
As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aangestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!
Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇
Welkom by Dik Wors!
Suid-Afrika het sopas sy vierde Wêreldbank lening sedert 2022 gekry.
Hierdie keer is dit ‘n koel R25 miljard.
Teen dié tyd moet die Wêreldbank nie eers meer 'n amptenaar na Pretoria stuur nie, net 'n ou met ‘n stempel om die loyalty card te chup.
In 2024 het Rampies in Beijing verseker daar is geen skuldstrik nie, en gesê Suid-Afrika het juis "lesse om van China te leer" oor hul energiesektor.
Twee jaar later is ons steeds besig om lesse te leer, net nie die een wat hy bedoel het nie.
Ons het intussen vier lenings by die Wêreldbank gekry, en is nou terug in Beijing met nóg 'n voorstel…
Dit lyk nie of ons geleer het om NIE te leen nie, dit lyk of ons geleer het presies BY WIE almal om te leen.
Dis weer Klein Saterdag!
As die taai gaan, leen ‘n kan wyn by die buurman tot pay day.
Bly fiks, en moenie die dik wors taai braai nie! 👇


10K Steps Is a Myth–Try This Instead
When motivation is lacking, jumping into heavy routines is the fastest way to burn out. That’s why millions of people are turning to walking as the foundation of their fitness journey.
Walking lets you enjoy the outdoors, clear your head, and practice mindfulness. It’s simple, sustainable, and can support lasting weight loss if you know how much you need. The “10,000 steps a day” rule is outdated; everyone’s lifestyle is different.
With Simple, you’ll get access to habit-based coaching that’s helped users lose over 18 million pounds. Take the quiz to discover your personalized walking target.
Lewer net jou beste! 🍻
Ou Jan sit die stuk in vanaf sy Boesmanland plaas en kom by die dokter op die dorp vir die eerste keer in jare.
Hy’t deesdae so effe van ‘n pyn hier agter in sy blaaie en uitstel kan hy nie meer nie.
Die dokter voel bietjie en luister so bietjie…
Hy sê: “Meneer, ek dink ons gaan ‘n paar plate moet neem. Ek kan nie net ‘n raai skoot vat nie, alhoewel ek my vermoedens het…”
Ou Jan is toe saam met die netjiese nursietjie in die volgende kamer in.
Kort daarna is hy heel in sy noppies terug.
“Jislaaik, Dok. Dis ‘n smart besigheid wat jy hier het. Tjoef, tjaf. Die laaste keer wat ek plate gekry het was by ‘n tandarts in 1987. Hy sit ‘n lood voorskoot oor ‘n man se knaters, gaan staan agter ‘n ses voet dik sementmuur, en sê: Oom sal okay wees…”
Die dokter glimlag: “Ja, ons het ‘n lang pad gekom sedert daardie tyd.”
Die netjiese nursietjie neem die plate en hy bestudeer dit deeglik.
Toe fluit hy soos ‘n mechanic wat ‘n moertoe Land Rover se bonnet oopmaak.
“Meneer van der Merwe… Jou lewer lyk baie sleg.
Wat drink jy?" 👇

Hie’s ek weer met my veer voor jou deur! 🕊️
Stadsduiwe kan nogal baie "streetwise" wees, maar soms misreken hulle die spoed van 'n aankomende kar en dan waai die vere.
So 'n ongelukkie gebeur met een van Kaapstad se duiwe.
Nadat 'n bakkie hom getref het, lê hy bewusteloos op die sypaadjie.
'n Ou tante, wat die ongeluk gesien het, tel hom op en toe sy besef hy lewe, neem sy hom saam huis toe.
Daar plaas sy hom in die koutjie van haar ou kanarie, wat ‘n rukkie gelede dood is.
Toe die Kaapse duif later sy bewussyn herwin, steier hy orent en skud sy vere reg. 👇


Tired of news that feels like noise?
Every day, 4.5 million readers turn to 1440 for their factual news fix. We sift through 100+ sources to bring you a complete summary of politics, global events, business, and culture — all in a brief 5-minute email. No spin. No slant. Just clarity.
Budgie oppie prysie 🦜
Klein Kosie kom opgewonde ingewal by 'n oom Gawie se petshop waar hy budgies verkoop teen R5 elk.
“Oom, ek wil graag die bloukop budgie met die wit stertvere wil hê,” sê Kosie met die intrap en hy wys die budgie uit.
Die knorrige oom Gawie antwoord:
"Boeta, daar is baie budgies in die hok en ek gaan nie die spulletjie rondjaag nie. Jy vat wat jy kry."
Kosie: "Asseblief, oom! Ek sal oom dieselfde betaal as wat my pa vir 'n slagskaap betaal, as oom die bloukop enetjie vir my vang."
Dadelik verander die oom se houding en sommer gou-gou het hy die bloukop budgie en sit hom in 'n papiersak.
Hy gee dit vir Kosie en vra: "Nou wat betaal jou pa nogal vir 'n skaap?" 👇


Learn how to code faster with AI in 5 mins a day
You're spending 40 hours a week writing code that AI could do in 10.
While you're grinding through pull requests, 200k+ engineers at OpenAI, Google & Meta are using AI to ship faster.
How?
The Code newsletter teaches them exactly which AI tools to use and how to use them.
Here's what you get:
AI coding techniques used by top engineers at top companies in just 5 mins a day
Tools and workflows that cut your coding time in half
Tech insights that keep you 6 months ahead
Sign up and get access to the Ultimate Claude code guide to ship 5X faster.
ONS MOOI TAAL ✒️
Uit Splinterruit
Deur Koos du Plessis
My oë is ‘n splinterruit
Wat bly weerkaats al kyk ek uit
Ewebeelde dwaal verby
Maar dra onwetend iets van my
Maar ek kan sing, as ander vlug
Voor werwelwind en bliksemlig
Want deur die krake in die nag
Sien ek ‘n helder nuwe dag
Die oë is ‘n splinterruit
Dus moet jy leer om skerp te kyk
Wie meen jy's blind doen onbewus
Dit wat presies wys wat hy is
Maar ek kan sien as sieners tas
Na iets wat is en altyd was
Want, hoor die reën en wind praat saam
En in die kranse dreun ‘n naam.
My oë is ‘n splinterruit
Wat bly weerkaats al kyk ek uit
En skewe beelde hink verby
Word onwetend deel van my
Maar ek sal klim en hoër beur
Doringtakke gryp en skeur
Want op die berg se ruwe rug
Is môre ver, maar reeds in sig.
Mamma wag vir jou 👹
Maggie kla by haar ma oor haar man Floors wat nooit meer saans tuis is nie.
Sy gedrinkery word by die dag erger en elke aand laat as hy so gesuip by die huis kom, moet sy dit ontgeld.
Ma gee haar toe hierdie raad:
"Vermom jou soos die duiwel en dan wag jy hom in as hy weer laat by die huis kom.
Maak net seker dat alle helder gloeilampe uitgedraai is.
Dan vertel jy hom dat jy hom kom haal oor sy gesuipery."
So gesê, so gedaan en twee aande later sukkel 'n lekker gesuipte Floors in die donker om die voordeur oop te kry.
Toe hy dit uiteindelik regkry en insteier, gewaar hy die duiwel figuur, wat in die skemerdonker gang staan.
"Wiesjh daar?" wil hy weet en Maggie sê in 'n vreemde, diep stem:
"Ek's die duiwel! Ek het..." maar Floors val haar vinnig in die rede:
"My magtig, sjhwarrie!
Eksjh al hoe lank met jou sjhuster getroud en nou ontmoet ek jou die eersjhte keer!” 👇

Oom Arrie die Groenteman 🍅
In ons dorp was oom Arrie bekend as die Groenteman. Daar op die dubbelerf in die onderdorp, waar hy jare gelede sy huis gebou het, het hy groente van skougehalte gekweek.
Dit was sy passie en sy trots. Ook was hy altyd bereid om raad te gee en dorpenaars het gereeld kom aanklop. Ek moet egter noem dat die oom ook 'n regte platjie was en dikwels hierdie "raad gee" van hom, aangewend het om iemand 'n streep te trek.
Op 'n dag is oom Arrie weer doenig in sy tuin, toe 'n aansienlike dame, wat nog nie lank op die dorp woon nie, in die straat stilhou en tot by sy grensdraad kom:
“Jammer om te pla, oom,” sê sy, “maar wil oom nie asseblief vir my vertel, wat ek moet doen om my tamaties ook so rooi soos oom s'n te laat word nie?”
Dadelik sien oom Arrie die gaping. Hy stap nader aan die grensdraad en kyk kamtig rond, voor hy in 'n fluisterstem sê:
“Moet vir niemand vertel nie, ek laat hulle bloos. Soggens vroeg en net voor sononder saans, loop ek hier met slegs ‘n reënjas aan. Dan gaan ek voor elke plant staan en ek 'flash' vir hulle.”
"Is oom ernstig?" vra sy en "Doodernstig, my kind," kom die antwoord. "Dit het my oupa se tamaties laat bloos en dit laat myne ook. Jy sien mos hoe rooi is hulle."
Twee weke later kom dieselfde vrou een oggend na die diens, vir oom Arrie buite die kerk. Sy groet vriendelik en sê met 'n vonkeling in die oog:
"Ek het oom se raad gevolg. Dit lyk nie of dit vir my tamaties werk nie…” 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? Dis nog nie droë wors nie…👇

Dis dit, en daai is daai vir Klein Saterdag.
Sommer ‘n “Tops” week vorentoe, sonder om ‘n veer te voel.
Tot Vrydag, en hoe sê ons by Dik Wors?
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors




