Vrydag saam.

Tot dan, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading