In partnership with

Welkom by Dik Wors!

Daarsie foutie… daarsie pyne… Dis Bokke en Argentyne!

‘n Lekker langnaweek lê voor met lekker rugby vir die manne en papsak, chocolates en blomme vir die agteruitdansers.

Maandag is nasionale vrouedag… of nasionale babbelasdag… as ek ons mense ken.

Kom ons betoon eer aan ons vrouens, susters, en moeders!

Dankie, ma!

My ma het my geleer hoe om te bid: "Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"

Sy het my geleer van time travel: "Ek sal jou tot in volgende week in klap!"

Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's: "Gaan vra jou pa!"

Sy het my geleer oor plantkunde: "Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?"

Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees: "Meneertjie!!!"

Sy het my van die weer geleer: "Dit lyk of 'n donnerse orkaan jou kamer getref het!"

Sy het my geleer van fauna en flora: "Moenie vir my vertel perdedrolle is vye nie!"

Hier binne gaan die lys net aan…

Maar eers, onthou, sluit GRATIS aan by die -

Dik Wors Braaikamer - Ons nuwe landswye gratis Afrikaanse aanlyn gemeenskap👇

Maar vir nou, dit is Vrydag!

Kom ons maak ‘n groot vuur en braai ‘n dik wors! 👇

Wake Up Smarter About AI.

Most AI news is a waste of time. The Future Today is a daily 5-minute read focused on what actually matters.

You’ll get exclusive interviews with the CEOs, researchers, and builders shaping AI. Plus top stories broken down simply and practical advice you can immediately apply.

Read the newsletter trusted by teams at NVIDIA, Google, Anthropic, Meta, Dell, and Salesforce.

My ma het my ook geleer… 🙎‍♀️

Sy het my geleer om myself te ontdek: "Hou op om jou soos jou pa te gedra!"

Sy het my die wetenskap van osmose geleer: "Hou jou mond en eet jou kos!"

Sy het my geleer van uithouvermoë: "Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!"

Sy het my geleer van sintuie: "Kinders word gesien en nie gehoor nie!"

Sy het my geleer van humor: "Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!"

Sy het my van jaloesie geleer: "Daar is duisende arm kindertjies wat ouers soos joune begeer!"

Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is: "As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!"

Sy het my wiskunde geleer: "Sit jy alweer en tande tel!"

Sy het my logika geleer: "Want ek sê so, dis hoekom!"

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur: "Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terug antwoord!"

Bou, blou, skoonma 🚓

'n Spietkop beduie aan Jan om af te trek en wil hom 'n boete gee omdat hy te vinnig gery het.

Jan vra: "Mag ek uitklim asseblief," en toe hy buite die kar is, beduie hy na die twee passasiers en sê:

"Die een op die voorste sitplek is my vrou. Die een op die agter sitplek is my skoonma.

Sy bly nou al drie maande by ons.

Vanoggend het daardie twee 'n helse rusie gehad en skoonma wil opslag terug ouetehuis toe.

Ek jaag om haar daar te kry, voor sy van plan verander." 👇

Karma vir Gareth 💊

Ou Gareth was sy lewe lank 'n womaniser.

Op sy sterfbed wroeg en yl hy, terwyl sy Mathilda langs die bed sit en sy hand vashou.

Op 'n stadium is dit net asof hy 'n helder oomblik kry.

Hy draai sy kop na Mathilda en sê:

"My lief, jy was 'n goeie vrou vir my. Ek het nie meer lank om te leef nie, maar voor ek kan gaan, moet ek eers jou vergifnis kry."

Sy buk oor hom en fluister:

"Ontspan my liefling. Jy ontstel jou onnodig. Dis nie nodig nie," maar Gareth beur orent en met 'n swak stem, sê hy:

"Vergewe my asseblief. Ek was op elke gholftoer ontrou aan jou.

By my werk het ek vele verhoudings gehad.

Ek het jou verneuk met ons buurvrou, met twee van jou beste vriendinne, en selfs met jou suster.

Sal jy my ooit kan vergewe?"

Mathilda druk hom met 'n sagte, ferm hand terug op die kussings en fluister weer in sy oor:

"Ek weet van alles. Een van jou pelle, met wie ek 'n verhouding het, het my alles vertel."👇

Tired of news that feels like noise?

Every day, 4.5 million readers turn to 1440 for their factual news fix. We sift through 100+ sources to bring you a complete summary of politics, global events, business, and culture — all in a brief 5-minute email. No spin. No slant. Just clarity.

ONS MOOI TAAL ✒️

Uit Straattroebadoere
Deur Anton Goosen
Hier gesing deur 👉 Laurika Rauch

Tussen die donker geheime van die nag
Speel die straattroebadoere
Konka-cocerto's vir die suiderkruis, melkweg en maan
Hartseer konsertinas vir die gloeikool-ballerinas
Van die straattroebadoere
En die prinse van die boendoe
Die grammadoela boendoe verlang
En die vure in hul oë wys waar die Dixieland-paradys hang.
Stap saam deur Diagonaalstraat
Stap saam na waar die nagwagte praat
Stap saam waar die straattroebadoere
Oor verlange in hul hart sit en praat.

Oom Kallie is ‘n oraait ou ⚖️

Oom Kallie eis na 'n ongeluk, skadevergoeding van die munisipaliteit, maar laasgenoemde beveg dit in die hof. Hulle advokaat neem hom onder kruisverhoor:

"Erken u dat u vir die polisieman op die toneel gesê het, dat u goed voel?"

Oom Kallie: "Wel, soos ek alreeds gesê het. Ek was met twee melkkoeie, ou Daisy en ou Bontrok agter op my bakkie, op pad na..."

"Antwoord net die vraag, asseblief, het u vir die polisieman gesê dat u goed voel?"

Oom Kallie: "Ek kom daarby, u edele, maar soos ek gesê het..." en weer knip die advokaat hom kort:

"U edele, ek maak beswaar, die klaer ontwyk my vraag."

Landdros: "Ek sal graag sy weergawe wil hoor. Dus kan u maar voortgaan, hou dit net kort, asseblief."

Oom Kallie: "Dankie u edele. Soos ek gesê het, toe ek nou met Daisy en Bontrok agter op die bakkie, daar by die T-aansluiting stop voor ek links draai, dorp toe, kom jaag 'n lorrie van die munisipaliteit van agter af in my bakkie vas.

U edele, die slag was so hard, dat dit my bakkie met my en die twee melkkoeie bo-oor die pad slinger, tot binne in die kanaal, wat langs daai pad dorp toe loop.

Hoe weet ek nie, maar ek moes deur die voorruit getrek het. Toe ek tot my sinne kom, hou daai sersant met die rooi snor in die polies van daar stil.

Daisy en Bontrok moes baie seer gekry het, want ek kon hoor hoe hulle kreun en bulk. Die sersant haal toe sy pistool uit en skiet elkeen van hulle twee skote in die kop.

Toe is dit skielik doodstil en hy kyk af na waar ek, sonder enige wegkruipplek, onder in die droë sementkanaal lê. Met die rokende pistool in sy hand, vra hy toe vir my:

'Is oom oraait?'

U edele, ek sal graag wil weet wat die advokaatjie se antwoord in dieselfde situasie sou wees..."👇

Learn how to code faster with AI in 5 mins a day

You're spending 40 hours a week writing code that AI could do in 10.

While you're grinding through pull requests, 200k+ engineers at OpenAI, Google & Meta are using AI to ship faster.

How?

The Code newsletter teaches them exactly which AI tools to use and how to use them.

Here's what you get:

  • AI coding techniques used by top engineers at top companies in just 5 mins a day

  • Tools and workflows that cut your coding time in half

  • Tech insights that keep you 6 months ahead

Sign up and get access to the Ultimate Claude code guide to ship 5X faster.

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.

Lekker lang naweek hou!

Gelukkige vrouedag aan al ons Dik Worselienas! 💐

En onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors