
As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!
Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇
Welkom by Dik Wors!
Klein Saterdag is hier en wat 'n week was dit nie vir Suid-Afrikaanse sport nie.
Die Bokke het Saterdag voor meer as 52 000 toeskouers op Ellispark vir Engeland met 45 teen oor 21 punte geklop, en dit sonder Siya en Eben.
Saterdag wag die Skotte by Loftus.
Rassie het reeds die snoeiskêr uitgehaal vir die Rose.
Wat van ‘n botteltjie “Fat Bastard” rooiwyn om die volgende wen te vier?
Terwyl die Bokke die land se vlag hoog hou, het Malema en Mbalula op sosiale media mekaar begin uittrap dat die vonke spat.
Die ANC baklei, die Bokke bou.
Elkeen doen wat hy goed voor is.
Wees goed vir mekaar, maak ‘n groot vuur, gooi ‘n knertsie, en kom ons braai ‘n Dik Wors!
Of sommer ‘n Dik Rassie-an dan het jy een vir brekkie… 👇 😉

100+ Claude Code hacks to ship code 10X faster
Top engineers at Anthropic and OpenAI say AI now writes 100% of their code.
If you're not using AI, you're spending 40 hours doing what they do in 4.
These 100+ Claude Code hacks fix that and help you ship 10x faster.
Sign up for The Code and get:
100+ Claude Code hacks used by top engineers — free
The Code newsletter — learn the latest AI tools, tips, and skills to code faster with AI in 5 minutes a day
Gooi ‘n kortejtie 😉👇
'n Blonde onderwyseres doen tydens eerste pouse terreindiens en sien 'n seun, wat eenkant alleen staan, terwyl die ander seuns met 'n bal speel.
Sy stap oor na hom en wil weet waarom hy nie saam met hulle speel nie.
Toe die seun sê dat hy nie mag nie, wil sy weet wie so gesê het…
"Want ek is die goalie, juffrou…"
Muischelle and Muisie is twee tiener muis-meisiekinders sit eerste pouse by die skool en peusel aan 'n nik-nak, terwyl hulle oor hul kêrels gesels.
Muischelle haal 'n foto uit van 'n fris jong streepmuis en wys dit vir haar vriendin, terwyl sy vra:
"Het jy 'n foto van jou boyfriend?"
"Natuurlik," sê sy en haal 'n foto uit haar beursie.
Haar maat kyk daarna en sê verbaas: "Dis dan 'n vlêrmuis!"
Muisie snork…
"Die bliksem! Hy’t vir my gesê hy is 'n pilot!"
So van vlêrmuise gepraat, 'n swerm van hierdie Dracula Budgies woon in 'n verlate ou pakhuis.
Dit is winter en omdat mens en dier meestal binnenshuis is, is meeste van hulle gedurig honger.
Een oggend, net voor sonop, kom Valie Vlermuis by die pakhuis ingevlieg.
Hy land soos ‘n stukkende jet met sy gesig vol bloed.
Onmiddellik wil al die ander vlêrmuise weet of hy geëet het en waar hy geëet het!
Valie vra: "Sien julle daai groot muur, net buite die ingang?"
Almal skree gelyk, JA!
En ou Valie met sy bloedbek sê 👇

Tannie Hoogenboesem se tweede opinie 🩺
Tannie Hoogenboesem gaan sien 'n nuwe dokter in die dorp en nadat hy haar deeglik ondersoek het, sê hy:
"Dame, tans is alles nog in werkende toestand, maar jy is hopeloos te oorgewig.
As jy nie dringend 'n plan maak om 'n paar kilo’s af te skud nie, gaan jy binnekort probleme optel.
Dis veral jou hart en bloeddruk wat my bekommer."
Sy trek haar neus op en antwoord uit die hoogte:
"Dokter! Ek… sal graag 'n tweede opinie wil hoor…” 👇

The Messi Jersey Is the Grand Prize. It's Free to Enter.
Messi wore this jersey when he scored his 800th career goal. Kalshi is giving it away for free. Every daily check-in through July 7 earns you an entry. Download the Kalshi app and enter free today to start stacking your odds.
Free to enter. App required. No purchase necessary. 18+, U.S. only (excl. NY & FL).
Die standbeeld 🗿
Gert het 'n skelm verhouding met 'n getroude vrou. Op 'n dag kuier hy weer by haar, terwyl beide onder die indruk is dat haar man nog by die werk is.
Dis toe nogal nie die geval is nie!
Terwyl hulle in die slaapkamer laat waai, hoor hulle hom by die voordeur.
Verskrik laat die vrou vir Gert, slegs in sy onderbroek, teen die kamermuur staan en besprinkel hom vol poeier, glitter, en al wat sy in die hande kan kry.
"Moenie roer nie, staan doodstil."
Toe haar man die kamer binnekom, sien hy die roerlose silwerwit figuur en wil by sy vrou weet wat die besigheid is…
"Dis 'n standbeeld. Ek het verlede naweek gesien die Griekse buurvrou het een in haar slaapkamer en toe kry ek vir ons ook een. Dit was op sale…"
Haar man gee die standbeeld 'n laaste kyk, knik sy kop ingenome, en klim in die bed.
Later daardie nag, toe sy vrou al slaap, staan hy op en gaan na die kombuis.
'n Rukkie later is hy terug met 'n toebroodjie en 'n glas melk. Hy hou dit uit na die standbeeld, wat nog steeds roerloos staan, en fluister 👇

Die bok en die perd 🐐
Boer Jan het 'n bok en 'n perd. Hierdie twee is beste maats en is onafskeidbaar. Waar die een is, is die ander.
Op 'n dag raak die perd siek en kan glad nie opstaan nie. Jan laat kom die veearts en hy ondersoek die perd, maar kan nie uitvind wat hom makeer nie. Dus gee hy vir Jan 'n bottel pille en sê:
"Gee hom drie pille, drie keer per dag. As hy oor twee dae nie beter is nie, sal ek hom maar moet uitsit."
Die bok hoor die gesprek en begin pleit by die perd om op te staan, maar nee, die perd lig nie eens sy kop nie.
Twee dae later kom die veearts weer daar aan. En terwyl hy en boer Jan gou kraal toe stap om na 'n siek koei om te sien, pleit die bok desperaat by die perd:
"Asseblief my ou maat, as jy nie nou opstaan nie, het jy nog net 'n paar minute om te lewe. Ag wat sal ek tog sonder jou doen. Staan op, groot seblief, ou vriend, staan tog net op."
En wraggies, die perd lig sy kop en begin beur orent, terwyl die bok hom aanmoedig:
"Daar's hy, ou mater, ek is so trots op jou!"
En toe hy regop staan: "Stap nou 'n paar treë, daar's hy, en draf nou stadig, daar's hy, vinniger, vinniger!"
Terwyl die twee daar in hul kampie draf, kyk boer Jan oor die kraalmuur. Hy sien hulle draf en sê vir die veearts 👇

ONS MOOI TAAL ✒️
Uit Môreliedjie deur Koos du Plessis
Hier gesing deur 👉 Theuns Jordaan
Die wêreld wink, die lewe wag
Met ywer kan jy veel vermag
Doen net jou plig van dag tot dag
Die toekoms lê en skaterlag
As wysheid met die ouderdom
Se grysheid en berusting kom
Moet ek tog teen die wysheid waak
Wat wil ‘n ou man daarmee maak?
En wees maar lief en word bemin
Dis net die deeltjie tussen in
Want liefde bly n dubbeldoor
Dis iets gewen en iets verloor
Net iets gewen
Net iets verloor.

The best HR advice comes from those in the trenches. That’s what this is: real-world HR insights delivered in a newsletter from Hebba Youssef, a Chief People Officer who’s been there. Practical, real strategies with a dash of humor. Because HR shouldn’t be thankless—and you shouldn’t be alone in it.
Oom Freek se melkstorie 🐮
Oom Freek woon op 'n kleinhoewe langs die dorp. Een oggend, net na oopmaaktyd, kom hy in die plaaslike kroeg en bestel 'n dop.
Op die kroegman se vraag waarom hy so bedruk lyk en so vroeg al op die hardehout is, sê hy:
"Sommige dinge verduidelik mens maar moeilik, ou seun."
Kroegman: "Oom Freek kan maar vir my sê wat pla. Dalk voel oom beter as oom eers met iemand gepraat het."
Oom Freek: "Man, vanoggend toe ek vir Blommetjie melk, lig sy haar regterbeen en skop die emmer om. Ek vat toe 'n tou en bind haar regterbeen aan 'n paal vas. Die emmer was daarna skaars kwart vol, toe skop sy dit met haar linkerbeen om. Toe vat ek nog 'n tou en bind die linkerbeen ook aan 'n paal vas."
Hy neem 'n groot sluk en beduie dat die kroegman nog een moet gooi. Laasgenoemde maak so en sit die vol glas voor oom Freek, terwyl hy sê:
"Ai oom, dit gebeur mos seker nie elke dag nie. Oom moet voortaan seker maar gereeld 'n spantou gebruik. Kon oom haar darem toe klaar melk?"
Oom Freek: "Man, sommige dinge verduidelik maar moeilik... net toe ek weer lekker melk, swaai sy haar stert en om is die emmer. Om darem genoeg melk vir ons gebruik in die huis te kry, besluit ek om haar stert ook vas te maak... soos ek sê... sommige dinge is moeilik om te verduidelik."
En hy neem weer 'n lang sluk voor hy voortgaan:
"Ewenswel, toe ek die stert wil vasmaak, is daar nie nog tou byderhand nie. Ek haal toe maar my broek se belt af en gebruik dit om die stert vas te maak… 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!
Vier verantwoordelik…
Maar geniet hom voluit, soos net ons kan.
‘n Bo-baas week vorentoe, en deel die lag.
Tot Vrydag, en onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors






