In partnership with

As jy hierdie brief op ons website lees, of die epos is vir jou aangestuur, sluit GRATIS by die Dik Wors lekkerlag-gemeenskap aan!

Gryp ‘n GRATIS Dik Wors en forward gerus hierdie brief vir jou pelle, met of sonder ‘n sin vir humor, jou dominee, die buurman, jou loslies niggie, en daai suurgat skoonma! 👇

Dik Wors Gratis Boek
Dik Wors Gratis Boek
111 Lekker Afrikaanse Grappe en Stuitige Vertellings reguit na jou inbox. Gryp 'n Dik Wors, want lekker lag kos niks!
$0.00 usd

Is jy ‘n dun worserige outjie met ‘n toegeplakte plooibek vol tande? 👇

Welkom by Dik Wors!

Klein Saterdag is hier en dis weer braai tyd in Dik Wors-land.

Hierdie week het ons iets nuuts aan die prut…

Die doel van Projek Dik Wors is om Afrikaans te bevorder deur stories oor te vertel.

Ons versamel en bewaar hierdie grappe, stories en staaltjies met die nuusbrief netwerk en ook ‘n Dik Wors boek elke jaar.

Nou gaan ons ‘n stappie verder - Die nuwe DIK WORS PODCAST en Vol. 2 boek!

Die wêreldwye Afrikaanse gemeenskap word uitgenooi om deel te neem!

Dit beteken JY ook!

Gryp ‘n vriend, steek ‘n groot vuur aan, klap ‘n vegan, braai ‘n dik wors en kom ons duik in! Meer details hier binne. 👇😉

Analytics on Live Data. No Pipeline. Just Postgres.

Most teams treat analytics as a separate problem. As data grows, they add a warehouse, a pipeline, a sync job. By the time data reaches their dashboard, it's already stale.

TimescaleDB takes a different approach: extend Postgres instead of splitting away from it.

Your transactions and your analytics run on the same database, on live data, with no pipeline in between.

Hypertables partition time-series data automatically as volume grows. Hypercore compression cuts storage by up to 95%. Continuous aggregates pre-compute rollups so dashboards stay fast without re-querying everything.

CERN runs it on Postgres to handle sensor data from the Large Hadron Collider.

No second database. No migration. Same Postgres you already know.

Dokter dit met duct tape👇

Dok Dup wil by sy blonde pasiënt weet wat haar vandag na hom toe bring…

"Ai dokter, alles aan my is seer.

As ek hier op my voorkop druk, is dit seer.

Hier op my neus is dit seer en selfs hier op my ken, oral waar ek druk, is dit seer.

Hier op my skouer, op my bors, my arm, orals."

Dok Dup kyk haar so skuins en sê:

“Moenie bekommerd wees nie, Mevrou.

Ek kan jou vinnig gesond maak met twee roomys stokkies en tape..

Ronnie speel nie met gholf nie🏌️

Toe Ronnie na 'n potjie gholf by die huis kom, plons hy asvaal van moegheid op die rusbank neer.

"Jy lyk verskriklik my man! Wat het gebeur?" wil sy bekommerde vrou, Antjie, weet, terwyl sy koeldrank aandra.

"Selfs toe jy nog rugby gespeel het, het ek jou nie so uitgeput gesien nie. Iets verskrikliks moes gebeur het."

Ronnie: "Ek en Frikkie het saam gespeel. Toe ons na die 12de putjie draai om die laaste ses terug na die klubhuis te speel, kry hy 'n moerse hartaanval en sterf net daar op die 13de tee."

Antjie: "Siestog, arme man. Dis verskriklik."

Ronnie: "Sê ek ook! Op die 18de green kon ek skaars my putter vashou van heelpad die bal slaan…”

The Messi Jersey Is the Grand Prize. It's Free to Enter.

Messi wore this jersey when he scored his 800th career goal. Kalshi is giving it away for free. Every daily check-in through July 7 earns you an entry. Download the Kalshi app and enter free today to start stacking your odds.

Free to enter. App required. No purchase necessary. 18+, U.S. only (excl. NY & FL).

Die nuwe Dik Wors PODCAST! 😂

Plus Dik Wors Vol. 2 boek met nog 111 van die bestes is oppad.

Deur jou! 🫵

Deur julle! 👨👨🏽‍🦱👨🏿‍🦳👩‍🦰👩🏽‍🦱🙍🏿‍♀️

Deur ons almal! 💪

Sulke stories 👆 kan jy nie opmaak nie…

Dis hier waar Suid Afrika se beste grappe en stories gaan voortleef!

Die nuwe Dik Wors PODCAST.

Ons soek jou beste grappe en stories.

Dis reeds in jou kop, so neem dit op (VOICE RECORD) en stuur vir ons.

Op jou foon gestoor, op WhatsApp aangestuur...

Op jou pêl se foon…

Of êrens op Facebook?

Hou die fone gereed en vang daai los bekke by die braai…

Maak jou “Tolla” los en doen jou beste!

Stuur die audio clip of die link vir ons deur te reply aan hierdie epos!

By Dik Wors sal ons alles versamel en ‘n lekker-lag PODCAST pakkie bymekaar maak vir die hele land om te geniet.

Hoe gouer jy maak, hoe gouer is Episode 1 op die lug…

“Radio Dik Wors” 😉

As jy nie audio het nie, en jou storie wil skryf is jy ook baie welkom.

Goeie grappe / stories haal ook hierdie nuusbrief en staan ook ‘n kans vir publikasie in ons volgende boek - DIK WORS Vol. 2

Reply nou! 📨

Ben se Barbershop 💈

Ben se Barbershop is besig.

'n Handsome jong man steek sy kop by die deur in en vra:

"Hoe lank sal ek moet wag vir 'n haarsny?" Ben doen 'n vinnige koppe tel en antwoord: "Op die gouste, so uur en ‘n half."

Weg is die man, sonder 'n woord.

Die volgende dag steek dieselfde man weer sy kop by die deur in en wil weer weet hoe lank hy vir 'n haarsny sal moet wag, en verdwyn weer sonder 'n woord, toe Ben sê: "Maksimum vyf en veertig minute."

So gaan dit vir 'n week aan. Elke dag loer die kêrel in en elke dag is dit dieselfde vraag, voor hy weer woordeloos verdwyn. Ben se nuuskierigheid kry later die oorhand en hy gee sy jong assistent opdrag:

"Edwin, wees môre gereed. As daai pretty boy weer kom vra hoe lank, dan agtervolg jy hom hiervandaan en kyk waarheen hy gaan. Dalk is hy 'n spioen vir ander shop, of so iets..."

“Wie? Die sjampoe polisie?” spot Edwin.

Die volgende dag verloop dan ook presies soos verwag en toe die kêrel daar wegloop, agtervolg Edwin hom.

Hy was skaars vyf minute weg, toe is hy terug en voor Ben nog kan vra, sê hy 👇

Oupa Tallie se roomys 🍦

Oupa Tallie en ouma Rieks is reeds sestig jaar baie gelukkig getroud, maar kom agter dat hulle begin om dinge te vergeet.

Die kinders gee hulle toe raad: Kry vir pa en ma elk 'n klein sakboekie en skryf alles neer. As jy vergeet, kyk in die boekie en siedaar.

Een aand sit die egpaar en televisie kyk, toe oupa Tallie opstaan en kombuis se kant toe mik: "Ek gaan koffie maak, wil jy ook hê."

Ouma Rieks: "Nee dankie skat, maar ek sal nogal 'n skeppie vanilla roomys geniet, met sjokoladesous. Die roomys is in die vrieskas en die sous is in die groot yskas, langs die stoof. Skryf dit neer, voor jy vergeet."

Oupa Tallie: "Ag vrou, hoe sal ek nou vanilla roomys met chocolate sous vir my gunsteling nooi vergeet," en hy verdwyn met 'n knipoog in die kombuis.

Ouma hoor hom daar werskaf en 'n ruk later is hy terug met 'n skinkbord, netjies gedek met servet, mes, vurk en 'n bord met twee gebakte eiers en bacon. Hy hou dit met 'n selfvoldane glimlag, na haar uit.

Ouma Rieks, terwyl sy die skinkbord neem: "Aitsa, kyk dan nou vir so 'n ramkat van 'n mansmens. Maar ek het gesê jy moet neerskryf voor jy vergeet… 👇

ONS MOOI TAAL ✒️

Uit ‘n Handvol gruis uit die Hantam.
Deur C. Louis Leipoldt.

‘n Handvol gruis uit die Hantam -
My liewe, lekker Hantam-wyk!
‘n Handvol gruis en gedroogde blare,
Waboom-blare, Ghnarrabos-blare!
Arm was ek gister en nou is ek ryk.
Arm in herinnering, arm in verbeelding.
Arm in onthou van die vroeër jare,
Deurgebring in die Hantam-wyk.
‘n Handvol gras en gedroogde blare
Maak my wat arm was, koning-ryk.

Learn how to code faster with AI in 5 mins a day

You're spending 40 hours a week writing code that AI could do in 10.

While you're grinding through pull requests, 200k+ engineers at OpenAI, Google & Meta are using AI to ship faster.

How?

The Code newsletter teaches them exactly which AI tools to use and how to use them.

Here's what you get:

  • AI coding techniques used by top engineers at top companies in just 5 mins a day

  • Tools and workflows that cut your coding time in half

  • Tech insights that keep you 6 months ahead

Sign up and get access to the Ultimate Claude code guide to ship 5X faster.

Veronica se les 📝

Veronica het 'n baie demanding persoonlikheid en toe haar man, Dave, se werk op 'n stadium meer van sy tyd as gewoonlik vereis, het sy gou gou begin neul dat hy haar afskeep, bla bla bla.

Op 'n dag, nadat hulle juis die vorige aand daaroor rusie gemaak het, besluit sy om hom 'n les te leer. Sy los 'n nota op hul bed waarin sy sê dat sy nie meer so kan aangaan nie en hom gaan verlaat.

Toe Dave in die oprit stilhou, gaan lê sy onder die bed om sy reaksie te sien, wanneer hy die nota kry.

Daarna hoor sy hom by die voordeur inkom en die televisie aanskakel, voor hy na die kombuis gaan en 'n ruk daar rondvroetel. Dan kom sy voetstappe kamer toe en Veronica kan in haar geestesoog sien hoe hy die nota optel en dit vlugtig lees, voor hy verwese op die bed gaan sit, en dalk selfs begin huil.

Sy sal wag tot dan, verlekker sy haarself in sy skok en hartseer, voordat sy onder die bed sal uitkom, maar eers moet hy hierdie les baie goed leer. Gelukkig het sy die kluissleutels in haar beursie en kan hy nie 'n pistool uithaal om homself te skiet nie. Sy skrik vir haar eie gedagtes, maar word na die werklikheid terug gebring, toe Dave op die bed gaan sit.

In plaas van hom hoor huil, kan sy egter hoor hoedat hy iets op haar nota skryf. Dan staan hy op en loop uit die kamer. Oomblikke later hoor sy hom by die voordeur en dan hoe hy by hulle erf uitry met ‘n hele spoed.

Dit tref haar soos 'n bom: Dave sien nie kans vir 'n lewe sonder haar nie en hy gaan iets verskrikliks aanvang. Sy moet hom stop, dink sy, en wurm haarself onder die bed uit.

Sy gryp die nota met bewende hande en lees wat hy onderaan geskryf het:

Genoeg is genoeg! Ek gaan by my skelmpie bly!

‘n Paar sekondes na die skok ingesink het kom ‘n WhatsApp deur 👇

Het jy laas week se Dik Worse gemis? 👇

Dis dit, en daai is daai vir hierdie Klein Saterdag!

‘n Bobaas week vorentoe, en deel die lag.

Reply na hierdie epos met jou beste grappe en stories.

Tot Vrydag, en onthou altyd…

Lekker lag, kos niks!

Groetnis

NS: Braai en ontspan lekker, want jy het mos 'n Dik Wors

Reply

Avatar

or to participate

Keep Reading