Sponsored by

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇

Welkom by Dik Wors!

Die Bokke het verlede naweek in Die Baai die Barbarians met 80 punte gepiets.

Dis weer lekker in die reenboog land van k@k en heuning.

Maar…

Die regering het intussen aangekondig dat hulle R600 miljoen gaan spandeer vir “beveiliging” teen onwettige immigrasie.

Maak die draad reg, Rampies.

Maak die manne wat heeldag niks doen wag staan.

Laai die illegals op ‘n vragskip en ry hulle om Noorde toe…

Problem solved, baie kliengeld oor.

Of, plak ‘n stukkie Elastoplast op ‘n kraak in die Vaaldam…

Kom ons los eerder hierdie sake vir die “kenners” en steek ‘n groot vuur aan op Klein Saterdag!

“Watch me burn!”

Bad news is good business. We never bought in.

Every morning, financial news follows the same script. Headlines panic, coverage catastrophises, and somewhere inside the noise is the story that actually matters — the one that tells you where the opportunity sits, not just where the fear is pointing.

Most sources have stopped looking. The alarm is easier to sell.

The Daily Upside was created by Wall Street insiders for readers who crave real insight over recycled anxiety. Five minutes of global business and finance, before the noise sets the agenda — just the facts, context, and analysis your decisions need.

Join 1M readers — including managing directors and principals at some of Wall Street’s largest institutions — who trust The Daily Upside to filter through the chaos.

The upsides are always there. We’ll find them before breakfast.

The ultimate free resource and education newsletter for the digital age entrepreneur. 🚀

FREE lifetime HighLevel account with the welcome letter when you subscribe now. Unlimited sub-accounts and free video course! 🚀

Secret digital tools, AI & Automation, plus a magical garden of free books, courses, and awesome online opportunities. 🎁

Kort van grensdraad👇


Toe Willem vir die man wat langs hom in die kroeg sit, vra waarom hy so bek-af lyk, antwoord hy:

“My seun is ‘n mechanic en het vadag sy werk verloor. Ons het uigevind dat hy verslaaf is aan brake fluid snuif. Dit laat glo ‘n man se kop spin soos ‘n Landrover in die sand."

Willem dink bietjie hieroor, neem ‘n sluk van sy bier, en sê toe:

"Ek sou nie baie bekommerd wees as ek in jou skoene was nie. Hy kan nou mos maklik stop…"

"Waarom lyk jy so beswaard?" wil ou dominee Attie weet, toe sy jong kollega dominee Jannie terugkeer van sy honeymoon.

"Ai, oom Attie," sug die jongman, "ek vind toe mos uit my vroutjie rook."

Na 'n kort stilte antwoord dominee Attie:

"Ai, ou Janneman, ek weet nie hoe om vir jou raad te gee nie. Myne het destyds ook baie warm geword, maar darem nie gerook nie."

Kallie is 'n geesdriftige gholfspeler. Een aand na werk, terwyl hy vir die bus wag, koop hy drie gholfballe by 'n straatsmous en sit dit sommer in sy broeksak.

Die bus arriveer en toe hy langs 'n oulike nooi sitplek kry, voel hierdie balle in sy sak nie baie gemaklik nie.

Heel onskuldig druk Kallie dit reg met sy hand, terwyl hy sê:

"Dis gholfballe."

Sy snak hoorbaar na haar asem, maar hou aan om na sy broeksak te loer.

Na 'n rukkie, terwyl sy bloedrooi bloos, sê sy toe:

"Ek hoop regtig nie dit is so seer soos 'n tennis-elmboog nie."

Op 'n plattelandse dorp skuif die plaaslike dokter sy spreekkamer na 'n ander gebou.

Voordat 'n vriend met 'n bakkie hom later kom help, ry hy en sy ontvangsdame solank alles wat hulle in hul motors kan inpas, daarmee aan.

So laai hulle die demo-geraamte, wat hy in die ondersoekkamer het, sommer in die ontvangsdame se motor, op die voorste sitplek langs haar.

By 'n robot stop haar blonde vriendin langs haar en beduie vragend na die geraamte.

Die ontvangsdame draai haar ruit af en skree:

"Spreekkamer toe!"

Blondie kyk met groot oë en wil baie ernstig weet👇

Daar is ‘n gat in dié storie!☕

Twee middeljarige nonne, Trudy en Louisna, asook 'n jong non, Megan, wat bietjie meer as 'n jaar in die klooster is, is in die onstspanningslokaal vir middag tee.

Op 'n stadium kom die aantreklike jong priester, wat 'n paar maande gelede daar begin het, ter sprake.

Louisna sê: "Ek is nie so seker oor sy beginsels nie. Toe ek eendag sy kamer gaan skoonmaak het, het ek 'n groot boks kondome in sy bedkassie gekry."

Waarop Trudy toe antwoord: "Ek het dit ook gesien. En omdat dit my glad nie aanstaan nie, het ek 'n speld geneem en almal vol gate gesteek…" 👇

Laaste rondte 🐮

Moeder Martha lê op sterwe, terwyl die ander nonne om haar bed staan en probeer om alles vir haar so maklik as moontlik te maak.

Suster Trudy onthou dat sy baie lief was vir 'n glas warm melk saam met 'n soet dingetjie.

Sy gaan na die kombuis om dit vir haar te kry.

Terwyl sy in die spens soek na koekies, kom sy af op 'n bottel brandewyn.

Op die ingewing van die oomblik gooi sy 'n stewige knerts daarvan in die melkglas.

Daarna gaan sy terug en voer dit vir moeder Martha.

Tot almal se verbasing drink sy tot die glas heeltemal leeg is.

Toe lê sy terug met 'n tevrede glimlag op haar gesig.

Almal besef dat die einde nie meer ver is nie, en een van die senior nonne vra of sy nie vir oulaas iets met hulle wil deel of wil raad gee oor die pad vorentoe nie.

Moeder Martha lig haar kop so effens en fluister:

"Moet NOOIT daardie koei verkoop nie."

Die juffrou vra haar graad drie-klas se leerlinge om hulle die volgende dag so aan te trek dat hulle 'n dorp voorstel, en dan sal almal raai watter dorp dit is.

Daardie oggend is dit pure pret.

Flink Faantjie is aangetrek soos 'n hondjie en Slim Sannie is dadelik in die kol met Brakpan.

Soet Sareltjie het 'n kartondoos om sy dik lyfie en na 'n paar raaiskote kry juffrou dit reg met Boksburg.

Toe dit Wille’ Wimpie se beurt is, skuifel hy uit sy bankie en gaan staan voor die klas met ‘n reuse lang jas aan, en sy rug na die leerders.

Dis toe wat die jas op die grond val, en kaalgat Wimpie oor sy skouer glimlag…

Met ‘n vreeslike “ooh en aah” van die kinders, jaag juffrou vir Wimpie summier uit die klas.

Terwyl hy moerbied na die deur loop en sy jas agter hom aan sleep, laat waai sy tweeling-boetie, wat net so onkruidsig soos hy is 👇

Wat sê jy issie rente Ferrari lening? 😉

'n Netjiese jongman doen aansoek by die bank vir 'n lening van $5 000 vir slegs twee weke.

Die konsultant deel hom mee dat dit reg is, maar dat die bank sekuriteit sal benodig, waarop die man sy motorsleutels na hom uithou en sê:

"Sekerlik. Hierdie is daai rooi Ferrari F80, wat hier voor die bank parkeer is, se sleutels. Al die dokumentasie is hier in my aktetas."

Binne 'n paar minute is die kêrel geholpe en staan hy op die sypaadjie en kyk hoedat die Ferrari onder toesig van 'n assistent-bestuurder veilig in die bank se reuse instap kluis parkeer word.

Presies twee weke later sit hy in dieselfde stoel en oorhandig $5 000 plus rente aan die konsultant, wat opstaan om die sleutels te kry en terugkeer saam met die bank se hoofbestuurder.

Die bankbestuurder het intussen sy huiswerk gedoen en vasgestel dat hierdie man eintlik 'n multi-miljoenêr is. Iemand wie hy baie graag as 'n kliënt sal wil hê.

Dus vra hy verskoning omdat hulle sekuriteit vereis het vir die lening en verseker hom dat dit nie weer sal gebeur nie.

Waarop die man toe sê: “Geen probleem, Menere…” 👇

ONS MOOI TAAL ✒️

Uit “Vir ‘n Pepermossie” deur Laurika Rauch.

Voortaan sal ek winter-skemers vleilangs loop
En droë takkies van geraamte-struike stroop
Die wilger sal gekruisig aan die hemelruim hang
En ek sal dood menslik na jou verlang
Soos na die somer se rinkink van vinke in palmiete
En die onbeholpe liefde van wildeganse tussen riete

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!

Die lewe is kort, die lag is gratis, en slim mense weet hoe om die system terug te ry deur in 'n bankkluis te parkeer.

Tot Vrydag, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading