Sponsored by

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇

Welkom by Dik Wors!

AARTO se uitrol is die nuwe vishoek aan jou lewe en vars pyn in die gat…

Vir dié wat dit nie weet nie: Dis die stelsel wat strafpunte toeken vir die ongeduldige burgers met lood in hulle tekkies, of dié wat net nie tyd het vir in die ry staan nie.

Dus, almal van ons…

Soos hierdie “debiete” storie by die skole… lank na my tyd.

Te veel punte, en hulle vat jou lisensie af.

Steek jou hand op as jy jou lisensie sou “verloor” of jy maar jou kar sal verkoop en van Pretoria na Jo’burg toe sal loop…

Ry moet jy ry… en ry gaan hulle ry.

Amerika het “fake ID’s” vir ‘n rede…

Jy kan gaan vrek in ‘n oorlog, maar jy mag nie ‘n bier drink nie.

Dis daai “mindset” wat die land gaan laat besluit dat “Jy van nie my liksens omdat jy ‘n skelm laser om elke hoek en draai in my keel af druk nie” en dan kom die “gekoopte lisensie” onder die hopie E-Toll toiletpapier uit…

Daar is baie planne… en baie oplossings.

Hier is nog een: Maak ‘n groot vuur met jou speedfines en braai ‘n Dik Wors!

AI Marketing Agent With Ahrefs Data Access

AI tools are great at answering questions. But what if they could actually do the work?

Agent A by Ahrefs is an AI marketing agent with access to Ahrefs data and reports. It can analyze competitors, find content gaps, identify technical issues, track brand visibility in AI search, create content strategies, build reports, and much more.

Unlike generic AI assistants, Agent A comes with pre-built marketing skills and can connect to tools like Slack, Notion, HubSpot, WordPress, and Linear to fit directly into your workflow.

See what an AI agent built specifically for marketers can do at ahrefs.com/agent-a.

The ultimate free resource toolbox for business owners and entrepreneurs! 🚀

Speel-speel 😉👇


Oupa Frik sit voor die kaggelvuur en lees.

Sy kleinseun, Freddie, kom die vertrek binne en vra: "Wat lees oupa?"

Oupa Frik: "Geskiedenis, my seun."

Freddie loer oor sy skouer en sê: "Oupa, vir my lyk dit dan soos 'n Playboy..."

Oupa Frik: "Juis, ou seun. Vir oupa is dit geskiedenis."

Martin neem sy vrou, Rita, na 'n spoggerige restaurant vir hul tiende huweliksherdenking.

Alles is baie romanties en toe die kos kom, is die tweede bottel wyn amper leeg.

Martin bestel nog 'n bottel, vryf sy hande en sê:

"Die kos lyk heerlik, skat. Sal ons eet?"

Rita: "Ja, maar gaan jy nie eers vir ons bid nie? By die huis doen jy dit altyd."

Martin: "Nee wat, my vrou. Hier is dit nie nodig nie. Dié kokke ken hulle job."

Dominee Du Preez praat een Sondag met die gemeente oor die Tien Gebooie en tydens sy preek sê diaken Flippie twee keer hardop:

"Dis hom!"

Na die preek sê dominee in die konsistorie vir Flippie:

"Ek is bly dat jy jou so ingeleef het in vandag se preek, Flippie. Ek glo van harte dat dit vir jou baie beteken het."

Flippie: "Ja, dominee, dit het. Toe jy praat oor steel, dink ek aan my fiets wat gesteel is.

En toe dominee sê dat jy nie jou naaste se vrou mag begeer nie… Dis toe wat ek onthou waar ek daai fiets vergeet het!"

Oom Fanie en tant Gherty moet stad toe vir 'n troue en besluit hy gaan sommer sy hare daar laat sny, want dan hoef hy nie spesiaal daarvoor dorp toe te ry nie.

Die oggend voor die troue is hy vroeg al by die skêrmoordenaar en terwyl sy hare gesny word, oorreed die haarkapper hom om hul 'special' vir 'n gesigskeer te probeer.

So gesê, so gedoen en voor die kêrel begin skeer, gee hy vir oom Fanie 'n klein houtballetjie en sê:

"Sit in oom se kies, dan skeer ek jou wange baie gladder."

Oom Fanie: "Nou wat gebeur as ek die ding insluk?" 👇

The market has a price on every US result.

The market has a price on every result left in this tournament. On Kalshi, every World Cup outcome is a real market. Who advances, who scores, which match goes to penalties. Prices update with every result. Peer-to-peer, no house, federally regulated in the US. Get $10 free to start.

Trade responsibly.

So ry ‘n man die bus… 🚌

In stede met hul digte verkeer maak baie mense gebruik van die busdiens.

So klim klein Janneman en sy pa, Johan, elke oggend in die straat voor hul huis op die bus en 'n rukkie later klim Janneman voor sy skool af, waarna pa dan alleen verder ry tot by sy werk in die middestad.

Namiddae kom die twee op dieselfde manier terug, maar op verskillende tye.

So sê Janneman een middag toe hy by die huis kom, vir sy ma:

"Vanoggend op die bus het pa vir my gesê ek moet opstaan, sodat 'n jong meisie kan sit."

Ma: "Ai, ek is so trots op pappa, omdat hy jou vroeg al leer om soos 'n 'gentleman' op te tree. Dis reg, my kind. 'n Man bied altyd sy sitplek aan vir 'n dame wat staan."

Janneman: "Maar die bus was vol en ek het toe nog op pappa se skoot gesit."

Tonnelvisie🐮

Spike se blonde cherry, Abigail, besoek hom in die tronk.

Omdat ou Spike nogal 'n lang rekord van ontsnappings het, word dit vereis dat daar 'n bewaarder teenwoordig moet wees.

Die tweetjies sit dus weerskante van 'n tafeltjie en hou handjies vas, terwyl hulle saggies gesels.

Toe die besoektyd verby is, staan Abby op en loop verby die bewaarder, terwyl sy sê:

"Julle kan gerus ophou om hom so hard te laat werk. Die arme man is net vel en been. Skaam vir julle!"

Tronkbewaarder: "Dame, al wat hy doen is slaap en eet. Hy weier selfs om uit te gaan vir vars lug en oefening."

Abby: "Hy het nog nooit vir my gelieg nie. Waarom sal hy dan sê dat hy meer as 'n maand lank dag en nag besig is om 'n tonnel te grawe?!"

Dis die blond, dis die blou…🦜

Harry kom by die huis en sê vir sy blonde meisie:

"Ek het nou lekker gelag, daar by Builders.

Terwyl die kassiere die pakkie voëlsaad oplui, vra ek haar hoe lank sal dit neem vir die voëls om op te kom, nadat ek die saad gesaai het. Jy moes haar gesig sien! Ek wou my dood lag."

Blondie: "Skaam jou, Harry. Sy is die kassiere. Hoe moes sy dit nou weet…?

'n Spietkop op 'n motorfiets skuif in die baan langs 'n blondine se motor in.

Sy is besig om te brei, terwyl sy bestuur.

Hy beduie vir haar en skree: "Pull over!"

Sy draai die kar se ruit af en skree: "Nee, dis 'n serp vir my kêrel."

How Do The French Age So Gracefully?

Sexy, flirty, confident—Parisians embrace aging with typical élan. The most stylish among them share their secrets

ONS MOOI TAAL ✒️

Uit Sonvanger deur 👉 Valiant Swart 🌞

Ook gesing deur 👉 Theuns Jordaan en 👉 Refentse

Kyk of jy vir my die son kan vang
Daar’s ‘n kamer in die huis waar ons die son kan hang
Kyk of jy vir my die son kan kry
Daar’s ‘n huisie in my hart waar die son kan bly
Kyk of jy vir my die son kan steel
Daar’s ‘n plekkie in die tuin waar die son kan speel

Stop, stop. Ek’s ‘n spietkop🚔

Sersant Giep is een oggend lekker babbelas en sommer net moerig, want dis warm en sy patrolliemotor het nie 'n aircon nie.

Dus parkeer hy dit onder 'n boom, op 'n hoek van die straat, skuins oorkant die stopteken.

Windgat Werner, die plaaslike prokureur, kom in die straat af met sy nuwe BMW en verminder sy spoed, maar nie sodat die kar heeltemal tot stilstand kom nie.

Dit rol nog stadig oor die stop.

Dadelik is Giep in die straat en beduie dat Werner moet aftrek.

Soos te verwagte, het Werner 'n verskoning.

Hy het spoed verminder, maar Giep wil niks weet nie, hy hou aan skryf en raak net meer bemoerd met die teenpratery.

Toe Werner dan ook sê: "Nou goed, wys my of jy weet wat die verskil tussen stop en stadiger is" - Toe ref Sersant Giep se babbelas moermeter verby die rooi.

Hy pluk die prokureurtjie aan sy nek by sy fancy kar uit.

Met sy batton begin slaan hy sy gat vuurwarm!

"Sê jy eerder vir my… Stop? Of stadiger…"

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!

Die lewe is kort, so moenie stop om te lag nie.

Stop eerder by die stopstraat.

As jy nie wil stop nie, kan jy huistoe te voet, te perd, of tequila…

Tot Vrydag, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading