
As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!
Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇
Welkom by Dik Wors!
Dis Vrydag, en môre skryf Rassie Erasmus geskiedenis.
Hy staan Saterdag vir die 55ste keer as hoofafrigter saam met sy Bokke op die veld teen Skotland op Loftus, meer as enige ander breier nog ooit met die groen en goud gedoen het.
Loftus het ook ‘n facelift gekry.
Splinternuwe LED-hoofligte, wat van kleur kan verander, gaan Saterdag vir die eerste keer aangeskakel word.
Na verlede week se 45 - 21 gatskop van Engeland by Ellis Park, is die Bokke reg om nog 'n prooi vas te trek, en as daar een ding is wat vandag se stories sal bewys, is dit dat ons mense ken van jag…
Radios, spoorsny, honde wat op hitte is op die verkeerde tyd, dit klink basies soos ‘n Springbok oefenkamp, net met minder meer petrol op die stert…
Kies jou gunsteling storie, vertel dit vanaand by die braai, en help om ons mooi taal te bewaar en te versprei.
Kom ons kuier en laat daar lag wees!
Hoe dik is jou wors en wie braai saam? 👇

AI Is Moving Fast. Here's How to Keep Up.
AI is moving faster than any other technology. New models. New tools. New claims. New noise.
Most people feel like they're behind. But the people that don't, aren't smarter. They're just better informed.
The Future Today is a daily briefing for people who want clarity. In one concise email each day, you'll get the most important AI and tech developments, learn why they matter, and what they signal about what's coming next.
Written for operators, builders, leaders, and anyone who wants to sound sharp when AI comes up in the meeting.
One email. Five Minutes. Stay ahead of 99% of the world.
Skoene of soene 👠
John en sy vrou, Molly, geniet 'n koppie koffie by 'n straatkafee in Kaapstad.
'n Pragtige vrou kom sit by 'n tafeltjie skuins oorkant hulle. Sy dra 'n paar gevaarlike hakskoene, wat werklik uitstaan.
Onmiddellik is die skoene die middelpunt van Molly se aandag. Sy kan haar oë nie daarvan afhou nie en sê vir John:
"Ai my lief, weet jy hoe begeer ek so 'n paar skoene? Ek dink ek moet haar vra, waar sy dit gekoop het."
John staan op en sê: "Wag hier, skattie. Ek hoor gou by haar," en hy stap na die dame. Op sy vraag, sê die dame vriendelik, dat sy die skoene by 'n klein winkeltjie net om die hoek gekoop het en John gaan voort:
"Mag ek vra wat so 'n pragtige paar skoene 'n mens uit die sak jaag?"
"Sekerlik," sê sy, "Dit was verbasend net R900."
John bedank haar en keer terug na waar Molly blinkoog sit en wag. Terwyl hy gaan sit, kreun hy 👇

Bietjie stoot om te start 🐕
Klein Cindy: "Mamma, mag ek maar met Lulu in die parkie gaan stap?"
Mamma: "Nee my kind, Lulu is op hitte."
Cindy: "Wat beteken dit, mamma?"
Ma: "Gaan vra vir pappa in die garage wat dit beteken."
Cindy stap met Lulu na die garage, waar haar pa besig is om aan die grassnyer te werk, en sê:
"Pappa ek wil met Lulu gaan stap, maar mamma sê sy is op hitte en ek moet by pa hoor, wat dit is."
Haar pa gooi 'n bietjie petrol op 'n lap en vee daarmee onder Lulu se stert, terwyl hy sê:
"Daar's hy my kind, gaan stap maar met haar, maar moenie te vêr gaan nie, en hou haar halsband aan."
'n Rukkie later is Cindy terug, maar sonder Lulu.
Pa: "Maar jy's gou terug ounooi, waar is Lulu?"
Cindy: "Ons was skaars in die parkie, toe gaan staan sy sonder petrol…” 👇

100+ Claude Code hacks to ship code 10X faster
Top engineers at Anthropic say AI now writes 100% of their code.
Are you using AI to write yours?
These 100+ Claude Code hacks show you exactly how. Sign up for The Code and get:
100+ Claude Code hacks — free
The Code newsletter — learn the latest AI tools and skills to code faster in 5 mins a day
GRATIS vir al ons Dik Wors lesers 👇
Janneman se lang plan 🚲
Janneman sê vir sy ma dat hy graag 'n rooi fiets vir kersfees wil hê en sy antwoord:
"Mamma se groot seun was maar baie stout hierdie jaar. Dalk moet jy vir liewe Jesus 'n briefie skryf en eers vir Hom sê jy is jammer en dan vra of Hy nie by Kersvader wil hoor of hy vir jou 'n fiets sal bring nie."
Janneman is nie 'n kêrel wat hou van mooi briefies skryf nie en maak 'n ander plan.
Die volgende oggend klop die priester van die Katolieke Kerk tydens skooltyd aan hul deur en sê vir Janneman se ma:
"Mevrou, ek is seker dat jou seuntjie gister iets uit ons kerk verwyder het en sal dit graag terug wil hê."
Hulle gaan na sy kamer en onder sy bed, kry hulle die beeldjie van Jesus, die Baba in die krip, soos in die kerk se voorstelling van Sy geboorte.
Op sy skryftafel vind hulle 'n brief sonder 'n koevert en dit lees 👇

Jou beste Buddy 💨
Pieter neem vir Susan een Sondag om sy ouers te ontmoet en sommer middagete daar te geniet. Alles verloop baie goed, maar toe hulle aansit vir ete, voel Susan 'n ongemaklike beweging in haar ingewande.
Dit was seker haar senuwees, want sommer gou-gou toe kramp haar maag verskriklik en sy besef dat daai gas 'n uitkomplek moet kry.
Sy slaag daarin om 'n sagte en onhoorbare enetjie te los, maar hou nie rekening met die walm wat hang soos ‘n moordenaar in die outyd nie…
Toe dit tref, sit almal en waai met hul servette.
Gelukkig kom Pieter se pa tot haar redding, toe hy vir die gesin se boerboel, daar op die vloer agter Susan se stoel, sê:
"Buddy, ek praat nie weer nie."
Susan slaak 'n sug van verligting toe sy besef dat almal vir Buddy blameer.
Dit was egter nie lank voor daai kramp weer sy opwagting maak nie. Hoe sy ook al knyp, die kompressie doen sy ding.
Sy probeer weer 'n fynetjie, met die hoop dat Buddy weer die skuld gaan kry, maar misgis haar. Hierdie keer klap dit soos ‘n geweerskoot onder die tafel.
Toe die die walm verby dryf sê Pieter se pa 👇

ONS MOOI TAAL ✒️
Uit Stille Waters van Laurika Rauch
Hier gesing deur 👉 Laurika Rauch
Jy't gesê ons liefde sal bly staan
Al tuimel al die berge in die oseaan
Doen vir my n gunsie voor jy gaan
Gooi vir my n klippie
‘n Klippie in die oseaan
Wie sal ooit die liefde kan verstaan?
Nader as ‘n hartklop, verder as die maan
Daar is n tyd van kom en ‘n tyd van gaan
Dit het ek gelees maar
Hoe sal ek dit ooit verstaan.
Die jakkalsjag 🦊
'n Rooi jakkals wat 'n lus vir skaapvleis ontwikkel, kan groot skade aanrig. Toe so 'n gedierte dan op Swart Gert se plaas begin vang, word elke boer in die distrik opgekommandeer om die ondier in sy spore te help stuit.
Die volgende oggend is al wat leef en beef voor sonop al by Gert se huis. Dit krioel van boere met hul plaaswerkers en honde. Koos Valie het egter slegte nuus. Lisa, sy rooibont teef, is op hitte en sal nie, soos gewoonlik, die swetterjoel vreemde honde op die jakkals se spoor kan lei nie.
Dis 'n groot probleem, want daai rooibont teef se vermoëns as spoorvatter is wyd en suid bekend. Dus besluit die manne om haar voor in Koos se bakkie saam te ry en los te laat, wanneer die jag in volle swang is.
So 'n jakkalsjag werk soos volg: Eers word plaaswerkers en van die jonger manne by uitkykpunte, soos windpompe en klipkoppies, afgelaai met tweerigting radios. Sodra een van hulle die honde of die jakkals gewaar, word die inligting per radio deurgegee. Die manne wat goed kan skiet, volg die honde op bakkies en dan volg die bakkies met die reserwe honde, wat van tyd tot tyd op die jakkals se spoor losgelaat word.
Toe die jaggeselskap dan ook by die plek, waar die jakkals gevang het, aankom, is dit nie lank voor een van die honde sy spoor optel en begin volg nie.
Nou kyk, daai wêreld se kampe is groter as jou gemiddelde plaas en die hele oggend slaag jakkals se kind daarin om die jagters en hul honde te ontglip.
Skuins voor die middag laai hulle 'n vars span honde saam met die rooibont teef op sy spoor af en dis nie lank nie, toe is ou Kaaiman, wat daar naby op 'n koppie sit, op die radio. Hy sien die trop honde en soos dit vir hom lyk, gaan hulle baie gou daar by die windpomp in die doringlaagtetjie verbykom. Die man op daai windpomp moet nou wakker slaap.
Dit was dan skaars 'n minuut, toe is Boetie Wielie, wat op die windpomp sit, op die radio:
"Hie kom hulle, hie kom hulle, reguit verby die pomp."
Dis toe dat Koos Valie vra: "Kan jy die rooibont teef sien?"
Boetie: "Ja meneer, sy is los voor, met oupa Stofpad se windhond kort op haar hakke."
"En die jakkals Boetie, kan jy die jakkals sien?” 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie week.
Geniet die Bokke.
Lekker kuier, lekker lag saam met mense wat saak maak.
Gaan vir goud, nie diamante nie…
Tot volgende week, en onthou altyd…
Lekker lag, kos niks!
Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors






