Sponsored by

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aagestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp β€˜n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder β€˜n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! πŸ‘‡

Welkom by Dik Wors!

Winter is volstoom hier en Suid-Afrika is, soos gewoonlik, nooit verveeld of vervelig nie.

Ramaphosa het weer belowe om hard op te tree, hierdie keer teen xenofobiese geweld.

March and March se manne sΓͺ al die immigrante moet voetsek.

Rampies sΓͺ hy gaan besighede besoek en penaliseer as hulle onwettige immigrante in diens het.

Die ANC kan nie eers die strate of platgetrapte grensdrade patroleer nie… Nou het hy tyd en mannekrag om weer by die sakelui te kom skoor soek… te kom karring onder met die af been, eerder as om bo die landmyne te loop soek…

Die werksloses sΓͺ dat die immigrante vat hulle jobs…

Hier is β€˜n gedagte: Hou op om β€˜n k@k een te doen… Dan gee ons hom dalk vir jou…

Hier is jou job vir Klein Saterdag: Gooi β€˜n lang wa, steek β€˜n groot vuur aan, braai β€˜n lekker dik wors, en laat daar lag wees! πŸ‘‡

Kom in die game! πŸ‘‡

Bet Smarter on America’s Sports Exchange

Novig is redefining sports betting by putting you in control. As America’s sports exchange, it lets you trade directly with other users for better prices, tighter spreads, and lower fees than traditional sportsbooks. There are no hidden marginsβ€”just a transparent marketplace built for smarter decisions and bigger potential returns.

Whether you're a casual fan or a seasoned bettor, Novig gives you the edge you’ve been missing. Sign up now and get $50 in Novig Coins for your first deposit of $5, and experience a better way to bet on sports today.

Vol draadwerkπŸ‘‡

Mike en Kallie sit by die bar en kuier lekker fluks terwyl hulle gesels oor familie en vakansies.

Mike: "Het ek jou ooit gesΓͺ ek het twee halfbroers wat elke Desember saam kom vis vang?”

"Verskillende pa’s?" wil Kallie weet.

"Nee, man!Β Haai-aanval…

Boela Nel bel sy boesemvriend, Koos Botha:

"Jis Koos, hoe loop die poeiers daar by jou?"

Koos: "Jis tjomma, nee wat, hier loop hy soos 'n jet. En daai kant?"

Boela: "Alles goed, ou mater, maar hoekom ek bel. Onthou jy die ryk weduwee op wie se plaas ons tydens daai laaste roadtrip oorgeslaap het?"

Koos: "Jip, wat van haar?"

Boela: "Het jy dalk daai nag na haar kamer gegaan en toe my naam vir haar gegee?"

Koos: "Ja, maar dit was regtig as 'n grap bedoel...."

Boela val hom in die rede: "Geen probleem, ou tjom. Haar prokureur het my sopas gebel. Sy's eergister oorlede. Ek erf die plaas…"

Piet bel sy ou skoolmaat Karel om te hoor hoe dit gaan.

Na 'n kort gesprek oor familiesake, vra Piet hoe die weer daar by hulle is.

Karel sΓͺ: "Jong, hier reΓ«n dit al 'n week lank sonder ophou. My ou skoonma staan heeltyd net en staar deur die venster.

Ek sal haar seker maar moet laat inkom, of wat dink jy?"

Die firma se bestuurder laat roep Nick na sy kantoor:

"Ek hoor jy het jou weer gisteraand swak gedra by die kantoor party.

Blykbaar het jy laataand 'n kruiwa oor die dansvloer gestoot."

Nick: "Meneer behoort te weet… Jy was dan die kruiwa…"

Klein Pietman kuier by oupa Pieter en ouma Anna op die plaas.

Soos seker maar met alle kleinkinders, is hy hul oogappel en slaap snags tussen die twee op die groot ou hemelbed.

Een nag skrik Pietman wakker met 'n groot nood.

Mamma het hom hoeka geleer wat goeie maniere is en om mooi te praat.

Hy maak dus vir oupa wakker en fluister saggies in sy oor:

"Oupa, ek wil fluit."

Oupa fluister terug:

"Ouma slaap. Fluit net saggies in oupa se oor."

"Gertjieee," roep tant Sophie na die agterplaas, waar haar kleinseun met sy karretjies speel.

"Draf gou vir ouma na die slaghuis en kyk of oom Petrus varkpootjies het."

Drie minute later is Gertjie uitasem terug:

"Ek kon nie sien nie, ouma. Oom Petrus se broekspype hang tot oor sy skoene."

Nadat die fotograaf 'n klasfoto geneem het, probeer die onderwyseres, wat nogal redelik stewig en oorgewig is, die kinders oortuig om 'n foto te bestel.

"Dink net, oor dertig jaar is julle almal getroud en is julle kinders so oud soos wat julle nou is.

As julle dan na hierdie foto kyk, gaan julle weer terug verlang en baie goeie herinneringe oproep.

Baie sal sΓͺ: Hier sit Marelize, sy is nou 'n onderwyseres.

Hierdie is oom Jaco, wat hier buite die dorp boer.

En hier is Neville, hy is 'n dokter in die Kaap… πŸ‘‡

Pasop, Pastoor! 🫣

’n Jong pastoortjie word na ’n gemeente in Hillbrow geroep.

Hy besluit net daar om hierdie Sodom en Gomorra met huisbesoeke reg te ruk en doen dit toe ook van vroeg tot laat elke dag.

Een aand laat keer hy weer huiswaarts. Om ’n blinde straathoek loop hy hom gat-oor-kop vas in twee skrapsgeklede dames van die nag.

Uit asem en op sy rug, kyk hy op na die besigheids-ente en sΓͺ verbouereerd:

β€œHoert... hoe laat skrik julle hiere my!”

The free newsletter making HR less lonely

The best HR advice comes from those in the trenches. That’s what this is: real-world HR insights delivered in a newsletter from Hebba Youssef, a Chief People Officer who’s been there. Practical, real strategies with a dash of humor. Because HR shouldn’t be thanklessβ€”and you shouldn’t be alone in it.

ONS MOOI TAAL βœ’οΈ

Oktobermaand deur C. Louis Leipoldt

Dit is die maand Oktober!
Die kokkewiet is uit;
Boomsingertjies en kriekies
diΓ© hoor jy orals fluit;
Fiskaal is op die oorlog -
daaronder by die sluis,
Daar is 'n dor ou doringboom
sy spens en sy kombuis.

Dik Worse & Groot Harte ❀️‍πŸ”₯

Ontmoet vir Joshua, ’n dapper jong seun wat tans deur ’n moeilike mediese reis gaan met halstarrige kinder kanker en eindelose chemoterapie.

Hierdie Afrikaanse gemeenskap van 15 000+ lesers kan lekker lag, maar het ook die mag om lewens te red en te verander! πŸ‘‡

Ooh, Ryperd… 🐴

Werner sit en lees die koerant by die kombuistafel.

Sy vrou Suzie looi hom uit die blind side met die pan!

Half bewusteloos kom hy orent en terwyl hy agter sy oor vryf, sΓͺ hy πŸ‘‡

Your Boss Will Think You’re an Ecom Genius

Optimizing for growth? Go-to-Millions is Ari Murray’s ecommerce newsletter packed with proven tactics, creative that converts, and real operator insightsβ€”from product strategy to paid media. No mushy strategy. Just what’s working. Subscribe free for weekly ideas that drive revenue.

Want diesel is so duur, jy moet Γͺrens begin spaarβ€¦πŸ‘‡

Trou is nie ryperde koop nieπŸ‘‡


Dinge is nie lekker in Fanie se huwelik nie.

Tydens 'n hewige rusie raak sy vrou so kwaad dat sy al sy klere in 'n tas gooi en gilπŸ‘‡

Het jy laas week se Dik Worse gemis? πŸ‘‡

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!

Kuier saam met mense wat saak maak en maak β€˜n verskil waar dit saak maak.

Lek jou vingers af na die braai en bring lag in die donker tye met β€˜n gratis Dik Wors boek! πŸ‘‡

Tot Vrydag, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading