
As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aangestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!
Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Welkom by Dik Wors!
Dis weer naweek en tyd vir uitspan en ontspan saam met ons gunstelling span.
Die Bokke pak Wallis in Durban hierdie Saterdag om 5:40 pm en so vêr beloof alle tekens dat groot pakslae weer uitgedeel gaan word.
As jy hartlik uitgenooi word vir ‘n braai deur ‘n vreemdeling… dalk ‘n nuwe buurman… pasop dat jy nie die een is wat pakslae kry nie… 😉
Gryp ‘n beste vriend, maak ‘n groot vuur, skink ‘n lang wa, klap ‘n vegan en braai ‘n dik wors! 💪

1000s Of People Are Building Their Own App With Ai. Are You?
Every tool you're paying for right now was built by someone who's never done your job. They guessed at what you needed, wrapped it in a subscription, and now you're locked in - paying monthly for software that's 80% of what you actually want.
That other 20%? It's costing you time, workarounds, and money every single week.
Justin Burns figured out how to close that gap. He builds the exact tool he needs using AI - no code, no developers, no waiting. And this July 22-24, he's showing you how to do the same thing, live, in three days.
The event is free. The app you walk away with is yours.
Grab your seat for the Apps Built With AI Summit and stop paying for software that almost works.
Register free here — replays available for all who sign up.

O, flip, oom Flip!🏥
Oom Flip word in die hospitaal opgeneem vir 'n klein oog operasie. Vroeg die volgende oggend maak 'n jong, blonde verpleegster hom wakker.
Sy trek die gordyne om sy bed toe en sê:
"Trek gou oom se broek uit, sodat ek oom kan skeer."
Oom Flip: "Ounooi, ek dink hier is 'n misverstand. Ek hoef beslis nie geskeer te word vir my operasie nie."
Verpleegster: "Ag, kom nou oom, ek het baie pasiënte om te doen. Oom hoef nie skaam te wees nie."
Oom Flip: "Ek is nie skaam nie. Dis net dat ek nie dink dis nodig om my te skeer nie. Ek is seker dis 'n misverstand."
Die verpleegster neem 'n lêer op haar trollie, kyk na die naamkaartjie op sy bed en sê:
"U is meneer Dippenaar, meneer Phillipus Dippenaar?"
“Dis ek, ja…”
"Ons kon al lankal klaar gewees het, oom 👇

Riena ry nie net taxi nie 🚕
Gert kla by sy dokter omdat sy pragtige jong vrou, Riena, na ses maande van getroude lewe, baie afsydig in die bed geword het en wil weet of die dokter dalk iets kan voorskryf.
Die dokter versoek dat Riena hom so gou moontlik moet kom spreek, sodat hy die rede daarvoor kan vasstel.
Toe Riena dan ook opdaag en die dokter haar vertel, wat die probleem is, antwoord sy:
"Dokter, ek ry met 'n taxi werk toe en omdat Gert my nie geld daarvoor gee nie, vra die taxi bestuurder elke oggend vir my, 'Gaan jy betaal, of wat?'
Dan kies ek maar die 'wat'. Gewoonlik is ek dan laat vir werk en my baas wil dan ook weet, 'Moet ek jou fire, of wat?' Dan kies ek maar weer die 'wat'.
Saans, na werk, is dit weer dieselfde met die taxi huis toe.
Wanneer ek dan tuiskom, is ek doodmoeg." 👇

Wake Up Smarter About AI.
Most people feel behind. But the people that don’t, aren’t smarter. They’re just better informed.
The Future Today is a daily news briefing for people who want clarity.
In one concise newsletter, you’ll get the most important tech news, learn why it matters, and what it signals about what’s coming next.
One email. Five Minutes. Stay ahead of 99% of the world.
Die nuwe Dik Wors PODCAST! 😂
Plus Dik Wors Vol. 2 boek met nog 111 van die bestes is oppad.
Deur jou! 🫵
Deur julle! 👨👨🏽🦱👨🏿🦳👩🦰👩🏽🦱🙍🏿♀️
Deur ons almal! 💪

Sulke stories 👆 kan jy nie opmaak nie…
Dis hier waar Suid Afrika se beste grappe en stories gaan voortleef!
Die nuwe Dik Wors PODCAST.
Ons soek jou beste grappe en stories.
Dis reeds in jou kop, so neem dit op (VOICE RECORD) en stuur vir ons.
Op jou foon gestoor, op WhatsApp aangestuur...
Op jou pêl se foon…
Of êrens op Facebook?
Hou die fone gereed en vang daai los bekke by die braai…
Maak jou “Tolla” los en doen jou beste!
Stuur die audio clip of die link vir ons deur te reply aan hierdie epos!
By Dik Wors sal ons alles versamel en ‘n lekker-lag PODCAST pakkie bymekaar maak vir die hele land om te geniet.
Hoe gouer jy maak, hoe gouer is Episode 1 op die lug…
“Radio Dik Wors” 😉
As jy nie audio het nie, en jou storie wil skryf is jy ook baie welkom.
Goeie grappe / stories haal ook hierdie nuusbrief en staan ook ‘n kans vir publikasie in ons volgende boek - DIK WORS Vol. 2
Reply nou! 📨
Robert se geheim 💍
Robert, 'n 70 jaar oue multimiljoenêr, kom by sy rykmans klub aan met 'n asemrowende mooi jong vrou aan sy arm.
Een van daardie skoonhede, wat werklik die koppe laat draai, oral waar sy gaan.
Meeste van hierdie eksklusiewe klub se lede, is min of meer dieselfde ouderdom en mens kan sien dat hulle hom werklik beny, veral die feit dat sy gedurig sy arm vashou en behoorlik aan sy lippe hang, wanneer hy iets sê.
Toe die mooi dame op 'n stadium na die badkamer gaan, storm 'n klomp lede op Robert af en peper hom met vrae. Op die vraag hoe de hel hy so 'n pragtige jong vrou innie hande kry, antwoord Robert:
"Dis nie my girlfriend nie, manne. Dis my vrou! Ons is getroud."
"Dan het jy verseker vir haar gelieg en gesê jy is vyftig," sê 'n vriend en Robert antwoord:
"Ag, asof daar polisie vir dit is…" 👇

Sjimpansees wil slim wees 🐒
Op pad na Pretoria, gee Christo, 'n werknemer by Natuurbewaring, se bakkie een oggend probleme. Hy klim uit en wuif vir aankomende voertuie om hulp.
'n Blondine hou stil en vra of sy kan help.
Christo: "Groot asseblief, dame. Daar is twee sjimpansees in my bakkie, wat dringend by Pretoria se dieretuin moet wees. Hulle is alreeds baie gestres.
As ek jou R200 gee, sal jy hulle vir my kan saamneem tot daar. Ek moet sorg dat my bakkie reggemaak word. Hier is my selnommer. Bel my gerus as daar enige probleme is."
"Sekerlik, ek is baie lief vir diere en sal mooi na hulle kyk," antwoord sy en hulle laai die sjimpansees in haar motor.
Later die dag is Christo se bakkie reggemaak en by 'n robot in Pretoria, hou 'n motor met twee chimps op die agtersitplek, langs hom stil, dis waaragtig die blondine wat vroeër by hom gestop het.
Hy klim uit en stap, half moerig, na haar motor. Sy draai die venster met 'n groot glimlag af en sê:
"Hulle het die besoek aan die dieretuin vreeslik geniet. Daar was egter baie geld oor…” 👇

ONS MOOI TAAL ✒️
Uit Karoonag
Deur Coenie de Villiers
In die môre as dit blou word
En die amberwolke roer as die son sy eerste lig
Oor bitterboela stoot
As die trein by Noupoort fluit
En dit wegraak in die wind
En ‘n tolbos iewers vaswaai teen die rant
Ruik jy katbos en kambro
As dit reën in die Kleinkaroo
My hantamwind
My optelkind
Vanaand.
News for Everyday Americans!

The Flyover offers the alternative to traditional news. They deliver quick-to-read, informative content across sports, business, tech, science, and more that cuts through the noise of mainstream media.
The Flyover's talented team of editors ensure you stay informed on top stories and equipped to win your day. Join over 3 million readers who trust The Flyover to provide unbiased insights.
Kurt se buurman 🏕️
Kurt Botha, 'n geharde speurder, besluit na 20 jaar, dat hy genoeg gehad het van die gejaagde lewe in die stad. Hy het 'n klein plekkie, wat vir hom hemel op aarde is, diep in die bosveld en hy trek sak en pak soontoe.
So een keer elke 3 maande pak hy die 80 myl na die naaste dorp, met sy ou F100 bakkie aan, om noodsaaklike voorraad te kry en voor sononder is hy terug.
Omtrent 'n jaar na sy skuif, terwyl Kurt een oggend met sy stookketel besig is, val 'n skaduwee oor hom. Hy kyk op en daar staan 'n reus van 'n man, met lang hare en 'n woeste baard.
"Ben," stel hy homself voor, "jou buurman, 20 myl, reguit noord," en hy beduie na die voetpad.
Kurt stel homself voor en Ben gaan voort:
"Het gou oorgestap om jou te sê, daar is Vrydagaand 'n moerse party by my plek. Dit gaan dreun van sononder tot sonop!
Bring genoeg brandewymn. Ons gaan suip laat die biesies bewe. Dan gaan ons baklei en dan gaan ons al wat leef en beef ordentlik spyker.
Dit gaan een vir die boeke wees. Sien jou daar!"
Hy roep sy twee honde, wat heeltyd agter hom lê, om te loop.
Kurt dink by homself: Dit klink interessant. Ek kan darem kyk na myself en dit sal seker nie skade doen om na al die tyd alleen, weer ‘n lekker wilde party by te woon nie.
Dus vra hy: "Kan ek ry tot daar?"
Ben: "Nee, te veel dongas. Hou net op die voetpad. Die honde sal weet as jy daar is."
Kurt: "Dankie, dit klink lekker. Wie kom almal?" 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
As jy by die buurman gaan braai, maak seker jy weet wat se vleis jy moet bring…
As jou horingvlies brand, is dit Eye Gene wat jy soek, nie ‘n roompie nie…
Onthou om by te dra en te reply na hierdie epos met jou beste grappe en stories.
Rus lekker, geniet die naweek se rugby, en onthou...
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors




