Sponsored by

šŸ’ø Adverteer

Welkom by Dik Wors!

Ons het almal uitgesien na ā€˜n lekker Bok-naweek en toe loop dit so! šŸ‘‡

Hierdie week hou ek eerder my groot bek…

Gelukkig is dit weer Klein Saterdag!

As jy dalk nuut is by Dik Wors, of sommer net lekker stories en grappe soek vir onstpanning of jou volgende toespraak, ons het ā€˜n nuwe webtuiste.

Besoek gerus die Dik Wors Nuusbrief Argief šŸ‘‡

Lekker!

Kom ons maak vuur, bel ā€˜n pel, klap ā€˜n vegan, en kyk hoe lyk ons bekke teen Vrydag…

Short on cash? Get up to $750, no credit check.

Is payday still a few days away, but the bills aren't waiting? We've all been there. That's why there's Klover — a cash advance of up to $750* from your upcoming paycheck, with no credit check and no late fees. Ever.

Cash in 3 Easy Steps

  • Sign up — Creating your Klover account takes just minutes.

  • Link your bank — Securely connect the account where your paycheck lands.

  • Get your cash — Access up to $750* within minutes for a small fee, or wait 3 days and get it for free.

No credit check. No late fees. No catch — just a little breathing room until payday.

*Not all users will qualify. Advances range from $25–$750; average advance is $170. Express transfer fees may apply.

Haar salon werk anders as die haarsalon šŸŗ

Twee nonne loop verby die yskas vol bier in die dorpie se supermark.

Die oudste een laai 'n six pack in hul trollie en sĆŖ saggies vir die verbaasde jonger non:

"Dis so warm in die gewaad. ā€˜n Yskoue biertjie sal nogal lekker wees."

"Wat gaan die mense by die betaalpunt dink?" wil die ander een weet en "Los alles net vir my," kom die antwoord.

Dit gebeur dan toe ook dat die kassier snaaks opkyk toe sy die bier sien, maar die ouer non sĆŖ hard genoeg, sodat almal kan hoor:

"Ons was ons… uh… ons hare daamee. Jy sal nie glo hoe sag en skoon die gis jou kop maak nie…"

Dis toe dat die kassier onder haar toonbank voelā€¦šŸ‘‡

Daan is dit seker soā€¦šŸš”

Daan is 'n beesboer in die Noord-Wes. Een warm somersdag, toe hy dringend iets by die koƶperasie op die dorp gaan haal, keer 'n ridder van die grootpad hom voor.

Daan hou aspris 'n ent verder as nodig stil en hou in die truspieël dop hoe spietkop se kind soos wafferse cowboy aangestap kom. Toe hy by Daan se bakkie kom, loer hy bo oor sy sonbril en sê:

"Meneer, weet jy hoe vinnig het jy gery? Kan ek u bestuurslisensie sien, asseblief," terwyl hy geïriteerd waai na die vlieë wat om sy kop sirkel.

Daan sien dit en vat dadelik die gaping. Voor hy nog groet of sy beursie met die lisensie uithaal, sĆŖ hy:

"Ek sien die gatvlieƫ is weer lastig vandag."

"Wat se ding is 'n gatvlieg, of noem jy my een?" wil die spietkop met 'n kwaai frons weet.

Daan: "Nooit, konstabel, waar sal ek dan nou 'n gerespekteerde toepasser van die wet so wil beledig... ek praat van die vlieƫ wat so lastig om jou kop sirkel.

Op die plaas draai hulle alewig so om die beeste se agterente. Daarom word hulle 'n gatvlieg genoem."

Spietkop: "Nou wil jy sĆŖ ek is 'n beespoephol?!" šŸ‘‡

Free email without sacrificing your privacy

Gmail tracks you. Proton doesn’t. Get private email that puts your data — and your privacy — first.

Dis ā€˜n lekker ou Jan šŸ”«

Jan kan van geluk spreek, dat sy plaas so naby aan die dorp is. Op 'n warm dag gaan skiet hy die lastige kolganse wat sy landerye verniel.

By die dam waar hy hulle wil voorlĆŖ, hou hy stil en toe hy die haelgeweer aan sy loop agter die bakkie se sitplek uittrek, gaan 'n skoot af en tref hom links van sy regter lies.

Toe hy tot verhaal kom, jaag hy dorp toe, maar in die portaal van die hospitaal, val hy weens bloedverlies flou. Gelukkig is daar opgeleide mense en sommer gou-gou is hy in die teater.

Toe Jan later die dag in sy hospitaalbed wakker word, gaan roep die verpleegster dadelik die chirurg. Hy loer vinnig na die tellings en die monitors in die kamer. Toe fluit hy die alombekende mechanic fluit…

"Mnr van der Merwe. Jy het ons baie groot laat skrikā€¦ā€

ā€œHoe so, dokter?ā€

ā€œDis uh… ā€˜n groot storie… Die eerste ses duim is dan net velle… Enige ander man sou syne mors af geskiet het!ā€

Jan trek sy skouers op en kug effens.

ā€œDok moet my broer, Attie ā€˜Perd’ sien. Syne drink water by die Spur se pisbakā€¦ā€

Die chirurg skud sy kop.

ā€œIs ek reg as ek sĆŖ, ongeluk met 'n haelgeweer?" en toe Jan instemmend knik, gaan hy voort:

"Die goeie nuus is dat ons alles kon red en alles funksioneer nog, maar daar is nie regtig ā€˜n mediese terapie vir die slegte nuus nie. Nietemin, het ek reeds 'n oplossing…

Ek gaan jou aan my suster voorstel."

"Nou wat de hel is die slegte nuus, Dok en wat het jou suster hiermee te doen?"

"Daar is 'n deel van jou… jou Jan… waar ek nie al die gaatjies, wat die haelkorrels gemaak het, kon toewerk nie. Ek hoop dit sal met tyd toe groei..ā€

Jan skrik en maak vinnig plan: ā€œIs daar nie ā€˜n gom… of ā€˜n putty of so iets nie? Ek het al gehoor van varkvelle wat oorgeplant word… Ek het varke op die plaas, jy weetā€¦ā€

ā€œNee, nee. Niks van daai gaan werk nie. Maar, vir die tyd en wyl, my sussie is 'n fluitspeler in die simfonie orkes… ā€œ šŸ‘‡

Gif by Tokyo-Cowboys on Giphy

Learn how to code faster with AI in 5 mins a day

You're spending 40 hours a week writing code that AI could do in 10.

While you're grinding through pull requests, 200k+ engineers at OpenAI, Google & Meta are using AI to ship faster.

How?

The Code newsletter teaches them exactly which AI tools to use and how to use them.

Here's what you get:

  • AI coding techniques used by top engineers at top companies in just 5 mins a day

  • Tools and workflows that cut your coding time in half

  • Tech insights that keep you 6 months ahead

Sign up and get access to the Ultimate Claude code guide to ship 5X faster.

ONS MOOI TAAL āœ’ļø
Allerliefste deur Breyten Breytenbach

Besoek Drie Susters, nie St. Bain šŸ›£ļø

As jong man was Bert een van daai gelukkige Afrikaanse blikskottels, wat in die VSA gewerk het en bekend was as 'n "Jukebox Man".

Met sy stasiewa moes hy elke kroeg in Alabama, Tennessee en Kentucky gereeld besoek en sorg dat hul musiek bokse reg is en gelaai is met die nuutste treffers.

Op 'n dag is hy vir die eerste keer op 'n roete en sien 'n bordjie langs die pad, wat lees:

Brothel. Sisters of St. Bain. 10 Miles.

Bert frons effens, en dog eers dis dalk 'n grap, maar toe hy 5 myl verder weer so bord kry wat sĆŖ dis nou nog net "5 Myl", begin hy wonder, want hierdie is maar ā€˜n eensame job. 'n Ent verder aan lees 'n derde bord:

"Sisters of St. Bain, laaste kans, draai regs," en toe draai daai stasiewa sommer vanself regs.

'n Entjie verder hou hy voor die klooster stil en klop aan die swaar voordeur. Toe hy vir die non, wat deur die klein luikie loer, sĆŖ waarom hy daar is, maak sy die deur oop en lei Bert deur verskeie gange en vertrekke tot voor 'n swaar deur.

Daar klop sy en nadat 'n ander non hom ingelaat het, hou sy 'n beker na Bert en versoek dat hy eers die fooi van honderd dollar moet betaal.

Bert plaas die geld in die beker en sy neem hom na die enigste ander deur in die vertrek.

Sy sluit dit oop en sĆŖ: "Eerste deur links," en toe klik die swaar deur agter hom toe.

Bert huiwer 'n oomblik, dan klop hy, maar niemand maak oop nie.

Dus doen hy dit self... en bevind hom weer op die parkeerplekā€¦šŸ‘‡

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Dis nog nie droĆ« wors nieā€¦šŸ‘‡

Dis dit, en daai is daai vir Klein Saterdag.

Geniet ā€˜n lekker biertjie en ā€˜n pakkie haarkrullers.

As jy pyp lĆŖ, maak seker daar is nie lekplekke nie…

Moet vir niks vooraf betaal nie…

Mooi loop tot Vrydag, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors