
Welkom by Dik Wors!
Die tyd is amper hier.
Bokke en die All Blacks by Ellis Park.
Vir wat wag jy? ‘n Bus..?
Kom ons maak vuur en maak reg vir ‘n lekker naweek!
Loer in by Dik Wors se landswye gratis Afrikaanse aanlyn gemeenskap 👇
Gesels, deel grappe en stories, en staan saam as Afrikaanse gemeenskap.
Jou stories en grappe in die gemeenskap kamers haal dalk net die nuwe Dik Wors 2 bundel!
Almal is welkom! 👆👇


AI Is Moving Fast. Here's How to Keep Up.
AI is moving faster than any other technology. New models. New tools. New claims. New noise.
Most people feel like they're behind. But the people that don't, aren't smarter. They're just better informed.
The Future Today is a daily briefing for people who want clarity. In one concise email each day, you'll get the most important AI and tech developments, learn why they matter, and what they signal about what's coming next.
Written for operators, builders, leaders, and anyone who wants to sound sharp when AI comes up in the meeting.
One email. Five Minutes. Stay ahead of 99% of the world.

Dubbel dink 🧠
Koos se vrou kom agter dat hy dalk 'n sielkundige probleem het en met vele gesukkel, oorreed sy hom om 'n kopdokter te gaan spreek.
Na 'n paar sessies, verklaar die sielkundige dat ou Koos 'n gesplete persoonlikheid het.
Tot op daardie stadium is Koos se rekening reeds R20 000 en hy is lankal gatvol.
Dus betaal hy die helfte en weier om vir verdere sessies te gaan of om die uitstaande R10 000 te betaal.
Dit het toe tot gevolg dat hy gedagvaar word om in die hof te verskyn vir skuld. Daar wil die landdros by hom weet waarom hy dan die helfte betaal het vir die professionele diens, maar nou in die hof staan oor die ander helfte.
Koos: "U edele, verklaar die psigiater onder eed dat sy diagnose reg is?”
Die landdros loer na papierwerk voor hom.
“Ek het die verslag wat dit bevestig, Mr van der Merwe. Die rekeningstaat toon ook dat R10 000 uitstaande is.”
Koos skud sy kop…
“Hoe lank swot hierdie mense, u edele?”
“Lank genoeg! Ons gaan nie Dokter Jansen se kwalifikasies in gedrang bring nie.”
👇

Daai’s ‘n ander hek se sleutel🔑
Die uitdrukking, "'n Man is mos nie 'n klip nie", geld ook in die hiernamaals, as mens na die volgende storie luister.
Blykbaar kom daar drie vroue voor die Pearly Gates en Petrus verduidelik:
"Aangesien dinge bietjie ‘los’ begin raak het op aarde die laaste eeu, het die groot baas die keuringstelsel vir dames aangepas. Om op te som: Losbandigheid bepaal gerieflikheid…”
“Wat?” kom dit van die een dame.
“Hoeveel jy rondgeloop het gaan bepaal of jy in een van ons tuinwoonstelle gaan bly, of ‘n sleutel kry tot ‘n herehuis in die wolke. Dan is daar natuurlik ook ons “ondergrondse” akkommodasie… so wees eerlik met jul antwoorde.”
Saam met hoeveel mans het jy in jou leeftyd op aarde geslaap?" vra hy die eerste dame en dadelik antwoord sy:
"Slegs met my man en ook eers na ons troue."
"Dit is baie mooi, gee haar ‘n goue sleutel," sê hy vir die engel wat hom assisteer, voor hy vir die tweede vrou vra:
"En jy, met hoeveel mans het jy geslaap?" en sy antwoord trots:
"Met geen man nie, ek was 'n non en het my lewe aan die Kerk gewy."
"Pragtig, gee haar ook een van ons goue sleutels," sê Petrus en vra vir die derde vrou:
"Kan jy my sê met hoeveel mans jy geslaap het?" en sy antwoord:
"As ek moet eerlik wees… Die presiese getal is moeilik, want ek het nie boek gehou nie.
Op hoërskool was dit ongeveer 10 keer. Daarna was ek op universiteit, kom ons sê so 3 keer per week vir die volgende drie jaar, voor ek toe begin werk.
Ek was egter gou gou verloof en getroud, maar my man is vroeg in 'n ongeluk oorlede. Toe begin dinge weer spoed vang en…"
Petrus val haar in die rede en sê vir die engel langs hom👇



What 200K+ Engineers Read to Stay Ahead
Your GitHub stars won't save you if you're behind on tech trends.
That's why over 200K engineers read The Code to spot what's coming next.
Get curated tech news, tools, and insights twice a week
Learn about emerging trends you can leverage at work in just 5 mins a day
Become the engineer who always knows what's next
ONS MOOI TAAL ✒️
Uit Jy’t my gekierang
Deur Ingrid Jonker
Jy’t my gekierang Dolie
jy’t my gefop
my hart o appelliefie
verdroë in sy dop
Die predikante sê agge nee
my ma sê agga gwaan
my ouma dink weg wêreld
waar kom ons ook vandaan
Maar Dolie bokkie baby
jy’t my verstoort
al maak ek ook my daggies
nes kuikens vir jou groot
Al gee ek jou die dagbreek
se rooiwang-vy
jy’t laasnag – o my attatjie
met ’n ander man gevry
My brakhond en my mak uil
tjank groot en wyd
maar Dolie bokkie baby
ons tjank een woord altyd.
Attie pappie? 👶
Attie is 'n mechanic by Brakpan Used Cars.
Sy vrou, Lena, is huisvrou en maak kinders groot.
Attie se salaris is nie baie groot nie en as mens die egpaar se voorliefde vir bokswyn in berekening bring, saam met die feit dat hulle nege kinders het, is dit te verstane dat hulle gereelde kliënte van Cash Crusaders is.
Een oggend op pad werk toe, hoor Attie oor die radio dat die nuwe minister van welsyn aangekondig het, dat alle gesinne wat tien kinders het, kan aansoek doen om staatshulp van tot R50 000 per kind. Hy maak die som in sy kop en draai net daar terug huis toe.
Daar gekom, vertel hy dit vir Lena:
"Skat, ek hoop nie jy neem my kwalik nie, maar R500 000 is 'n klomp geld.
Ek het jou nooit van haar vertel nie, maar ek het 'n dogtertjie wat by haar ma in Melville bly.
Ek ry nou soontoe om haar te gaan haal. Bel die werk en sê ek is siek en gaan nie vandag inkom nie.
Sien jou namiddag," en hy is daar weg.
Toe Attie later die dag met sy dogtertjie by die huis kom, is net Lena tuis.
"Waar is die kinders?" 👇


Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius
Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insights—from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.
Gerrie skiet raak 🏕️
'n Paar manne wat al jare lank saam gaan jag, kom by hul dorp se sportklubhuis bymekaar om hul komende trippie se reëlings te tref. Dis 'n vrolike gekorswil en samesyn van manne, wat mekaar al lank ken en gemaklik is in mekaar se geselskap.
Tot almal se verbasing, kondig Gerrie, wat sekerlik die mees geesdriftige jagter in hul groepie is, aan dat hy nie sal kan saamgaan nie.
Sy vrou, Alet, weier absoluut dat hy gaan, want dis al tien jaar lank dat sy alleen hul huweliksherdenking vier, terwyl hy homself in die jagveld geniet, "en julle weet mos nou almal dat 'n vrou se DNA anders werk as 'n man s'n, sy moes my nog net met die dood dreig," sluit hy af.
Na vele probeerslae om Gerrie van besluit te laat verander, besef die manne later dat hy ernstig is en tref maar hul reëlings, terwyl hy aan sy bier sit en teug.
So vertrek die groep dan 'n week later sonder Gerrie. Omdat die afstand na die jagplaas so ver is, slaap hulle oudergewoonte die eerste aand oor by 'n gastehuis op pad daarheen.
Toe hulle die volgende middag by hul kampeerterrein aankom, wag daar 'n heerlike verrassing op hulle.
Gerrie se tent staan op sy gewone plek opgeslaan, terwyl hul jagmaat met 'n koue bier in sy kampstoel langs die vuur sit, besig om sy jaggeweer te olie.
Verbaas en verheug borrel almal uit die voertuie en drom om hul maat saam.
"Hoe de hel het jy dit reggekry?" verwoord iemand die vraag op almal se lippe en Gerrie sê:
"Toe ek gister by die huis kom, vat ek 'n bier en gaan sit voor die TV om my 'sorrows te drown'.
Alet moes my seker jammer gekry het, want na die tweede bier kom staan sy in 'n 'sexy nighty' voor my en sê: 'As jy my kamer toe dra, kan jy my op die bed vasmaak en doen net wat jy wil.' 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Braai hulle nou! 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Lekker uitspan saam met ons span.
Bel ‘n pel, hier of daar…
Sê vir hulle dat…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors







